Die Republiek van Suid-Afrika, 1961-1978

Die totstandkoming van die Republiek van Suid-Afrika oop 31 Mei 1961 het 'n tydperk ingelui waarin die bestaande politieke strominge in tempo, omvang en krag toegeneem het. Die toepassing van die beleid van afsonderlilke ontwikkeling is in so 'n mate versnel, dat daar reeds in desember 1963 aan die Transkei selfregering toegeken is - iets wat selfs Verwoerd enkele jare vroeër nie so gou voorsien het nie. Die steun vir die Nasionale Party (NP) het, afgesien van 'n tydelike terugslag in die algemene verkiesing van April 1970, steeds toegeneem. Die buitelandse kritiek op Suid-Afrika se rassebeleild het met verloop van tyd al hewiger geword. Die ANC en PAC het ná Sharpeville (Maart 1960) hul beleid van passiewe verset laat vaar en tot o penlike geweld oorgegaan. En in reaksie teen die optrede van die rewolusionêre elemente het die Suid-Afrikaanse regering wetgewing aangeneem wat in toenemende mate inbreuk gemaak het op die vryheid van die individu.

Van Verwoerd tot Vorster

Die oorskakeling van 'n monargale na 'n reppublikeinse staatsvorm, het 'n klimaat geskep wat gunstig was vir 'n nuwe bedeling in die Suid-Afrikaanse politiek. Die ou groepering van pro-republiekgesindes (meestal Afrikaanssprekendes) in die NP en anti-republilekgesindes (meestel Engelssprekendes) in die Verenigde Party (VP) het nie meer sin gemaak  nie - en wel omdat die republiek nou 'n voldonge feit was en moeilik weer ongedaan gemaak kon word. In die plek van die ou groeperinge het Verwoerd 'n nuwe groepering voorgestel wat oor die taalgrens sou sny en die blankes in twee groepe sou verdeel: vir en teen apartheid. Die blankes se beveiliging was vir Verwoerd nou prioriteit nommer een en daarom wou hy sien dat Afrikaans- en Engelssprekendes voortaan saamstaan. Hy het dan ook die konserwatiewe Engelssprekende element by herhaling uitgenooi om by die NP aan te sluit. Op 8 Junie 1961 het hy bv. in die Volksraad verklaar: "Alles werk in die rigting dat ons moet saamkkom, want wat is ons probleme van die toekoms nou? Dit is om te sorg dat hierdie blanke republiek van Suid-Afrika blank bly. Dit is ons gemeenskaplike blankedom wat van nou af bo alles tel. Van nou af behoort ons dus in al ons uitinge, in ons toesprake, in ons werk, alles wat in die  verlede verdeel het, te beskou as geskiedenis wat voleindig is met die totstandkoming van 'n republiek buite die Statebond. Vorentoe het ons iets anders te bereik ... Dit is dat 'n blanke nasie hom hier sal kan bly handhaaf."(1)

(1) Debatte van die Volksraad, 8 Junie 1961, kol. 7731

Met die doel om aan die buitewêreld te toon dat hy ook oor aansienlike Engelssprekende steun vir sy apartheidsbeleid beskik, het Verwoerd die algemene verkiesing, wat normaalweg eers in 1963 sou plaasvind, vervroeg na 18 Oktober 1961. Die vernaamste strydpunt in hierdie verkiesing was, soos in alle verkiesings sedert 1948, weer die posisie van die nie-blankes. Die NP was t.g.v. 'n beleid van afsonderlike ontwikkeling - soos die apartheidsbeleid nou in toenemende mate genoem is. Sir De Villiers Graaff se VP, wat 'n verkiesingsooreenkoms met H.A. Fagan en J.D. du P. Basson se Nasionale Unie gesluit het, wou 'n rassefederasie  in Suid-Afrika tot stand bring. Dr. Jan Steytler se Progressiewe Party (PP) wou die nie-blankes geleidelik by die blanke politiek integreer.

Die uitslag van die verkiesing het weinig verskil van dié van die 1958-verkiesing: NP 105 (voorheen 103), VP-N.Unie 50 (voorheen 53) en PP 1. In terme van die aantal stemme wat uitgebring is, het die NP 46,2% gekry, die VP-NU 42,3%, die PP 8,5% en die res 2,2%. Hoewel die NP effens beter gevaar het as in die vorige verkiesing, kon dit egter nie daarin slaag om enige noemenswaardige steun van die Engelssprekendes te verkry nie. In Natal met sy sterk Engelssprekende element kon die NP weer net twee setels - Newcastle en Vryheid - verower. Die 11 PP-LV's wat in die 1958-verkiesing onder die vaandel van die VP" verkies is, maar kort daarna by die nuwe PP aangesluit het, is nou op een na almal uitgeskakel. Die uitsondering was mev. Helen Suzman, wat die kiesafdeling Houghton vir die PP verower het.

Hoewel Verwoerd minder Engelssprekende steun gekry het as wat hy verwag het, het hy voortgegaan om die Engelssprekendes uit te nooi om by die NP aan te sluit. As 'n verdere gebaar van vriendskap het hy in November 1961 twee Engelssprekendes, F.W. Waring en A.E. Trollip, in sy kabinet opgeneem - Waring as Minister van Inligting en Trollip as Minister van Arbeid en Immigrasie.

In die loop van die volgende vyf jaar (1961-1966) het die steun vir die NP steeds toegeneem. Een rede hiervoor was dat Verwoerd mense aangetrek het met sy vriendelike voorkoms, sy dinamiese leiding en sy onverstoorbare selfversekerdheid. Hy was vir baie mense 'n soort vader-figuur in wie se hande die toekoms van die blankes heeltemal veilig was. Nog 'n rede vir die toenemende steun wat die NP getrek het, moet gesoek word in die gebeure wat hulle elders op die vasteland van Afrika afgespeel het. In sommige Afrika-state het swart regerings aan bewind gekom en die feit dat baie blankes uit hierdie state padgegee het, is gesien as 'n bewys dat wit en swart nie die politieke mag kan deel nie en dat Verwoerd se beleid van afsonderlike ontwikkeling die regte beleid was. 'n Derde rede vir die gewildheid van die NP was dat die optrede van rewolusionêre elemente in Suid-Afrika baie mense oortuig het van die noodsaaklikheid van 'n sterk regering wat nie sou huiwer om ferm op te tree nie. Van die verskillende politieke partye het die NP in die grootste mate aan hierdie vereiste voldoen.

Die uitslag van die algemene verkiesing o p 30 Maart 1966 het getoon in watter mate die aanhang van die NP toegeneem het: NP 126 (voorheen 105), VP 39 (voorheen 50), PP 1 (voorheen 1). In terme van die aantal stemme het die NP 57,8% g ehad, die VP 36,3%, die PP 3,4%, en die res 22%. Die vernaamste kenmerk van dié verkiesing was die oorweldigende oorwinning van die NP. In 'n Volksraad met 170 lede (wat 4 Kleurlingverteenwoordigers ingesluit het), het die NP nie minder nie as 126 verteenwoordigers gehad.

Die swaai weg van die VP na die NP moet in 'n groot mate toegeskryf word aan die steun van Engelssprekendes. In die oorwegend Engelssprekende Natal het die NP sy aantal setels van 2 tot 5 o pgestoot. Nog 'n kenmerk van hierdie verkiesing was dat die PP heelwat swakker gevaar het as in die 1961-verkiesing. In die meeste kiesafdelings waar die VP en die PP mekaar geopponeer het, was daar 'n swaai na die VP. Dit is waarskynlik teweeggebring deur die geure in Rhodesië en elders in Afrika.

Op 6 September 1966 is Suid-Afrika geskok deur die nuus dat die Eerste Minister deur 'n sluipmoordenaar om die lewe gebring. Een van die parlementêre bodes, Demitrio Tsafendas, het kort voor die aanvang van die middag se verrigtinge oor die vloer van die Volksraad gestap en die niksvermoedende dr. Verwoerd in sy bank met 'n dolk aangeval. Die dolk het Verwoerd se hart binnegedring en hy het feitlik onmiddellik gesterf. Enkele dae later is hy in die Helde-akker in Pretoria begrawe

Tsafendas is voor 'n hof gebring, wat bevind het dat hy kranksinnig was. Die regter het gevolglik beveel dat hy vir 'n onbepaalde tyd gevange gehou moes word.

In die agt jaar van Verwoerd se bewind het sy aansien steeds toegeneem. Ten tye van sy doiod het hy die politieke toneel in Suid-Afrika in 'n groter mate oorheers as enige vorige eerste minister. Hy was die groot visioenêr wat vaste toekomspatrone uitgestippel het. Hy was 'n meeste van detail wat 'n ferm greep op alle afdelings van sy regering gehad het. Hy was vir baie blankes inderdaad die groot orakel wat die antwoorde op al Suid-Afrika se probleme geken het. As die groot apostel van afsonderlike ontwikkeling het Verwoerd jaloers gewaak teen enige afwyking van sy dogma. Hy wou geen blanke toelaat om 'n fabriek in 'n swart tuisland op te rig nie. Hy wou geen swarte toelaat om lid van 'n blanke wetenskaplike vereniging te word nie. Hy wou geen Nieu-Seelandse rugbyspan wat 'n Maori insluit, in Suid-Afrika toelaat nie. Dat sy dogmatiese houding Suid-Afrika se beeld geskend en goeie menseverhoudinge teengewerk en 'n onvermoë geoopenbaar het om tussen die belangrike en onbelangrike te onderskei - dit was dinge wat Verwoerd nie begryp het nie.

Op 13 September 1966 het die koukus van die NP in Kaapstad vergader om 'n volger vir Verwoerd te kies. Die twee vernaamste aanspraakmakers op die eersteministerskap was die 51-jarige Minister van Justisie, B.J. Vorster, en die 61-jarige Minister van Vervoer, B.J. Schoeman. Op die koukusvergadering het Schoeman aangekondig dat hy nie beskikbaar is nie en Vorster is daaroop eenparig verkies tot leier van die NP en Eerste Minister van Suid-Afrika.

Hoewel die nuwe eerste minister maar eers in Alpril 1953 lild van die Volksraad geword het, was hy reeds baie jare in die politiek betrokke. As student op Stellenbosch het hy 'n lewendige belangstelling in politieke sake gehad. Ná die voltooiing van sy studie in die regte het hy hom as prokureur in Port Elizabeth gevestig. Hier het hy in 1940, op die jeugdige leeftyd van 25, 'n generaal in die O.B. geword. In September 1942 is hy gearresteer en vir meer as 'n jaar op Koffiefontein geïnterneer. Ná sy vrylating het hy h om op Brakpan as prokureur gevestig. Hier is hy deur die Afrikanerparty as kandidaat benoem vir die algemene verkiesing van Mei 1948, maar a.g.v. Malan en Havenga se verkiesingsooreenkoms, waarvolgens geen lid van die O.B. toegelaat is om as kandidaat vir die Afrikanerparty te staan nie, het die NP teen sy kandidatuur beswaar gemaak. Vorster het hom daarop as 'n onafhanklike verkiesbaar gestel. Sy teenstander was A.E. Trollip van die VP, wat die verkiesing met 'n meerderheid van slegs twee stemme gewen het. In die daaropvolgende verkiesing van April 1953 is Vorster as kandidaat van die NP tot LV vir Nigel verkies. In Oktober 1958 het Verwoerd hom as adjunk-minister aangestel en in Augustus 1961 is hy bevorder tot Minister van Justisie in die plek van F.E. Erasmus, wat ambassadeur in Rome geword het. Hierna was Vorster feitlik pal in die nuus. Die rede was dat die rewolusionêre elemente in die jare 1961-1966 besonder bedrywig was en as Minister van Justisie was dit sy taak om hulle in bedwang te hou. Om dit te kkon doen, het by die parlement buitengewone magte aangevra. Die opposisie was egter van mening dat sulke magte nie geregverdig was nie. In die parlementêre stryd wat rondom hierdie punt gewoed het, het Vorster groot indruk gemaak. Hy het hom onderskei as 'n briljante parlementariër, 'n uitgeslape politikus en 'n taai vegter.

Die verkrampte aanslag

Vorster het Eerste Minister geword op 'n tydstip toe daar in die NP twee duidelik botsende denkrigtings begin vorm aanneem het. Aan die een kant was daar die konserwatiewe of regse denkrigting wat t.g.v. 'n eng, geslote en onverdraagsame Afrikanernasionalisme. Aan die ander kant was daar 'n liberale of linkse denkrigting wat t.g.v. van 'n breë, oop en verdraagsame Afrikanernasionalisme was. In 'n toespraak wat prof. Willem de Klerk van Potchefstroom in Oktober 1966 op 'n Sabra-jeugkongres gehou het, het hy na die aanhangers van hierdie twee denkrigtings verwys as die "verkamptes" en die "verligtes" en sedertdien het hierdie benaminge algemene ingang gevind in die Suid-Afrikaanse politiek.

Die verkrampte denkrigting, wat veral aangevoer is deur die Minister van Gesondheid en Pos- en Telegraafwese, dr. Albert Hertzog, die hoof van die SAUK, dr. P.J. Meyer, en die redakteur van Hoofstad, dr. A.P. Treurnicht, wou die Afrikaner se kontak met andersdenkendes, anderstaliges en anderskleuriges tot 'n absolute minimum beperk. Die aanhangers van hierdie denkrigting was bang dat die Afrikaner deur die andersoortige elemente besoedel sou word en in die proses sy Afrikanerskap sou verloor. Hulle was daarom teen grootskaalse immigrasie, teen samewerking met die Engelssprekendes op 'n 50-50-basis, teen die aanknoop van diplomatieke betrekkinge met swart state, teen die toelating van 'n Nieu-Seelandse rugbyspan waarin 'n Maori opgeneem was, teen die uitruil van skoliere en leiers met die Verenigde State en teen alles wat moontlik die Afrikaner se identiteit kon bedreig. Hulle het die konserwatisme as sodanig verheerlik en dikwels die kreet aangehef "terug na Verwoerd" of "terug na Strijdom", maar soms het hulle die indruk gewek dat hulle eintlik bedoel het "terug na Paul Kruger".

Die verligte denkrigting, wat veral aangevoer is deur Piet Cillié van Die Burger en Schalk Pienaar van Die Beeld, het uitgegaan van die standpunt dat konserwtisme net so 'n groot bedreiging vir die Afrikaner is as liberalisme. Die Burger se politieke rubriekskrywer, Dawie, het beweer dat die NP geen konserwatiewe party was nie, maar sowel vernuwend as behoudend, sowel radikaal as konserwatief. Die kern van die stryd tussen die verkramptes en verligtes is deur hom soos volg saamgevat: "Dit gaan om die vraag of die Afrikaners gelei moet word op 'n bange en dorre terugtog in hulle eie dop in, waar hulle ruimte sal hê vir niks anders as om mekaar op te vreet nie en of hulle in 'n gees van waagmoed en avontuur uitgelei sal word om  nuwe velde te verken en te verower. Dit is die verskil tussen 'n politiek van aangs en agterdog en 'n politiek van onderneming en berekende risiko ... Dit is twee gesindhede wat stry om die oorhand in die boesem van die Afrikaners en dit is 'n stryd waarin Dawie nie neutraal kan wees nie, want dit is op stuk van sake ' n keuse tussen lig en duisternis... Hierdie neo-konserwatisme is net so sterk as wat ons vir hom bang is."(2)

(2) Die Burger, 8 Julie 1967

Teen die verkramptes se verwagting in het die nuwe eerste minister spoedig laat blyk dat sy simpatie by die verligtes lê. In Februarie 1967 het hy in 'n toespraak in Parow 'n aanduiding gegee dat hy van voorneme is om Suid-Afrika uit sy toestand van isolasie te probeer kry en betrekkinge met die b uiteland te verbeter. Die verligte Afrikaanse koerante het onmiddellik hul instemming betuig met die koers wat die Eerste Minister wou inslaan. Die Beeld het sy toespraak soos volg opgesom: "Die sentrale boodskap wat hy gebring het, is dat Suid-Afrika aan die vooraand staan van 'n groot poging om isolalsie te beveg. Nasionale waarnemers wat hierdie toespraak ontleed, voel dat agter sy woorde 'n begeerte in Nasionale geledere lê om op baie terreine na buite uit te breek."(3) Die Burger was van mening dat dit hoog tyd was dat Suid-Afrikaners van hulle laer-mentaliteit ontslae raak: "Die hele idee dat die Afrikaners se oorheersende tradisie verdedigend is en dat hulle nog altyd geneig was om in die aangesig van risiko's in hul veilige laers terug te kruip, is 'n wanvoorstelling van die geskiedenis ... Veel dieper is die drang om aan vaspenning of dreigende vaspenning te ontkkom ... Dit is hierdie stemming in die land wat mnr. Vorster reg takseer en wat hy oproep tot 'n nuwe Trek, waarin die laer nog sy noodsaaklike rol speel, maar beslis nie as 'n statiese fort wat deur 'n beweeglike vyand omvleuel en beleër en op die ou end ingeneem kan wor dnie; wel as 'n vooruit bewegende kragpunt in 'n groot offensief..."(4)

(3) Die Beeld, 19 Februarie 1967

(4) Die Burger, 25 Februarie 1967

Hierdie uitwaartse beleid van Vorster het m eegebring dat hy sekere verstellings in die NP se beleid moes maak. Een van die verstellings wat hy nodig geag het, het betrekking gehad op Verwoerd se sportbeleid. Waar Verwoerd bepaal het dat geen Nieu-Seelandse rugbyspan wat 'n Maori insluit in Suid-Afrika toegelaat sou word nie, het Vorster in April 1967 as beleid neergelê dat Suid-Afrika nie aan lande met wie hy sportbande het, sal voorskrywe wie in hul spanne oopgeneem mag word en wie nie. Dit het beteken dat 'n Nieu-Seelandse rugbyspan met 'n Maori as lid wel in Suid-Afrika toegelaat sou word. Dit het ook beteken dat die Olimpiese Spele in Suid-Afrika aangebied sou kon word.

