My Volk +(Die Trekpad van 'n Nasie) ENKEL OUER KAMPE
Vertellers Die Groot Verhaalboek Kom herwaarts getroues

Release Sce™ Forte

Medikasie wat die simptome van angs, depressie, ADD / ADHD, demensie en menopouse kan behandel. 'n Nie-gewoonte vormende natuurlike produk en sonder voorskrif. 
Community-verified icon


Release Sce™ Forte Agent
Vertellers Die Groot Verhaalboek

Kom herwaarts getroues

En toe kom  my gesig mos ook in die koerant, en dit nogal op die voorblad! Nou toe nou. Vyf jaar lank speel ek getrou elke Kersfees die Vader by die Cash & Carry Basaar, en niks het ooit gebeur nie; maar vanjaar toe ek dit eintlik teen my sin en wil doen, nee, toe staan dit lewensgroot daar: "Kersvader slaan sy hande saam by aanskouing van moles in winkel."

My ou vrou meen dis glad nie 'n duidelike gelykenis nie. Sy sê dit kon maar net sowel Niek Louw gewees het. Hy's mos die Vader by die Volksverkope. Maar waar troef ek haar nie! 'n Krismisvader is mos maar 'n Krismisvader, Ek is 'n ietsie langer as ou Niek, en ek dink gryser, maar as ons albei die jas en baard aanhet, kan selfs my vrou ons beswaarlik onderskei. Met die boom gaan dit mos ook maar so. Jy kan 'n grote bestel of 'n kleintjie, iewers een gaan steel, maar teen die tyd dat die blinkgoedjies hang en die kersies brand, is dit maar net 'n Kersboom. Nee wat, dié Vader of daardie een, vanjaar se Krismis of verlede jaar s'n, dis vinkel en koljander.

Al wat ek onthou, is dat my voete verlede jaar tog so vreeslik geswel het van die gedurige staan en die heen en weer loop in die winkel. Ek moes hulle eintlik die hele Kersdag in 'n skottel met warm water hou; en dís waarom ek so teen vanjaar se spelery opgesien het. Die heel dag! Dis mos nie 'n manier om Kersfees te hou nie. As dit nie was dat daar so baie ou ekstratjies hier by die Kerstye nodig is nie, sou ek my nie weer aangemeld het nie. Maar hoe gaan dit nou teen die einde van die jaar. Hier sien jy 'n ding wat jy graag wil koop, daar ook. Jy dink aan die drankmandjie wat jy een van die dae moet los en die ekstra vleis - en alles kos geld. Ag, en dan is 'n mens ook mos maar mens, en as jy nou so in die stad loop en jy sien die opgemaakte vensters en al die ballonne en die blinkgoed en die rye-rye mense wat koop, dan word die Kersfeesgees mos skoon vaardig oor jou en jy vergeet totaal van jou geswelde voete en jy val maar ook weer in. En as jy jou kom kry, is dit "Merry Krismis" en links en regs glimlag, net soos al die ander jare.

Nee wat, soos ek vir die vrou sê, Krismis bly maar Krismis, Al is jy nou ook Vader by die C & C en al kom jou portret in die koerant, jou jas het jy aan en jou baard is vasgeplak met gom. Om die waarheid te sê, sy kan net dankbaar wees daar was iéts van my in, want eintlik was daar oorgenoeg vir die koerantmense om oor te skrywe. My magtig, dit was dan die nuusskep van die jaar:

Kersmoles in groot Basaar;  Free for all fight in City Store;  So vier C & C Kersfees

En nou dink 'n mens mos altyd koerante vergroot. Maar ek het vir die vrou gesê sy kan hulle maar van voor tot agter en weer terug lees. Die helfte van wat aangegaan het, is nooit vertel nie. Dit was 'n herrie, 'n helse herrie.

Vossie (hy is nou die reklameman en die hoofvensterversierder) skat die skade op £2,000, maar jy kan maar daardie som net so verdubbel, en dan wen jy nog die pot, want op die hele vloer was g'n enkele heel ding oor nie. En wat nie fyn was nie, is ingeduik en buite alle gebruik om verniel.

Partykeer dink ek dis 'n wonder dat enigiemand lewend uitgekom het, want daar was 'n tyd dat dit my gevoel het: nou kan ons maar amen sê. 

