My Volk +(Die Trekpad van 'n Nasie) ENKEL OUER KAMPE
Vertellers Die Groot Verhaalboek Kleinjare op Botterkraal

Adult Pharma

MALE (and FEMALE) LIBIDO BOOSTER
We offer fast, secure and reliable ordering with your complete privacy. We will go the extra mile for each and every customer. Money Back Guarantee. Express Delivery. Safe Payments.
Community-verified icon



Female and male libido boosters
Vertellers Die Groot Verhaalboek

Kleinjare op Botterkraal

Die verste wat ek terug kan onthou, is dat ek nie sinnigheid gehad het vir Miss Eagleton nie - omdat sy die heel eerste mens was wat my soos 'n donkie in 'n tuig gespan het. Sy was ook die eerste vreemde mens wat met my geraas het. Voorheen het net Ma met my geraas, en af en toe Pa.

Miss Eagleton was ons goewernante op Botterkraal in Britstown se Beervlei, en sy het vir my en my twee niggies, Francoa en Katie, die AB-jap geleer.

Mooi was sy nie juis nie - lank en skraal met bruin hare en 'n kop wat te klein was vir haar lyf. Maar dit is nie waarom ek nie vir haar omgegee het nie. Die Here het haar gemaak en daarmee was ek tevrede. Dis oor sy my gekrink het soos ek nie gekrink wou wees nie.

Nadat sy gekom het, kon ek nie meer smôrens vroeg saam met Ma in die takskuiling gaan hurk nie waar Ma met die ou haelgeweer gewag het dat die rooiganse en swart eendjies in die seekoegat in Brakrivier moet kom sit. Ek kon ook nie meer soggens saam met my niggies en outa Karel Bostaner se kinders in die ou ashoop grawe om gekleurde kraletjies, blou en rooi flessies, knope, dolosse en geblomde erdestukkies te soek nie. En wanneer Pa smôrens vlak toe is om te gaan gompoue skiet, kon ek nie meer saam nie. Pa het altyd die poue se pote aanmekaar gebind en hulle om my nek gehang om hulle huis toe te dra. Dan het ek gelyk soos 'n snaakse dik voël met 'n hoed op. Oom Hendrik, Pa se broer, het gesê Pa moet dit nie doen nie, want eendag is eendag dan skiet iemand my omdat hy dink ek is 'n goggabie wat iewers vandaan weggeloop het.

Vandag Miss Eagleton gekom het, moes ek deur die venster na die sonlig kyk en na die blink dou aan die wildetwakbome. Die heuningbye uit Pa en oom Hendrik se korwe het by die venster ingekom, teen die ruite vasgevlie en daar gespartel om weer uit te kom na die blomme en die oop lug totdat hulle so gedaan was dat hulle op die vensterbank bly lê het om dood te gaan.

Mis Eagleton het ons op hok gehou soos Pa altyd ons krismisvark op hok gehou het, en ons geleer van die ABC, die maaltafels, van optel en aftrek, die Paradys, en Kain en Abel se dinge - en van Ingels.

Die Ingels was die swaarste, want ek het net Afrikaans geken. Partykeer het Ma op Ingels gesing of met  haarself Ingels gepraat, of met 'n Ingelse oom wat een maal in 'n skrikkeljaar op Botterkraal uitgeslaan het. Ma het graag 'n bietjie Ingels gepraat, want sy het onder Mister Rosenow geleer. Maar ek het daar niks van verstaan nie. Ek was baie dom met dié Ingels en daar het die raas toe gekom. Ek kon dit nie in my kop kry dat "flies" op Ingels nie "vleis" op Afrikaans beteken nie. Toe vererg Miss Eagleton haar en sê ek moet my nie soos 'n bekvelder hou nie. Ingels is die taal van die wêreld en ek moet dit leer, anders hang sy die donkiebord om my nek - en wat 'n skande sal dít nie wees!

