Kinders van die Wind
Laurika Rauch
Ek ken 'n ou ou liedjie
Van lewenswel en weë
Van lank-vergane skepe in
die kelders van die see
Die woorde is vergete
en tog die deuntjie draal
soos vaagbekende grepies in
'n baie ou verhaal
Koor:
Van swerwers sonder rigting
van soekers wat nooit vind
en eindelik was almal maar
net Kinders van die Wind
Gesigte, drome, name
is deur die wind verwaai
en waarheen daardie woorde is
sou net 'n kind kon raai
Koor:
Van swerwers sonder rigting
van soekers wat nooit vind
en eindelik was almal maar
net Kinders van die Wind

Disket 1
1. Op Blouberg se Strand
2. Toemaar die Donker man
3. Jy is te Dierbaar
4. Stille Waters
5. Die Nostalgie
6. Onthou om te Onthou
7. Pepermossie
8. Blou
9. O so Sentimenteel
10. Kinders van die Wind
11. Neanderdalman
12. Kyk hoe glinster die Maan
13. The Old focus
14. Stuur Groete aan Mannetjies Roux
15. Lisa se Klavier
16. Die Gang
17. Dry Land
18. Ek het 'n Huisie by die See
19. Hot Gates