
Gerald Morkel
Gerald Morkel (1941 – 8 Januarie 2018) was 'n voormalige premier van die Wes-Kaap en burgemeester van Kaapstad. Hy het bande met die Arbeidersparty, Nasionale Party (NP) en Nuwe Nasionale Party (NNP) gehad voordat hy sy politieke loopbaan by die Demokratiese Alliansie (DA) afgesluit het. Hy was die leier van die DA in Wes-Kaap vanaf 1998 tot 2001.