Ek het dit alles verdra - tot die raas ook - want Ma het my, nog voordat Miss Eagleton gekom het, reg gedruk vir die leerdery. 'n Mens moet leer, het Ma gesê, anders is jy soos 'n stuk land wat nooit geploeë word nie, vol bloudissel en olieboom. 'n Mens kan nie soos 'n heiding wees nie - jy moet leer van die groot wêreld daar buite. Ons witmense kan nie laat slap lê nie, want daardie swarte derduiwel van 'n Kandali sê juis die swartmense gaan die land oorvat. As die witmense nie geleerd is nie, sal hulle nog die houthakkers en die waterputters word. En he sal ek daarvan hou as ek eendag vir outa Karel Bostaner se kinders moet werk? Daar sal nog donker dae kom met die leerdery, het Ma gesê. Daar sal met my geraas word en ek sal pak kry, maar ek moet net altyd onthou dit is vir my eie beswil.

Ek het Ma geglo, want ma was slim geleerd. Sy was self ook goewernante en sy het op Kalkpunt by grootjie Hermanus vir die kinders skoolgehou. Daar het alles begin toe Pa vir haar gaan kuier het met sy windmaker ryperd en sy "tweed suit" met die nou broekspype en die lang slip-baadjie.

Miss Eagleton het nie danig lank op Botterkraal gebly nie. Miskien het sy nie van ons ou lang huis gehou nie, wat afgeskort was sodat Pa-hulle eenkant gebly het en oom Hendrik en tant Annie-hulle anderkant. Of van die een bloekom en die een soetdoring voor die lang klipstoep nie. Of van Brakrivier met sy regaf geel walle waarin die uile nes gemaak het nie. Of miskien het sy nie gehou van die gelyk wêreld agter die driedoringbult nie, of van die ruie vleie anderkant die rivier, of van die ou klipkraal met die miskoeklaag op sy mure nie. Altemit was dit vir haar te plat, te eensaam en te vaal hier in die Beervlei. Miskien ... ek weet nie. Maar sy het in elk geval nie lank gebly nie.

As sy 'n bietjie langer gebly en die Beervlei beter leer ken het, sou sy dalk nie so gou weggegaan het nie. Botterkraal was soos 'n doodhouergogga - hy het gelyk of hy dood is, maar hy was nie rêrig dood nie. Sy pols het sterk geklop - veral in die saaityd en die oestyd en wanneer Brakrivier lewendig geword het as dit hoër op goed  gereën het.

Dit het maar net gelyk of die Beervlei eensaam is. Dit was nie. Daarvoor was daar te veel mense in en om die plek. Daar was nie een plaas sonder mense nie - oupas en oumas en pa's en ma's en kinders wat die tafels vol gesit het; beeste en perde en donkies en skape en bokke; hoenders, makoue en kalkoene; honde en katte en mak kraanvoëls; landerye en vrugteboorde - en daarby nog die bruin- en swartmense op elke plaas. Nee, die Beervlei was vol lewe; nie een plaas leeg nie: Botterkraal, Heuningkraal, Ventersdam, Koppiesdam, Swaelstert, Kalkkraal, Kalkpunt, Kommandantskraal, Ruitjiesvlak ... en 'n bietjie verder uit: Lammertjiespan, Skilpadskuil, Taro, Kuip, Haakdoringplaat, Swingelspan, Taaiboschdraai, Driehoek ... Al die ou plase, vol mense en diere, en in die middel daarvan Botterkraal met sy landerye, wildetwakbome en seekoegat, en sy klipvat deur Brakrivier om die water op die ryk Karoogrond uit te keer.

Maar Miss Eagleton het weggegaan. Miskien het sy na die "voorwêreld" verlang, met sy sipresse en populierlanings en oop fonteine. En toe sy weggaan, het sy vir my en my niggies gesê ons het mooi geleer, sy gaan vir ons elkeen 'n present stuur. Nogal gevra wat ons graag wil hê.

'n Motorbaaik met 'n side-car en 'n poeliesmantjie daarop - dit is wat ek wou hê. Ek het Miss Eagleton so liefgekry dat ek sommer gesê het hoe moet lyk: 'n rooi motorbaaikie met wit wieletjies en 'n blou poeliesmantjie met 'n keps, kamassies, 'n rybroek en 'n poeliesbaadjie. Die soort wat 'n mens opwen en wat dan ál in die rondte hardloop. Asseblief tog, as Miss Eagleton nie omgee nie. Ek het so enetjie in Mister Goldstuck se winkel op Britstown gesien.

