Ons wil erken Heere, dat jy jou planne mooi achter mekaar gezet het, en dat jy jou best gedoen het van deuze jaar; maar tog Heere, jy het nie pad langs gehouw met Jeremias nie. Jeremias, hy het hom in die laaste tyd, goed gedra. Hy het laat staan die vloek en het padgegee vver die vrouw mens, hy het alle weeke zyn treppens in die kerkbord gegooi, en hy het lange tyd nie ver jou ergenis aan gedoen nie. En kyk Heere, wat get jy gemaak?...Jy het jou blits geschiet, en Jeremias zyn melkbokke almaal dood geslaan. Jeremias, heere, hy voel nie lekker onder die dinge nie.
Toen hy in die zonde was, het jy zy beste voor-os laat vrek! dit was tog nie mooi nie om Jeremias zoo vaderlyk te berispe nie, om zyn goddeloosheid het jy zyn kleine Lukassie stilletjies in die zeepot laat veronongeluk. Nou, dit was ook nie manierlyk nie; en kyk nou?...daar vreet die Aasvoëls zyn melkbokke almaal op. Perbeer nou Heere, Jeremias was in jou plek gewees: Wat het hy gemaak, zal hy jou kinders en jou melkbokke doodgeschiet het? Maar Heere ons moet volgens jou wette handel, en malkander al die foute vergeeve. Halluja!
Pulvermacher