Slaaptyd stories deur Arthur S. Maxwell
Jimmie die Redder
Ouma was bekommerd. Die kinders - haar kleinkinders - sou na ' n huisie by die meer gaan met vakansie en sy h et gevoel dat dit nie veilig was nie. Die kinders was natuurlik baie ingenome met die idee. Hulle sou gaan roei, swem, visvang en die lewe vreeslik geniet. Gevaar? Wat daarvan? Natuurlik sal daar geen gevaar wees nie.
"Maar," sê Ouma, "daar het al kinders in die daardie meer verdrink."
"Maar ek kan swem," sê Jimmy.
"En ek ook," sê Bobbie.
"Maar jul klein Sussie kan nie swem nie, sê nou sy val in die water?"
"Ag, sy sal nie inval nie," sê Jimmy. "Ons sal na haar kyk. Ons sal vir niks in die wêreld toelaat dat daar iets met haar gebeur nie." En hy het gemeen wat hy gesê het, want albei het hul klein Sussie baie liefgehad.
"Ek wens dat een van julle verstaan het om drenkelinge te red, of 'n Boy Scout was, dan sou ek gerustig gevoel het. Mense wat by 'n meer gaan vakansie hou, behoort voorberei te wees vir alle gebeurlikhede," sê Ouma.
"Nou ja, goed dan, Ouma. Ek sal leer om lewens te red sodat Ouma nie langer bekommerd hoef te voel nie," sê Jimmy.
"Dit beteken dat jy jou oog sal moet hou oor almal, Jimmy, en enige oomblilk sal jy gereed moet wees om in die water te spring om mense te help."
"Ek sal dit seker doen Ouma."
"En ek sal ook 'n Boy Scout wees, Ouma," sê klein Bobbie.
"Dan sal jy elke dag 'n goeie daad moet doen en dit sal ook baie goed vir jou wees," sê Jimmy laggend.
"So moet julle praat," sê Ouma. En luister nou mooi, julle moet albei goed kyk na Sussie. Sorg dat sy niks oorkom nie. Onthou, sy is maar net twee jaar."
"Ons sal baie goed na haar kyk," sê die twee seuns en hulle is daar weg.
Later kom hulle by die huisie by die meer aan. Dit is 'n baie aangename vakansieplek en hulle is baie gelukkig. Die dae is warm en heerlik en die water van die meer was so helder dat hulle tot op die bodem kon sien.
Hulle het dit vreeslik geniet om in die skuitjie te roei, van die plank af te duik, of om op die sand te speel. Hulle het elke dag op mekaar geoefen om drenkelinge te red, maar hulle het nie eintlik die nodigheid daarvoor gesien nie, want alles het so goed gegaan.