Vorster se nuwe sportbeleid is deur die verligte vleuel van die NP verwelkom as 'n stap in die regte rigting, maar die verkramptes het dit veroordeel as 'n afwysing van Verwoerd se beleid. In die koukus was daar aanvanklik ' n stuk of 30-40 LV's, wat nie gelukkig was met die koers wat die Eerste Minister ingeslaan het nie. Met verloop van tyd het die meerderheid van hierdie LV's van standpunt verander, maar daar was enkeles wat steeds gemeen het dat Vorster 'n verkeerde koers ingeslaan het.

Die verkramptes se verset teen Vorster het veral die vorm aangeneem van kritiek op die liberalisme. Koerante soos Die Vaderland, Hoofstad en die South African Observer ('n maandblad onder redaksie van S.E.D. Brown) het voortdurend die konserwatisme verheerlik en die liberalisme aangeval. Dr. Piet Meyer van die SAUK het in Julie 1967 selfs so ver gegaan om 'n volkskongres oor liberalisme te propageer. Koerante soos Die Burger en Die Beeld het hierdie kritiek op die liberalisme reeds in 'n vroeë stadium ontmasker as niks anders as bedekte kritiek op Vorster en die regering nie. Hieroor is hulle hewig aangeval. Daar is beweer dat hulle twis en tweedrag in die NP veroorsaak, dat hulle goeie konserwatiewe Afrikaners uit die party wil dryf, dat hulle meer behep is met die gevare van regs as die gevare van lilnks en dat hul redakteurs liberaliste is.

Te midde van 'n toenemende twisgeskryf in die koerante het die Eerste Minister in Augustus 1967 op Koffiefontein laat blyk dat hy die jag op liberaliste in Afrikanergeledere nie goedkeur nie. Hy h et S.E.D. Brown, die verkrampte redakteur van die South African Observer, openlik gerepudieer, maar dit is ook so ver as wat hy in daardie stadium gegaan het. Ter wille van eenheid in die NP  het hy dit wys geag om nie die verkrampte Afrikaners wat vir Brown ondersteun het, by name te noem nie.

Die twis in die geledere van die NP het egter allesbehalwe bedaar. In Mei 1968 het ' n aantal verkramptes in Pretoria twee naamlose "smeerbriewe" versprei waarin Vorster se beleid as liberalisties voorgestel is. Hierdie "smeerbriewe) e.a. verkrampte kritiek het die Eerste Minister laat besluit om sterker op te tree. As 'n eerste stap het hy in Augustus 1968 vir dr. Albert Hertzog, wat heeltemal uit pas was met die uitwaartse beleid, uit sy kabinet ontslaan. Enkele dae later het hy op Heilbron kaalvuis onder die verkrampte elemente in die NP ingeklim. In hierdie toespraak, waarna hy later verwys het as sy "politieke geloofsbelydenis", het hy omstrede aspekte van sy beleid - soos Afrikaans-Engelse samewerking, diplomatieke betrekkinge met swart state, sportbetrekkinge met die buiteland en immigrasie - in reguit en ondubbelsinnige taal verdedig. Hy het gewaarsku dat sy geduld begin opraak met die "super-Afrikaners" wat reeds geruime tyd besig is om agterdog teen sy beleid te saai.

Op die Vrystaatse kongres van die NP in September 1968 het Vorster nog verder gegaan en diegene wat sy beleid verdag maak, aangeraai om 'n eie politieke party te stig.

Die verkramptes was egter nie van plan om uit die NP te bedank nie. Hulle was vasberade om in die party te bly en hul posisie te versterk. Hierin is hulle gesterk deur die steun wat hulle van die Pretoriase dagblad Hoofstad gekry het. Hierdie koerant het die Eerste Minister weliswaar nie openlik gekritiseer nie, maar sy simpatie was duidelik by die verkramptes. In April 1969  het die redakteur, dr. A.P. Treurnicht, selfs so ver gegaan om te suggereer dat die verligtes van "die Here en Sy Woord" afgewyk het.(5) Die redakteur van Die Burger, Piet Cillié, se reaksie hierop was: "Wanneer elemente wat in hul politieke ambisie gedwarsboom word en in hul knoeiery vasgevat word, hulle voordoen as redders van die Christendom, is dit tyd vir die ordentlilke Afrikanerdom om in sy waardigheid en regskapenheid op te staan en te sê: Tot hiertoe en nie verder nie!"(6)

(5) Hoofstad, 30 April 1969

(6) Die Burger, 1 Mei 1969

Ná byna drie jaar se woelinge in die NP het die partyleiding tot die oortuiging gekom dat die verkramptes, wat duidelik besig was om die party van binne te rysmier, eenvoudig uitgedwing moes word. In September 1969 is die aangeleentheid dan ook op die Transvaalse kongres van die NP op die spits gedryf. Die Transvaalse leier van die NP, B.J. Schoeman, het die afgevaardigdes meegedeel dat daar 'n bespreking en 'n stemming oor die volgende vier beleidspunte sou wees: sportbetrekkinge, immigrasie, diplomatieke betrekkinge met swart state en Eng-Afrikaanse verhoudinge. Slegs teen die sportbeleid was daar noemenswaardige verset. Dr. Albert Hertzog het dit duidelik gestel dat hy teen 'n Nieu-Seelandse rugbyspan is wat Maori's insluit: "Dit sal lei tot sosiale integrasie, aangesien hulle by sosiale geleenthede met ons Afrikaner-dogters sal dans."(7)

(7) J.H.P. Serfontein: Verkrampte Aanslag, p. 214

In die daaropvolgende stemming het 11 kongreslede teen die regering se sportbeleid gestem en sewe het buite stemming gebly. Die Transvaalse partyleier het hul name laat aanteken en aan die afdelaingsbesture oorhandig vir dissiplinêre stappe. Onder die name was dié van twee LV's - dr. Abert Hertzog en Jaap Marais. Die  uiteinde van die saak was dat drie LV's, Hertzog, Marais en ook die Kaaplandse LV Louis Stofberg, in September en Oktober 1969 uit die NP geskors is en 'n vierde ontevrede LV, Willem Marais, bedank het.

Nog voor die skkorsings gefinaliseer is, het die Eerste Minister aangekondig dat hy die volgende algemene verkiesing, wat normaalweg eers in 1971 sou plaasvind, vervroeg na April 1970. Die vernaamste rede hiervoor was klaarblyklik om die verkramptes, wat ná die skorsing van hul parlementêre woordvoerders beslis 'n eie party sou stig, nie kans te gee om deeglik vir die volgende verkiesing te organiseer nie. Nog 'n rede was om die vier LV's wat hulle teen die regering se sportbeleid verset het, so gou as moontlik te ontsetel.

Die dag waarop Hertzog deur die afdelingsbestuur van sy kiesafdeling uit die NP geskors is, het hy aangekondig dat 'n openbare vergadering op 8 Oktober 1969 in Pretoria-Noord gehou sou word om oor verdere optrede te besluit. Hier het sowat 2 000 geesdriftiges 'n aksiekomitee gekiesjom stappe te doen vir die stigting van 'n nuwe party. As lede van die komitee is verkies dr. Albert Hertzog, Jaap Marais, Louis Stofberg, Jan Jooste, Daan Goosen, Gert Beetge, dr. At van Wyk, prof. A.B. du Preez en dr. A.P. Treurnicht - almal vooraanstaande verkramptes. Twee van hierdie persone het egter kort daarna kop uitgetrek. Die een was dr. Treurnicht, wat dieselfde taal gepraat het as die verkramptes, maar nie bereid was om uit die NP te bedank nie. Die ander was prof. Du Preez, wat op die vergadering in Pretoria-Noord die betrokke komitee voorgestel het, maar twee dae later weer omgespring en aangekondig het dat hy in die NP bly.

Die stappe wat die kkomitee gedoen het, het op 24 Oktober 1969 uitgeloop op die stigting van die Herstigte Nasionale Party (HNP) - 'n naam wat impliseer dat die NP die spoor byster geraak het. Uit die HNP se Program van Beginsels is dit duidelik dat die party net een amptelike taal, en dit is Afrikaans, in Suid-Afrika wil hê, immigrasie ingrypend wil beperk, teen die toelating van swart diplomate in Suid-Afrika is en sport op 'n nie-rassige basis ten sterkste afkeur. Die leier van die nuwe party was dr. Albert Hertzog.

Die verkiesing van 22 Alpril 1970 was 'n stryd tussen vier partye: die NP, die VP, die PP en die HNP, maar die hoofgeveg was tussen die NP en die hNP. Die rede hiervoor was dat die werklike krag van die Herstigtes 'n onbekende faktor was en die leiers van die NP diep bekommer het. Die stigting van die party was die eerste ernstige afsplintering aan die NP se regtervleuel en dit was net moontlik dat hierdie nuwe party, wat voorgegee het dat hy die ware opvolger van die NP van Malan, Strijdom en Verwoerd was, in so 'n mate op die Afrikaners se rassegevoel en nasionale sentiment kon speel dat daar 'n grootskaalse oorlopery van die NP na die HNP sou wees. So iets sou die NP, wat homself as die politieke tuiste van die Afrikanervolk beskou h et, ongetwyfeld ernstig skaad. Die leiers van die NP het dit dan ook wys geag om die grootste deel van hul aandag aan die Herstigtes te gee. Die verkiesingstryd tussen hierdie twee partye was van die bitterste wat vir dekades in Suid-Afrika gesien is. Die HNP het d.m.v. sy koerant, Die Afrikaner, 'n venynige anti-Vorster-veldtog geloods en die regering beskuldig van korrupsie, liberalisme en onbekwaamheid. Die NP se standpunt is deur talle Afrikaanse koerante uitgedra en bekwame politieke kommentatores en spotprenttekenaars het die HNP se leiers en beleid genadeloos afgetakel. Op politieke vergaderings was vuisgevegte, tamatie-gooiery e.a. vorms van geweld aan die orde van die dag.

Die uitslag van die verkiesing op 22 April 1970 was soos volg: NP 117 (voorheen 126), VP 47 (voorheen 39), PP 1 (voorheen 1), HNP 0. Die feit dat die HNP geen setel kon wen nie, is 'n duidelike bewys dat die NP in sy primêre doelstelling - om die HNP verpletterend te verslaan - geslaag het. Van die HNP se 78 kandidate het slegs 3 (in die kiesafdelings Waterberg,Brits en Wonderboom) nie hul deposito's verbeur nie. 'n Verdere opvallende feit van die verkiesingsuitslag is dat die NP veld verloor het teen die VP - die eerste keer sedert sy bewindsaanvaarding in Mei 1948. Die VP het inderdaad agt setels van die NP verower. 'n Derde kenmerk van die verkiesing is dat die PP aansienllik beter gevaar het as in die vorige verkiesing. Hoewel die Proggressiewe weer net een setel gewen het, het hulle nou h eelwat meer stemme getrek.

Wat is die redes vir die terugslag wat die NP in die 1970-verkiesing ervaar het? Een rede is dat die NP, in sy poging om die verkrampte stemme van die HNP weg te trek, self 'n uiters verkrampte koers ingeslaan het en as gevolg daarvan die stemme van die verligte Afrikaners, die Engelssprekendes en immigrante verloor het. Die NP het uit sy pad gegaan om te beys dat hy nog dieselfde party was as dié van Malan, Strijdom en Verwoerd. Daar is heftig ontken dat Vorster afgewyk het van Verwoerd se beleid. Verkrampte Nasionaliste soos dr. Treurnicht is soveel as moontlik as sprekers ingespan. Hierdie poging om net so verkramp te wees as die HNP het baie mense teleurgestel en hulle het vir die VP gestem of buite stemming gebly. "Considering the extent of the campaignwaged by cabinet ministers, Nationalist candidates, and the newspapers," h et prof. W.A. Kleynhans kort ná die verkiesing gesê, "it almost surprises me that the HNP got 53 000 votes. They halved the HNP vote, but as a consequence lost 50 000 English votes and alienated a great many Afrikaner intellectuals."(8)

(8) New Nation, Junie 1970, p.3

'n Ander rede vir die swaa weg van die NP moet gesoek word in die feit dat daar verskeie beskuldigings van korrupsie, onbevoegdheid en magsmisbruik teen die regering gemaak is. Die Sunday Times het beweer dat die feit dat ministers groot lenings van die Landbank kry, 'n korrupte toestand van sake was. As voorbeeld van die regering se onbevoegdheid is oop die groot tekort aan telefone gewys. Die Minister van Beplanning, Myne en Gesondheid, dr. Carel de Wet, het groot ontsteltenis veroorsaak met sy dreigement dat hy H.F. Oppenheimer se arbeidstoevoer sal afsny as hy voortgaan om integrasie te bevorder. Hierdie misstappe aan regeringskant het die vlottende stem beslis na die VP laat swaai.

Die verbrokkeling van die Verenigde Party

Die vooruitgang wat die VP in die 1970-verkiesing gemaak het, is egter uit die staanspoor geneutraliseer deur onenigheid in sy eie geledere. Soos in die NP was dit ook hier basies 'n stryd tussen diue progressiewe en konserwatiewe elemente - die Jong Turke teen die Ou Garde. Die Jong Turke was van mening dat die partyleiding, wat sterk onder die invloed van die Ou Garde was, moet ophou om na die steun van verkrampte elemente te vry, sekere verligte aspekte van die NP se beleid moet aanvaar en in die algemeen minder staties en meer dinamies moet optree.

In Augustus 1972 het die onenigheid in die VP" helder opgevlam toe die jong Turke daarin geslaag het om Marais Steyn uit die kussings te lig en Harry Schwarz in sy plek verkies te kry as Transvaalse leier van die party. Marais Steyn was 'n prominente lid van die Ou Garde en sy nederlaag 'n aanuding dat die Jong Turke se invloed aan die toeneem was. Daar was egter eweneens aanduidings dat die Ou Garde nie sou gaan lê nie.

Die twis tussen die Jong Turke en die Ou Garde het in Februarie 1973 weer sterk opgevlam toe die Schlebusch-kommissie, wat moes ondersoek instel na die bedrywighede van die studente-organisasie Nusas, die South African Institute of Race Relations, die Christelike Instituut en die University Christian Movement, sy verslag oor Nusas uitgebring het. Die betrokke kommissie, waarin vier lede van die VP gedien het, het ernstige bedenkinge oor Nusas uitgespreek en eenparig aanbeveel dat daar in belang van landsveiligheid teen agt lede van hierdie organisasie opgetree moet word. Die regering het nie op hom laat wag nie en die agt studente kragtens die Wet op die Onderdrukking van Kommunisme vir vyf jaar lank ingeperk. Hieroor was die Jong Turke in die VP hewig ontstel. Hulle wou weet waarom die VP se vier lede in die Schelbusch-kommissie nie in 'n minderheidsverslag aanbeveel het dat die agt studente voor 'n hof gedaag moet word nie. Hulle het verder geëis dat hul vier partygenote uit die kommissie moet bedank uit protes teen die regering se optrede. Die partyleiding, wat sterk onder die invloed van die Ou Garde was, het egter die optrede van sy vier verteenwoordigers in die kommissie verdedig. Hierdie houding van die partyleiding het mev. Catherine Taylor so omgekrap, dat sy as LV vir Wynberg bedank het.

In Augustus 1973 het die twis in die VP verder opgevlam toe Harry Schwarz vir Marais Steyn gekritiseer het oor sy vertolking van partybeleid. Die punt waaroor hulle verskil het, het betrekking gehad op die VP se beleid van "white leadership in the interests of all our people and as an instrument to bring about a sharing of power and responsibililty among all our population groups".(9) Schwarz was van mening dat Steyn "white leadership" oorbeklemtoon ten kkoste van "sharing of power". Marais Steyn was nie gelukkig met die koers waarin die Jong Turke die VP dwing nie en het uit die party bedank en by die NP aangesluit. In Februarie 1974 het die Eerste Minister hierdie bekwame parlementariër, uitgeslape politikus en voormalige regterhand van sir De Villiers Graaff in sy kabinet opgeneem as Minister van Indiërsake en Toerisme.

(9) S.A. Institute of Race Relations: A Survey of Race Relations in Soouth Africa, 1973, p. 3

Ten einde die NP te laat voordeel trek uit die verdeeldheid in die VP, het die Eerste Minister 'n algemene verkiesing vir 24 April 1974 uitgeskryf - 'n jaar vroeër as wat dit normaalweg sou plaasvind. Die VP het die verdeeldheid in sy geledere soveel as moontlik verberg, maar soos algemeen verwag, het hy swakker gevaar as in die 1970-verkiesing. Die uitslag was soos volg: NP 122 (voorheen 117), VP 41 (voorheen 47), PP 6 (voorheen 1), HNP 0 (voorheen ook 0). In 'n tussenverkiesing kort daarna het die PP nog 'n setel, Pinelands, verower. Hoewel die NP beter gevaar het as in die 1970-verkiesing, kon hy nie daarin slaag om sy 1966-hoogtepunt van 126 setels te ewenaar nie. Die VP het etlike setels aan sowel die Nasionaliste as die Progressiewe afgestaan. Die PP het gevorder van 1 setel na 6, maar sy krag wat steeds beperk tot enkele rykmansbuurte in die stede. Die HNP kon weer eens nie daarin slaag om 'n setel te verower nie, maar het tog 'n mate van vordering getoon in Pretoria en op die Transvaalse platteland. Wat die aantal stemme betref, het die NP 55,1% getrek, die VP 30,8%, die PP 6,3% en die HNP 3,9%.