Dit was net voor die polisie gekom het: skreeu, fluit, vuisslaan - vrouens en mans en kinders, die boel. Dit was 'n gemaal en 'n gedruk, want toe die ding begin het, was dit net hier so teen die einde van Kersaand, en dan prop al wat asemhaal mos nog vir oulaas in. Die roltrap was deurentyd gelaai, soos die voerband van die dorsmasjien met 'n goeie mieliejaar. Dit rol maar net aan en en aan en stoot oor. Sowat van 'n mensdom! Soos ek nou terugdink, voel dit my die hele stad was daar, of jy nou uit Vaalfontein se sinkkrotte uitgekruip het, of in Rusoord eiendomsbelasting betaal: oud, jonk, goeies, slegtes, duckies en sheilas - die lot! Die band gooi net af en af. En laat daardie spul nou die gees kry? 'n Moles, broer; sommer 'n ding.

Vertellers Die Groot Verhaalboek

 Vind Audio weergawe onder aan die blad.

Enkel Ouer en Kind Kamp

Enkel Ouer Kamp

R1559
Kultuur Avontuur Kamp Stapgroep Pretoria

Stapgroep (Voetslaanklub)

R150
Perdry Pretoria Om die Dam

Om-die-Dam Perderoete

R161
Ward 91 Tshwane

Onafhanklike Kandidaat (Pretoria) 

R600

Noudat alles verby is en daar nie drie bakstene op mekaar oor is nie, nóú praat Vossie heilig van skuld en wie verantwoordelik is. Ek wonder wie was altemit bekommerd oor die rooi streep van die Kersverkope, en wie het die twee vroumense langs mekaar gesit. Vossie mag 'n knap adverteerder wees, maar wat sy kennis van sy ewenaaste aangaan, veral die Evas, kan hy maar sy kersie by hierdie ou Vader kom opsteek. ek het geweet die ding sal nie werk nie. Ek is darem nie meer vyftig nie. Twee vroumense langs mekaar, en die een lyk soos Antjie Crous, nog nooit!

Ek het vir Vossie gewaarsku, maar hy is die soort man as hy 'n idee kry, slaan  hy sommer 'n hele muur plat. Hy is natuurlik 'n kunstenaar en hy sê 'n mens kan nooit te veel moeite doen nie; en al kos dit wat, jy kry dit tog dubbel terug, veral met Kersfees, want die mensdom word mos stapelgek hier van Dinsdagaand af: koop, koop. Dis die tyd dat 'n goeie adverteerder sy slag moet slaan.

Nou ja, hy kan toor met 'n voorstelling; dit gee ek toe. Hy't altyd iets nuuts, en Cash & Carry is wat advertensie betref, los voor die ander winkels uit. Hy't idees, dis maar klaar. Ek dink nou byvoorbeeld aan vanjaar se Kersklapper: wragtig 'n oulike kontrapsie. Dit was twee yslike kegels wat inmekaar pas. Ek meen die geraamte was van staal: sulke dun ribbetjies, en dan was dit  heeltemal oorgetrek met rooi satyn. En daar waar die helfte sluit, was 'n band met 'n maan en sterre op gelym. Wat nou gebeur, is dit: Twee poppe trek kamstig aan twee vatsels aan weerskante van die affêre en dan skielik - kapla, 'n helse slag. Jy sien en ruik net rook, kruitdamp, byna soos mis. Dit krul en draai ook so. En terwyl jy nog besig is om jou oë te vryf, siedaar, Antjie Crous! Sy stap uit die miskring uit.

Praat nou van 'n lucky dip. Die skrik vir die slag is niks, maar daardie meisiekind - 'n vrug, broer, so 'n ryp trossie waarvan die korrels sommer met die pluk losraak in jou hand. Ek weet nie waar Vossie haar uitgekrap het nie, maar die liewe Heer was nie suinig toe Hy haar gemaak het nie. Toe ek vir my vrou so beduie, sê sy ewe koel: "H'm, die ou bok lus nog sagte grassies."

Oud miskien, maar sowaar nog nie koud nie. Die meisiekind was 'n warm handvol, veral as sy so onverwags uit die klapper uitstap. Jy stel jou mos nie so iets voor nie. En wat nog so oulik is, is dat sy telkens anders aangetrek was. Ek meen daar was vier of vyf verskillende uitrustings: 'n outydse skaapherderinnetjie, daardie Franse koningin wie se kop afgekap is en die mooi vrou van Egipteland. En dan die eintlike een met die goue blare. Net drie blare, links en regs bo, dan nog een 'n ietsie laer af, en verder is dit net sy en haar talente.

Ek het eers gedink die blare is 'n nuwe soort bikini, maar toe ek vir Vossie daarna vra, begin hy lag: "Hau, ou Vader, dis vyeblare, man; sy's Eva!"

Nou toe nou.

