My Volk +(Die Trekpad van 'n Nasie) ENKEL OUER KAMPE
Superscript

Release Sce™ Forte

Medikasie wat die simptome van angs, depressie, ADD / ADHD, demensie en menopouse kan behandel. 'n Nie-gewoonte vormende natuurlike produk en sonder voorskrif.
Community-verified icon


Slaaptyd stories deur Arthur S. Maxwell

Hoe die Mens gemaak is

Toe dit tyd was vir die volgende storie, het Neelsie en Iris vir Mammie herinner aan haar belofte om hulle meer te vertel van die wonderwaarlike dinge waaroor hulle die vorige aand gesels het.

"Waaroor sal ons vanaand praat?" het Mammie gevra.

"Vertel ons waar al die mense in die wêreld vandaan kom," het Neelsie gesê. "'n Seun het my nou die dag by die skool vertel dat die mense voorheen ape was."

"Dit is 'n goeie vraag, Neelsie en ek is bly dat jy dit gevra het," het Mammie gesê.

"Het ons almal eentyd sterte gehad?" het iris gegiggel.

"O glad nie, Iris, daardie storie dat mense van ape afstam, is sommer pure bog. Ek sal julle die waarheid vertel. Onthou julle dat ek julle gisteraand vertel het hoe die wêreld en die sterre gemaak is? Wel, toe het ek vir julle die antwoord uit die Bybel gelees en vanaand gaan ek dieselfde doen.

"die eerste hoofstuk van Genesis leer ons waar alle dinge vandaan gekom het - die wêreld, die bome, die blomme, die diere en ook die mense. Julle weet nou hoe die wêreld gemaak is. God het gespreek en dit was. Net so is al die ander dinge gemaak. Ek weet nie hoeveel tyd die Here daaraan bestee het en hoe Hy die besonderhede beplan het sodat daar geen foute kan kom nie, maar ek weet dat God, toe Hy gereed was om te begin werk, net die woord moes spreek en toe het die ding wat Hy wou hê, in aansyn gekom."

"Mamma, dit val my nou net by dat ek een van die onderwysers hoor sê het dat mense lank gelede min of meer soos wurms was en dat dit miljoene jare geneem het vir hulle om mense te word. Ek dink hy het die 'evolusie' genoem," het Neelsie gesê.

"Ek weet dat daar vandag baie mense is wat so praat, maar daardie mense glo nie in die Bybel nie. Dit is nie mooi van die onderwyser om die kinders sulke dinge te leer nie, want dit is nie waar nie. Luister:

" 'En God het die mense geskape na sy beeld; na die beeld van God het Hy hom geskape; man en vrou het Hy hulle geskape' (Gen. 1:27). Is dit nou nie veel beter om te dink dat Jesus ons gemaak het, as om te glo dat ons uit wurms gespruit het sonder Hom nie?"

"Ek sou nie graag 'n wurm wil wees nie," het Iris gesê, "dit sou te maklik wees om in twee stukke gesny te word.

"Maar luister weer," het Mammie gesê sonder om haar te steur aan die tussenwerpsel, " 'En die Here God het die mens geformeer uit die stof van die aarde en in sy neus geblaas die asem van die lewe. So het dan die mens 'n lewende siel geword' (Genl. 2:&). Dit is die ware verhaal van hoe mense op hierdie aarde begin lewe het. Herhaaldelik verklaar die bybel dat God die mens na Sy ewebeeld gemaak het. Daar is geen verwysing na 'n evolusie wat miljoene jare geduur het nie," was Mammie se reaksie.

"Maar maak dit dan saak wat mens glo?" het Neelsie peinsend gevra.

"Natuurlik Neelsie maak dit saak! As dit waar is dat die mens soos 'n paddavissie uit die moeras ontwikkel en homself geleidelik verbeter het, bestaan daar mos geen rede waarom hy God moet liefhê en dien nie. Maar as hy deur Jesus geskape is en in sy beeld, dan sal hy sy Skepper eer en sy naaste en sy eie liggaam respekteer. Dit is 'n baie mooi gedagte dat ons voorouers gemaak is na die beeld van God."

"Wat word daardeur bedoel?" wou Neelsie verder weet.

"Wel, dit beteken net wat daar gesê word: as ons sê dat iemand die ewebeeld van sy vader is, bedoel ons dat hy soos sy vader lyk; God het die mens na Sy beeld gemaak."

"Is die mense vandag dan soos God?" wou Neelsie nog weet.

"Ek dink daar is sommige wat soos soos god is. Af en toe ontmoet 'n mens goeie mense wat God en Sy Woord liefhet, wat opreg is en wat behae daarin skep om vriendelik te wees," het Mammie gesê.

"Hoe jammer is dit dat die mens daardie beeld verloor het!" het Neelsie geantwoord.

"Ja, en Jesus dink seker ook so. toe Hy die mens gemaak het, het Hy seker gehoop dat Sy skepsels altyd mooi sou bly. Ons het darem die versekering dat Jesus ons eendag weer sal maak soos Hy. Die Bybel sê dat ons ,'as Hy verskyn', aan Hom gelyk sal wees, omdat ons Hom sal sien soos Hy is' (1 Joh. 3:2),"het Mammie afgesluit voor hulle moet gaan slaap.

Slaaptyd stories deur Arthur S. Maxwell

Volgende storie, asseblief?

Vind Audio weergawe onder aand die blad.
Enkel Ouer en Kind Kamp

Enkel Ouer Kamp

BESPREEK NOU! Slegs 36 plekke beskikbaar vir hierdie Kultuur Kamp avontuur. Geniet ‘n sonsondergang soos min – en kom besigtig ons asemrowende hemelruim om ‘n kampvuur. 'n Gebalanseerde groep behoort ongeveer 5 enkel persone, 7 enkelouers met 2 kinders asook 9 enkelouers met een kind die groep vol te maak.

R1559
Kultuur Avontuur Kamp Stapgroep Pretoria

Stapgroep (Voetslaanklub)

Add more detail about this product, such as benefits, appearance, components, or value

R150
Perdry Pretoria Om die Dam

Om-die-Dam Perderoete

Van beginner to ervare perderuiters is welkom. Jonk (5+) tot stokoud kan kom perdry om die dam.

R161

Radio Omroeper Kursus

Add more detail about this product, such as benefits, appearance, components, or value

R1250
< >