My Volk +(Die Trekpad van 'n Nasie) ENKEL OUER KAMPE
Oom Attie se slaaptyd stories

Adult Pharma

MALE (and FEMALE) LIBIDO BOOSTER
We offer fast, secure and reliable ordering with your complete privacy. We will go the extra mile for each and every customer. Money Back Guarantee. Express Delivery. Safe Payments.
Community-verified icon


Female and Male Libido Boosters
Slaaptyd stories deur Arthur S. Maxwell

Groot voorbereiding

Hoe maak ons nie klaar wanneer die vakansie naderkom nie, né? Eerstens is daar baie briewe om te skryf aan onbekende verblyfplekke om 'n plek te probeer vind wat groot, gerieflik en goedkoop genoeg is om die hele huisgesin tevrede te stel. Boodskappe kom terug van allerhande soorte mense en hulle meld sulke verledelikhede soos: "Een minuut se stap van die strand af"; "Baaiery toegelaat van die huis af"; "By die see"; "Uitstekende kos", ensovoorts.

Dan moet die gesinslede eers beraadslaag en eindelik word die "beste" plek gekies en die brief word geskryf waarin die terme aangeneem en die datum van aankoms vasgestel word.

Vanaf daardie oomblik begin daardie datum al groter en groter lyk soos die dae verbygaan. Almal praat gedurig daarvan. Die seuns haal hul bootjies, grafies en visstokke uit en sorg dat hulle net eksie-perfeksie is. Die dogters het honderd-en-een dingetjies om klaar te maak en kies ook die boeke wat hulle gaan lees.

Uit die pakkamer word die stowwerige ou koffers gehaal wat daar gelê het sedert die laaste vakansie en Mammie begin inpak. Wit hemde en broeke, tennisskoene en handdoeke en so baie ander dingetjies - dit word ingepak en later ingedruk. Die opgewondenheid styg namate die tasse vol word en teen die tyd dat hulle stasie toe weggebring word,  is die vreugde sonder perke, want as die koffers eers weg is, moet die mense spoedig volg.

Tog is daar nog ander dinge om reg te maak voordat die voordeur vir die laaste maal toegetrek word en die heerlike reis begin. Mammie dring aan - is dit nie? - dat al die beddens opgemaak moet word, al  die skottelgoed gewas, al die kamers skoon en al die vensters op knip. Watter gewerskaf is dit nie om klaar te maak om te gaan nie! Tog is dit die moeite werd - elke keer! Want al die klaarmakery is per slot van sake tog helfte van die vreugde, is dit nie?

En het jy het al gedink aan 'n ander lang vakansie wat een van die dae gaan aanbreek, die beste, die wonderlikste en die lieflikste van almal?

Dis nie by die strand nie, maar in die Here se eie heerlike hemel. Hy maak nou die plek reg vir ons. Jesus het self so gesê. Onthou jy die pragtige belofte wat Hy aan Sy dissipels gemaak het? Dit is wat Hy hulle vertel het: "In die huis van my Vader is daar baie wonings, as dit nie so was nie, sou Ek dit vir julle gesê het. Ek gaan om vir hulle plek te berei. En as Ek gegaan en vir julle plek berei het, kom Ek weer en sal julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is." (Joh. 14:2,3)

Dis duidelik genoeg, is dit nie? En die belofte was nie net vir die eerste dissipels nie. Petrus maak dit duidelik, hy sê: "Die belofte is vir julle en vir julle kinders en vir almal wat daar ver is, die wat die Here onse God na Hom toe sal roep". (Hand. 2:39)

Dus sluit dit vir my en vir jou in. As ons weet dat die Here ons geroep het, dan is Jesus se uitnodiging om daardie heerlike vakansie in die hemel te gaan deurbring, vir ons ook. Ons kan nie daaraan twyfel nie.

Dink net wat dit alles beteken. Jesus berei 'n plek vir ons voor! Ons hoef nie te bekommer oor 'n verblyfplek vir hierdie vakansie nie. Jesus sorg daarvoor. En sal Hy nie die wonderlikste dinge vir ons daar hê nie? Ek dink Hy gaan. Hy sal Sy bes doen om ons te verras.

Slaaptyd stories deur Arthur S. Maxwell

Volgende storie, asseblief?

