Bobby, wat hy in die motor laat bly het, het gou begin rondkyk. Die dorpie daar hoog in die berge was vir hom baie mooi. Deur die bome, 'n endjie anderkant die dorpie, het hy gesien dat alles wit was. Dit is seker wat 'n mens sneeu noem, het hy gedink. Hy het besluit om vir hoom daarvan te gaan haal, en hy het het die deur van die motor oopgemaak, en uitgeklim.
Hy sou terug gewees het lank voor Pappie met sy besigheid klaar is, het hy gedink, want Pappie kon soms baie lank wegbly. Hy het toe in die pad geval wat hom by die sneeu sou bring.
Maar die sneeu was verder weg as wat Bobby gedink het, en die pad teen die berghelling uit was baie steil. Hy het nooit daaraan gedink dat Pappie onrustig oor hom sou word nie. Wat Pappie betref, hy was ten raai. Toe hy uit die winkel kom, was Bobby nie meer in die motor nie. Hy het eenvoudig verdwyn!