
HT#3 Botaniese Tuine Staproete: Inskrywingsvorm
DEEL I
#dieSporewatonsLos Die Vlinbokke nooi jou hartlik uit na ons 3km staptog op 8 Mei 2021 te Botaniese Tuine Pretoria. Voorwaar veilig, met besonderse natuurskoon teen 'n billike prys! - vir oud (offisiere en heemrade) sowel as jonk (penkoppe, drawwertjies en verkenners) - die Botaniese Tuine Staproete BESLIS vir jou! Kom geniet Kultuur Avontuur Kamp se spesialisasie STAPTOGTE: EENDAG STAPROETE in Pretoria!
Die Nasionale Botaniese Tuine in Pretoria is een van nege nasionale Botaniese tuine in Suid-Afrila. Die tuin is tussen Pretoriaweg en Cussonialaan in Brummeria, in die Ooste van Pretoria - ingewikkeld en het 'n sentrale rotsrug wat van oos na wes loop. Die 76ha groot tuin is in 1946 gestig.
Dagbesoekers se ingang is langs Cussonialaan. Hierdie westelike gedeelte bevat die vleiland, die vetplant tuin asook nuttige plante en medisinale tuin. Ingesluit is 'n restaurant, konsertverhoog, teetuin en funksiesaal langs 'n kunsmatige waterval.
Deel II gaan ons na die Muningi Gorge net buite Cullinan op 11 September 2021 (dagboek solank!). Foto's op hierdie skakel is van die gorge. In die middel van die tuin is die National Herbarium, Biodiversiteit Sentrum en die Environmental Education Centre. Die Mary Gunn-biblioteek is ook hier geleë.
Prakties gaan ons die volgende baasraak. 'n Noodgeval 'scenario' word geskep, en Vories moet sê en wys wat gedoen moet word om die situasie te beredder (deel II). Hoe om 'n tent op te slaan (deel I), of 'n skuiling te bou (deel II). Rugsak, stapskoene en slaapsak word uitgebeeld en bespreek (deel I). Hoe om 'n staptog te onderneem (deel I). Elkeen kry 100m om leiding te neem tydens die staptog en die roete-aanwysings te volg.
Wat moet jy saambring? Verversings. Ordentelike stapskoene. Kampstoel. Sonskerm. Hoed. Verkyker (as jy het). Muskiet-goed. FUN Attitude. Lagspiere. Stapstok (as jy het). Kompas (as jy het)
Bank: Capitec
Takkode: 470010
Rekening: 127 236 2823
Naam en Van as verwysing (sms 079 219 6735)
*Kredietkaart en Paypal betalings welkom!








