My Volk +(Die Trekpad van 'n Nasie) ENKEL OUER KAMPE
Oom Attie se slaaptyd stories

Adult Pharma

MALE (and FEMALE) LIBIDO BOOSTER
We offer fast, secure and reliable ordering with your complete privacy. We will go the extra mile for each and every customer. Money Back Guarantee. Express Delivery. Safe Payments.
Community-verified icon


Female and Male Libido Boosters Pretoria
Slaaptyd stories deur Arthur S. Maxwell

James sny die verkeerde gras

Klein James is seker een van die liefste seuntjies wat daar is. As julle hom sien, sal julle sommer dadelik van hom hou. Maar hy is maar 'n seuntjie soos alle ander seuntjies, en hy is baie ondeund.

Julle sal nooit raai wat hy nou die dag gedoen het nie. Elke keer wat ek daaroor dink, moet ek lag, alhoewel ek eerder behoort te huil oor wat baie lig kon gebeur het.

Wel, die storie is so: James was in die tuin by sy Pappie. Ek was toevallig naby, en het alles gesien. Sy Pappie was besig met die grasmaaier op die grasperk. Op die grasperk het ook 'n skêr gelê. James wou sy Pappie help, en hy het die skêr geneem en ook begin sny.

Slaaptyd stories deur Arthur S. Maxwell

Volgende storie, asseblief?

Radio Omroeper Kort Kursus

Radio Omroeper Kort Kursus

R2095
Adult Pharma

A Pill to Thrill (Distributor Agents Needed)

R350
Independent Candidate Course

Online Independent Candidate Course

R3499
Shuttle Services Pretoria

Privaat UBER Pretoria (Shuttle Service)

R519

"Kyk, Pappie," het hy geskreeu, "Ek help vir Pappie gras sny." Pappie het gekyk, en geglimlag, maar hom darem gewaarsku om nie met die skerp skêr te speel nie. Net toe het hulle hond, Prins, daar aangehardloop gekom.

Prins het taamlike lang hare - 'n hond wat baie mooier sou lyk met geknipte hare. James het natuurlik ook so gedink, want hy het dadelik sy grassnyery gestaak, en Prins geroep. Hy het na Prins gegryp, en hom aan die agterpoot beetgekry. Wat sou gebeur het as James sterker was, wel, daaraan wil ek eerder nie dink nie.

Maar toe ek weer sien, nael Prins oor die grasperk met die skêr aan sy agterpoot; James het verbaas gestaan en kyk - ek sal die skouspel nie gou vergeet nie! Natuurlik het James se Pappie ook gesien wat gebeur het, en dit het James suur bekom. Ek sal nie sê wat daarna gebeur het nie, maar ek dink dat die arme James van daardie dag af gereken het dat dit baie beter sal wees om na sy Pappie te luister.

Ek wil darem hier sê dat Prins nog al vier sy pote het.

< >