In Februarie 1975 het die onenigheid in die VP op 'n afsplintering na links uitgeloop toe 'n aantal lede, waaronder vier LV's, die Reformisteparty gestig het o.l.v. Harry Schwarz. Die Reformisteparty het egter nie lank bestaan nie. In Julie 1975 het dit met die PP saamgesmelt om die Progressiewe Reformisteparty (PR) te vorm.

Die afsplintering op die VP se llinkervleuel het nie die onenigheid in hierdie party beëindig nie. Sommige lede wou nader aan die Nasionaliste beweeg. Ander lede het weer meer simpatie met die PR gehad. Dit was duidelik dat die VP steeds agteruitgaan. In Mei 1976 het dié party 'n verdere terugslag beleef toe die PR in 'n tussenverkiesing die kiesafdeling Durban-Noord, wat nog altyd 'n veilige setel vir die VP was, verower het. Die VP se aantal setels in die Volksraad het as gevolg hiervan tot 36 gedaal - 'n absolute laagtepunt in die geskiedenis van die party. Vir sir De Villiers Graaff was dit duidelik dat sy party steeds steun verloor en dat daar geen vooruitsig op beter dae was nie.

In Augustus 1976 het hy gevolglik voorgestel dat almal wat teen die regering gekant is, hul kragte moet saamsnoer ten einde Suid-Afrika van ondergang te red. Daar moes 'n nuwe opposisieparty gestig word waarin die VP, die PR en Theo Gerdener se klein Demokratiese Party (DP) kon opgaan. Graaff het hom selfs bereid verklaar om in die nuwe party onder die leierskap van iemand anders te dien. Die gevolg van sy "red Suid-Afrika"-plan was dat daar in Oktober 1976 'n komitee tot stand gekkom het wat die stigting van 'n nuwe opposisieparty moes ondersoek. Die voorositter van die komitee was oud-regter Kowie Marais en hy is bygestaan deur agt persone, wat die drie opposisieparty verteenwoordig het, maar nie 'n leidende rol in die partypolitiek gespeel het nie.

Die Marais-komitee het sy taak in Desember 1976 voltooi en aangekondig dat hy tot die bevinding gekom het dat 'n nuwe politieke party op grond van 14 beginsels gestig kan word. Hierdie 14 beginsels was, in kort saamgevat, soos volg: 1) God se oppergesag word erken; 2) 'n federasie of konfederasie waarin daar geen diskiminasies op grond van ras, kleur, godsdiens of geslag sal wees nie; 3) volle burgerskap aan almal; 4) gelyke politieke regte vir alle Suid-Afrikaanse burgers; 5) 'n "Bill of Rights" ter beskerming van minderheidsregte; 6) die reg tot vrye ekonomiese onderneming; 7) 'n demokratiese regeringstelsel en die verwerping van kommunisme; 8) die beskerming van die individu se lewe, vryheid en besittings; 9) die godsdiens, taal en kultuur van minderhede word gewaarborg; 10) gelyke onderwysgeleenthede; 11) die verwerping van statutêre en administratiewe diskriminasie; 12) geen gedwonge segregasie of integrasie; 13) 'n grondwet wat gebaseer is op raadpleging van alle bevolkingsgroepe; en 14) vreedsame betrekking met ander state in Suider-Afrika.

Die PR het die Marais-beginsels eenparig aanvaar. Theo Gerdener se DP het die beginsels met enkele voorbehoude aanvaar. Die VP was egter verdeel oor die saak.

Toe die VP die Marais-beginsels in Januarie 1977 bespreek, het Graaff en die meerderheid dit aanvaar, maar ses LV's wou niks daarmee te doen hê nie. Hierdie ses LV's, onder wie die Kaaplandse leier, Myburgh Streicher, het van die VP weggebreek en 'n aparte groep in die Volksraad uitgemaak. In Mei 1977 het hulle die Suid-Afrikaanse Party (SAP) gestig, met Myburgh Streicher as leier.

In die onderhandelinge wat Graaff, Gerdener en Colin Egliln in Februarie 1977 oor die grondslag van die nuwe party gevoer het, het daar egter spoedig teenspoed opgeduik. Eglin se "verligte" vertolking van die Marais-beginsels was nie vir Graaff en Gerdener aanvaarbaar nie. Dit was veral oor die aard van die magsdeling tussen wit en swart dat hulle nie kon ooreenstem nie. Graaff en Gerdener het vervolgens aangekondig dat hulle sonder die PR sal voortgaan met die polan om 'n nuwe opposisieparty te stig.

In Junie 1977 is die VP en die DP ontbind en 'n nuwe party, die Nuwe Republiekparty (NRP), gestig met Graaff - wat uit die politiek wou tree - as tussentydse leier, Radclyffe Cadman as parlementêre leier en Vause Raw as voorsitter van die Uitvoerende Komitee.

Die stigting van die  (NRP) het egter gepaard gegaan met 'n afsplintering op die VP se linkervleuel. Ses LV's met JD. du P. Basson as leier het die stigting van die nuwe party teengestaan omdat dit volgens hulle geen sin gehad het om 'n nuwe party te stig as die PR nie ook daarin opgeneem word nie. Die Basson-groep het vervolgens met Colin Eglin se PR begin onderhandel oor samesmelting. In September 1977 het hulle onderhandelinge uitgeloop op die stigting van die Progressiewe Federale Party (PFP) met Colin Eglin as leier.

Sir De Villiers Graaff se plan om die opposisie in een sterk party saam te snoer, het dus op 'n totale mislukking uitgeloop. Die resultaat was nog groter verbrokkeling. Die eens magtige VP het versplinter in drie groepe: die SAP met Myburgh Streicher as leier; die NRP met Graaff as tussentydse leier; en die Basson-groep wat met Eglin se PR saamgesmelt het om die PFP te vorm. Hoewel die VP en die DP dus in die proses verdwyn het, was daar nog steeds d;rie opposisiepartye aan die NP se linkerkant.

Die opposisie was ná al die woelinge van 1976-1977 in 'n meer chaotiese toestand as ooit te vore. Met die doel o.m. om hierdie chaos tot voordeel van die NP uit te buit, het Vorster 'n verkiesing uitgeskryf vir 30 November 1977 - meer as 'n jaar voor die bestemde tyd.

Ten einde Radclyffe Cadman in staat te stel om die NRP se verkiesingsveldtog te lei, het sir De Villiers Graaff as tussentydse leier bedank. Aan die begin van Oktober 1977 het hy bekend gemaak dat hy heeltemal uit die politiek tree. Sy uittrede het 'n einde gemaak aan 'n lang politieke loopbaan waarin hy indruk gemaak het as 'n hoflike, waardige en billike politikus. In die 21 jaar wat hy leier van die opposisie was, het sy party steeds agteruitgegaan, maar die rede daarvoor moet nie by sy leiding gesoek word nie. "The fact is," het Vorster by Graaff se uittrede gesê, "that the United Party did not so much die of lack of leadership, but of double-heartedness."(10) As dit nie vir Graaff was nie, sou die VP waarskynlik nie so lank bestaan nie.

(10) South African Digest, 14 Oktober 1977, p. 4

Die uitslag van die 1977-verkiesing was, soos algemeen verwag, 'n groot oorwinning vir die NP, wat sy aantal setels opgeskuif het van 122 - 134 - 'n algehele rekord in die geskiedenis van die Suid-Afrikaanse politiek. In teenstelling hiermee kon die opposisiepartye slegs 30 setels inpalm, wat soos volg verdeel was: PFP 17 (voorheen 6), NRP 10 en SAP 3. Die HNP kon weer eens nie 'n enkele setel verower nie en van sy 58 kandidate het op twee na almal hul deposito's verbeur. Onder diegene wat in die verkiesing nie die pyp kon rook nie, was twee partyleiers: Radclyffe Cadman van die NRP, wat in Musgrave deur Ray Swart van die PFP verslaan is, en Myburgh Streicher van die SAP, wat in Wynberg deur P.A. Myburgh van die PFP verslaan is. Hulle is as partyleiers opgevolg deur Vause Raw en John Wiley.

Op 20 September 1978 het die Eerste Minister, wat 'n tyd lank siek was, aangekondig dat hy gaan uittree. As rede het hy aangegee dat sy lilggaamskragte nie meer voldoende was vir die taak wat hy moes verrig nie. Hy het egter terselfdertyd bekend gemaak dat hy hom verkiesbaar sal stel vir die amp van Staatspresident, wat op daardie tydstip vakant was a.g.v. die afsterwe van dr. N. Diederichs in Augustus 1978. Op 28 September 1978, die dag waarop hy as Eerste Minister uitgetree het, is Vorster dan ook deur die NP-koukus aangewys as sy kandidaat vir die Staatspresidentskap. Hy is die daaropvolgende dag as sodanig verkies en op 10 Oktober in Pretoria ingesweer.

In die twaalf jaar dat hy aan die stuur van die Suid-Afrikaanse regering gestaan het, het Vorster getoon dat hy 'n uitgeslape politikus, 'n vernuftige onderhandelaar en 'n realistiese staatsman was. Sy pogings om Suid-Afrika se isolasie te breek, vrede in Rhodesië te bewerkstellig, die Suidwes-probleem op te los, beter menseverhoudinge te bewerkstellig, Afrikaans- en Engelssprekendes nader aan mekaar te bring en van rasse-diskriminasie weg te beweeg, is in wye kringe aangeprys. Sy pogings was nie altyd suksesvol nie, maar hy het ten minste tog iets probeer doen. Dit wil egter voorkom of hy teen die einde van sy bewind sy greep op sake verloor het. Sy rol in die Inligtingskandaal is nog nie ten volle opgeklaar nie, maar dit wat reeds aan die lig gekom het, werp 'n skaduwee op sy beeld as Eerste Minister.

Swart tuislande

Dr. H.F. Verwoerd se bereidwilligheid om aan die tuislande 'n groter mate van selfregering te gee, het tot gevolg gehad dat die Transkeise Gebiedsowerheid in April 1961 'n komitee benoem het om ondersoek in te stel na die moontlikheid van selfregering. In Desember 1962 het dié komitee, onder voorsitterskap van hoofman Kaiser Matanzima, van Verwoerd toestemming gekry om 'n grondwet vir die Transkei op te stel. Verwoerd het aan die komitee 'n groot mate van vryheid gelaat, maar daarop aangedring dat die grondwet binne die raamwerk van sy beleid van afsonderlike ontwikkeling moet wees. "Dit sal," het hy op 23 Januarie 1962 verklaar, "geen veelrassige Transkei wees wat sy bestuur aanbetref nie. Die blankes aldaar sal in die Republikeinse Parlement verteenwoordig word, net soos die Bantoekiesers (die Xhosas) in blanke gebied in die Transkei-parlement verteenwoordig sal wees."(11)

(11) A.N. Pelzer: Verwoerd aan die Woord, p. 623


Die grondwet wat die Matanzima-komitee vir die Transkei opgestel het, is in Desember 1962 deur die Transkeise Gebiedsowerheid goedgekeur, in Maart 1963 voor die Suid-Afrikaanse parlement gelê en kort daarna op die wetboek geplaas as die Transkeise Grondwet (No. 48 van 1963). Hierdie wet het aan die Transkei gedeeltelike selfbestuur binne die Republiek van Suid-Afrika gegee deur aan die gebied 'n eie Wetgewende Vergadering, kabinet, burgerskap, vlag, volkslied ("Nkosi Sikelel' i-Afrika") en taal (Xhosa saam met Engels en Afrikaans) te gee. Die Wetgewende Vergadering het bestaan uit 64 (later 65) hoofmanne en 45 verkose lede. Dit het groter wetgewende mag gehad as die provinsiale rade in Suid-Afrika, maar sy wette was ook onderworpe aan die goedkeukring van die Suid-Afrikaanse regering. Die kabinet het bestaan uit 'n hoofminister en vyf ministers wat beheer gehad het oor die portefeuljes finansies, justisie, binnelandse sake, landbou en bosbou, onderwys en paaie en werke. Ander sake, soos verdediging, binnelandse veiligheid, poswese, spoorweë, immigrasie, geld-en-bankwese en doeane en aksyns het onder beheer van die Suid-Afrikaanse regering gebly. Die Transkei het ook 'n burgerskap gekry deurdat alle swartes binne die gebied (sowat 1,7 miljoen) en alle Xhosas van Transkeise oorsprong in Suid-Afrika (sowat 1,2 miljoen) tot Transkeise burgers verklaar is. Vir internasionale doeleindes het die Transkeise burgers en hul Suid-Afrikaanse burgerskap behou.

Die eerste verkiesing in die gedeeltelik selfregerende Transkei is in November 1963 gehou en vroeg in Desember het die Wetgewende Vergadering 'n hoofminister aangewys. Die twee kandidate vir hierdie amp was opperhoof Kaiser Matanzima, 'n ondersteuner van die beleid van afsonderlike ontwikkeling, en oipperhoof Victor Poto, 'n voorstander van 'n veelrassige Suid-Afrika - d.w.s. 'n Suid-Afrika waar blankes en nie-blankes die mag deel. Matanzima is danksy die oorweldigende steun van die hoofmanne met 54 stemme teen 49 verkies.

In 1968 het die Suid-Afrikaanse regering se beleid t.o.v. nywerheidsontwikkeling in die tuislande 'n belangrike koerswending ondergaan. Tot op daardie tydstip was die beleid, wat onder Verword sy beslag gekry het, dat alle nywerheidsontwikkeling deur die swartes self onderneem moes word. Blanke nyweraars moes uit die tuislande geweer word om te verhoed dat veelrassige samelewing ontstaan. Met verloop van tyd het dit egter al duideliker geword dat die swartes nie oor die nodige kapitaal en kennis beskik om nywerhede in die tuislande op groot skaal te o ntwikkel nie. Om die probleem te oorkom, het die regering in 1968 wetgewing aangeneem waarvolgens blanke nyweraars hulle op 'n agentskapsbasis in die tuislande kan vestig. Volgens dié stelsel sou blanke nyweraars nie permanent in die tuisland kon bly nie en ook nie grond daar kon besit nie, maar hulle sou optree as agente  van 'n korporasie of 'n tuisland-owerheid met wie 'n kontrak vir 'n bepaalde tydperk gesluit moes word. In Oktober 1974 het die regering aangekondig dat die tuislandregerings voortaan self kon besluit oor die voorwaardes waaronder blankle nyweraars in die tuislande toegelaat sou word.

Die gedeeltelike selfregering wat die Transkei in Desember 1963 verkry het, het die weg geopoen vir 'n soortgelyke konstitusionele ontwikkeling in die ander tuislande. Die regering het dit egter wys geag om nie telkens vir elke tuisland 'n afsonderlike grondwet op te stel nie, maar d.m.v. een wet 'n algemene raamwerk op te stel waarbinne al die ander tuislande selfregerende status kan verkry.  Met hierdie doel voor oë is die Grondwet van die Bantoetuislande (No. 21 van 1971) aangeneem. Afgesien van die algemene raamwerk wt deur hierdie wet geskep is, het dit die Suid-Afrikaanse regering ook gemagtig o m d.m.v. proklamasies die nodige konstiltusionele veranderinge in die tuislande deur te voer. Verder het die betrokke wet ook bepaal dat die ontwikkeling na agedeeltelike selfregering in twee fases moet geskied. In die eerste fase ontvang die tuisland 'n wetgewende vergadering en in die tweede fase 'n kabinet 'n hoofminister e.a. ministers.

In 1972-1974 het verskeie tuislande die voorbeeld van die Transkei gevolg en gedeeltelike selfregering gekry. Bophuthatswana (met Lucas Mangopa as hoofminister), die Ciskei (met Lennox Sebe as hoofminister) en Lebowa (met dr. Cedric Phatudi as hoofminister) het in 1972 gedeeltelik selfregerend geword. In 1973 het Gazankulu (met prof. Hudson Ntsanwisi as hoofminister) en Venda (met Patric Mpephu as hoofminister) gevolg. Die volgende jaar, 1974, was dit nog net KwaZulu (met Gatsha Buthelezi as hoofraadslid) en die tuislande van die Swazi's en die Ndebeles wat nie gedeeltelike selfregerende status gehad het nie.

