My Volk+ (Die Trekpad van 'n Nasie) ADULT PHARMA 
STERFTES IN 2020

Nag ou Grote!

 

Prof Reinhard Richard Arndt

Rein Arndt

Dr. Reinhardt Richard Arndt (1929–2020) was 'n wetenskaplike en president van die WNNR. Hy matrikuleer in 1947 aan Grey Kollege in Bloemfontein en studeer daarna aan die Universiteit van die Oranje-Vrystaat waar hy hom onderskei in organiese wetenskappe. Hy verwerf 'n MBA aan die Universiteit van Pretoria.

Lance James

Lance James

Lance James (18 Julie 1938 – 2 Maart 2020) was 'n bekende Suid-Afrikaanse country-sanger en radio-omroeper (Springbok Radio, 1954–1985). Van sy treffers sluit in DankieVicki en Ahoy, Madagaskar Ahoy!. Tydens Huisgenoot se 2009-Skouspel is hy (saam met nege ander sangers) vereer vir hul lewenslange bydrae tot Afrikaanse en Suid-Afrikaanse musiek.

Mark Perrow

 Mark Perrow

Mark Perrow (13 November 1965 - 15 Maart 2020) was 'nMark Perrow (13 November 1965 - 15 Maart 2020) was 'n legendariese kanovaarder van Suid-Afrika wat onder andere die Dusi-kanowedvaart en die Bergrivier-kanowedvaart gewen het. Hy is in Kaapstad gebore, het later in Port Elizabeth, Johannesburg en in Ballito gewoon. Hy het Suid-Afrika in 1992 by die Olimpiese Spele in Barcelona verteenwoordig..

Solomon (Sol) Kerzner

 Sol Kerzner

Solomon (Sol) Kerzner (23 Augustus 1935 - 21 Maart 2020) was 'n Suid-Afrikaanse rekenmeester en 'n besigheidsmagnaat.Kerzner is in Troyeville, Johannesburg gebore en was die jongste van vier kinders van Russiese Joodse immigrante. Sy familie het die hotelgroep Sun International begin. Hy neem beheer van die groep oor nadat hy as 'n geoktrooieerde rekenmeester gradueer en ontwikkel die groep tot een van die suksesvolste in Afrika.  

Constand Laubscher Viljoen

Constand Viljoen

Constand Laubscher Viljoen (28 Oktober 1933 – 3 April 2020) SSA SD SOE SM was ʼn voormalige Hoof van die Suid-Afrikaanse Weermag en later die stigter van die Vryheidsfront.


Jeanette (Jeanne) Helena Goosen

 Jeanne Goosen

Jeanette (Jeanne) Helena Goosen (13 Julie 1938 – 3 Junie 2020) was 'n veelsydige Suid-Afrikaanse skrywer wat in Parow, Kaapstad, gebore is. Sy het verskeie beroepe gevolg, onder meer as radiografis, boer, visser en ook joernalis by Afrikaanse dagblaaie soos Oggendblad, Hoofstad en Die Transvaler. Sy het ook vir die Natalse blad Tempo gewerk. Sy het aan die Hoërskool Parow gematrikuleer en het daarna radiografie aan die Universiteit van Kaapstad studeer.

Elsabé Antoinette Murray Joubert

Elsa Joubert

Elsabé Antoinette Murray Joubert OIS (Paarl, 19 Oktober 1922 – 14 Junie 2020)[1] was 'n Afrikaanssprekende Suid-Afrikaanse skrywer. Joubert het beroemdheid verwerf met haar novelle Die swerfjare van Poppie Nongena, wat in 13 tale vertaal is, en wat ook as 'n drama op die planke gebring is.[2][3] Sy was die niggie van die Afrikaanse skrywer Gideon Joubert. Sy is op 14 Junie 2020 aan Covid-19 oorlede.[4][1][5]



Marinus Wijnbeek

Marinus Wijnbeek

Marinus Wijnbeek (28 Augustus 1939 – 2 Augustus 2020) was 'n wetenskaponderwyser en - lektor, hoof en stigter van die destydse Kempton Park Tegniese Kollege, hoof en stigter van die destydse Technikon Noord-Transvaal, joernalis van die SAUK en televisie-aanbieder.[1] Gedurende die begin van televisie in Suid-Afrika het hy die gewilde Afrikaanse wetenskapprogram “Die Brandkluis” vir kinders aangebied. Die program is in 1979 uitgesaai.




George Bizos

 George Bizos

George Bizos (15 November 1927 - 9 September 2020) was 'n menseregteprokureur wat hom teen apartheid in Suid-Afrika beywer het, en is veral bekend weens sy deelname aan die Rivonia-verhoor. Hy het Mandela raad gegee om die kwalifikasie 'indien nodig' by sy verhoortoespraak dat hy bereid is om te sterf, te voeg, wat bygedra het dat hy die doodsvonnis vrygespring het. 

Danfred James Titus

 Danny Titus

Danfred James Titus, (19 Mei 1957 – 18 September 2020) was 'n Suid-Afrikaanse Menseregtekommissaris en uitvoerende hoof van korporatiewe aangeleenthede by die ATKV. Hy was gereken as ‘n kampvegter om Afrikaans toeganklik en inklusief te maak.

Pieter Spaarwater

 Pieter Spaarwater

Pieter Spaarwater (24 Desember 1936 - 4 Oktober 2020) was 'n rubriekskrywer, motorredakteur en radio-omroeper. Spaarwater is in Pelgrimsrus gebore, sy pa was ook Pieter, 'n huisdokter, en sy ma Mollie, 'n onderwyseres. Hy matrikuleer aan die Afrikaanse Hoër Seunskool en werk daarna by die SAUK se Afrikaanse radiodiens. Daarna het hy vir sewe jaar by Radio Nederland as omroeper gewerk. 


Ampie Coetzee

 Ampie Coetzee

Ampie Coetzee (26 Junie 1939 - 15 Oktober 2020) was ’n letterkundige en professor in Afrikaans-Nederlands aan die Universiteit van die Witwatersrand en die Wes-Kaap. As medestigter van die Uitgewery Taurus was hy verantwoordelik vir die publikasie van vele belangrike literêre werke waarvoor meer gevestigde uitgewers weens die vrees vir sensuur nie kans gesien het nie.


Loket Treffers 2020

Loket Treffers vir hierdie jaar

20 Januarie 20 

25 Januarie 20 

27 Januarie 20 

3 Februarie 20 

10 Februarie 20 

14 Februarie 20   

17 Februarie 20 

24 Februarie 20 

3 Maart 20 

10 Maart 20 

15 Maart 20 

15 Maart 20 

17 Maart 20 

24 Maart 20 

31 Maart 20 

7 April 20 

14 April 20 

3 Mei 20 

13 September 20