Binne die mure van die Kasteel was daar onder andere 'n kerk, bakkery, werkswinkels, leefkwartiere, winkels, selle en 'n verskeidenheid ander fasiliteite. Die geel verf op die mure was gekies as gevolg van die vermoë om hitte en fel sonlig te verminder. 'n Muur verdeel die binnehof van die kasteel. Die verdeling is gedoen om inwoners te beskerm in geval van 'n aanval. Die bekende Kat Balkon is 'n uitstaande kenmerk van die verdelingsmuur. Die oorspronklike balkon was gebou in 1695 en is herbou in sy huidige vorm deur die VOC tussen 1786 en 1790. Vanaf die balkon is aankondigings gedoen aan soldate, slawe en burgers van die Kaap. Die balkon lei na die beroemde William Fehr-versameling van historiese skilderye en outydse meubels, wat betrekking het op die Kaap van Goeie Hoop.
In 1936 is Kasteel van Goeie Hoop tot 'n nasionale monument verklaar. As gevolg van 'n uitgebreide restourasieproses wat van stapel gestuur is in die 1980's, is die Kasteel van Goeie Hoop die bes bewaarde fort van sy soort wat gebou is deur die VOC waar dit belange gehad het.
Die Kasteel die Goeie Hoop was die plaaslike hoofkwartier van die Suid-Afrikaanse Weermag in die Wes-Kaap en huisves die militêre museum en seremoniële fasiliteit vir tradisionele Kaapse Regimente.