In Maart 1970 het Verwoerd se opvolger, Vorster, aangekondig dat dit enige tuisland vry staan om vir algehele onafhanklikheid te vra. Op 19 April 1972 het die Eerste Minister weer in die Volksraad verklaar: "As daar 'n Bantoevolk is wat glo dat sy tyd gekkom het om onafhanklik te word, kan hy met my daaroor kom praat ... Vir agb. lede wat smalend hieroor praat en wat dinge uit verband daarmee wil opwerk, sê ek dat as ek van onafhanklikheid praat, dan bedoel en onafhanklikheid in die gewone sin van die woord, die onafhanklikheid wat Botswana of enige ander land het."(12)

(12) Debatte van die Volksraad, 19 Alpril 1972, kol. 5369

Die laaste stap in die konstitusionele ontwikkeling van die Transkei, die stap van gedeeltelilke selfregering tot algehele onafhanklikheid, is aansienlik vertraag deur 'n geskil tussen Matanzima en die Suid-Afrikaanse regering oor grondgebied. Matanzima het nl. geëis dat die gebiede Elliot, Maclear, Mount Currie (Kokstad), Matatiele en Port St. Johns by die Transkei ingesluit moes word. Die Suid-Afrikaanse regering wou nie hiertoe instem nie. Daarop het Matanzima, wel wetende dat die sukses van die beleid van afsonderlike ontwikkeling van sy medewerking afhang, verklaar dat hy dan nie in onafhanklikheid vir die Transkei belang stel nie. Op hierdie houding van Matanzima het die Suid-Afrikaanse premier, Vorster, in April 1973 soos volg gereageer: "As 'n tuisland nie onafhanklik wil word a.g.v. die feit dat ek nie meer grond aan hom wil gee nie, dan is dit sy saak ... Hy kan dan nie vir my blameer dat hy nie onafhanklik geword het nie."(13). Teen die einde van 1973 het die Suid-Afrikaanse regering egter ingewilllig om Port St. Johns aan die Transkei af te staan.

(13) Debatte van die Volksraad, 25 April 1973, kol. 5168-9

Dit het gaandeweg vir Matanzima duidelilk geword dat die Suid-Afrikaanse regering nie aan al sy grondeise sou toegee nie. In Maart 1974 het hy gevolglik van sy vroeëre standpunt, om nie onafhanklikheid vir die Transkei te vra nie, afgestap en aangekondig dat die Transkei gaan aansoek doen vir algehele onafhanklikheid. In Augustus 1974 het hy verklaar dat die Transkei hopelik in 1976 onafhanklik sou word - 'n verklaring wat kort daarna deur die Suid-Afrikaanse eerste minister bevestig is.

Op 26 Oktober 1976 het die Transkei 'n onafhanklike republiek geword - die eerste swart tuisland wat ingevolge die beleid van afsonderlike ontwikkeling tot algehele onafhanklike status gevorder het. Anders as wat Verwoerd egter voorsien het, het die onafhanklike Transkei nie die apartheidsideologie in sy konstitusie opgeneem nie. Dit is 'n veelrassige staat waar alle burgers, swart en wit, stemreg het. Die amptelike taal is Xhosa, maar Engels en Sotho mag ook gebruik word.

Afgesien van Suid-Afrika het geen ander land die onafhanklikheid van Transkei erken nie. Daardeur toon die ander lande hul afkeer van Suid-Afrika se beleid van afsonderlike otnwikkeling - waarvan Transkei 'n produk is.

Die houding wat die res van die wêreld teenoor Transkei aangeneem het, het Bophuthatswana egter nie daarvan weerhou om dieselfde weg as Transkei in te slaan nie. Op 6 Desember 1977 het ook hierdie swart tuisland, wat uit ses aparte gebiede bestaan, onafhanklik geword.

Teen die einde van 1978 was die konstitusionele status van Suid-Afrika se 10 swart tuislande dus as volg: twee was onafhanklik (Transkei en Bophuthatswana); ses was gedeeltelik selfregerend (Ciskei, Lebowa, Gazankulu, Venda, Basotho Qwa-Qwa en KwaZulu); en twee het nog nie oor hul eie wetgewende vergaderings beskik nie (die tuislande van die Swazi's en die Ndebeles).

Sport en politiek

In die dekade ná dr. Verwoerd se dood, het die opvattinge van blanke Suid-Afrikaners oor veelrassige sport 'n radikale verandering ondergaan. In 1965 het Verwoerd geweier dat 'n Nieu-Seelandse rugbyspan met een of twee Maori's as lede in Suid-Afrika toegelaat word. Vyf jaar later, in 1970, word 'n Nieu-Seelandse rugbyspan met drie Maori's en 'n Samoaan inderdaad in Suid-Afrika verwelkom. Nog vyf jaar later, in 1975, speel 'n Suid-Afrikaanse rugbyspan mnet 11 blankes, twee Kleurlinge en twee swartes in dieselfde span op Suid-Afrikaanse bodem teen 'n Franse rugbyspan. Op die gebied van ander sportsoorte, soos sokker, krieket en atletiek, was die swaai weg van diskriminasie in die rigting van veelrassige sport nog meer opvallend.

Die aanvanklike regeringsbeleid was teen enige vorm van veelrassige sport op Suid-Afrikaanse bodem. Dit was voorts ook nie toelaatbaar om 'n veelrassige Suid-Afrikaanse span na die buiteland te stuur nie. Op 30 Maart 1962 het die Minister van Binnelandse Sake, Jan de Klerk, 'n beleidsverklaring uitgereik waarin hy o.m. gesê het: "Dit moet vermy word dat rasse gemeng word in spanne wat aan sportbyeenkomste binne die Republiek uit blankes en nie-blankes saamgestel word nie. Omgekeerd kan nie toegelaat word dat buitelandse spanne wat so saamgestel is, die Republiek binnekom nie. Aparte spanne van die verskillende rassegroepe uit Suid-Afrika mag egter wel deelneem aan sulke internasionale byeenkomste teen state van alle rasse."(14)

(14) Die Burger, 31 Maart 1962

Hierdie beleid - dat blanke en nie-blanke Suid-Afrikaners wat na die buiteland gaan, nie in een span mag wees nie - is in die prakttyk soms eienaardig toegepas. In Maart 1963 is 'n "kontingent" Suid-Afrikaanse boksers wat uit vyf blankes en drie nie-blankes bestaan het, na 'n bokstoernooi in die Verenigde State gestuur. Omdat die blankes en nie-blankes nie in een span mag wees nie, is fotograwe nie toegelaat om  hulle saam af te n eem nie en moes die twee groepe apart reis - die blankes in een vliegtuig en die n ie-blankes in 'n ander vliegtuig. In Londen het die twee groepe egter by mekaar aangesluit, saam na die Verenigde State gereis, in in dieselfde hotel tuisgegaan.

Die rasse-diskriminasie in Suid-Afrika se sportbeleid is in die sestigerjare in toenemende mate deur buitelandse sportliggame veroordeel. In Oktober 1963 het die Internasionale Olimpiese Komitee (IOK) in Baden-Baden besluit dat Suid-Afrika voor 31 Desember 1963 rasse-diskriminasie op sportgebied moet laat vaar, anders sal geen Suid-Afrikaanse span by die Olimpiese Spele van 1964 in Tokio toegelaat word nie. Die keerdatum is later uitgestel om aan Suid-Afrika meer tyd te gun, maar die Suid-Afrikaanse regering was nie bereid om veelrassige sport in Suid-Afrika toe te laat nie. Die gevolg was dat die IOK Suid-Afrika nie na die Olimpiese Spele in Tokio genooi het nie.

Suid-Afrika se beleid van rasse-diskriminasie het ook op die gebied van internasionale rugby probleme veroorsaak. Die besoek wat Dawie de Villilers se Springbokspan in die winter van 1965 aan Nieu-Seeland gebring het, het die vraag laat ontstaan of die volgende All Black-rugbyspan wat na Suid-Afrika sou gaan, toegelaat sou wod om Maori's in te sluit. Die Nieu-Seelanders was nie langer bereid om van hul beste spelers weg te laat uit die toerspanne wat na Suid-Afrika gestuur word nie. Hulle het dit duidelik gestel dat hulle voortaan hul Maori-spelers wil insluit. Die Suid-Afrikaanse rugbybase het die hoop gekoester dat daar ter wille van die voortbestaan van ou tradisionele rugbybande aan die Nieu-Seelandse versoek voldoen sou kon word.

Hierdie hoop is egter deur die Suid-Afrikaanse eerste m inister, dr. Verwoerd, die nek ingeslaan toe hy in sy Loskopdamtoespraak van 4 September 1965 gesê het: "Ons het op die oomblik die argumentasie aan die gang op die terrein wat ek nie graag oor sou wou praat nie, nl. i.v.m. ons voetbalspan in Nieu-Seeland. Maar ek word gedwing om daaroor te praat omdat daar soveel in die jongste tyd openlik oor geskryf en gesê is in opposisiekoerante wat vir my verplig om baie duidelik en ondubbelsinnig my eie en die Regering se standpunt te stel ... Ons het nie van standpunt verander nie. Soos ons ons in ander lande gedra, verwag ons dat hulle hulle h ier sal gedra volgens ons gewoontes en ek wil daarby voeg: en almal weet wat dit is."(15)

(15) Gert Kotze: Sport en Politiek, pp. 57-60

Verwoerd was dus nie bereid om 'n All Black-span met Maori's in Suuid-Afrika toe te laat nie. Die Nieu-Seelandse eerste minister, Holyoake, het verklaar dat dit vir hom voorkom of die Suid-Afrikaanse eerste minister aan Nieu-Seelandse keurders wil voorskrywe watter spelers hulle in hul span moet opneem. Hy was nie bereid om so ies toe te laat nie en die Nieu-Seelandse Rugby-unie het dan ook in Februarie 1966 besluit om nie in 1967 'n toerspan na Suid-Afrika te stuur nie.

Verwoerd se standpunt dat 'n nie-blanke sportman nie op Suid-Afrikaanse bodem teen 'n blanke sportman mag meeding nie, het die gevaar ingehou dat Suid-Afrika op internasionale sportgebied heeltemal geïsoleer sou word. Ten tye van sy dood in September 1966 was dit reeds vinnig aan die gebeur. Sy opvolger, Vorster, het hierdie gevaar gesef en dit daarom nodig geag om 'n wysiging in sy voorganger se sportbeleid aan te bring. Vorster het egter ook besef dat 'n radikale breuk met sy voorganger se sportbeleid nie die goedkeuring van sy party se regtervleuel sou wegdra nie. Op 11 April 1967 het hy die eerste versigtige tree in die rigting van 'n nuwe sportbeleid gegee toe hy in die Volksraad aankondig dat hy nie aan lande met wie Suid-Afrika tradisiionele sportbetrekkinge het, sal voorskryf watter sportmanne in hul spanne ingesluit mag word en watter nie. Dit het klaarblyklik beteken dat die Maori's voortaan in Suid-Afrika toegelaat sou word.

Vorster se nuwe sportbeleid was in die oë van die buiteland 'n stap in die regte rigting en in September 1967 het 'n komitee van die IOK in Suid-Afrika aangekom om sportaangeleenthede hier ter plaatse te ondersoek. Die betrokke komitee het 'n gunstige verslag uitgebring en verklaar dat Suid-Afrika onderneem het om 'n veelrassige span wat op verdienste gekies is, na die volgende Olimpiese Spele te stuur. Die IOK het daarop besluit om Suid-Afrika na die Olimpiese Spele van 1968 in Mexiko te nooi. Hierdie besluit het skerp protes van verskeie swart state in Afrika uitgelok en hulle het gedreig om van Mexiko weg te bly sou Suid-Afrika deelneem. Die IOK was daaroop verplig om in April 1968 sy uitnodiging aan Suid-Afrika terug te trek.

In dieselfde jaar is die voorgenome besoek van 'n Engelse krieketspan aan Suid-Afrika ter elfder ure afgelas a.g.v. die D'Oliveira-voorval. Basil D'Oliveira was 'n Kaapse Kleurling wat hom in Engeland gaan vestig het en so goed op die krieketveld gepresteer het, dat hy vir Engeland gekies is. Toe die Engelse span vir die toer van 1968-1969 na Suid-Afrika aangekondig word, was D'Oliveira nie een van diegene wat die span gehaal het nie. Hieroor was die Anti-Apartheid Movement e.a. teenstanders van Suid-Afrika se apartheidsbeleid baie ontevrede. Toe een van die gekose spelers kort daarna onfiks verklaar word, het die keurders D'Oliveira in sy plek gekies. Volgens Vorster se nuwe sportbeleid, wat neergelê het dat Suid-Afrika nie aan 'n land soos Engeland wil voorskryf wie hy in sy spanne moet opneem nie, kon daar geen beswaar teen D'Oliveira se koms gewees het nie. Die probleem was egter dat vorster se nuwe sportbeleid juis in hierdie stadium sterk teenstand van die NP se regtervleuel tekry het. Hoe sterk die teenstand presies was, was nog onseker en daarom het Vorster dit wys geag om nie sy party se regtervleuel verder te vervreem nie. Op 17 September 1968 het hy gevolglik verklaar dat D'Oliveira se insluiting in Engeland se span die posisie heeltemal verander het in die sin dat dit nie meer die span van die Engelse keurders was nie, maar 'n span wat saamgestel is op aanbeveling van Suid-Afrika se politieke teenstanders. Hy was nie bereid om 'n krieketspan te ontvang wat aan Suid-Afrika opgedwing is deur mense wat sekere politieke oogmerke wil bereik nie.

In 1969-1970 het 'n Sringbok-rugbyspan 'n toer na Engeland onderneem, maar dit is geweldig ontwrig deur anti-apartheidsbetogings. Een van die leidende betogers was Peter Hain, wat in Pretoria op skool was en hom daarna in Engeland gaan vestig het.

Dit het gaandeweg duidelik geword dat Suid-Afrika verdere wysigings aan sy sportbeleid sou moes aanbring as hy nog aan internasionale sport wou deelneem. Op 22 April 1971 het die Eerste Minister dan ook 'n nuwe sportbeleid aangekondig waarin hy 'n onderskeid getref het tussen veelrassige sport en veelvolkige sport. Veelrassige sport, d.w.s. sport waar blank en nie-blank in dieselfde span speel, was nog steeds verbode. Veelvolkige sport, d.w.s. sport waar blank en nie-blank in aparte spanne teen mekaar meeding, sou voortaan toelaatbaar wees - maar net op internasionale vlak en nie op klub-, provinsiale of nasionale vlak nie. Hoewel die Eerste Minister hom gedistansieer het van veelrassige sport, was sy nuwe sportbeleid tog ook 'n verdere tree in die rigting van veelrassige sport. Die beginsel dat geen veelrassige sport in Suid-Afrika toegelaat word nie, is afgewater deur die toegewing dat daar in sekere sportsoorte - alle Olimpiese sportsoorte en ook ten en gholf - enkele internasionale byeenkomste gehou sou word wat oop sou wees vir alle rasse. Die beginsel dat Suid-Afrika nie deur veelrassige spanne in die buiteland verteenwoordig kon word nie, is afgewater deur die toegewing dat daar na vier spesifieke byeenkomste - die Olimpiese Spele, die Kanada-beker (gholf), die Fedrasie-beker (tennis) en die Davis-beker (tennis) wel veelrassige spanne gestuur kon word.

In ooreenstemming met die 1971-sportbeleid is in November n internasionale atletiekbyeenkoms in Kaapstad gehou waaraan blankes en nie-blankes saam met atlete uit die buiteland deelgeneem het. In 1972 het 'n Engelse rugbyspan Suid-Afrika besoek en o.m. teen 'n Kleurlingspan (die Proteas) en 'n span swartes (die Luiperds) gespeel. In dieselfde jaar is daar veelrassige tenniswedstryde gehou ten einde 'n vrouespan te kies wat Suid-Afrika in die toernooi om die Federasie-beker kon verteenwoordig.

In September 1976 het die Minister van Sport en Ontspanning, dr. P.G.J. Koornhof, verdere aanpassings in Suid-Afrika se sportbeleid aangekondig. Dit het in hoofsaak daarop neergekom dat die beginsel van veelvolkige wedstryde nout tot op klubvlak uitgebrei is - m.a.w. blanke en nie-blanke klubs kon voortaan ook teen mekaar speel. Sowat twee maande later het Koornhof ook verklaar dat alle Suid-Afrikaanse spanne voortaan op 'n merietegrondslag gekies sou word, dat veelrassige proefwedstryde gehou sou word en dat sowel nie-blankes as blankes Springbokkleure kon verwerf. Die eerste swart atleet om Springbokkleure te otnvang, was Mathews Batswadi, in Januarie 1978.

Swart verset

Die regering se besluit om die ANC en PAC in die ban te doen, het tot gevolg gehad dat hierdie twee organisasies in April 1960 ondergrond begin funksioneer het. Kort daarna het albei ook besluit om voortaan van geweld gebruik te maak in hul pogings om vir die swartes 'n groter mate van politieke seggenskap te verkry. Elkeen het dan ook 'n militêre vleuel in die lewe geroep. Die ANC se mililtêre vleuel was Umkonto we Sizwe, wat vertaal kan word as "spies van die volk". Die PAC se militêre vleuel was Poqo, wat "suiwer" beteken, d.w.s. suier swart nasionalisme. Sowel Umkonto as Poqo wou die blanke bewind in Suid-Afrika met geweld omverwerp, maar in hul samestelling en metodes was daar aansienlike verskille. Umkonto was 'n veelrassige organisasie wat blankes en nie-blankes ingesluit het. Hy het hom op sabotasie toegespits en het nie in terrorisme of die doodmaak van mense belang gestel nie, maar hom n ogtans voorberei op guerrilla-oorlogvoere. Poqo was 'n suiwer swart organisasie wat nie vir blankes toeganklik was nie. Hy was ingestel op sabotasie en terrorisme en wou deur moord en doodslag 'n skrikbewind voer wat hom in staat sou stel om teen 1963 die bewind in Suid-Afrika oor te neem.

