VERDRINK
bleeklig maan verdrink
wie is 'n drenkeling
'n maanligaand is in kant
in 'n vreemde land
Koning Salomo se wysheid
oorbrug vernydigheid
tussen vroue met eise
wie se kind is dit nou eintlik?
Koningsklle, uit goudbrokaat
mantelbou, pers gedou
'n volligmaan is gedaan
wat stadig in water wegsink
swart is die nag, met goudgeel gedagtes
riffelklanke baan 'n pad terug na die maan
tyd tik af sekondes, per sekondes
wie bly daarop die maan?
kolle word groter en grys
maak merk wat soos 'n padkaart wys
'n wegkwynende maan
waterwesens verkyk hulle aan die strale
skerpligte verhelder die visse onder die water
silwer strepe word al bleker
terwyl die maan stadig maar
seker al dieper en dieper sink
© alettza