Lewer in Netvet (muis)
1 t Aromat
1 Skaaplewer gemaal
1 Sny witbrood, in melk geweek
75 g Korente
Sout, peper en gerasperde neut
1 Eier
1 Fyngekapte ui
2 e Asyn
350 g Netvet (vliesagtige vet wat skaappens bedek)
Meng alle bestanddele en skep in die netvet wat in 'n bakpan uitgesprei is. Vou toe en steek met pennetjies vas. Giet 'n bietjie water in die bakpan en bak ongeveer 1 uur lank in 'n matige oond (180) totdat dit mooi bruin is. Bedruip af en toe. Kan ook op 'n rooster oor kole gaargemaak word. Joey Pienaar