Vertellers Die Groot Verhaalboek

 Vind Audio weergawe onder aan die blad.

Enkel Ouer en Kind Kamp

Enkel Ouer Kamp

R1559
Kultuur Avontuur Kamp Stapgroep Pretoria

Stapgroep (Voetslaanklub)

R150
Perdry Pretoria Om die Dam

Om-die-Dam Perderoete

R161
Ward 91 Tshwane

Onafhanklike Kandidaat (Pretoria) 

R600

Sy het alles in haar boekie opgeskryf, haar boeke gevat, ons skooltjie toegemaak en weggegaan.

Ek het agterbly met pe-ô-te ... pot, o-o-m ... oom, pe-y-pe ... pyp, en twee maal twee is vier en twee maal drie is ses...

Ma het die leerdery vervat waar Miss Eagleton dit gelos het. Maar ek dit swaar gehad om my kop by die leerdery te hou. Miss Eagleton was nog nie eens op Britstown nie, toe speel ek al met daardie motorbaaikie. Ek het met hom op Ma se blink plankvloer in die voorhuis gespeel, op die vloer onder die ou groot volstruiseier-broeikas in die kombuis, waar niemand my kon hinder nie, en op die klipstoep voor die huis. Saans het ek met hom gespeel totdat ek aan die slaap raak. Smôrens wanneer ek wakker word, het ek met hom gespeel, en sommer gedurende die dag ook, waar ek ook al was. Ek kon hom hoor brom, en ek het die vars verf aan hom geruik. 'n Nuwe speelding ruik mos lekkerder as enige ander ding.

En ek het gewag ... gewag dat die oom met sy twee appelblou poons met die poskar van Britstown af moet kom. Een maal in die week het die poskar die pos tot by ons gebring en daar het al die mense hul pos kom haal - te perd of met die perdekar, of selfs met die donkiekar; koffie gedrink, gesels, grappe vertel en sommer net die dag lekker omgemaak omdat hulle uitgehonger was om te praat. As dit posdag is, werk 'n mens nie, dan kuier jy.

Die eerste week kom die poskar en ek staan in die deur onderwyl Ma die mense se briewe vasbind en die pakkies uit die ou groot possak haal. Die een is te groot, die ander te klein. A, daar is een wat net groot genoeg is. Maar dit is vir oom Dak, en 'n ander een is vir dié en 'n ander vir dáárdie.

Daar is die possak nou leeg. Daar is niks vir my nie.

"Jy's darem te haastig," troos Ma.

Wag tot die volgende posdag dis al raad. Nog nooit het 'n week vir my so stadig omgegaan nie. Wag en wag en wag. Maar eindelik is hy weer daar. Ek weet die poskar kom maar laterig; tog begin ek al vroeg uitkyk. Staan op die ashoop en hou die pad dop. Klim op die kraalmuur en hou die pad dop. Loop ná die middag selfs 'n ent teen die bult uit en hou die pad dop.

Die uile vlie al in die skemer rond toe ek die wit kap van die poskar in die pad sien aankom, die disselboom hoor klop soos die twee poons draf.

"Liewe Jesus, stuur asseblief vanaand vir my my motorbaaikie..."

Toe die oom stilhou, is ek by om die possak te vat. Ek loop struikel-struikel daarmee die huis in. Die eerste maal dat ek so fluks is om die possak te dra. Ma begin dadelik die briewe en pakkies sorteer, want van die mense wag al die hele middag vir die pos.

Die possak ruik na dorp en die vertrek ruik na gebrande lak, en ek staan en wag dat Ma die briewe en pakkies uithaal, want ek mag nie aan hulle vat nie.

Weer niks vir my nie. Ai, Meester, het Miss Eagleton my dan vergeet? Sy het dan alles in haar boekie opgeskryf!

Nogmaals wag.

So met die wag fluister die ou duiwel in my oor dat Miss Eagleton 'n nare mens is. Dit was sommer praatjies daardie dat sy vir ons presente gaan stuur. Of miskien het Mister Goldstuck op die oomblik nie 'n motorbaaikie nie. Dalk moet een van De Aar af laat kom word. Maar Battenhausen het tog seker een!