Umkonto is in November 1961 gestig deur lede van die ANC en die Kommunistiese Party. Wie almal stigterslede was, is nie bekend nie, maar ons weet dat een van die leidende persoonlikhede Nelson Mandel was. Hy was ook llid, sommige beweer h oof, van die organisasie se opperbevel - die sg. "National High Command". Umkonto se hoofkwartier was op 'n plasie of kleinhoewe in die omgewing van Rivonia, sowat 20 km noord van Johannesburg, maar die organisasie het ook grond naby Krugersdorp gekoop met die doel om 'n wapenfabriek en 'n arsenaal op te rig.

Umkomto het sy eerste sabotasiedade op Geloftedag, 16 Desember 1961, gepleeg. Op dié dag is verskeie geboue in Durban, Port Elizabeth en Johannesburg deur plofstof beskadig. Een van die saboteurs is deur sy eie bom gedoon en 'n ander se arm is afgeruk. In die volgende paar maande was daar verskeie verdere dade van sabotasie.

In Januarie 1962 het Mandela in die geheim oor die grens tussen Suid-Afrika en Betsjoeanaland (die latere Botswana) geglip om in verskeie Afrikalande steun te gaan werf vir Umkonto se plan om die Suid-Afrikaanse regering omver te werp. Hy het etlike Afrika-leiers gespreek en verskeie beloftes van morele en finansiële steun ontvang. Hy het ook reëlings getref vir die opleiding van rekrute uit Suid-Afrika in die tegnieke van guerrilla-oorlogvoering. In Julie 1962 was hy weer terug in Suid-Afrika, maar sy ondergrondse bedrywighede is twee weke later kortgeknip toe die pollisie hom in Natal in hegtenis neem. Enkele maande later is hy daarvan aangekla dat hy in Mei 1961 andere aangemoedig het om te staak en dat hy die land in Januarie 1962 onwettig verlaat het. Hy is skuldig bevind en tot vyf jaar tronkstraf gevonnis. Die owerheid was in daardie stadium nog nie daarvan bewus dat Mandela een van die leiers van Umkonto was nie.

Mandela se gevangeneming het nie verhinder dat die ander lede van Umkonto hul sabotasiedade voortsit nie. In Mei 1963 het Unkonto 'n pamflet versprei waarin met trots vermeld is dat die organisasie reeds meer as 70 dade van sabotasie gepleeg het.

Op 11 Julie 1963 het die polisie op 'n plaashuis in die omgewing van Rivonia toegeslaan en vasgestel dat hulle op die hoofkwartier van Umkonto afgekom het. Onder diegene wat hulle hier in hegtenis geneem het, was ses lede van die "National High Command". Met behulp van die dokumentêre bewyse wat hulle hier bekom het, kon hulle elders nog lede van die organisasie aankeer. Daar is 'n massa dokumente gevind wat uiters belangrike lig op Umkonto se bedrywighede gewerp het. Een besondere dokument het as opskrif gehad "Operation Mayibuye", wat beteken operasie teruggee", d.w.s. die teruggee van Afrika aan die swartes. Hierdie lang dokument het 'n uitvoerige plan bevat vir 'n guerrillaveldtog in Suid-Afrika. 'n Ander dokument wat daar gevind is, was 'n dagboek van Nelson Mandela. Nog 'n dokument in Mandela se handskrif was getitel: "How to be a good Communist". Die polisie het ook op 'n radiosender afgekom.

Die ontdekking wat die polisie by Rivonia gedoen het, het paniek in die geledere van Umkonto veroorsaak. Etlike persone het uit die land gevlug. Twee van die gearresteerdes, Goldreich en Wolphe, het uit die tronk ontsnap en na Swaziland gevlug. 'n Ander gearresteerde, Bob Hepple, het ingewillig om staatsgetuie te word, maar voor die begin van die hofsaak het hy ook uit die land gevlug.

Uiteindelik het 10 persone, waaronder bekende ANC-leiers soos Mandela en Walter Sisulu, blanke kommuniste soos L.G. Bernstein en Dennis Goldberg, en die Indiër A.M. Kathrada - In Oktober 1963 in die hof verskyn op aanklag van sabotasie, pogings om 'n guerrilla-oorlog te begin en die bevordering van kommunisme. Twee van die 10, Kantor en Bernstein, is deur die regter ontslaan en die agt oorblywendes is tot lewenslange tronkstraf gevonnis. Dit het die rug van Umkonto gebreek.

Die stigting van Poqo, die PAC se militêre vleuel, is in geheimsinnigheid gehul, maar dit is bekend dat hierdie organisasie in die loop van 1961-1962 talle swartes gedwing het om by hom aan te sluit. Die gevolg was dat Poqo binne twee jaar gegroei het tot die sterkste swart ondergrondse organisasie wat daar nog in Suid-Afrika was. Die organisasie was veral sterk in Wes-Kaapland en het sy hoofkwartier in Langa naby Kaapstad gehad. Wie ná Robert Sobukwe se gevangeneming in Maart 1960 die leiding in die PAC en Poqo geneem het, is nie duidelik nie, maar ná Potlako Leballo se vrylating in Mei 1962 en sy daaropvolgende uitwyking na Maseru in Lesotho, het hy aanspraak gemaak op die leierskap van Poqo.

Poqo het in die loop van 1962 verskeie swartes in Langa en Paarl vermoor, maar dit was die Poqo-sel in die Mbekweni-woonbuurt by Paarl wat die eerste tot grootskaalse geweld oorgegaan het. Met die doel om enkele van hul makkers wat weens moord in hegtenis geneem is, uit die tronk te bevry, het sowat 250 Poqo's een nag in November 1962 na die tronk en polisiestasie opgeruk. Toe hulle in Paarl se hofstraat deur die polisie gestuit word, het hulle alles wat in hul pad gekom het, met messe, byle, pangas en ysterstawe toegetakel. Winkels is aan die brand gesteek, vensters is gebreek, twee blankes is vermoor en verskeie ander is kap- en steekwonde toegedien. Die polisie het vyrf van die oproeriges doodgeskiet.

Die mislukte aanval op Paarl het Poqo egter nie heeltemal ontmoedig nie. Die sterk Langa-tak, wat reeds sowat ' n m aand voor die gebeure in Paarl 'n Transkeise hoofman, Gqobosa, laat vermoor het, het sy terrorisme in die Transkei voorgesit. Sy skyf was veral die hoofmanne wat hulle t.g.v. die beleid van afsonderlike ontwikkeling uitgespreek het. In Desember 1962 het Poqo's hoofman Dalesile in die Transkei vermoor en het etlike bendes Poqo's uit Lange vertrek met die doel om hoofman Kaiser Matanzima om die lewe te te bring. In Februarie 1963 het Poqo vyf blankes in 'n padwerkerskamp aan die Basheerivier vermoor. Dieselfde maand is hoofman Deliwe ook deur 'n Poqo-bende vermoor.

In Maart 1963 het Potlako Leballo op 'n perskonferensie in Maseru verklaar dat Poqo en die PAC een en dieselfde ding is en dat hierdie organisasie gereed is om die Suid-Afrikaanse regering 'n uitklophou toe te dien. Leballo het sy uitklophou blykbaar vir 7-8 Alpril 1963 beplan, maar nog voor dit kon plaasvind, het dinge vir Poqo skeef geloop. Die Suid-Afrikaanse polisie het 'n aantal briewe van Leballo aan Poqo-leiers onderskep en m.b.v. hierdie briewe honderde Poqo's in hegtenis geneem. Gedurende die naweek van 7-8 April 1963 het Poqo's inderdaad in verskeie stede en dorpe tot sabotasie en terrorisme oorgegaan, maar die polisie was gereed vir so 'n gebeurlikheid en het talle lede van die organisasie in hegtenis geneem. Teen Junie 1963 was 3 246 Poqo's reeds gearresteer en aangehou.

Die arrestasie van so 'n groot aantal Poqo's en hul aanhouding onder die "90-dae-artikel" - wat oop 30 Junie 1963 in werking getree het - het die Poqo-beweging heeltemal gebreek. Potlako Leballo se leiding is gekritiseer en in Augustus 1963 het hy van Maseru na Dar-e-Salaam uitgewyk. Die PAC se eerste leier, Robert Sobukwe, se drie jaar gevangenisstraf het in Mei 1963 verstryk, maar die Minister van Justisie het dit wys geag om hom langer aan te hou. Op grond van 'n artikel - die sg. Sobukwe-artikel - in die Algemene Regswysigingswet (No. 37 van 1963) is Sobukwe tot in Mei 1969 op Robben-eiland aangehou. Hy is daarna toegelaat om onder sekere voorwaardes op Kimberley as prokukreur te praktiseer. In Maart 1978 is hy oorlede.

Die uitwissing van Umkonto en Poqo het die dade van sabotasie en terrorisme onmiddellik sterk verminder, maar nie heeltemal beëindig nie. Daar was nog enkelinge wat nie die stryd heeltemal opgegee het nie.

Op 24 Julie 1964, sowat twee weke ná 'n regter die Rivonia-beskuldigdes lewenslank tronk toe gestuur het, het ene John Harris, 'n lid van die African Resistance Movement, 'n bom in die Johannesburgse stasiegebou laat ontplof. 'n Bejaarde vrou is gedood, haar kleindogter vermink en ' n twintigtal ander mense beseer. Harris het as verskoning aangevoer dat hy iets skouspelagtigs wou doen om te toon dat die ARM nog bestaan al het baie van sy lede uit die land gevlug. Hy is ter dood veroordeel en tereggestel. Onder diegene wat die seremonie bygewoon het toe sy liggaam veras is, was die Hain-familie met hul seun Peter. Dieselfde Peter Hain sou later in Engeland 'n leidende rol speel in die poging om Suid-Afrika uit internasionale sport te dwing.

In Augustus 1964 is 14 mense daarvan aangekla dat hulle die doelstellings van die kommunisme bevorder het. Beskuldigde No. 1 was Abraham Fischer, die leier van die verdediging se span advokate in die Rivona-saak. Toe Fischer in hegtenis geneem is, was hy op die punt om in 'n saak voor die Geheime Raad in Londen te gaan optree. Hy het verlof gevra om na Londen te gaan en is op borgtog van R10 000 vrygelaat. Hoewel hy maklik in Engeland kon gebly het as hy wou, het hy na Suid-Afrika teruggekeer en die saakteen hom en sy mede-beskuldigdes is in November 1964 h ervat. Tot Fischer se ontnugtering het dit egter spoedig geblyk dat die staat oor verdoemende getuienis teen hom beskik. Een van die getuies teen hom was Pieter Beyleveld, 'n medelid van die Kommunistiese Party se Sentrale Komitee. 'n Ander belangrike getuie was Gerard Ludi, 'n polisieman wat daarin geslaag het om die KP se binnekringe te infiltreer. Fischer het besef dat die getuienis teen hom oorweldigend was en dat daar geen hoop was dat hy sou vrykom nie. Hy het dus besluit om te verdwyn. Toe die hofsaak in Januarie 1965 hervat word, was Fischer afwesig. Hy het hom vermom en sy ondergrondse werk vir die KP voortgesit. Die polisie kon hom eers in November, byna 'n jaar ná sy verdwyning, weer opspoor. Hy is weer voor die hof gedaag en in Mei 1966 tot lewenslange tronkstraf gevonnis. In Mei 1975 is hierdie briljante advokaat en besielde kommunis aan kanker oorlede.

Op 16 Junie 1976 het grootskaalse onluste in die swart woonbuurt Soweto naby Johannesburg losgebars. Die enorme lewensverlies waarmee dit gepaard gegaan het, maak dit die ernstigste onluste wat tot nog toe in Suid-Afrika voorgekom het.

Die oorsake van die Soweto-onluste skyn veral in drie dinge te lê: die swartes se ontevredenheid oor die bepaling dat sekere skoolvakke deur mediuim van Afrikaans geneem moet word; die owerheid se onverskilligheid t.o.v. waarskuwings dat 'n plofbare toestand aan die ontwikkel was; die swartes se ontevredenheid oor hul politieke magteloosheid, ekonomiese agterstand en sosiale onsekerheid.

Die ontevredenheid by swartes oor die bepaling dat helfte van die vakke op hoër skool d.m.v. Afrikaans geneem moet word, het in die eerste helfte van 1976 herhaaldelik aan die lig gekom. In Januarie het die skoolraad van die skool Meadowlands Tswana gevra dat alle vakke deur medium Engels onderrig moet word. Toe die betrokke kringinspekteur die versoek weier, het die skoolraad eenvoudig besluit om alle skoolhoofde onder sy jurisdiksie in kennis te stel dat die medium van onderrig voortaan slegs Engels sou wees. Die Departement van Bantoe-onderwys het daarop twee lede van die rebelse skoolraad afgedank. Uit protes daarteen het die res van die skoolraad ook bedank. In Maart het ouers van die hoër primêre skool Donaldson se leerlinge hulle ook uitgespreek teen Afrikaans as medium van onderrig.

In April het 'n afvaardiging van die African Teachers Association die Sekretaris van Bantoe-onderwys oor die kwessie van Afrikaans as medium van onderrig gaan spreek, maar afgesien van 'n belofte dat die saak aan die Minister van Bantoe-onderwys voorgelê soou word, is niks verder verneem nie. In Mei het die leerlinge van verskeie skole in Soweto begin staak uit protes teen onderrig deur medium van Afrikaans. In die eerste twee weke van Junie was daar voorvalle waar leerlinge skoolgeboue en ook die polisie met klippe bestook het. Dit is derhalwe duidelik dat daar algemene ontevredenheid in Soweto geheers het oor die bepaling dat leerlinge op hoër skool die helfte van hul vakke d.m.v. Afrikaans moes neem. Hierdie ontevredenheid was nie net beperk tot die leerlinge nie, maar ook die onderwysers en ouers wou ontslae raak van Afrikaans.

Die owerheid se onverskilllgheid t.o.v. die swartes se ontevredenheid het ook bygedra tot die erge uitbarsting op 16 Junie 1976. Die LV vir Parktown, René de Villiers, het by twee geleenthede - op 25 Mei en weer op 11 Junie - die Adjunk-Minister van Bantoe-onderwys, dr. A.P. Treurnicht, se aandag daarop gevestig dat 'n plofbare toestand in Soweto aan die ontwikkel is. Die adjunk-minister het egter telkens verklaar dat sover sy kennis strek, daar nie rede vir kommer was nie. Uit antwoorde wat die adjunk-minister in die Volksraad verstrek het oor die toestand in Soweto, is dit duidelik dat die Departement van Bantoe-onderwys ook nie ten volle op hoogte was met gebeure in die swart woonbuurt nie.

Hoewel die swartes se ontevredenheid oor Afrikaans as voertaal en die owerheid se onverskilligheid oor hierdie ontevredenheid die onmiddellike oorsake vir die Soweto-onluste was, was daar ook 'n dieperliggende oorsaak. Daar was nl. 'n algemene gevoel van ontevredenheid onder die stedelike swartes oor hul politieke magteloosheid, ekonomiese agterstand en soisiale onsekerheid. Hierdie gevoel van ontevredenheid blyk uit 'n brief wat een vand ie swart leiers in Johannesburg, biskop Desmond tutu, sowat drie weke voor die uitbarsingin Soweto aan die Eerste Minister geskrywe het: "I am writing to you, Sir, because I have a growing nightmarish fear, that unless something drastic is done very soon, the bloodshed and violence are going to happen in SA, almost inevitably. A people can take only so much, and no more ... A people made desperate by despair and injustice and oppressiion will use desperate means."(16)

(16) The Star, 28 May 1976.

Op 16 Junie 1976 het sowat 10 000 skoolkinders in Soweto 'n optog gehou om te protesteer teen die bepaling dat hulle sommige van hul vakke d.m.v. Afrikaans moet neem. Hulle het die "swart mag"-saluut gegee en plakkate gedra waaroop slagspreuke soos die volgende gestaan het: "Down with Afrikaans", "Viva Azania" en "If we mest do Afrikaans, Vorter must do Zulu". In die omgewing van die hoërskool Orlando West is hulle deur die polisie voorgekeer. Toe die polisie traangas tussen hulle ingooi met die doel om hulle uitmekaar te laat gaan, het hulle die polisie met klippe gegooi. Die polisie het begin skiet en minstens een leerling, die 13-jarige Hector petersen, is doodgeskiet. Hierna het chaos losgebars. Die skare jeugdiges, waarvan ongeveer die helfte ouer as 20 was, het eenvoudig berserk geraak en alles aangeval wat met die blanke owerheid geassosieer is. Voertuie en geboue is met klippe bestook en aan die brand gesteek. Twee blanke amptenare, waarvan een 'n groot weldoener van die swartes was, is vasgekeer en doodgeslaan. Selfs van die polisiehonde is gevang, doodgemaak en aan die brand gesteek. 'n Week lank het bendes jeugdiges deur die strate van Soweto geloop en plunder, brand gestig en geroof. Die polisie was verplig om op die vandale te vuur en binne enkele dae het die doddetal op 140 gestaan.

