My Volk+ (Die Trekpad van 'n Nasie) ADULT PHARMA 
Oom Attie se slaaptyd stories

Adult Pharma

MALE (and FEMALE) LIBIDO BOOSTER
We offer fast, secure and reliable ordering with your complete privacy. We will go the extra mile for each and every customer. Money Back Guarantee. Express Delivery. Safe Payments.
Community-verified icon


Female and Male Libido Boosters Pretoria
Slaaptyd stories deur Arthur S. Maxwell

In die Spieël

Het jy al ooit opgelet wanneer jy in 'n spieël kyk, dat jou hande, as jy 'n seun is, dadelik aan jou das vat om dit 'n bietjie reg te trek? As jy 'n meisie is, sal jy dadelik met jou hare doenig wees om dit reg te stoot. Die rede waarom ons dit doen, is natuurlik omdat ons reg en netjies wil lyk, en die spieël sal ons gou wys wat reggemaak moet word.

Dit hoef nie altyd 'n spieël van glas te wees nie; 'n stil plas water is ook 'n baie goeie spieël. Julle het al seker gehoor van Mirror Lake in Kalifornië; dit is 'n baie pragtige meer waarin 'n mens 'n volmaakte weerkaatsing van die berge en bome kan sien. Daar is baie sulke mere. Ek het jare gelede so 'n meer in die hooglande van Skotland gesien.

Maar daar is nog ander soorte spieëls ook. Miskien is jy die trotse eienaar van 'n horlosie. Wat maak jy gewoonlik as jy by die toringklok verbygaan? Sonder dat jy dit weet, kyk jy na jou horlosie om te sien of hy reg is. As hy nie reg is nie, sit jy hom reg. Dit is min of meer soos in die spieël kyk, is dit nie?

Slaaptyd stories deur Arthur S. Maxwell

Volgende storie, asseblief?

Radio Omroeper Kort Kursus

Radio Omroeper Kort Kursus

R2095
Adult Pharma

A Pill to Thrill (Distributor Agents Needed)

R350
Independent Candidate Course

Online Independent Candidate Course

R3499
Shuttle Services Pretoria

Privaat UBER Pretoria (Shuttle Service)

R519

Daar is nog 'n ander soort spieël - die wet van God. Die Bybel noem dit 'n spieël. (Jak. 1: 23-25.) Maar hoe kan die Tien Gebooie 'n spieël wees? Dink maar vir'n oomblik. Jy doen iets wat nie reg is nie, of altans jy is nie seker dat dit reg is nie. Dan kyk jy na die Tien Gebooie, daardie wonderlike goddelike spieël, en jou gewete vertel jou dat iets uit sy plek is - iets wat moet reggemaak word. Wat verkeerd is, moet jy regmaak, alhoewel jy dit nie uit jouself kan doen nie. So gou as jy sien dat daar iets verkeerd is met jou, moet jy die liewe Here Jesus vra om jou te help om dit reg te maak. Miskien sal jy iemand om verskoning moet vra omdat jy ongepoets was, of jy moet iets teruggee wat jy van 'n ander geneem het, of jy moet valse stories wat jy versprei het, gaan terugtrek.

Wat dit ookal is, Hy sal jou help om alles weer reg te maak, want die Bybel sê: "As ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig." 1 Joh. 1: 9.

As jy dan weer in daardie spieël kyk, sal jy sien dat alles reg is - totdat jy weer sondig. Dit is die groot tragedie - ons doen maar almal weer sonde, en ons moet telkens in die spieël gaan kyk, nie waar nie? Maar eendag, deur die genade van God, sal ons soos Jesus wees, en as ons dan in Sy spieël kyk, sal ons sien dat alles net reg is.

En dan ook, sal ons self spieëls wees, sodat Jesus, wanneer Hy na ons kyk, Sy eie beeld sal sien! Is dit nie wonderlik nie!

Mag daardie gelukkige dag spoedig vir ons almal aanbreek.

< >