My Volk +(Die Trekpad van 'n Nasie) ENKEL OUER KAMPE
Superscript

Release Sce™ Forte

Medikasie wat die simptome van angs, depressie, ADD / ADHD, demensie en menopouse kan behandel. 'n Nie-gewoonte vormende natuurlike produk en sonder voorskrif.
Community-verified icon


Slaaptyd stories deur Arthur S. Maxwell

Leon se Geheim

"Pappie," het Leon geroep vanwaar hy daar op die tapyt voor die kaggel sit.

"Ja, wat is dit?" het Pappie daar agter sy koerant geantwoord.

"Pappie, het Leon weer vir die hoeveelste keer gesê binne die afgelope halfuur.

"Wat is dit?" het Pappie moedeloos geantwoord, want omtrent elke minuut vandag hy begin lees het, was dit "Pappie!"

"ek het 'n geheim om vir Pappie te vertel."

"O het jy? Dit is gaaf," het die stem daar agter die koerant gesê.

"Moet ek vir Pappie nou kom vertel?"

"vertel dit maar vir die kat, Leon. Hy sal dit graag wil hoor."

"Goed Pappie."

Met 'n harde fluisterstem het Leon toe die geheim aan die kat vertel.

"Pappie!"

"Jaaa Leon."

Ek het die kat vertel. Mag ek nou vir Pappie vertel?"

"Vertel dit maar aan jou beertjie," het Pappie gesê, hopende dat hy nou 'n paar minute vrede sou hê.

"Goed, Pappa."

Toe is die geheim stilletjies aan die beertjie vertel. Maar ongelukkig vir Pappie het dit nie so lank geneem soos hy gehoop het nie.

"Pappa!"

"Hê."

"Pappie!"

"Wát is dit Leon?" het Pappie ongeduldig gevra.

"Ek het die kat en die beertjie vertel. Mag ek nou vir Pappie vertel?"

"Vertel die kaboutertjie," het Pappie gesê as 'n laaste uitweg, om sy koerant rustig verder te kan lees.

"Goed Pappa."

Net so plegtig is die waardevolle inligting nou aan die kaboutertjie vertel en teen daardie tyd ook het Leon taamlik behendig geword in die kuns om geheime te vertel en hy het sommer gou klaargespeel met die kaboutertjie.

"Pappie!"

"Wat is dit nou weer, Leon?"

Ek het die geheim aan die kat en aan die beertjie en aan die kaboutertjie vertel. Mag ek dit NOU vir Pappie vertel?"

"Kom vertel tog maar," het Pappie desperaat en sugtend gesê.

"Dan moet Pappie die koerant neersit," het Leon gesê, want hy wou sy Pa se onverdeelde aandag hê.

"Ek sal, nou is ek gereed vir jou."

"Luister," het Leon gesê, met sy lippies teen sy Pa se oor. Toe het hy weer sy koppie teruggetrek en gesê: "Dis 'n geheim Pappie en Pappie moet belowe om dit aan niemand te vertel nie."

"Goed, ek belowe."

"Luister jy Pappa?"

"Ja, ek luister."

"S-j-u-u-t."

"Is dit die geheim?" het Pappie gevra.

"Nee, ek sal dit nog vertel."

"Wel, wat is dit dan?"

"Pappa, ek het jou vrééslik lief."

"Is dit nou die geheim?" het Pappie verbaas gevra.

"Ja, dit is die geheim."

"Jou dierbare ding! Dit is beter as ál die nuus in hierdie koerant. Dankie Leon!"

Slaaptyd stories deur Arthur S. Maxwell

Volgende storie, asseblief?

Vind Audio weergawe onder aand die blad.
Enkel Ouer en Kind Kamp

Enkel Ouer Kamp

BESPREEK NOU! Slegs 36 plekke beskikbaar vir hierdie Kultuur Kamp avontuur. Geniet ‘n sonsondergang soos min – en kom besigtig ons asemrowende hemelruim om ‘n kampvuur. 'n Gebalanseerde groep behoort ongeveer 5 enkel persone, 7 enkelouers met 2 kinders asook 9 enkelouers met een kind die groep vol te maak.

R1559
Kultuur Avontuur Kamp Stapgroep Pretoria

Stapgroep (Voetslaanklub)

Add more detail about this product, such as benefits, appearance, components, or value

R150
Perdry Pretoria Om die Dam

Om-die-Dam Perderoete

Van beginner to ervare perderuiters is welkom. Jonk (5+) tot stokoud kan kom perdry om die dam.

R161

Radio Omroeper Kursus

Add more detail about this product, such as benefits, appearance, components, or value

R1250
< >