Die mense het na die C & C toe gestroom. Dit was dié ding wat jy moes sien in die stad. En hoe gaan dit nou? As jy eers eenmaal in die winkel is, sien jy hier iets wat jou aandag trek, en daar. Jy begin koop, en netnou is jou beursie leeg. In ons personeelkamer het ons so 'n kaart met 'n rooi streep wat elke dag se verkope aandui. En skaars vier-en-twintig uur ná die klappernôi gekom het, het hy sommer die hoogte ingeskiet. Ek en Vossie het saam daarna gekyk. Hy kon byna nie stilstaan van lekkerkry nie.

"Hoe lyk dit vir jou, Oubaas? Ek wed  jou geen staltoneel sal die rooi streep so opjaag nie. Nee, Oupa, die mens weet wat hy wil. My Eva sal enige tyd paaie om Maria loop. Waar's ou Liepie nou?"

Meneer Liebermann is ons algemene bestuurder, en die ding van die stal maak elke jaar struweling tussen hom en Vossie. Vanjaar ook weer. Ek weet, want ek was by toe hulle die Kersplanne bespreek het. Dit was voor die klapper, en Vossie het nog sy pad gevoel-voel. As hy sy sin kon kry, sou hy die stal skoon uitgooi. Hy het gesê dis net tyd en geld mors: Maria en Josef en 'n krip! 'n Mens kon dit in elke ou agteraf winkeltjie in die stad kry. Of die spul ook al op die rand van bankrotskap is - stowwerig, versukkeld, maar wat daar is, is die krip, al is hy sommer uit karton geknip Werklik, 'n mens moet net een keer die moed hê om dit uit te gooi, die hele boksemdaais. Dit vloek teen elke beginsel van advertensie. En dan die plek wat dit neem op die vloer. Meneer Liebermann moet darem onthou elke vierkante duim beteken geld in 'n vorentoe plek soos die C & C. Nee, jy moet 'n keer iets heel anders hê, iets werklik oorspronkliks, iets ... iets, en hy beduie met sy hande. Sy oë word dromerig, i ets wat niemand verwag nie, iets nuuts, eintlik 'n wonderwerk.

Maar Liepie wou nie kopgee nie. Gewoonlik is hy baie inskiklik en wat advertensies betref, laat hy hom deur Vossie lei. Maar nie hierdie keer nie.

"Die stal hoort by Kersfees, nes die Vader met sy rooi pak en die boom en die lucky dips en die gebraaide kalkoen en die klappers, en die stal sal in, al n eem dit ook veertig vierkante voet op."

"'n Klapper, 'n Kersklapper, 'n affêre wat jy trek en dit bars. En fuut, jy kry iets wat jy nooit verwag het nie. Dáár's jou element van verwagting, jou inspanning en dan die skok en die verrassing. Dis wat ons gaan hê, Liepie, 'n Kersklapper."

Byna uit sy vel van pure blydskap gryp Vossie meneer Liebermann om die skouers: "Jy's 'n gawe vent, Liep. As jy weet hoe lank ek al bid vir so 'n idee."

En dis hoe die klappernôi begin het. Soos ek sê, ek was by by die pratery, maar ek sou nooit aan so iets gedink het nie. As 'n mens darem verstand van sulke goed het.

Vossie kon meneer Liebermann darem nie afkry van die stal nie. Op die ou end het hy dít ook maar ingesit. En toe hy eenkeer daarmee begin het, het hy sommer 'n opgestoptekalkoenstalletjie aanmekaar getimmer en 'n Kerskaartjietoneel gemaak en 'n groot boom met versierings ingeplant, en toe vir oulaas 'n ronde boog oor die roltrap gebou met KERSFEES in silwer letters daarop geverf. Langsaan het hy twee klein gerubs laat vassit, elk met ' n goue C teen die voorkop. Hulle moes kamma die boog vashou. As ou Liepie dan Kersfees wou hê, kon  hy dit kry. Maar hy wat Vossie was, sou sy laaste pennie verwed dat al wat leef reguit na die klapper toe sou loop.

En so was dit ook. Ja, meneer, sommer van die eerste dag af. Waar ek gestaan het op my verhogie met my dipdrom, kon ek oor die hele vloer kyk. Die mensdom kom die roltrap opgesweef, kyk so effens na die Kersboom bokant die koppe, druk dan verby na die kalkkoenstalletjie toe, bly 'n boomlikkie staan voor die Kerskaartjie-sneeutoneel en gaan daarvandaan n a die stal. Maar teen dié tyd het hulle al die klapper gewaar, en dan was daar geen keer meer nie. Of daar staanplek was of nie, dit druk en wriemel, stoot met die skouers, lê in met die elmboog, vloek en verwens totdat hulle uiteindelik voor die kontrapsie staan: twee bloedblink kegels, glad en pottoe, kompleet 'n eier.

