My Volk +(Die Trekpad van 'n Nasie) ENKEL OUER KAMPE
Oom Attie se slaaptyd stories

Adult Pharma

MALE (and FEMALE) LIBIDO BOOSTER
We offer fast, secure and reliable ordering with your complete privacy. We will go the extra mile for each and every customer. Money Back Guarantee. Express Delivery. Safe Payments.
Community-verified icon


Female and Male Libido Boosters Pretoria
Slaaptyd stories deur Arthur S. Maxwell

Hoe Tommie die vensters van die hemel geopen het

Mammie het geroep "Tommie!" Daar was geen antwoord nie, glad geen geluid nie. "Tommie, kom hier."

"Ek is besig Mamma," het 'n sesjarige stemmetjie daar uit die tuin antwoord gegee.

Mammie het gaan kyk waarmee Tommie besig was en toe sy daar kom, het sy Tommie op sy rug sien lê op die gras.

"Jy het dan gesê dat jy besig is,Tommie."

"Ek is besig."

"En wat doen jy kastig?"

"Ek lê en kyk om te sien hoe die vensters van die hemel oopgaan."

Mammie het hard probeer om nie te lag nie. "Maar waarom wil jy dit dan sien?"

"Wel, ons meneer het gesê dat as ons pennie gee aan die sendelinge om die arm mense te help, sal Jesus die vensters van die hemel oopmaak en die geld weer na ons terugstuur. Daarom het ek my nuwe blink sjieling gister aan arme Dora gegee en nou lê ek en wag dat dit moet terugkom."

Vir die oomblik het Mammie nie geweet wat om daarop te sê nie. "Wel," het sy na 'n rukkie gesê, "dit is waar wat jou onderwyser gesê het, maar ek glo nie dat hy gemeen het dat die geld uit die lug sal val nie."

"Maar die Bybel sê, ek weet, wat meneer het nog gister die teks gelees," het Tommie ewe beslis gesê.

"Nou goed, laat ons gaan kyk," het Mammie gesê.

Vol belangstelling is Tommie saam met sy Ma huis toe. Sy het die Bybel opgeneem en die derde hoofstuk van Maleagi nageslaan en die vers gelees wat so 'n diep indruk op Tommie gemaak het.

"Bring al die tiendes na die skathuis ... en beproef My tog hierin, sê die Here van die leërskare, of Ek vir julle die vensters van die hemel sal oopmaak en op hulle 'n oorvloedige seën sal uitstort nie."

"Sien Mammie nou, daar staan dit," het Tommie gesê.

"Ja, maar moet ek jou vertel wat daardie woorde regtig beteken?"

"Wat beteken hulle?" vra hy.

"Hulle beteken dat as ons aan Jesus een-tiende teruggee van wat ons ontvang en dit blymoedig met 'n goeie hart en gesindheid gee omdat ons Hom liefhet, sal Hy in al ons behoeftes voorsien en dit so aan ons weer teruggee. 'n Ander vertaling lui as volg: 'Hy sal ons genoeg en meer as genoeg gee'. Dit sê dat Hy sal sorg dat ons nooit iets ontbreek nie, dat Hy ons meer sal gee as wat ons nodig het. Dit beteken nie dat die geld uit die lug sal val nie, maar dat ons dit op die een of ander wyse weer sal terugkry."

"O ek sien, maar wat sal gebeur wanneer 'n mens alles gee wat jy het, soos ek gister gedoen het, en nie net een-tiende nie?"

"Wel, dan sal jy baie meer terugkry. God wil nie graag aan mense geld skuld nie en as jy gister regtig jou sjieling vir die armes gegee het omdat jy Jesus liefhet, sal jy dit weer terugkry - en sommer baie meer nog. Jy moet dit natuurlik nie sommer dadelik verwag nie, want Jesus laat ons soms wag om te sien of ons geduldig is, maar wag so 'n rukkie om te sien wat gebeur."

Slaaptyd stories deur Arthur S. Maxwell

Volgende storie, asseblief?

Radio Omroeper Kort Kursus

Radio Omroeper Kort Kursus

R2095
Adult Pharma

A Pill to Thrill (Distributor Agents Needed)

R350
Independent Candidate Course

Online Independent Candidate Course

R3499
Shuttle Services Pretoria

Privaat UBER Pretoria (Shuttle Service)

R519

Tommie het gewag. Dae het verbygegaan en die vensters van die hemel het nie oopgegaan nie. Om die waarheid te sê, was Tommie nou jammer dat hy sy sjieling weggegee het. Die geduld van seuntjies, soos julle self weet, hou nie eintlik lank nie.

Maar die bly dag het tog aangebreek, want eendag - 'n tydjie later - het een van die bure vir Tommie gevra om te help sy tuin skoonmaak. Tommie moes al die ou droë blare bymekaar hark, want dit was herfs. Tommie ht die werk regtig geniet, alhoewel hy maar altyd traag was om in hulle eie tuin te werk.

Toe hy klaar was, het die man hom 'n hele sjieling gegee en gesê dat hy die werk baie goed gedoen het.

Opgewonde het Tommie huis toe gehardloop en geskree: "Mammie, Mamma, hy het my 'n hele sjieling gegee! Ek het weer my sjieling terug!"

"Ja sien jy nou, die vensters van die hemel het tog oopgegaan."

Dadelik het Tommie die tiende opsygesit, wetende dat die vensters van die hemel weer later vir hom sal oopgaan.

< >