Ek bly maar hoop, en elke aand nadat ek klaar gebed opgesê het, bid ek 'n stukkie by dat die motorbaaikie tog moet kom - suutjies sodat Ma nie hoor nie.

Met die volgende pos is ek te bang om weer in die deur te gaan staan solank Ma die pos uithaal. Ek bly opsy en luister na die grootmense om van die pakkie te probeer vergeet. Maar hy wil my nie laat los nie: Hy't gekom, hy't nie gekom nie, hy't gekom, hy't nie gekom nie...

Oom Dak kom roep my. Ma wil my hê.

"Hy't gekom, hy't gekom, hy't gekom!" roep Ma uit en hou die vierkantige vaal pakkie in die lug.

Ek gryp dit en hardloop kombuis toe. Hy's groot genoeg, hy's swaar genoeg, hy's net reg. Dit is hy! Ekskuus tog, Miss Eagleton!

Langs die kombuistafel stamp ek amper die kers met blaker en al om so ruk en pluk ek aan die vaal papier om die pakkie. Ek skeur behoorlik soos 'n  honger hond wat 'n haas se pens oopskeur.

Daar lê hy in die kartondose - die klein, dik, swart boekie.

Ek haal hom uit, blaai in hom, ruik aan die fyn bladsytjies - en alles gaan in my dood. Wat wil ek met 'n boekie maak?

Wanhopig krap ek deur die papiere. Nee, 'n motorbaaikie is daar nie. Net die boekie. Miskien ... miskien is daar fout. Seker Fancoa of Katie se boekie dié. Hulle moet my motorbaaikie hê.

Juis toe kom Pa die kombuis in. "Dis nie myne dié nie, Pa."

Pa krap tussen die papier, haal 'n kaartjie uit. "Dit ís joune, jong; hier staan jou naam. Wat het jy gekry?"

Pa tel die boekie op, blaai voor in, lees. "Register van al de Kanonieke Boeken en Hoofdstukken des Ouden Testaments ... Al de Boeken en Hoofdstukken des Nieuwen Testaments ... Jong, maar dis 'n mooi Bybeltjie! ... In den beginne schiep God den hemel en de aarde. De aarde nu was woest en ledig, en duisternis was op den afgrond; en de Geest Gods zweefde op te wateren ... Is jy bly? Nou't jy jou eie Bybel."

"Ek wil g'n 'n ou Bybel hê nie!

"Maar, jong, hoe praat jy dan nou?"

"Ek't 'n motorbaaikie gevra ... met 'n sidecar en 'n poeliesmantjie."

"Toe maar, eendag koop ons vir jou 'n motorbaaikie. 'n Mens praat nie so van 'n Bybel nie."

Iemand roep Pa en hy gaan uit. Ek werskaf met 'n dooie vuurhoutjie in die sawwe kerswas en ek haat Miss Eagleton. Ek haat sommer die hele wêreld. Wat wil ek met 'n Bybel maak? Speel kan ek nie met hom nie en lees kan ek hom nie.

Ek los die "Kanonieke Boeken" net so tussen die papiere, glip kamer toe en kruip in die bed. Toe Ma later inkom, maak ek of ek slaap. Ma is die een wat altyd sê: die een wat bid, vir hom sal gegee word.

Vir hom wat bid ... Dalk het ek nog nie genoeg gebid nie. Miskien wil die Liewenheer hê ek moet eers groter word voordat ek 'n motorbaaik kan kry. 'n Rêrige motorbaaik waarop ek kan ry. Ek sal op hom ry tot op Britstown, of tot op De Aar - of Kimberley, kom wat wil.

Wag maar dat ek grootword...

F.A. Venter

Vertellers Die Groot Verhaalboek

Volgende storie, asseblief?

Radio Omroeper Kort Kursus

Radio Omroeper Kort Kursus

R2095
Adult Pharma

A Pill to Thrill (Distributor Agents Needed)

R350
Independent Candidate Course

Online Independent Candidate Course

R3499
Shuttle Services Pretoria

Privaat UBER Pretoria (Shuttle Service)

R519
< >