FIFA Fédération Internationale de Football Associations (Internasionale Sokkerfederasie)
fig. figuur; figuurlik, figuurlike
FIG Fédération Internationale de Gymnastique(Internasionale Gimnastiekfederasie)
Fil. Filippense (Brief aan die Filippense, ’n boek in die Bybel)
filat. filatelie (die versameling van posseëls); filatelies, filateliese
Filem. Filemon (Brief aan Filemon, ’n boek in die Bybel)
filol. filologie; filologies, filologiese
filos. filosofie; filosofies, filosofiese
fin. finitum
Fin. Finland
FINA Fédération Internationale de Natation Amateur (Internasionale Amateur-Swemfederasie)
fis. fisika; fisies, fisiese
fisiol. fisiologie; fisiologies, fisiologiese
fitopatol. fitopatologie; fitopatologies, fitopatologiese
fl. floruit
fl. (ook f.) floryn (munt)
flot. flottielje
Fm simbool vir fermium (element)
FM frekwensiemodulasie
fol. folio
fonet. fonetiek; foneties, fonetiese
fonol. fonologie; fonologies, fonologiese
FOSKOR of Foskor Fosfaat-Ontginningskorporasie
fotogr. fotografie; fotografies, fotografiese
fout. foutief, foutiewe
fr. frank; frater
Fr simbool vir frankium (element)
Fr. Frankryk; Frans; Franse
frekw. frekwensie; frekwentatief
FRELIMO (ook Frelimo) Frente de Libertacao em Mocambique (Mosambiekse bevrydingsbeweging)
Fri. Fries, Friese
Frk. Frankies, Frankiese
FS Kode vir die Suid-Afrikaanse provinsie Vrystaat, volgens die Internasionale Organisasie vir Standardisasie (ISO). Vir volledige identifikasie in ’n internasionale konteks voeg "ZA-" voor die kode. Dus ZA-
FS FSBV Federasie van Sake- en Beroepsvroue
fur. furlong
fut. futurum (toekomende tyd)
FVPI Federasie van Verenigings van Professionele Ingenieurs