Te-dum, te-dum. Wat nou? Almal hou asem op. Bam!

En dan uit die kruitdamp wat draai en dun word ... die vleisrooi knop.

Boetie, dis waar jy kommer en sorg vergeet. Honger kry, dors word? As die nooi wenk met haar hand, kom jy. En nie net jy nie; dis jy in jou duisende uit alle hoeke en uiteindes van die stad. Die roltrap was 'n swart bakkiespomp wat gedurig maar skep en skep.

Partykeer kon ek darem nie help om te lag vir al die spektakels nie, veral die ou mans. Hulle is al kens, skimmel, bles met dun steekbaardjies - al wat siel en liggaam aanmekaar hou, is die kruisbande - maar die pad ken hulle. Ja, broer, die laaste ou kierietjie klop-klop dieselfde rigting in.

En agter hulle kom die ou tantes: een vir my, een vir jou, so styf ingeryg in  hulle baleintjiesbalies dat hulle beswaarlik kan asemhaal. Dit gaan steun-steun maar dis die pure oë en kyk, nes daardie rooi dop die geheim van die ewige lewe had.

Wie nie daar was nie - jonk of oud, ryk of arm, lelik, mooi, solank jy net asemhaal. Kom, boetie, kom. Al is jy 'n sakebaas met 'n vet tjekboek, o f 'n stoppelbaard-myner wat jou oë knip vir die lig, hier's dit om't ewe, want almal is agter die goud: louter vier-en-twintig karaat, geel soos heuning, nes klei in jou hand - 'n ryk rif wat jy uit die donker kwartslaag losmaak. Laat daardie dop net oopbreek.

Partykeer kom Marie Antoinette uit, dan weer die Egiptiese vroumens, en al om die kwartier: Eva. Maar eintlik was hulle maar soos vinkel en koljander: die tolle het dieselfde gebly en daar waar die heup die draai maak: 40-20-38. Wie praat van mate. Dit was 'n inkeepfles vir die stoor van stroop. Of, as jy dit anders wil hê, 'n sandglas waar die tyd deur gly.

Geen wonder darem dat Maria sat geword het vir die spul nie. Van die oggend tot die aand het die klante net een rigting geken. Sy self en Josef en die engel met die nylonvere was skaars een keer se kyk werd. Antjie het die shine gevang, al die glôrie en die halleluja.

Op die duur kon vlees en bloed dit nie hou nie. Maria het haar bes gedoen, haar ingebind, maar haar mond het al skerper en dunner geword en haar skouers al regopper. En sy't daar eenkant voor die stal gesit, die pure afkeer. As Josef ook net sy oë tuis gehou het. Hy het kamma langs haar gestaan, half op sy staf geleun, en was veronderstel om na haar wat Maria is, te kyk. Maar laat daardie klapper net oopgaan. Hy het 'n pyn in die nek gekry van die bly omkyk. En eers as die skaamtelose mens weer terug was in haar dop, het hy aan plig gedink.

Dit sou enige vrou gekrap het. En soos dit moes kom, was sy nog verlief op hom. Ek weet nie of die verliefdheid met die voorstelling begin het nie - so van die saamspelery dag na dag. Om die waarheid te sê het ek nie een van die drie vroeër geken nie. Ek weet selfs nie eens wat Maria se regte naam was voor ek dit in die koerante gelees het nie: daar is so baie vroumense, hoemoet jy ook nou onderskeid maak? En sy was baie op haar plek: 'n stemmige, donker mens.

Maar soos ek gesê het, sy was verlief op Josef, smoor, die ene geneentheid en begeerte. Hoe hy ook al maak en hom gedra, wat hy ook al sê, sy het hom dopgehou. As sy hom net by haar kon hou, digter in die stalkring intrek, die afskorting hoër maak, net haar mantel oor hulle kon gooi sodat die wolkdonkerte al die lig uitsmoor, want oorkant hulle breek Antjie se klapper al om die vyftien minute oop - ag Here tog, op die dot: kwart voor twaalf, twaalfuur, kwart oor twaalf. En die een verskyning is begeerliker as die ander. Wat was die ergste, die sien en die vergelyk en die minderwaardig voel, of die wag, as die kegels sluit, op die volgende verskyning?