Radio Omroeper Kort Kursus

Radio Omroeper Kort Kursus

R2095
Adult Pharma

A Pill to Thrill (Distributor Agents Needed)

R350
Independent Candidate Course

Online Independent Candidate Course

R3499
Shuttle Services Pretoria

Privaat UBER Pretoria (Shuttle Service)

R519

Maak jou oë 'n oomblik toe en dink aan die mooiste toneel wat jy nog ooit gesien het. Sê dan vir jouself dat die hemel 'n duisend maal mooier gaan wees as dit. Die Bybel sê: "Wat die oog nie gesien en die oor nie gehoor en in die hart van 'n mens nie opgekom het nie, wat God berei het vir die wat Hom liefhet." (1 Kor. 2:9)  Dit beteken ons gaan verras word. Die prag en skoonheid daarvan sal feitlik ons asem wegslaan.

En dit laat my aan iets dink. Hierdie heerlike hemelse vakansie is nie meer ver nie. Die datum is vasgestel. Nee, ek weet nie wanneer nie. Niemand weet dit nie, selfs nie die engele nie - maar die Vader weet en Hy het ons die afgelope tyd ook baie briewe gestuur om ons daaraan te herinner dat Hy spoedig kom.

Briewe? Ja, booskappe, waarskuwings van een of ander aard. Al die vreeslike dinge wat die afgelope tyd op die aarde gebeur het - 'n mens lees daarvan in die koerante en miskien het jy Pappie en Mammie daaroor hoor gesels - al hierdie dinge is tekens van ons hemelse Vader dat die groot vakansie binnekort gaan aanbreek. Jy kan van hierdie dinge in die Bybel lees, soos opgeteken in Lukas 21:25-27; 2 Tim. 3:1-5 en in Lukas 17:26-30. As jy nie al hierdie verse duidelik verstaan nie, vra vir Pappie of Mammie om hulle vir jou te verduidelik. Hulle is regtig almal voorspellings van die toestande wat op die aarde sal heers net voordat Jesus terugkom om al Sy kinders te kom haal na hul hemelse wonings. Omdat al hierdie dinge vandag so suidelik om ons gesien kan word, weet ons dat daardie uitstaande gebeurtenis nie meer ver in die toekoms kan wees nie.

En as dit alles waar is - en ek is seker dit is - hoe moet daar nie in die hemel klaargemaak word daarvoor nie! Kan jy jou nie voorstel hoe die engele besig is om alles gereed te kry en die laaste dingetjies te doen aan die goue strate en die pêrelpoorte nie? Hulle is seker so opgewonde wanneer hulle daaraan dink dat al die leë wonings een van die dae vol mense sal wees! Hoe verlang hulle seker nie om ons almal al daar te hê nie!

En ek dink Jesus is die blyste van almal. Hy wag al so lank, so geduldig, dat hierdie groot dag moet aanbreek. Vir byna tweeduisend jaar wag hy al daarvoor en wanneer die dag eindelik aanbreek en al Sy verloste kinders word bymekaar geroep om  huis toe te gaan, gekoop deur Sy eie bloed, sal Sy vreugde geen perke ken nie. Die Bybel sê selfs dat Hy sal juig met gejubel oor ons. (Sef. 3:17)  Dink net daaraan! Jesus gaan juig soos 'n held!

Wat gaan ons doen wanneer ons daar kom? Baie, baie dinge en ek is seker dat die hemel vir ons soos een lang, heerlike vakansie wat nooit ophou nie, gaan wees. Gewone vakansies hou altyd so gou op. Jy het skaars op die plek gekom en dinge begin geniet, of jy moet alweer inpak om huis toe te gaan. Maar daar, in daardie lieflike land, word daar nooit weer ingepak nie. Vir ewig en ewig, deur die jare van die ewigheid heen, gaan daardie heerlike vakansie aanhou. Vir altyd en altyd en altyd. Dit klink amper te goed om waar te wees. Maar dit is waar, want Jesus het dit beloof en Sy beloftes sal Hy altyd nakom.

Maar nou het ons net aan die voorbereiding in die hemel gedink, wat Jesus en die engele alles doen om ons te verwelkom. Tog kan dit nie al wees nie. Hoe vreeslik sou dit nie wees as alles klaargemaak word en niemand wil gaan nie! Nee, ons moet ook klaarmaak. Ons het ons tasse om te pak. Natuurlik kan ons nie visstokke en sulke dinge saamneem nie, maar ons kan in ons harte mooi dinge pak soos rein gedagtes, vriendelike woorde, goeie dade , opgeruimdheid en gehoorsaamheid - al daardie dinge wat ons karakters sterk, wys en edel maak. Dan moet ons ook alo die gemors weggooi voordat ons vertrek - die onvriendelike dinge wat ons doen, selfsugtige planne en onheilige begeertes. Ja, ons het baie dinge om te doen en ons moet liewer dadelik daarmee begin. Ons moet reg wees wanneer Jesus kom.

< >