Boererate
Hoofpyn
(Migraine) Drink 20ml asyn baie stadig en die hoofpyn is gewoonlik binne 10 minute skoonveld.
Eet baie vis. Visolie help hoofpyne voorkom net soos gemmer. Beide verminder inflamasie en pyn.
Sny 'n aartappel in 4 of 5 skywe en plaas op elke slaap en die res op die voorkop. Bind vas met enige lap en rus vir 10 minute tot 'n halfuur.
Vat 'n halwe glas melk en voeg twee eetlepels heuning by en roer baie goed. Drink!
Sny 'n suurlemoen in skywe en vryf die sap op jou voorkop uit. Die geklop sal dadelik ophou.