Die ergste onluste was ná 'n week verby, maar daarna was daar nog maande lank nog sporadiese uitbarstings van geweld waarin verdere lewensverlies voorgekom het. Die Soweto Students Representative Council, wat vroeg in Augustus 1976 gestig is en feitlik die bewind in Soweto oorgeneem het, was vasberade om die chaos so lank as moontlik te laat voortduur en sodoende die blanke owerheid tot toegewings te dwing. In die tydperk Augustus-November 1976 het hierdie liggaam vier stakings afgekondig. Pamflette is versprei waarin 'n beroep op die inwoners van Soweto gedoen is om op bepaalde dae nie te gaan werk nie. Om diegene wat nie wou staak nie te keer, is van padblokkades, versperrings by spoorwegstasies en geweld gebruik gemaak. Die drie stakings wat afgekondig is vir 4-6 Augustus, 23-25 Augustus en 13-15 September was betreklik suksesvol in die sin dat ongeveer 60% van die werkers nie gaan werk het nie, maar die staking wat vir 1-5 November georganiseer is, was 'n mislukking.

Die Soweto-onluste het 'n groot verlies aan menselewens en miljoene rande se skade aan eiendom tot gevolg gehad. In September 1976 het die owerheid bekend gemaak dat die polisie reeds 172 swartes doodgeskiet en 1 439 geword het. Nog 120 swartes en 2 blankes het gesterf a.g.v. geweld (messteke, (koeëlwonde, brand, ens.) waarby die polisie nie betrokke was nie. Onder die geboue wat beskadig is, was 24 skole, 3 klinieke, 9 poskantore, 18 drankwinkels, 18 biersale, 3 biblioteke, 1 hofgebou, 33 sake-ondernemings, 2 gemeenskapsale, 19 huise en 42 geboue van die Wes-Randse Administrasieraad. Daar is ook minstens 114 voertuie beskadig.

Die onluste was nie net tot Soweto beperk nie, maar het spoedig na ander dele van die land versprei. In Junie het onluste aan die Oos-Rand, Pretorioa en verskeie dorpe in Transvaal die lewens van etlike mense geëis. In dieselfde maand is die biblioteek en administratiewe gebou van die Universiteit van Zoeloeland afgebrand. In Augustus het 33 mense in onluste by Port Elizabeth gesterf. In die hewige onluste wat gedurende Augustus en September in die omgewing van Kaapstad gewoed het, het die polisie 92 persone (swartes en Kleurlinge) doodgeskiet.

Teej die einde van 1976 was die landswye onluste feitlik uitgewoed, maar nog nie heeltemal verby nie. In Soweto e.a. swart woonbuurte het sporadiese voorvalle van klipgooiery en brandstigting nog voorgekkom. dit was eers teen die einde van 1977 - 18 maande ná die uitbreek van die onluste in Soweto - dat toestande weer na normaal teruggekeer het. Die totale getal mense wat in hierdie onluste omgekom het, beloop oor die 600.

Een van die gevolge van die Soweto-onluste was dat die swartes se versoek dat geen onderrig d.m.v. Afrikaans moet geskied nie, toegestaan is. Op 6 Julie 1976, sowat drie weke ná die uitbreek van die onluste, het die Minister van Bantoe-onderwys, M.C. Botha, aangekondig dat die hoofde van swart skole voortaan self kon besluit of hulle Afrikaans of Engels as medium van onderrig verkies.

Nog 'n gevolg van die Soweto-onluste was dat die regering 'n kommissie van ondersoek na die aangeleentheid aangestel het. Op 17 Junie 1976, die dag ná die uitbreek van die onluste, het die Minister van Justisie, Jimmy ruger, in die Volksraad aangekondig dat hy regter P.M. Cillié aangestel het as die enigste lid van hierdie kommissie. Die leier van die opposisie, Colin Eglin, was t.g.v. 'n veelrassige kommissie, maar die Minister van Justisie wou nie daartoe instem nie. Tot op datum (Maart 1979) het die Cillié-kommissie nog nie sy verslag uitgebring nie.

'n Derde gevolg van die Soweto-onluste was dat daar aan die 1,25-miljoen inwoners van  hierdie woonbuurt 'n groter mate van selfbestuur toegeken is as wat hulle voorheen gehad het. In Oktober 1976 het minister Botha aangekondig dat gemeenskapsrade vir die stedelike swartes ingestel gaan word en tydens die volgende parlementsitting is die Wet op Gemeenskapsrade (No. 125 van 1977) dan ook in die wetboek geplaas. Die gemeenskapsrade het die bestaande stedelike Bantoerade in die swart woonbuurte vervang en ook sekere funksies van die ongewilde Bantoesake-administrasierade oorgeneem. Dié rade het dus ietwat meer magte en verantwoordelikhede as die ou stedelike Bantoerade gekry, maar nog veel minder magte en verantwoordelikhede as die stadsraad van 'n blanke dorp besit. Die swartes van Soweto was allesbehalwe entoesiasties oor die nuwe bedeling. Toe die eerste verkiesing van die Gemeenskapsraad van Soweto in Februarie 1978 plaasvind, was daar in 19 van die 30 wyke geen kandidaat nie. In die twee wyke waar 'n stemming wel plaasgevind het, was die stempersentasie 3,8% en 7,3%. In april 1978 is gevolglik weer 'n verkiesing gehou en ofskoon die gemiddelde stempersentasie slegs 6% was, is daar darem genoeg lede verkies vir 'n kworum. Op 18 april 1978 het die nuwe Gemeenskapsraad van Soweto vir die eerste keer vergader. David Thebehali is as die eerste voorsitter verkies.

Blanke reaksie

Die Suid-Afrikaanse regering het op die radikale elemente se dade van protes, sabotasie en terrorisme gereageer deur buitengewone magte by die parlement aan te vra. Die parlement het ingestem en die regering gemagtig om persone sonder verhoor aan te hou en om beperkings te plaas op persone se vryheid van beweging, samekoms en spraak. Dat hierdie wetgewing ernstige inbreuk gemaak het op die vryheid van die individu, spreek vanself.

In April 1963 is die eerste wet wat die aanhouding van persone sonder verhoor gemagtig het, deur die parlement geloods. Dit was die Algemene Regswysigingswet (No. 37 van 1963), wat bedoel was om die polisie se hande te sterk in hul poging om die twee radikale organisasies Umkonto en Poqo se rug te breek. Die twee mees omstrede artikels in hierdie wet was die "90-dae-artikel" en die "Sobukwe-artikel". Die "90-dae-artikel" het bepaal dat 'n polisie-offisier enige persoon wat hy van sabotasie verdink, sonder 'n lasbrief in hegtenis kon neem en vir 90 dae sonder vehroor in 'n sel kon aanhou. So 'n aangehoudene is nie toegelaat om sy regsverteenwoordiger of enige ander besoeker te spreek nie. Die "90-dae-artikel" was van 30 Junie 1963 tot 11 Januarie 1965 van krag en gedurende hierdie 18 maande is 1 095 persone daarvolgens aangehou. Die sg. "Sobukwe-artikel" het die Minister van Justisie gemagtig om 'n persoon wat 'n vonnis vir 'n poliltieke oortreding uitgedien het, nog langer aan te hou. Hierdie artikel, wat jaarliks hernu moes word, het die Minister van Justisie in staat gestel om die PAC-leier, Robert Sobukwe, wat in Mei 1963 vrygelaat sou word, vir 'n verdere ses jaar op Robben-eiland aan te hou.

Die "90-dae-artikel" is in Januarie 1965 herroep, maar die parlement het kort daarna 'n soortgelyke artikel in die Strafproseswysigingswet (No. 96 van 1965) opgeneem. Dit was die "180-dae-artikel", wat die prokureur-generaal (en nie 'n polisie-offisier soos die geval was in die "90-dae-artikel" nie) gemagtig het om enige persoon wat moontlik in 'n strafsaak vir die staat kon getuig, vir 'n tydperk van tot 180 dae aan te hou as 'n moontlikheid bestaan dat met hom geheul kon word of hy uit die land kon vlug. Anders as die "90-dae-artikel", wat jaarliks hernu moes word, was die "180-dae-artikel" blywend van aard. In 1976 is die "180-dae-artikel" uit die Strafproseswysigingswet verwyder en opgeneem in die nuwe Wet op Binnelandse Veiligheid (No. 79 van 1976).

Van 1965 tot 1967 is daar dikwels van die "180-dae-artikel" gebruik gemaak om persone sonder verhoor aan te hou, maar ná 1967 is hierdie wet in 'n groter mate vervang deur die Wet op Terrorisme  (No. 83 van 1967). Artikel 6 van die nuwe wet het o.m. bepaal dat 'n verdagte terroris sonder verhoor vir 'n onbepaalde tyd aangehou kon word, dat indien omstandighede dit toelaat, die aangehoudoene eenmaal elke 14 dae deur 'n landdros besoek sou word en dat geen inligting oor die aangehoudene aan die publiek verstrek sou word nie. Hierdie wet is ook van terugwerkende krag gemaak tot Junie 1962 - die datum toe persone die land begin verlaat het om militêre opleiding in die buiteland te ondergaan.

In 1976 is die outokratiese magte van die owerheid verder uitgebrei toe die Wet op die Onderdrukking van Kommunisme (No. 44 van 1950) in gewysigde vorm opgeneem is in die Wet op Binnelandse Veiligheid (No. 79 van 1976). Artikel 10 van die nuwe wet het die Minister van Justisie gemagtig om enige persoon aan te hou wat na sy mening 'n bedreiging vir die veiligheid van die staat of die handhawing van die openbare orde was. Waar die Wet op Terrorisme (No. 83 van 1967) slegs die aanhouding van 'n verdagte terroris gemagtig het, het hierdie wet dus verder gegaan en ook die aanhouding van persone gemagtig wat na die mening van die Minister van Justisie 'n bedreiging vir die veiligheid van die staat of die handhawing van die openbare orde was. In die wet is voorsiening gemaak vir die aanstel van 'n komitee van drie, onder voorsitterskap van 'n regter of 'n landdros, wat binne twee maande ná die arrestasie van 'n verdagte persoon die gronde vir sy aanhouding moes ondersoek om 'n aanbeveling aan die Minister van Justisie te doen, maar die minister was nie verplig om hom aan die komitee se aanbeveling te steur nie. Die spesifieke gedeelte van die wet wat die minister gemagtig het om persone na goeddunke aan te hou, sou egter slegs van krag word as die Staatspresident dit by wyse van 'n proklamasie in die Staatskoerant afkondig. Dit het dan ook gebeur kort ná die uitbreek van die Soweto-onluste in Junie 1976.

Afgesien van die maatreëls wat dit moontlik gemaak het om iemand sonder verhoor aan te hou, het die regering ook van die parlement magtiging verkry om 'n persoon se vryheid van beweging, samekoms en spraak aan bande te lê. Die inperking van hierdie vryhede het veral geskied kragtens die Wet op die Onderdrukking van Kommunisme (No. 44 van 1950) - 'n wet wat met verloop van tyd herhaaldelik gewysig is om dit meer effektief te maak in die stryd teen radikale elemente. Hoewel die wet in die eerste plek teen kommunisme gerig was, was die omskrywing van 'n kommunis so wyd dat ook 'n nie-kommunis daaronder ingeper kon word. Die inperking van nie-kommuniste, o.a. kerkleiers, het tot heelwat kritiek aanleiding gegee. In 1976 het die regering gevolglik die Wet op die Onderdrukking van Kommunisme opgeneem in die Wet op Binnelandse Veiligheid (No. 79 van 1976) en dit terselfdertyd sodanig gewysig dat nie net kommuniste  nie, maar enige persoon wat volgens die mening van die Minister van Justisie 'n bedreiging vir die veiligheid van die staat of die handhawing van die openbare orde is, ingeperk kon word.

Wanneer 'n inperkingsbevel op ' n persoon gedien word, word so 'n persoon in die eerste plek verbied om buite 'n bepaalde gebied te beweeg. Gewoonlik is dit 'n landdrosdistrik, maar dit kan ook 'n voorstad, 'n plaas of 'n huis wees. In lg. geval verkeer die persoon inderdaad in huisarres. So 'n ingeperkte persoon kan ook beveel word om hom daagliks of weekliks by die polisie aan te meld. Afgesien van die beperking op sy bewegingsvryheid, mag 'n ingeperkte persoon ook geen vergadering bywoon nie. Ten slotte mag so 'n persoon se uitlatings, oor watter o nderwerp ook al, nie in Suid-Afrika versprei word nie. Dit beteken dat niks wat hy sê of skryf in 'n koerant of boek aangehaal mag word nie en dat al sy vroeëre publikasies ook verbode literatuur is.

Die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge het bereken dat daar tussen 1950 en 1974 sowat 1 240 persone ingeperk is.(17) Die inperkingstydperk is gewoonlik vyf jaar, maar sommige vir langer of korter tydperkte i ngeperk. Op 31 Oktober 1978 was daar nog 146 ingeperkte persone in Suid-Afrika.

(17) SA Institute of Race Relations: A Survey of Race Relations in South Africa, 1974, p. 67

Die Kleurlinge

Toe Verwoerd in die laat vyftigerjare bekend maak dat die swart tuislande ontwikkel sou word tot onafhanklike state waar die swartes hul politieke ambisies kan uitleef, het hy nog geen duidelikheid gehad oor die toekoms van die Kleurlinge nie. Hy was wel sterk gekant teen die politieke integrasie van blankes en Kleurlinge, maar hoe die Kleurlinge se politieke ambisies bevredig moes word, was nie vir hom duidelik nie. Hy was tevrede met die bestaande toestand van sake waarvolgens die Kleurlinge deur vier blankes in die Volksraad verteenwoordig is.

Daar was egter Nasionaliste wat besef het dat die Kleurlinge nie vir altyd deur blanke verteenwoordig kan word nie. In 1960, kort ná die gebeure by Sharpeville en Langa, het daar dan ook in die NP stemme begin opgaan dat die Kleurlinge deur hul eie mense in die Volksraad verteenwoordig moet word. Een van hierdie mense was die politieke rugbriekskrywer van Die Burger, wat hom soos volg uitgelaat het: "Die drang na 'n voorwaartse beweging in die Nasionale beleid vir die Kleurlinge word al hoe sterker. Die mees dramatiese gedagte is natuurlik dat die beginsel van die verteenwoordiging van Kleurlinge deur Kleurlinge in die Volksraad erken moet word, of anders gestel: dat die Kleurlingkiesers vrygelaat word om volgens keuse wit of bruin lede te kies ... My indruk is dat die NP reeds meer as halfpad vir die beginsel te vinde is en met sterk leiding volkome daarvoor gewin kan word."(18)

(18) Die Burger, 23 Julie 1960

In November 1960 het Verwoerd verklaar dat hy geensins met hierdie gedagte saamstem nie. Die toelating van Kleurlinge in die Volksraad sou volgens hom slegs die eerste stap wees in die rigting van "biologiese integrasie" - d.w.s. rassevermening. Twee weke later het hy 'n lang beleidsverklaring  uitgereik waarin hy weer eens beklemtoon het dat die blankes en die Kleurlinge apart van mekaar moet ontwikkel en dat elkeen sy eiesoortigheid moet behou. Om seker te m aak dat hy die steun van die NP in al vier provinsies het, het hy die Federale Raad van die party byeengeroep en hierdie liggaam het in Januarie 1961 die Eerste Minister se beleid onderskryf. Die Federale Raad het dit duidelik gestel dat die blankes en die Kleurlinge gesien moet word as "parallelle strome" wat nie inmekaar loop nie en dat verteenwoordiging van Kleurlinge deur Kleurlinge in die Volksraad nie toegelaat sou word nie.

In Desember 1961 het Verwoerd die moontlikheid van 'n "Kleurlingparlement" en "Kleurlingkabinet" met beperkte magte in die vooruitsig gestel. Hierdie gedagte het in 1964 neerslag gevind in die Wet op die Verteenwoordigende Kleurlingraad (No. 49 van 1964), maar die implementering van die wet is uitgestel tot sekerheid verkry kon word oor die wenslikheid van die bestaande stelsel, warvolgens die Kleurlinge ook in die blanke Volksraad verteenwoordiging gehad het en tot 'n verbod geplaas kon word op die inmenging van blanke politieke partye in die Kleurlingpolitiek.

Die inmenging van blanke politieke partye in die politiek van die swartes en Kleurlinge het Verwoerd nie aangestaan nie. Dit was nie in lyn met sy apartheidsbeleid nie en bowendien het die Kleurlinge 'n duidelike voorkeur vir die opposisiepartye gehad. Die verkiesing van twee lede van die Progressiewe Party as Kleurlingverteenwoordigers in die Kaapse Provinsiale Raad in Maart 1965 het Verwoerd oortuig dat wetgewing in dié verband nodig was. Hy het dus wetgewing laat voorberei om die "onbehoorlike inmenging" van een bevolkingsgroep in die politiek van 'n ander bevolkingsgroep te verbied. Die betrokke wetsontwerp sou in die tweede helfte van 1966 aan die parlement voorgelê word, maar voor dit kon gebeur, is Verwoerd in September 1966 deur 'n sluipmoordenaar om die lewe gebring.

Een van Vorster se eerste take as Eerste Minister was om sy voorganger se wetsontwerp verder te voer. Aangsien die wetsontwerp erg omstrede was,  het hy dit wys geag om dit eers na 'n gekose komitee te verwys. Die gekose komitee is later in 'n kommissie onder voorsitterskap van minister S.L. Muller omskep en dit het drie belangrike aanbevelings gedoen wat in 1968 in drie afsonderlike wette opgeneem is.

