Slaaptyd stories deur Arthur S. Maxwell
Hoeveel liefde?
Hierdie is sommer 'n eenvoudige ou storietjie en tog baie mooi. Ek dink julle sal daarvan hou en ek weet julle Pappie sal!
'n Sekere Pappie van wie ek weet, het probeer uitvind net hoe baie sy seuntjie, Fransie, hom liefgehad het. Fransie het ges "hope en hope" en "vreeslik baie".
Net om hom te terg, het sy Pappie gesê dat dit nie genoeg was nie; toe het Fransie sy armpies om sy Pa se nek gesit en hom styf vasgehou en hy het gesê dat sy Pappie nou tevrede behoort te wees.
Later, toe Pappie gesit en lees en heeltemal die grappie wat hulle saam gehad het, vergeet, het Fransie hom geroep.
"Kom hier, Pappa, ek wil jou iets wys."
"Ek is jammer, ek kan nie nou kom nie, ek is besig."
"Ag kom maar, Pappa, dit is iets spesiaal."
"Ek lees," het Pappie gebrom.
"Maar Pappie moet kom, ek wil Pappie iets vra. Kom maar."
"Nou ja, goed dan," het Pappie gesê en sy boek met 'n sug neergesit. "Wat is dit nou weer?"
Toe het hy gesien wat Fransie daar op die vloer het. "Haai, wat maak jy met my spesiale kaart?"
Fransie het die vraag nie beantwoord nie, maar self een gevra. "Is dit 'n kaart van die Verenigde State?"
"Ja, dit is, dis eintlik 'n padkaart. Dit wys al die hoofpaaie van die land aan."
"Ek het gedink was. Wys bietjie vir my die pad waarmee ons verlede jaar gey het op daardie lang rit, Pappa."
"Dit is daardie een, daardie groot rooi streep."
"Hoe lank is dit?"
"O, dis omtrent tweeduisend myl lank, miskien meer."
"En Pappie, wat is al hierdie ander strepe? Die rooies en swartes?"
"Hulle is almal ander paaie."
"Waarheen gaan hulle?"