My Volk+ (Die Trekpad van 'n Nasie) ADULT PHARMA 
Oom Attie se slaaptyd stories

Adult Pharma

MALE (and FEMALE) LIBIDO BOOSTER
We offer fast, secure and reliable ordering with your complete privacy. We will go the extra mile for each and every customer. Money Back Guarantee. Express Delivery. Safe Payments.
Community-verified icon


Kalahari-horing Erection Booster
Slaaptyd stories deur Arthur S. Maxwell

Hoe om goed te vind

Dis vreeslik hinderlik om iets te verloor wat vir 'n mens baie waardevol is, is dit nie? Ek kan amper sê dit maak 'n mens kwaad.

As daar maar net 'n manier was om verlore goed weer spoedig te vind, sou dit baie gaaf wees. Dan ons ons mos nie so baie hoef te bekommer nie.

Daar daar is darem 'n manier. Ek sal nou nie wil sê dat dit altyd suksesvol is nie, want daar is sommige goed wat ons gerus maar kan verloor, maar die plan werk soms en julle behoort daarvan te weet.

Nou die dag kon ek iets nie kry nie wat ek eenvoudig moes hê. Waar was dit? Wat kon daarvan geword het? Ek het eenvoudig nie geweet waar dit was nie. Ek was seker dat ek dit 'n paar dae tevore gehad het, maar nou, toe ek dit die meeste nodig gehad het, kon ek dit nêrens kry nie.

Ek het op alle moontlike plekke gesoek. ek het almal gevra wat dit moontlik kon gesien het, maar dit was alles tevergeefs. Die kosbare dokument het eenvoudig net verdwyn!

Wat dinge nog erger gemaak het, was die feit dat ek geen tyd gehad om te soek nie, want 'n hele klomp ander dinge het my aandag vereis. Ek het eenvoudig nie die tyd gehad om daarna te soek nie.

Maar ek moes dit hê, kom wat wil. En toe... Wel, ek sal julle sê.
Ek het my oë vir 'n oomblik gesluit en gebid "Liewe Here, U weet hoe besig ek op die oomblik is en hoe absoluut nodig dit vir my is om daardie dokument te hê. Help my asseblief om dit te vind."

Toe ek my oë oopmaak, het dit daar gelê, nie eens drie voet van my af nie!  Julle sal nou miskien wil sê dat dit maar al die tyd daar gelê het. Wel, miskien het dit en het ek dit maar net nie gesien nie. Miskien wou Jesus hê dat ek juis op daardie oomblik aan Hom moes dink. Wie weet?

Konka Kuiers Sport of the Week Podcast

Radio Omroeper Kort Kursus

R2095
Multi Party Democracy Fund

Online Independent Candidate Course

R3499
Using Body Languge in Sales

Online Body Language Course

R2095
Tafel Tennis Klub Pretoria

N4 Gateway Tafeltennis Klub Pretoria

R70

Dit laat my nou sommer dink aan wat 'n jong dame my die ander dag vertel het hoedat sy van die kollege af op weg huis toe haar beursie verloor het met al haar geld daarin. Dit was 'n slag vir haar, want sy was arm. Sy moes eenvoudig haar geld terugkry en toe het sy die Here Jesus gevra om haar te help.

Drie weke het verloop - drie weke van wag en wag. En toe, een more, het sy 'n pakkie oor die pos ontvang, met haar beursie en al die geld daarin. Dit is baie wonderlik sal julle sê.

Maar, hier is nog 'n storie. 'n Paar maande gelede is daar aan my deur geklop en 'n vrou wat baie ontstel was, het my vertel dat sy haar bos sleutels, haar huis sleutels en haar koffers se sleutels, verloor het terwyl sy in Londen was.

"Waar het jy hulle verloor?" het ek haar gevra.

"By die dieretuin," het sy gesê.

"By die dieretuin! Dis mos 'n baie moeilike plek om iets te verloor," het ek gesê.

Sy het ingestem, veral daar die plek daardie dag duisende en duisende besoekers gehad het.
Daar was niks anders te doen as om te bid nie. Sy het baie ernstig gebid. Die hemel kon nie anders as om so 'n gebed van geloof te verhoor nie.

Dae het verbygegaan. Sy moes 'n werktuigkundige kry om die deur van haar huis vir haar oop te maak, maar sy het vas geglo dat sy haar sleutels sou terugkry.

Een middag het daar 'n motor voor haar huis stilgehou en 'n welgeklede man het aan haar voordeur geklop.

"Verskoon my," het hy gesê, "maar het u nie miskien iets by die dieretuid 'n tyd gelede verloor nie?"

"Ja," het die vrou gretig geantwoord, "my sleutels!"

"Wel, hier is hulle," het die man gesê. "Ek het hulle daar gevind en ek het u naam en adres op die plaatjie daaraan gesien."

Hy het twintig myl ver gekom om haar sleutels terug te bring!

Wel, miskien was dit maar toeval, dog ek dink nie so nie. Jesus het Sy eie wonderlike maniere om die gebede van Sy geliefde kinders te verhoor en Hy help hulle graag in tyd van nood.

Met ander woorde: Jesus wil nie hê dat ons ons moet bekommer nie, maar dat ons na Hom toe moet kom met al ons moeilikhede. As julle iets verloor het en voel dat julle dit eenvoudig moet hê, bid maar tot Hom - en sien wat gebeur.

Een ding is seker. Hy weet waar dit is, want Hy is alwetend. En as dit vir julle beswil is en tot verheerliking van God sal strek dat julle dit weer moet terugkry, sal Hy julle help om dit terug te kry.

< >
Slaaptyd stories deur Arthur S. Maxwell

Volgende storie, asseblief?