Die eerste aanbeveling was dat die bestaande verteenwoordiging van Kleurlinge in die Volksraad afgeskaf moet word, omdat die gelyktydige bestaan van hierdie vorm van verteenwoordiging en verteenwoordiging in die Verteenwoordigende Kleurlingraad (VKR) botsings sou meebring en die ontwikkeling van die VKR sou strem. Hierdie aanbeveling is dan ook opgeneem in die Wysigingswet op die Afsonderlike Verteenwoordiging van Kiesers (No. 50 van 1968).

'n Verdere aanbeveling was dat die deelname van een bevolkingsgroep aan die pollitiek van 'n ander bevolkingsgroep verbied moet word omdat dit die ontstaan en groei van Kleurlingpartye sou benadeel. Hierdie aanbeveling is opgeneem in die Wet op die Verbod van Politieke Inmenging (No. 51 van 1968). Die wet het ook bepaal dat geen Suid-Afrikaanse politieke party voortaan geld uit die buiteland mag ontvang nie. Die Liberale Party, wat lede uit alle bevolkingsgroepe gehad het, moet a.g.v. hierdie wet ontbind.

Die derde aanbeveling van die kommissie was dat die VKR, wat in 1964 in die lewe geroep is, vergroot moes word en dat sy wetgewende en uitvoerende magte verder uitgebrei moes word. Dié aanbeveling is opgeneem in die Wysigingswet op die Verteenwoordigende Kleurlingraad (No. 52 van 1968), wat bepaal het dat die VKR uit 40 verkose en 20 benoemde lede sou bestaan, dat dit 'n Uitvoerende Bestuur van vyf lede sou hê en dat die voorsitter van die Uitvoerende Bestuur (UB) deur die regering benoem sou word. Die VKR kon vir die Kleurlinge wette maak, maar slegs op die volgende vyf terreine: onderwys, welsyn, landbou, landelike gebiede en plaaslike bestuur. Alle voorgestelde wetgewing moes voor indiening deur die Minister van Kleurlingsake goedgekeur word. Dit sou ook die taak van die VKR wees om die jaarlikse begroting goed te keur. Die UB moes in oorleg met die amptenare van die Administrasie van Kleurlingsake 'n begroting opstel en dit aan die regering voorlê vir goekeuring. Die Minister van Finansies sou daarop 'n bedrag aan die VKR toeken en op grond van hierdie bedrag moes die UB 'n gedetailleerde begroting opstel wat deur die VKR goedgekeur moes word. Die VKR kon self geen belastings hef nie en sou dus geheel en al afhanklik wees van die bedrag wat deur die Minister van Finansies aan hom toeeken word.

Die eerste verkiesing van 'n VKR is in September 1969 gehou. Die Arbeidersparty, wat sterk teen die regering se apartheidsbeleid gekant was, het 26 setels verower, terwyl die Federale Party, wat bereid was om binne die raamwerk van die apartheidsbeleid met die regering saam te werk, slegs 11 setels verower het. Hoewel die Arbeidersparty verreweg die meeste setels verower het, het die skaal in die guns van die Federale Party geswaai toe die regering al 20 benoemde lede uit die geledere van lg. party aanstel. Die Federale Party is hierdeur van 'n meerderheid in die VKR verseker en die regering het dan ook die leier van hierdie party, Tom Swartz, as voorsitter van die UB aangestel. Die regering se optrede het groot bitterheid in die geledere van die Arbeidersparty veroorsaak.

Die VKR was 'n belangrike forum vir die Kleurlinge se politieke opvattings, maar dit was uit die staanspoor duidelik dat die liggaam se bevoegdhede heeltemal te beperk was om die Kleurlinge te bevredig. Die gebreke wan die VKR is deur die Arbeidersparty se onderleier, David Curry, soos volg saamgevat: "The Government has given representation without giving the Council responsibilities. The Council has a built-in frustration complex. It is a frustration to both the members sevin on it and to the Government who created it. It is a frustration to the members who serve on it because nobody (not even the Government) takes the Council seriously. We are becoming convinced that the CRC was created so that we can just blow off steam. It is a frustration to the Government because the Council is not walking the road the planners of separate development intended it to walk. Resolutions are passed each year, but the Government continues to give a deaf ear to the members' requests."(19)

(19) A.J. Venter: Coloured: A Profile of Two Million South Africans, p. 480

Die regering het egter voor die probleem gestaan hoe om groter bevoegdhede aan die VKR toe te ken sonder dat die blankes se belange daardeur geraak sou word. Die belange van die blankes en die Kleurlinge was so ineengestrengel, dat dit meestal onmoontlik was om 'n wet te maak wat slegs een van die twee bevolkingsgroepe sou raak.

Die besef dat die beperkte bevoegdheid van die VKR nie die Kleurlinge se strewe na politieke mede-seggenskap kan bevredig nie, het in die sewentigerjare 'n lewendige openbare debat laat ontstaan oor die toekomstige plek van die Kleurlinge in die Suid-Afrikaanse regeringstelsel. Sommige Nasionaliste het die skepping van 'n Kleurlingtuisland gepropageer waar die Kleurlinge hulleself kon regeer. Ander Nasionaliste was van mening dat die Kleurlinge nader aan die blankes gebring moet word en uiteindelik volle burgerregte moet kry. Die regering het egter by herhaling sowel die moontlikheid van 'n Kleurlingtuisland as die moontlikheid van 'n geïntegreerde parlement verwerp. Die amptelike beleid was steeds een van parallelle ontwikkeling, waarvolgens elke bevolkingsgroep sy eie politieke instellings sou hê. Aangesien daar egter oorvleueling tussen die blankes se belange en die Kleurlinge s'n bestaan het, was die groot vraag hoe daar tussen die twee bevolkingsgroepe se politieke instellinge 'n struktuur van skakeling en mede-seggenskap opgebou kon word wat wedersyds aanvaarbaar sou wees.

By die amptelike opening van die VKR op 8 November 1974 het die Eerste Minister 'n moontlike oplossing vir hierdie probleem aangedui. Hy het verklaar dat die regering bereid is om die Kleurlingleiers te ken in alle sake wat die Klkeurlinge raak en dat dit op twee maniere kan gesied: 1) d.m.v. 'n "Konsultatiewe Kabinetsraad", wat saamgestel sou word uit die Eerste Minister en lede van die VKR se UB en 'n gelyke aantal ministers van die blanke kabinet; 2) deur die aanwysing van Kleurlingverteenwoordigers in die Groepsgebiederaad, die Behuisingskommissie, loonrade, dranklisensierad, padvervoerrade, die Rasseklassifikasieraad en die talle ander rade en kkommissie wat sake van gemeenskaplike belang vir blankes en Kleurlinge sou behartig.

Die Skakelkomitee van die VKR het op die Eerste Minister se voorstel gereageer met 'n verklaring dat die meerderheid Kleurlingleiers direkte verteenwoordiging in die parlement verkies, maar dat hulle nogtans bereid was om onder sekere voorwaardes, waarvan die afskaffing van alle diskriminerende gebruike een was, met die Eerste Minister se voorstelle akkoord ge gaan. In Januarie 1975 het die Eerste Minister die Skakelkomitee se voorstelle in beginsel aanvaar, maar die onderhandelinge is kort daarna onderbreek deur 'n bewindsverandering in die VKR.

In die verkiesing van Maart 1975 het die anti-apartheidsgesinde Arbeidersparty 31 setels verower en Tom Swartz se Federale Party slegs 8. Die Arbeidersparty het dus so 'n groot aantal setels ingepalm dat hy 'n meerderheid in die VKR sou hê selfs al sou die regering weer al 20 benoemde lede uit die geledere van die F"P aanstel. Die regering het hierdie keer dus geen ander keuse gehad as om maar genoeë te neem met die VKR waarin die Arbeidersparty die meerderheid setels besit nie. Die UB van die VKR is gevolglik uit lede van die anti-apartheidsgesinde Arbeidersparty saamgestel. As voorsitter van die UB het die regering die leier van die Arbeidersparty, Sonny Leon, aangestel.

Sonny Leon e.a. woordvoerders van die Arbeidersparty het uit die staanspoor die houding ingeneem dat die Eerste Minister se voorstelle i.v.m. 'n "Konsultatiewe Kabinetsraad" en die aanstellilng van Kleurlinge in sommige rade en kommissies, nie kan verhoed vir die uitsluiting van Kleurlinge uit die parlement nie. Die voorstelle was na hul menings niks anders as 'n "verskansing van apartheid" nie. In November 1975 het die hoofbestuur van die Arbeidersparty dan ook die Eerste Minister se voorstelle verwerp.

Kort daarna het Sonny Leon uit protes teen die regering se apartheidsbeleid ook geweier om die begroting vir Kleurlingaangeleenthede goed te keur. Die regering het hom daarop uit sy pos as voorsitter van die VKR se UB ontslaan en mev. Alathea Jansen, 'n onafhanklike benoemde lid, in sy plek aangestel. Sy het die begroting goedgekeur.

Op 18 Junie 1976 is die lang verwagte verslag van die Erika Theron-kommissie, wat in 1973 aangestel is om sake rakende die Klkeurlinge te ondersoek, in die Volksraad ter tafel gelê. Die regering het die meerderheid van die kommissie se 178 aanbevelings aanvaar, maar dié verwerp wat in stryd was met die apartheidsbeleid. Onder die aanbevelings wat nie aanvaar is nie, was: dat die Wet op die Verbod van Gemengde Huwelike en artikel 16 van die Ontugwet herreop moet word; dat Kleurlingboere toegelaat moet word om op enige plek grond te koop; dat privaatskole toegelaat moet word om Kleurlingkinders in te neem; en dat alle universiteite vir Kleurlingstudente oopgestel moet word. Wat die pollitieke regte van die Kleurlinge betref, het die kommissie aanbeveel "dat ... voorsiening gemaak word vir bevredigende vorme van regstreekse Kleurlingverteenwoordiging en -seggenskap op die verskillende owerheidsvlakke en in besluitnemingsliggame"; dat 'n komitee van deskundiges aangestel moet word om voorstelle te doen oor die organisatoriese en statutêre aanpassings wat nodig is; en dat, indien nodig, van die bestaande Westminster-regeringstelsel afgewyk moet word.(20)

(20) R.P. 38/1976, Verslag van die Kommissie van Ondersoek na aangeleenthede rakende die Kleurlingbevolkingsgroep, p. 513

In sy kommentaar op die aanbevelings van die Theron-kommissie het die regering verklaar dat regstreekse verteenwoordiging van die Kleurlinge in die parlement, provinsiale rade en plaaslike regeringsliggame nie toegestaan kan word nie, maar dat hy bereid is om die bestaande Westminster-regeringstelsel te wyse ten einde aan die Kleurlinge 'n groter mate van seggenskap in sake van gemeenskaplike belang te gee.

In Augustus 1976 het die regering aangekondig dat 'n kabinetskomitee aangestel is om ondersoek in te stel na 'n nuwe regeringstelsel waarin 'n groter mate van seggenskap gegee sou word aan die Indiërs en die Kleurlinge. Hierdie kabinetskomitee, wat bestaan het uit ministers P.W. Botha (voorsitter), C.P. Mulder, J.P. van der Spuy, O. Horwood, H.H. Smit en Marais Steyn, het ingrypende konstiltusionele veranderinge aanbeveel. Dit het aanbeveel dat die blankes, die Kleurlinge en die Indiërs elke hul eie volksraad en kabinet moet hê: die blanke Volksraad sal uit 185 lede staan, die Kleurling-volksraad (Huis van Verteenwoordigers) uit 92 en die Indiër-volksraad (Kamer van Afgevaardigdes) uit 46. Die blanke kabinet sal uit 18 ministers bestaan, die Kleurling-kabinet uit 6 en die Indiër-kabinet uit 4. Sake van gemeenskaplike belang sal deur die Raad van Kabinette gehanteer word. Die Raad van Kabinette sal bestaan uit die Staatspresident (voorsitter), 7 blankes (die Eerste Minister en 6 ministers), 4 Kleurlinge (die Eerste Minister en 3 ministers) en 3 Indiërs (die Eerste Minister en 2 ministers). Die bestaande Senaat word afgeskaf en twee nuwe liggame word in die lewe geroep - die een 'n veelrassige Kieskollege van 88 lede, wat die Staatspresident moet aanwys; die ander 'n veelrassige Presidensiële Adviesraad van 55 lede, wat die Raad van Kabinette van advies sal bedien. Die samestelling van sowel die Kieskollege as die Presidensiële Adviesraad berus op die verhouding 4 : 2 : 1 - d.w.s. 4 blankes, 2 Kleurlinge en 1 Indiër. Hierdie verhouding berus op sy beurt weer op die getalle van die drie bevolkingsgroepe, wat in 1976 op 4,3 miljoen blankes, 2,4 miljoen Kleurlinge en 0,7 miljoen Indiërs gestaan het.

Hierdie plan vir 'n nuwe konstitusionele bedeling is in Augustus 1977 deur die koukus van die NP goedgekeur en kort daarna ook deur die party se vier provinsiale kongresse. In die algemene verkiesing van November 1977 het die regering sy plan aan die kiesers voorgelê en die oorwinning wat die NP in die verkiesing behaal het, is dan ook deur die regering vertolk as 'n mandaat aan hom om die voorgestelde konstitusionele wysingse deur te voer.

Ekonomiese ontwikkeling

As 'n mens die ontwikkeling van die Suid-Afrikaanse ekonomie gedurende 1961-1978 bestudeer, is die totaalindruk een van groot vooruitgang. Waar die bruto binnelandse produk (BBP) in 1961 R5 546 miljoen gestaan het, het dit teen 1978 aangegroei tot R38 077 miljoen, ongeveer sewe keer meer as wat dit in 1961 was. As die waardevermindering van geld in berekening gebring word, was daar in hierdie 17 jaar 'n reële groeikoers van 5,2% per jaar. Dit is heelwat bo die wêreld-gemiddelde. Die Suid-Afrikaanse bevolking het egter in hierdie tydperk so vinnig vermeerder, dat die reële i nkomste per kop met slegs sowat 2% per jaar toegeneem het. Dit is nie juis indrukwekkend nie, maar tog min of meer in lyn met die gemiddelde vir die res van die wêreld.

Die ekonomiese ontwikkeling sedert 1961 kan in twee tydperke ingedeel word: die sestigerjare, wat 'n tydperk van skouspelagtige groei was; en die sewentigerjare, wat 'n tydperk van resessie of ekonomiese insinking was.

In die vorige hoofstuk is vermeld dat die Republiek van Suid-Afriuka sy bestaan op 'n lae ekkonomiese noot begin het en dat dit in 'n groot mate te wyte was aan Sharpeville (Maart 1960) en Suid-Afrika se uittrede uit die Britse Statebond (Mei 1961). Hierdie insinking was egter van korte duur. Teen Februarie 1962 het die land se goud- en buitelandse valutareserwes reeds sterker gestaan as voor die insininking van 1960-1961. Die daaropvolgende drie jaar was bitengewoon voorspoedig, soos gesien kan word in die hoë reële groeikoerse wat aangeteken is: 8,1% in 1963, 6,7% in 1964 en 6,6% in 1965. Die ekonomiese groei van hierdie jare is deur dr. H.J. van Eck beskryf as die grootste wat in moderne tye aangeteken is. In die laat sestigerjare het die groeikoers effens afgeneem, maar nog betreklik hoog gebly.

Die goewerneur van die Reserwebank, dr. T.W. de Jongh, het by wyse van 'n terugblik oor die sestigerjare o.m. verklaar: "The South African economy expanded rapidly during the past 10 years and a highly satisfactory average growth rate with relative stability was attained. Thus the gross domestic product in money terms grew at an average rate of 8,9  per cent per year. After allowing for the population increase, this growth rate resulted in a considerable improvement in the standard of living of South Africans, as reflected in an annuel average increase in the per capital real income of 2,7 per cent."(21)

(21) D.H. Houghton: The South African Economy (4th ed., 1976), p. 233

In die sewentigerjare was daar 'n aansienlike afname in die ekonomiese groei. Gedurende 1970-1978 het die gemiddelde reële groeikoers van die BBP gedaal na 3,2% per jaar. Veral die laaste drie jaar van hierdie tydperk was besonder moeilike jare vir die Suid-Afrikaanse ekonomie. Dit kan gesien word aan die reële groeikoers, wat afgeneem h et tot 1,3% in 1976, 0% in 1977 en 2,5% in 1978. In 1976 en 1977 het die reële per capita-inkomste dan ook gedaal - die eerste keer sedert die Groot Depressie van 1930-1932. Die redes vir die ekkonomiese insinking van die sewentigerjare is nie almal maklik vas te stel nie, maar sommige daarvan is die volgende: die wêreldwye resessie het ook sy invloed op Suid-Afrika laat geld; die prys van ru-olie het tussen 1971 en 1975 vervyfdubbel; die Suid-Afrikaanse ekonomie was in die greep van 'n hewige inflasie; die Arabiese state het 'n verbod geplaas op die verkoop van ru-olie aan Suid-Afrika; en die woelinge in Rhodesië, Mosambiek en Angola het 'n nadelige uitwerking op die Suid-afrikaanse ekonomie gehad.