Miskien as Antjie Crous genadig was en haar mond gehou het, sou niks gebeur het nie, en Liebermann sou die C & C soos op elke Kersaand gesluit het. Maar sy het gedurig vergelyk en geskimp.

"O, jy is nog daar? Raai, dis die eerste keer dat ek jou vandag sien. Jy's ook so stil en stemmig, so 'n regte huisvroutjie: plig voor plesier, né, een dag soos die ander," en met dié rek sy haarself dat die bloed uitstoot en rooi klop tot in die verste punte.

Of weer: "Foei tog, dieselfde donker klere, dag na dag, nes 'n ou tannie. So vaal," en sy gril half. "Nee, dan maar liewerster úit daarmee." Sy verstel die bandjie van haar lyfie vir almal om te sien. "Dis baie interessanter." En sy knipoog vir Josef.

In alles wat sy gesê het, was 'n steek. "Ook maar goed ek is nie 'n engel nie: daardie vlerke cramp darem 'n mens se style," en al probeer Marie haar dan troef met 'n katterigte "hulle sal jou buitendien nie pas nie", krink sy net haar onderstel heen en weer en sy sing in 'n lae hees stem:

Ek's geen engel ... mmm ... mmmm ... mmmmm-m, hierdie aarde is genoeg vir my.

'n Teefbrak, 'n wyfiekat wat swel van lekkerkry.

Krap, krap. Dis naand rou en aanmekaar seer.

Toe begin sy met Josef: "Toe jong, hoe lyk dit vir vanaand?"

Dis 'n onderlangse  loer, 'n effense wenk van die hand, en sy hou haar kop skuins asof sy hom wat belowe.

Hoe Maria ook al protesteer en sê dat sy en Josef die aand uitgaan, die vroumens het haar woorde net 'n kinkel gegee.

"Tog nie op die eseltjie nie! Ag nooit! Hie-hô, hie-hô, al met Kerkstraat af. Dan liewerster saam met my. Ek het 'n scooter. Dis darem 'n ander soort ryding - brr om die draai, en weg is ons." Sy lag onderlangs. "Ek ken al die gawe plekke." En as sy haar hand uithou, is haar heupe 'n kom van verleiding en die vyeblad al skeiding tussen hom en die lekker van die paradys.

'n Mens kry mos sulke vroumense. Dis of hulle die aarde en sy volheid soos 'n vrug voorhou. Ek wás al vyf-en-sestig, en my rumatiek, nes die sonde, word daagliks meer, maar selfs ek, toe ek so na Antjie en haar blare kyk ... Hoeveel te meer die arme Josef met sy fris kuite en sy harige bors en sy daglank-niks-doen-en-staan in die volle tref van haar begeerlikhede. Praat van 'n skaap wat nie herwaarts of derwaarts weet nie. En langs hom sit Maria en sy moet al die dinge aanskou.

Ek het na Vosloo ggaan: "Jy moet vir Antjie hier uitneem."

"Waarom, Vader?"

Het die man dan nie self oë gehad nie? Hoe ek hom ook al beduie van die ding tussen die twee vroumense en Josef wat soos 'n skyf tussen hulle staan, hy het net aangehou oor die verkoopstreep.

"My magtig, Oubaas, dit gaan dan nog altyd op; dis netnou dwarsdeur die dak!"

"Skuif haar dan net, Vossie."

Maar hy was nie te beweeg nie. Hy't vir my syfers gewys en verkoopspersentasies uitgewerk wat twintig, dertig persent hoër was as dié van die vorige jare. "Hoe lyk dit, Oubaas?"

Ek h et teruggegaan na  my balie toe. Nr. 3-vloer was van 'n woeling en drukte soos ek dit nie geken het nie. Hiert vir Antjie en haar blare en die rooi streep wat aan die hemel reik. Ek haal vir my 'n papierkeps met 'n tossel uit en sit dit op. My hande was in elk geval skoon.

"Merrie," roep ek, "merrie Krismis."

Die blêrkas langs my word ineens rooi soos 'n meisietjie wat bloos. Die masjien brom onderlangs en die lig rittel al met die boepens af. Dan breek die lawaai uit: 

Kom kyk na die klappernôi; oe-la-la-laa, oe-la-la-laa.

Die trompet, trom en viool: Kom kyk nou, kom kyk nou.

Dan kry die saxofoon die deuntjie in die hande. Hy kap hom uit en spring om met die maat dat jy onder op jou maag die kriewel en die kielie voel: Kom kyk nou, kom kyk nou.

