In daardie dae was 'n mens se lewe niks werd nie. En in 'n lewensgevaarlike toestand soos hierdie, met die vyand wat elke oomblik nader kom en die dood wat almal in die aangesig staar, wie sou omgee of een matroos verdrink?
Die nuus het Nelson se ore bereik.
"Man oorboord," het 'n offisier geskreeu.
"Wie is dit?" het Nelson gevra.
"Harvey," was die antwoord.
"Harvey!" Ons kan nie bekostig om Harvey te verloor nie," het Nelson uitgeroep.
Toe, sonder om te aarsel, het hy daardie edele bevel gegee: "Omdraai! Laat 'n reddingsboot sak!"
Die manne het hom verbaas aangestaar, maar om te hoor, was om te gehoorsaam. Dadelik het die berig al die manne bereik dat Harvey ten alle koste gered moes word. Die boot het omgedraai, 'n reddingsbootjie laat sak, en dapper manne het teruggeroei, skynbaar reg in die kake van die dood in, om die worstelende man te red.
Hulle het hom ook gered.
En toe het daar 'n snaakse ding gebeur. Skielik het die matrose opgemerk dat die Spaanse oorlogskepe van koers verander het. Sieklik het hulle omgedraai en terug gestuur in dieselfde rigting vanwaar hulle gekom het. Hulle het gedink, so is later uitgevind, dat Nelson sekerlik die Britse Vloot gewaar het, want anders sou hy mos nooit omgedraai het nie.
Dus het Nelson se selfopoffering in die aangesig van doodsgevaar, hom, asook al sy manne, gered. En dit is dikwels die geval in die lewe.