Herderspastei
(8 Porsies)
500 g gemaalde beesvleis
500 g gemaalde varkvleis sonder vet
500 ml sagte broodkrummels (2k)
250 ml melk (1k)
1 eier
1 medium ui, gekap
1 knoffelhuisie, gekap
10 ml sout (2t)
knippie peper en 1 t Aromat
25 ml Worchester sous (2e)
50 ml blatjang (4e)
4 medium aartappels
Metode:
Meng al die bestanddele, uitgesonderd die blatjang en aartappels. Druk liggies in 'n gesmeerde oondskottel. Bak 1½ uur lank in 'n koel oond (160C). Kook intussen die aartappels gaar, maak dit fyn en voeg sout, 'n stukkie botter of margarien en 'n biejtie melk by soos vir kapokaartappels.
Smeer die blatjang oor, en skep die kapokaartappels bo-op die vleis en maak met 'n vurk 'n growwe oppervlak. Bak in 'n warm oond totdat die aartappelpuntjies ligbruin is.
(Joey Pienaar)
soms, moet jy
uitbreek, tas pak
en pad vat...
iewers weer mens
word waar jou hart
onbevange kån
asemhaal
jou oë wegraak
in panoramas,
vistas, kimme,
horison einders
waar laaste lig
in deinserigheid
mistig word
soms, moet jy
jou siel tyd gee
om vrede te vind
in stiller stiltes
waar jy jou eie
hartklop ritme
kan hoor
soms, moet jy
uitbreek, tas pak
en pad vat...
iewers weer mens
word waar jou hart
onbevange kán
asemhaal
© ENRiCUS