Een oomblik skep hy asem, maar as hy dan weer begin, skuif hy die wysie op, al op. Die pensbalk probeer nog agterna hyg, maar die note klim hoër, hoër, hoër. En soos hulle opgaan, styg die warm asem van die mense dak toe, sodat die rooi en geel ballonne dun swel en vergeefs pluk-pluk aan hulle lyne.

Nog nooit tevore was daar so 'n Kersfees nie. Dit was koop, aanmekaar koop, van die oomblik dat die deure oopgaan tot vanaand skemerdonker. Selfs die posbestellingsafdeling was oneindig besig, want die koerante het Antjie se mate en haar portret oor die land laat rol. Vossie het hoeveel navrae vir 'n vassteekafdruk gekry.

Dis toe dat hy op die blink gedagte van die nuwejaarskalender gekom het. Hy het 'n foto laat neem, een in kleur sodat jy die ligrooi van die ledemate kon sien - Eva. As sy eers bokant die maande pryk, sou daar geen huis in die land wees wat nie van die C & C en sy klappernôi wis nie. Die kalender sou aan elke muur hang, en al skeur jy ook al die maande onder haar weg, van Januarie tot Desember, aan haar en haar talente sou dit niks verander nie. Geen tyd of seisoen kon haar aanraak nie. Antjie bo, Antjie van die C & C.

Op Oukersdag het drie direkteure uit die Kaap aangekkom, eintlik heeltemal onverwags. "Sommer 'n vlugtige inspeksie, Liebermann." En hulle het die hele winkel deurgestap, selfs onder die kruidenierskelder ingeloer. Maar ek het dadelik geweet waaragter hulle was. Dit was daardie 30%-verkoopstyging, die dun rooi streep wat almaar aangaan.

"So iets is net nie moontlik nie, Liebermann. Iewers moet 'n fout wees, 'n boekhouer wat verkeerd opgetel het. Ja, ja, ons weet julle doen moeite met reklame, maar dertig persent!" Hulle skud die kop en speel met die geld in hulle sakke.

Net toe blaas Antjie se trompet.

"En dit?"

"Here," sê een en hy soek na sy tjekboek. "Jou adres, juffrou?"

Van verder kritiseer en aanmerkings maak was daar geen sprake nie. Hulle was op hulle knieë, uitgeknikker soos houtkegels. Liepie straal van lekkerkry en vryf sy pofferhandjies.

"Wat sê julle nou, menere? Het die streep reg gepraat?"

Maar vir die drie manne het hoor en sien vergaan. Hulle het al drie oukant toe gestaan en was sat gewoeker met wins en verlies, maar dat die streep hulle hier sou bring. Hulle buig hulle koppe en soen Antjie se uitgestrekte hand.

Toe hulle uiteindelik gaan, kon Antjie skaars wag om die nuus te vertel: "Het jy gehoor, Meraai, 'n afspraak? By die Blue Bird om sewe-uur vanaand, die duurste plek in die stad. Ek kan net dink hoe dit gaan wees: 'n pers orgidee, Franse parfuum, yskoue sjampanje en miskien so 'n halssnoertjie of 'n armband. Ou mans is kwistig met presente."

Sy maak 'n walsie en as Maria nog niks sê nie, trek sy haar bekkie pruil vir Josef: "Hoe smaak dit, liefie? Wens jy nie jy gaan saam met my nie?"

Maar voor hy kon antwoord, stap sy terug in haar dop. "Toedildoe," en sy wuif met 'n rooinaelhandjie.

Eers staan Josef doodstil. Net sy gesig word rooi en sy hande om die staf vat al witter. Maar toe die trompet weer blaas, smyt hy die staf eenkant en spring oor die wit paaltjies wat die stal van die klapper skei. Hy druk sy pad oop tussen die mense en toe Antjie uitkom, steek hy sy hande uit.

"Ek sal jou ook na die Blue Bird toe neem," sê hy h ees. "Ek sal ook sjampanje bestel en 'n blom koop."

Marie Antoinette flerts haar waaier oop: "Die duurste plek in die stad? En wat van jou spaargeldjies wat jy so soet opsy gesit het?"

Haar skouers steek melkwit en mollig onder die sy van die baltabberd uit, en waar die valletjies van die romp wegplooi, keep haar middel in - net vir vat.

"Te hel met die geld. Ek kry 'n Krismisbonus: twintig pond. Ons kan alles gebruik. Antjie, Antjie."

Maar die doppe skuif op hul rolletjies, en as hulle sluit, klik die mane en sterre weer in posisie.

En Maria intussen, die stomme, goeie mens met haar waspop en haar eseltjie en al die ander diere om die krip?

