Slaaptyd stories deur Arthur S. Maxwell
Gladys Groothart
Ek het julle vertel van die seun wat deur sy hond gered is, maar nou wil ek julle 'n storie vertel van 'n kat wat deur 'n seun gered is.
Wel, hierdie arme kat het verdwaal in Londen. Dit was seker die geraas, die skares van mense, of moontlik die dosyne en dosyne strate wat in alle rigtings loop, wat die kat heeltemal verwar het. Hoe dit ook al sy, die kat was heeltemal verbouereerd.