My Volk+ (Die Trekpad van 'n Nasie) ADULT PHARMA 
STERFTES IN 2021

Nag ou Grote!

 

Johannes Theodorus Viljoen

Hannes Viljoen

Johannes Theodorus Viljoen (21 April 1943 – 13 Januarie 2021) was 'n Springbok-vleuel wat bekend geword het vir vyf drieë wat hy vir die Springbokke gedruk het in 'n toerwedstryd tydens die 1971 toer na Australië. Hy het ook sy toetsdebuut tydens die toer gemaak.

Jimmy Abbott

Jimmy Abbott

Jimmy Abbott (11 Mei 1959 – 21 Maart 2021) was 'n Suid-Afrikaanse swaargewigbokser, rofstoeier en evangelis. Jimmy Abbott was 'n suksesvolle amateurbokser en wen die swaargewigamateurtitel in die Suid-Afrikaanse kampioenskap in 1976 en 1977. Hy het Wes-Transvaal verteenwoordig.Jimmy is ook in 1977 bekroon met die Suid-Afrikaanse amateurboksvereniging se merietekleure en ontvang 'n Springbokbaadjie.

Jonathan Ball

Jonathan Ball

Jonathan Ball (22 Mei 1951 - 3 April 2021) was ’n Suid-Afrikaanse uitgewer en die stigter van die uitgewery wat na hom genoem is.

Twee jaar nadat hy Jonathan Ball Publishers in 1976 gestig het, het Ball die politieke establishment geskok met die publikasie van The Super-Afrikaners oor die Afrikaner-Broederbond. Al het hy sy uitgewery in 1992 aan Naspers verkoop, het hy in beheer daarvan gebly en dit mettertyd uitgebou tot een van die land se mees gesiene en grootste uitgewerye.

Christa Ludwig

Christa Ludwig

Christa Ludwig (16 Maart 1928- 24 April 2021) was 'n Duitse dramatiese mezzosopraan wat bekend was vir haar opvoerings van operas, lieder, oratorios, en ander gewyde werke soos misse, passies en solostukke uit die simfoniese literatuur. Haar loopbaan het vanaf die laat 1940's tot die vroeë negentigerjare gestrek. Sy word wyd erken as een van die belangrikste en mees gewaardeerde sangers van die 20ste eeu, "met 'n stem van uitmuntende rykdom en, wanneer dit nodig was, asemrowende hoogtes."


Ian van Zyl Wessels

Ian van Zyl Wessels

Ian van Zyl Wessels (14 April 1960 – 19 April 2021) was bekend as 'n radio-omroeper op RSG. Hy was ook staatsaanklaer, regsadviseur vir 'n makelaarsfirma, skrywer, motiveringspreker en komediant. Hy het ook die programme, Loslip en Regsake aangebied.Hy is op Caledon gebore en later het sy gesin na Paarl verhuis. Hy matrikuleer aan Paarl Gimnnasium en verwerf 'n BA LL.B-graad aan die Universiteit van Stellenbosch. Hy sterf aan pankreaskanker in sy huis in Johannesburg.

Shaleen Surtie-Richards

Shaleen Surtie-Richards

Shaleen Surtie-Richards (gebore 7 Mei 1955, Upington, Noord-Kaap - 7 Junie 2021, Kaapstad) was 'n Suid-Afrikaanse aktrise. Sy was bekend vir haar rolle as Fiela in die 1988-film Fiela se Kind, Nenna in die TV-reeks Egoli: Plek van Goud en meer onlangs as Fran in Villa Rosa op kykNET.

Yoti die Griekse Boertjie

Yoti die Griekse boertjie

Yoti die Griekse Boertjie (gebore Panayoti Loizos in 1950, oorlede 1 Julie 2021) was 'n Suid-Afrikaanse sanger wat vertonings in Afrikaans, Engels en Grieks aangebied het. Yoti is in Suid-Afrika gebore, maar sy ouers was van Siprus afkomstig.Sy lied, Die wit Angelier, wat hy self gekomponeer het, het vir drie weke die nommer een posisie op die Afrikaanse Treffers behou. Hy is ook deur die ATKV vereer vir sy bydrae tot Afrikaanse musiek.

Franz Marx

Franz Marx

Franz Marx (21 Maart 1942 - 26 September 2021) was 'n Afrikaanse akteur, draaiboekskrywer, regisseur en vervaardiger.




George Bizos

F.W. de Klerk

Frederik Willem de Klerk (18 Maart 1936, Johannesburg – 11 November 2021, Kaapstad) was die Staatspresident van Suid-Afrika vanaf September 1989 tot April 1994, en vanaf Februarie 1989 tot September 1997 ook leier van die Nasionale Party, wat later die Nuwe Nasionale Party geword het.

Hy is veral bekend vir sy politieke rolvervulling in die beëindiging van apartheid en die transformasie van Suid-Afrika na 'n demokrasie, deur aan die land se meerderheidsbevolking (swart mense) stemreg toe te ken. 

Theuns Jordaan

Theuns Jordaan

Theuns Botha Jordaan (1971–2021) was 'n Suid-Afrikaanse sanger en liedjieskrywer. Hy het liedjies gesing wat hy self geskryf het, sowel as liedjies van bekende liedjieskrywers soos Koos du Plessis, Johannes Kerkorrel en David Kramer. Sy eerste twee albums het dubbelplatinumstatus verbygesteek. Saam met Karla du Plessis sing hy die lied "Wie weet" wat die temalied van die TV-program Jopie Adam was.

Wilbur Addison Smith

Wilbur Smith

Wilbur Addison Smith (gebore op 9 Januarie 1933 - 13 November 2021) was 'n Zambies-Suid-Afrikaanse romanskrywer. Hy het in historiese fiksie oor Suider-Afrika gespesialiseer, beskou vanuit die gesigspunt van beide swart en wit gesinne. Hy was aanvanklik 'n rekeningkundige.


Desmond Mpilo Tutu

Desmond Tutu

Desmond Mpilo Tutu (7 Oktober 1931 in Klerksdorp – 26 Desember 2021 in Kaapstad) was een van Suid-Afrika se bekendste en mees invloedryke kerkleiers. As vurige teenstander van die apartheidsregering ontvang hy in 1984 die Nobelprys vir Vrede vir sy stryd teen rassediskriminasie in Suid-Afrika. Die hoogtepunte van sy teologiese loopbaan sluit onder meer in sy aanstellings as biskop van Lesotho in 1978, biskop van Johannesburg in 1985 (hy was die eerste swart Suid-Afrikaner in hierdie amp), hoofsekretaris van die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke in 1978 en aartsbiskop van Kaapstad in 1986.

Loket Treffers 2021

Loket Treffers vir hierdie jaar

20 Januarie 20 

25 Januarie 20 

27 Januarie 20 

3 Februarie 20 

10 Februarie 20 

14 Februarie 20   

17 Februarie 20 

24 Februarie 20 

3 Maart 20 

10 Maart 20 

15 Maart 20 

15 Maart 20 

17 Maart 20 

24 Maart 20 

31 Maart 20 

7 April 20 

14 April 20 

3 Mei 20 

13 September 20