"Wat gaan Liebermann sê? Jaap, Jaap!"

Om in daardie wildernis te probeer roep. Jy kan net sowel met 'n klip praat, want al wat hy oë en ore voor had, was die sterstreep om die dop. Soos hy staan, agterkop en skouers en gespierde rug, was hy die ene afwagting en bid, en as die vrou uiteindelik uitkom, 'n kaalgat Eva, gryp hy haar voete vas en soen die rooi laktone.

Dis toe Maria opspring en aan die wit pale gryp, hulle uitmekaar probeer ruk.

'n Myner met drie dae oud baard knipoog vir haar: "Help niks, tannie. Jy't te veel klere aan. Kry 'n bikini." Met dié bars hy uit van die lag, 'n yslike lag wat sy bors en skouers skud, dwarsoor die mense galm en hulle aansteek. Party glimlag, ander begin ook skud en proes sodat dit naderhand klink of die hele skaar uit een mond skater.

Maria stop haar ore toe, draai haar kop weg. "Jaap, Jaap," roep sy nog vir oulaas, maar die vroumens op die platform lag net en stoot met haar toon die donker kop o psy.

Toe gooi Maria die pop eenkant en ruk haar mantel los: "Slet! Kamtig Eva." Sy mik na Antjie se kant toe. "Ek sal van jou 'n Eva maak." en sy krap met altwee hande na die goue blare.

'n Man probeer nog keer, maar die bebaarde myner hou hom terug: "Hou jou uit, broer. Laat die twee vroumense dit uitbaklei."

So het dit begin. Eers net die twee vroumense, en nou hoef niemand te dink dit was 'n grap nie, want dit was 'n propperse geveg. Die een kry die ander se hare beet en ruk tot dit bloei, dan krap die ander haar weer dat die puntgevylde naels in die sagte wangvleis insink.

G'n mens rondom sê iets nie, steun net onderlangs as die druk van agter af al kwaaier word. Dis net kyk en oë wat roer soos die twee beweeg.

Maar toe kry Maria die rek van die boonste blare in die hande en sy trek dit uit en uit. Dis naderhand net 'n dun ... dun draadjie. Almal hou asem op! Dan skiet dit uitmekaar en die twee blare fladder grond toe.

Eva in die eerste tuin!

Antjie hou haar hande voor en probeer wegkruip, maar 'n m an spring in die kring. "Komaan, Blondie," roep hy, "jy het mos die goods; wys haar dan! Een, twee," en hy dryf haar aan, "komaan, komaan."

Dis toe 'n ou vrou hom met haar sambreelsteel oor die skouers slaan: "Sal jy haar uitlos, die skaamtelose flerrie."

Die man gryp die sambreel uit haar hand en breek die stok middeldeur oor sy knie.

En toe, toe die dun steel knak, gee die muur pad en die toeskouers sak in die kring in. Eers dom skape in 'n skeerhok, sonder sin of rigting. Hulle maal in die rondte. Selfs die roep tussenin is 'n verdwaalde blêr. Maar dan lui 'n elektriese bromklokkie en 'n stem pleit: "Asseblief tog, dames en here."

Hulle besin? Sal hulle of sal hulle nie? Dit hink op twee gedagtes, maar as die wyfiestem weer 'n keer soebat uit die sifdraadkas, is dit of die laaste oorblyfsels van ordentlikheid padgee, en hulle sak met 'n brul toe. Dit slaan met die vuis, keer met oop hande, veg met al wat voorkom. En soos hulle al meer opgewonde raak, breek hulle stoele flenters en skop toonbankplanke uitmekaar.

Antjie se kant kies, of Maria s'n? Dit was net breek en verniel vir die pure lekker: Kersboom, kalkoenhoek - alles. Die baardman kry 'n paal van die stal beet. Hy ruk dit los en swaai dit bokant sy kop: "Happy Krismis." Ander mans doen hom dit na, en as die laaste dakstut padgee, val die maaksel inmekaar.

"Skote!" juig 'n klomp seuns en mol in die puin rond, skop wat oorbly uitmekaar. Ander klouter oor toonbanke en steek hulle hande uit na die blink klatergoudslingels wat van die een hoek na die ander span. Klokkies, veertjies, voëltjies, blink balletjies wat die lig in ontelbare vlakkies vang - alles skerf en splinter. Dan die groot rooi en geel ballonne. Hulle plof bam-bam uitmekaar.