Die fabriekswese het in die sestiger- en sewentigerjare groot vooruitgang gemaak. Die waarde van die netto-produksie het bv. toegeneem van R1,2 miljoen in 1961 tot R3,1 miljoen in 1970. Die vernaamste rede vir hierdie vooruitgang was ongetwyfeld die uitbreiding van die binnelandse mark, maar daar is ook in toenemende mate goedere na die buiteland uitgevoer. Een van die sektore wat groot uitbreiding ondergaan het, was die staalnywerheid. In 1962 het die Yster en Staal Industriële Korporasie (Yskor) omvangryke uitbreidings aangekondig en in 1974 het die derde Yskor, wat by Newcastle opgerig is, staal begin produseer. In 1975 het Suid-Afrika jaarliks reeds byna 7 miljoen ton staal geproduseer - agtiende in diery van die wêreld se groot staalprodusente. Nog 'n sektor wat sterk utigebrei het, is die krygstuignywerheid. In Desember 1964 is Krygkor, die Krygstuigontwikkelings- en Vervaardigingskorporasie gestig om wapens plaaslik te vervaardig. Een van sy filiaalmaatskappye het in 1965 selfs begin om 'n eie vliegtuig, die Impala, in Suid-Afrika te vervaardig. Die Krygkor-groep van maatskappye verskaf werk aan meer as 10 000 mense.

'n Sektor wat in die sewentigerjare van die grond af verrys het, is die uraanverrykingsnywerheid. In 1970 is aangekondig dat wetenskaplikes van die Raad op Atoomkrag (RAK) 'n nuwe proses vir die verryking van uraan ontwikkel h et. Die daaropvolgende jaar is die Uraanverrykingskorporasie (Ukor) estig en 'n toetsaanleg vir die verryking van uraan is by Valindaba naby Pretoria opgerig. Die resultate wat by die toetsaanleg behaal is, het getoon dat die nuwe proses lonend is. Daar is gevolglik in 1975 besluit om 'n kommersiële verrykingsaanleg te bou wat in 1985-1986 sal begin produseer. Dit sal meebring dat Suid-Afrika sy kernkrag-reaktors van verrykte uraan sal kan voorsien.

Die mynbedryf se bydrae tot die land se BBP het in die sestiger- en sewentigerjare min of meer in die omgewing van 13% gebly, maar die waarde daarvan het nogtans toegeneem van R893 miljoen in 1961 tot R3 928 miljoen in 1974. Hoewel hierdie toename in 'n groot mate aan die waardeverindering van geld toegeskrywe moet word, was daar tog ook in reële terme 'n aansienlike groei. Goud was in dié tydperk nog steeds verreweg die belangrikste delfstof, soos gesien kan word aan die feit dat dit in 1974 twee derdes van die totale waarde van alle delfstowwe uitgemaak het.

In die sestigerjare het die goudproduksie jaarliks toegeneem en teen 1970 tot meer as 'n miljoen kilogram aangegroei, maar daarna het dit geleidelik begin afneem en teen 1977 op 699 887 kilogram gestaan. Na verwagting sal dit steeds verder afneem as daar nie nuwe goudriwwe ontdek word nie. In teenstellilng met goud, het die produksie van ander delfstowwe steeds toegeneem. Dit geld veral die produksie van  ystererts, wat sedert 1961 meer as veryvdubbel het. In 1976 is 'n spoorlyn van 861 km tussen Sishen en Saldanha voltooi en sedertdien voer Suid-Afrika jaarliks ongeveer 15 miljoen ton ystererts uit. Die produksie van steenkool het toegeneem van 38,2 miljoen ton in 1960 tot 85,4 miljoen ton in 1977. Sowat een sewende van die 1977-produksie is uitgevoer - hoofsaaklik deur Richardsbaai, waar 'n nuwe hawe aangelê is.

Hoewel die landbousektor se bydrae tot die land se BBP gedurende die tydperk 1960-1975 verder afgeneem het van 12% tot 8%, was daar ook op hierdie gebied aansienlike groei. Die bruto waarde van die landbouproduksie het trouens in hierdie tydperk toegeneem van R786 miljoen tot R1 524 miljoen - veral a.g.v. 'n toename in die produksie van koring en suikerriet, asook 'n algemene styging in pryse. In Maart 1962 is bekend gemaak dat twee groot damme in die Oranjerivier gebou gaan word. Die grootste van die twee, die Hendrik Verwoerd-dam, is in 1972 voltooi. Dit is op drie na die grootste dam in Afrika en die tonnel van 82,5 km wat hierdie dam met die Visrivier verbind, is die langste in die suidelike halfrond. Die ander dam, die P.K. le Roux-dam, is in 1977 voltooi. Die water wat uit hierdie twee damme gelei word, is tot voordeel van die landbou.

Die Inligtingskandaal

Hoewel daar op hierdie tydstip (einde 1979) nog nie helderheid oor alle aspekte van die Inligtingskandaal is nie, is dit nogtans duidelik dat daar grootskaalse onreëlmatighede in die Departement van Inligting plaasgevind het. Hierdie onreëlmatighede het uiteindelik gelei tot die ontbinding van die departement, die aanstellling van 'n kommissie van ondersoek en die bedanking van sowel die betrokke minister as die Staatspresident.

Die aanloop tot die gebeure wat as die Inligtingskandaal bekend staan, kan teruggevoer word na die omstrede aanstelling van dr. Eschel Rhoodie as Sekretaris van Inligting in Augustus 1972. Die nuwe sekretaris en die man wat hom in hierdie pos aangestel het, dr. C.P. Mulder, was dit uit die staanspoor eens dat daar van onortodokse metodes gebruik gemaak moes word om Suid-Afrika se beeld in die buiteland te probeer verbeter. Albei het die opvatting gehuldig dat daar geen reëls geld wanneer die belange van jou land op die spel is nie. "Ons gaan," het Rhoodie by geleentheid verklaar, "dus uit van die standpunt dat ons enige individu, enige organisasie, enige metode, enigiets, sal gebruik en sal aanwend en sal toepas as ons daardeur kan help om ons land se belange in die buiteland te bevorder."(22)

(22) Rapport, 16 April 1978

Sulke onortodokse metodes sou natuurlik alleen in die geheim aangewend kon word. Om seker te maak dat dit geheim bly, is gereël dat die geheime projekte uit 'n geheime fonds gefinansier word. Dit het beteken dat die geld nie op die gewone wyse deur die parlement toegeken is nie, maar dat dit via ander departemente na die Departement van Inligting gekanaliseer is. Die Eerste Minister het ingestem dat daar vir die boekjaar 1973-1974 'n bedrag van R293 000 uit sy departement se Spesiale Rekening vir Veiligheidsdienste na die Departement van Inligting oorgeplaas kon word. Die daaropvolgende jaar het Inligting egter so 'n groot bedrag geld verlang, dat die Departement van die Eerste Minister dit nie kon bybring nie. Vorster het daarop beslis dat die Departement van Verdediging ook voortaan as 'n kanaal vir die oorplasing van geld na Inligting gebruik sou word. Die Minister van Verdediging, P.W. Botha, het nie met die reëling saamgestem nie, maar hom nogtans daarby neergelê. In die vier boekjare 1974-1975 tot 1977-1978 is daar sowat R56,9 miljoen van Verdediging na Inligting oorgeplaas.

Die Departement van Inligting het 'n groot deel van hierdie geld gebruik om in die geheim koerante te koop. In 1974 het Rhoode m.b.v. die Amerikaner John McGoff  probeer om die Washington Star te koop. die plan het egter nie geslaag nie en McGoff het daarop die Sacramento Union gekoop. In 1975 het Rhoodie R12 miljoen aan die kunsmismagnaat Louis Luyt geleen om 'n Engelstalige dagblad, The Citizen, uit te gee. Die koerant was egter allesbehalwe winsgewend en enorme bedrae moes voortdurend uit die geheime fonds ingepomp word om dit aan die gang te hou. In 1976 het Rhoodie probeer om m.b.v. twee Johannesburgse sakemanne, Abrahamson en Pegg, beheer oor die Britse uitgewersmaatskappy Morgan Grampian te kry. Hulle het 'n groot aandele bekom, maar kon nie daarin slaag om 'n beherende aandeel te verkry nie.

Afgesien van sy koerant-projekte, wat miljoene rande opgeslurp het, het die Departement van Inligting ok talle ander projekte uit sy geheime fonds gefinansier - projekte soos Assosiasie Internasionaal, die Universiteit van Pretoria se Instituut vir Plurale Samelewings en die NG Kerk se Ekumeniese Kantoor.

Hoewel al hierdie projekte streng geheim gehou is, het daar tog met verloop van tyd iets uitgelek. Die swierige lewenstyl en talle buitelandse reise wat senior amptenare van dié Departemetn onderneem het, het aandag getrek. Toe die Ouditeur-Generaal teen die einde van 1976 aandring op besonderhede oor die reis-0 en verblyfkoste van senior amptenare by Inligting, het Rhoodie geweier om enige gegewens te verstrek. Hy het die standpunt ingeneem dat dit geheime gegewens was en hy dit dus nie aan die O-G kan meedeel nie. Uit die gegewens wat die O-G wel kon bekom, was dit vir hom duidelik dat daar in die Departement van Inligting 'n verkwisting van staatsgeld plaasvind. In Julie 1977 het hy sy vermoede dan ook vertroulik aan die Eerste Minister meegedeel. Die Eerste Minister het daarop 'n "kundige persoon", L. Reynders van die Buro vir Staatsveiligheid, versoek om ondersoek in te stel na die besteding van die Departement van Inligting se geheime fonds.

Sommige onreëlmatighede in die Departement van Inligting is ses maande later in die Volksraad ontbloot toe die O-G se verslag ter tafel gelê is. Die O-G het bevind dat die bedrokke departement in die boekjaar 1976-1977 ongemagtigde uitgawes ten bedrae van R396 560 aangegaan het en instruksies van die Tesourie nie nagekom het nie. Rhoodie is daarop voor die Volksraad se Gekose Komitee vir Openbare Rekeninge gedaag om die onreëlmatighede te verduidelik.

Die Minister van Inligting, dr. C.P. Mulder, het die kritiek oop hom en sy departement probeer besweer deur op 3 Mei 1978 aan te kondig dat dié Departement gereorganiseer gaan word en dat twee senior amptenare, dr. D.O. Rhoodie ('n broer van Eschel) en J.F. Waldeck, afgedank gaan word. Op 5 Mei het Rhoodie in 'n opspraakwekkende verklaring bekend gemaak dat die betalings wat hy uit die geheime fonds gemaak het, deur 'n kabinetskomitee goedgekeukr is. Op 7 Mei het die Sunday Times onthul dat Thor Communicators, 'n geheimsinnige maatskappy wat na bewering nouer bande met Rhoodie gehad het, in Oktober 1976 3 miljoen dollar uit Switserland ontvang het. Op 10 Mei het J.D. du P. Basson in die Volksraad aan die Minister van Inligting gevra of dit waar was dat The Citizen met staatsgeld gepubliseer word. Mulder het dit ontken.

In 'n poging om die storm van kritiek om die Departement van Inligting te laat bedaar, het die Eerste Minister op 15 Junie 1978 aangekondig dat die Departement ontbind word en deur 'n Buro vir Nasinale en Internasionale Kommunikasie vervang word. Hy het voorts ook bekend gemaak dat Rhoodie op 1 Julie 1978 uit die staatsdiens sou tree, dat die uittredende hoof van die Buro vir Staatsveiligheid, genl. Hendrik van den Bergh, 'n waardebepaling van die Departement se geheime projekte sou doen en dat Reynders, wat reeds byna 'n jaar lank besig was met 'n ondersoek na die Departement se geldsake, 'n lild van Van den Bergh se personeel sou word.

Terwyl Van den Bergh met sy ondersoek na die Departement van Inligting se geheime projekte besig was, het hy verneem dat die Eerste Minister besluit het om weens gesondheidsredes te bedank. Die vraag wie Vorster gaan opvolg, het dus meteens baie belangrik geword. In 'n poging om dr. Mulder se kandidatuur te bevorder, het Van den Bergh, volgens die Erasmus-kommissie, druk op Reynders uitgeoefen om sy verslag oor die Departement se geheime fondse te voltooi. Reynders het 'n sertifikaat uitgereik met die strekking dat hy geen wanbesteding van fondse teengekom het nie. Hierdie sertifikaat het hy op 19 September 1978 aan die Eerste Minister oorhandig - op dieselfde dag dat Vorster sy uittrede as Eerste Minister aan die publiek bekend gemaak het. Die gedeelte van Reynders se sertifikaat wat daarop dui dat daar geen wanbesteding van geld in die Departement was nie is - volgens die Erasmus-kommissie - deur Mulder aan Die Transvaler "gelek", en hierdie koerant het dit dan ook op 23 September 1978 gepubliseer. Dit het tot gevolg gehad dat Mulder se kandidatuur aansienlik versterk is.

Die openbaarmaking van Reynders se bevinding, nl. dat daar niks onreëlmatigs in die Departement gebeur het nie, het een van Rhoodie se vertrouelinge, adv. P.R. van Rooyen, laat besluit om die Minister van Buitelandse Sake, R.F. Botha, in te lig oor die onreëlmatighede waarvan hy kennis gedra het. Botha het op sy beurt ander lede van die kabinet ingelig. Op 26 September 1978, twee dae voor die verkiesing van 'n nuwe eerste minister, het die uittredende eerste minister die kabinet vir die eerste keer ingelig dat The Citizen in werklikheid met staatsgeld uitgegee word. Hierdie inligting het Mulder klaarblyklik nie erg benadeel nie, want met die verkiesing van 'n eerste minister op 28 September 1978 het Mulder nogtans 74 stemme gekry teenoor P.W. Botha se 98.

Op 3 November 1978 het daar 'n dramatiese wending in die ondersoek na die Departement se sake gekom. Regter Anton Mostert, wat in opdrag van die Minister van Finansies besig was om valuta-oortredings te ondersoek, het op dié dag besluit om die getuienis wat hy ingesamel het, aan die pers te oorhandig vir publikasie. Die koerante het hierdie sensasiewekkende getuienis onder groot opskrifte gepubliseer en die publiek het hierdeur vir die eerste keer insae gekry in getuienis waarin beweringe gemaak is van byna ongelooflike geldverkwisting en magsmisbruik. 'n Golf van verontwaardiging het landswyd opgebou. "Wat nou ter sake is," het een van die regeringskoerante geskrywe, "is om geopenbaarde beweringe, wat op verstommende magsvergrypoing dui, deeglik te toets ... Daar moet met 'n ysterhand afgereken word met diegene wat regerings- en patriotiese vertroue op so 'n laakbare wyse misbruik het."(23)

(23) Die Transvaler, 3 November 1978

Die nuwe eerste minister, P.W. Botha, het hierop aangekondig dat 'n regterlike kommissie onder voorsitterskap van regter R.P.B. Erasmus die onreëlmatighede in die Departement van Inligting sou ondersoek, dat hierdie kommissie se verslag binne 'n maand gereed moet wees en dat die parlement op 7 Desember 1978 spesiaal byeen sou kom om die Erasmus-kommissie se bevindinge te bespreek.

Enkele dae later het die Eerste Minister dr. Mulder meegedeel dat hy die onreëlmatighede in die Departement van Inligting nie kan goedpraat nie en dat Mulder uit die kabinet behoort te tree. Op 8 November het Mulder dan ook bedank as Minister van Plurale Betrekkinge en Ontwikkeling en op 121 November het hy ook afstand gedoen van die leierskap van die NP in Transvaal. Hy is in lg. amp opgevolg deur dr. A.P. Treurnicht.

Op 7 Desember 1978 is die Erasmus-kommissie se verslag in die Volksraad ter tafel geê. Die kommissie het bevind dat daar grootskaalse onreëlmatighede in die Departement van Inligting was en dat  Rhoodie, Mulder en Van den Berg al drie aandadig was. Die onreëlmatighede waaraan Rhoodie skuldig was, het volgens die kommissie "op diefstal sowel as medepligtigheid aan diefstal en bedrog" gedui.(24) Mulder was "laks" en "nalatig" in die uitvoering van sy pligte en "onbevoeg" as Minister van Inligting. Van den Bergh het 'n "dubbele rol" gespeel en sy bes gedoen om die onreëlmatighede toe te smeer. Die kommissie het egter tot die bevinding gekom dat Vorster onskuldig was.

(24) Die Appèlhof het in September 1980 bevind dat dié beweringe teen Rhoodie nie bewys kan word nie.

Aangesien die Erasmus-kommissie in die beperkte tyd tot sy beskikking nie alle fasette van die Inligtingskandaal volledig kon ontrafel nie, is daar besluit dat hy sy werksaamhede kon voortsit en voor 30 Mei 1970 'n aanvullende verslag moet indien.

In sy aanvullende verslag, wat oop 4 Junie 1979 vrygestel is, het die Erasmus-kommissie sy vroeëre bevinding oor Vorster ingrypend gewysig. Die kommissie het nou bevind dat Vorster geweet het van die finansiële reëlings wat die Departement van Inligting ten Grondslag gelê het, dat hy geraadpleeg is oor die geheime projekte en dat hy die onreëlmatighede wat daarmee verband hou, probeer geheim hou het. Hierdie bevinding het tot gevolg gehad dat Vorster op 4 Junnie 1979 as Staatspresident bedank het - slegs agt maande ná hy tot hierdie amp verkies is.

B.J. Liebenberg

Onder redaksie van Prof CFJ Muller

500 Jaar Suid-Afrikaanse Geskiedenis

Derde Hersiene en Geïllustreerde uitgawe

ISBN 9780686743134