Afrikaanse Gedigte
Heimweë
My hart verlang na die stilte,
Van die wye wuiwend veld.
Vêr van die stadsgeluide,
En die klinkende klank van geld.
Ek is moeg vir die rustelose lewe,
Van mense wat kom en gaan,
'k wil terug na die vrye ruimtes,
Waar 'n siel in woon, wat verstaan.
O, ek sien weer die son op dei velde,
en die ewige blou daarbo,
en my hart skiet vol van heimweë,
En my drome swem in my oë.
ek sien weer die ylbou berge,
Daar vêr oor die wester kim,
en wonder nie meer waarom weemoed,
So sag uit my liedere klim.
Klim na die grys lug bowe,
Waar die son in die miste kwyn.
Want o, ek verlang na die velde,
Na die ewige sonneskyn.
J.R.L. van Bruggen