Wat maak ons produk uniek?
Ons Produkte en Dienste
Alhoewel deesdae hoofsaaklik Afrikaanse en Engelse boeke verkoop word, maar aanvanklik meestal op Duitse boeke gefokus is, is daar besluit op 'n Duitse naam vir die boekwinkel.
Hutten-Buchdienst is vernoem na Ulrich von Hutten. Hy was 'n Duitse digter en hervormer, wat uitgesproke kritiek oor die Rooms-Katolieke Kerk gelewer het en een van die eerste Duitse skrywers wat in Duits in plaas van in Latein geskryf het.
'Buchdienst' beteken boeke-diens. Waar boek-'winkels' net boeke verkoop wat op hulle rakke staan, probeer 'n boek-'diens' boonop boeke vir die klant in die hande te kry wat miskien by geen ander boekwinkel te koop is nie. Ons boekstalletjie is dikwels te vinde by volks- en kerkbyeenkomste.
Kontak ons

Na jare van versoeningswerk in Ierland wil Wilhelm Verwoerd vrede maak met sy eie omstrede familie. In sy soektog na begrip kom hy af op sy ouma, Betsie Verwoerd, se dagboeke, en voer hy openhartige gesprekke met swart vriende en met sy ma. 'n Intieme, openhartige blik op wat dit beteken om vandag in Suid-Afrika met integriteit te leef.
“Breek deur die kors van oppervlakkige waarhede - priemend eerlik.” Tobie Wiese