"Hie-hô, hie-hô!" en die groot myner trek die eselkop oor syne. Hy balk mal en soos hy lag, skud die saagselkop heen en weer, hoog bokant die mense uit: Hie-hô. Die namaak-oë kyk sonder sien of roer van lid - 'n geduldige glaskyk, dom en sonder verstaan, 'n spieël wat alles in die klein teruggooi: vrouens wat oormekaar val soos hulle aas en gryp, wyfiediere, mans wat rasend is van die slaan en die sien van bloed. Waar dit begin of dat eindig? Dis 'n warreltregter wat opskep sonder onderskeid: glas, hout, vlees en bloed. En alles word om en omgemaal tot dit fyn is, pulwer.

Ineens skakel die baardman die sneeumasjien aan. Die vlokkies dwarrel neer op die menigte. Soos dit saampak, stol die bloed wat uit baie wonde vloei. Gesig word wit, en met die vinniger draai van die wiel word dit 'n silwer reent sodat hoor en sien in die wriemel en die dwarrel vergaan.

Arms en hande word voorgehou. Maar die skerp kristalle sif sonder ophou neer, pak saam in neusgat en keel sodat jy na asem snak. Was daar dan nêrens 'n wegkruipplek nie? Skuiling teen die wit en die blink?

Een onthou Antjie se dop. "Eva." En as die ander die naam hoor, word hulle soos met 'n idee vervul, tel die kop op en steek die hande uit. Totaal blind nou, voel hulle hul pad daarheen. Hulle klou aan mekaar se klere vas, en as een bo-op die platform kom, gryp die ander hom aan die hakskene. Daar's net een gedagte en dis die dop, die rooi sy-eier wat jy so glad onder jou vel voel span. Maar as die een man sy hand daarna uitsteek, trek hy dit terug met 'n vloek: "Dis toe."

Liewe Here! 'n Oomblik rem die skare terug. Vrouens begin hardop kerm en bid, maar dan sak hulle op diekegels toe. Hulle slaan met die vuiste: "Oop, oop." Dit moker en krap met die naels. Hulle kry die band beet wat om die sluitnaat span. Dan ruk hulle die versiersels met hulle tande af en spoeg die flenters uit: die maan en die puntige sterre.

Van agter af pak dit al meer. Die kegels duik diep in en gee dan ineens mee met die skeur van sy. Soos 'n verstopte riool wat 'n deurbreekgat kry, stort die menige in die geraamte verby.

Toe die polisie op die toneel verskyn, was die ergste verby. Die masjien het nog geloop, maar die poeiersak was leeg. Baie vrouens was skoon van hulle wysie af en moes hospitaal toe geneem word. Van die mans en jong seuns is kantoor toe, en 'n magdom verklarings is afgeneem. Die besigheid sou deeglik ondersoek word, wie skuldig was en waarvoor. Dit was blaaie vol aantekeninge.

Maar praat van lyk, daardie nr. 3-vloer. Ek het so versigtig-versigtig my kop uit die dipbalie gesteek. Toe stoot ek my mombakkies weg net om seker te maak dat wat ek sien, waar was.

"Mens," sê ek, "ek glo dit nie." Selfs toe die Jonasse destyds amok gemaak het en almal in die straat aanmekaargevlieg het, het dit nie so gelyk nie. Hier was niks, letterlik niks. Jy sou van voor af moes begin.

Ek was sommer lus en klim weer in my drom in.

Toe sien ek die kind, so 'n jong dogtertjie. Sy't onder die platform  uitgekruip, en toe sy so na alles kyk, word haar oë soos pierings. "Jissie," sê sy.

Maar wat sy gesien het, het haar nie lank van stryk gebring nie. Sy het dadelik begin rondvroetel in die puin. Veel was daar egter nie om te aas nie: 'n kraal of twee, flentertjies afval, 'n kartonster.

As sy heel onder in die puin van die stal rondkrap, kom die pop uit. Die saagsellyf was flenters, maar die gesig was darem h eel, en toe sy dit omkeer, skreeu dit in 'n kraakstemmetjie: "Mama."

"Sowaar," sê sy en druk dit teen haar vas, wieg dit heen en weer. Toe haal sy die ster uit haar sak en maak dit versigtig vas vor die kop.

Henriette Grové

Vertellers Die Groot Verhaalboek

Volgende storie, asseblief?

Radio Omroeper Kort Kursus

Radio Omroeper Kort Kursus

R2095
Adult Pharma

A Pill to Thrill (Distributor Agents Needed)

R350
Independent Candidate Course

Online Independent Candidate Course

R3499
Shuttle Services Pretoria

Privaat UBER Pretoria (Shuttle Service)

R519
< >