Enkellopende Kamp en Kuier: Inskrywingsvorm

17 - 19 Junie 2022

Tent Keuses






Kleredrag






EOK14 Enkelouer en kind kampe
Bring eie tent, of bewoon ons 4-man Coleman Tent @ EOK#13

#Royal Retreat


Na DERTIEN suksesvolle Enkel Ouer Kampe het ons op u versoeke reageer. Ons EERSTE (ENK#1) enkellopende kamp en kuier naweek. Lewendige vermaak. Kreatiewe aktiwiteite. Groovy vibes! En wie weet. Miskien spoor jy jou verlore deksel op? O ja, en lekker kos! (sonder om 'n vinger te verroer!)


Kultuur Avontuur Kamp (soek ons Facebook Bladsy met dieselfde naam en gee ons 'n LIKE om so op hoogte te bly van wat ons alles aanvang!) bied 'n VEILIGE, bekostigbare wegbreek naweek vir Enkellopendes en enkel ouers (met 'n AF-naweek).


R999* (Tent Opsie) R1499 (Stal Kamer Opsie) Dit is die volledige koste van jou wegbreek-naweek en sluit jou verblyf (eie tent) of (kamp-tent*) en 6 etes in.


Boonducks Farm is 'n tegnologie-vrye sone in die Magalies-berg Beskermingsgebied. Geleë ongeveer 32km vanaf Magaliesburg (Gauteng) of Rustenburg (Noordwes) en ongeveer 90 minute vanaf Johannesburg en Pretoria.


Ons handhaaf 'n balans tussen groep aktiwiteite en 'n bietjie "me-time". Jy maak vriende met individue met dieselfde waardesisteme. Miskien ontmoet jy "iemand spesiaal". Die primêre doel van die kamp is kuier/geselskap en kop skoonmaak. Sou jy iemand ontmoet (beskou dit as 'n onbeplande bonus).


'n Pragtige plaas met 'n bietjie bosveld, maar meestal grasveld met asemrowende uitsigte oor die berge. Op die plaas het ons 'n seisoenale visdam (vang & loslaat). Verloor (of vind) jouself in absolute rus en vrede op ons staproetes...


Veiligheid is vir ons krities; en daarom het ons Boonducks Farm gekies as 'n kamp plek. En daar is 'n #saamry klub. Merk net op jou Inskrywingsvorm.


Outentieke perdestalle is nou gerieflike kamers met stapelbeddens met slaapplek vir tot 8 mense en dan 'n opsie vir enkellopendes. Met 'n kommersiële kombuis om in elke behoefte te voorsien.


~ INDIEN hierdie uitnodiging jou as getroude persoon bereik het, deel asseblief met 'n vriend of kollega wat kan baatvind by ons lekker-naweek-kuier-kamp vir Alleenlopendes of enkel ouers (met 'n af-naweek).


Vrydag, 17 Junie 2022


15:00 - 19:00 Aankoms


18:05             S


19:00 - 21:00 Beesstert Potjiekos (+rys en roosterkoek) + Groentepot!


21:00 - 23:00 Vuurtjie Pak & Ysbreker


23:00 - 23:59 Ontspan om Vuur



Saterdag, 18 Junie 2022


07h00 -          Ontbyt


08:30 - 10:30 5,4km R24 Olienhout Staproete / Hiking Trail


10:30 - 13:00 Groep Aktiwiteit 1


13:00 - 15:00 Middagete (Hamburger slaai)


15:00 - 18:00


20:00 -           Aandete (Braaivleis)


21:00 - 23:00 Live Entertainment


23:00 - 23:59 Sterrekyk



Sondag, 19 Junie 2022



06:30 - 08:00 Wildrit


07:00 - 09:00 Ontbyt (Spek en eiers met broodjies)


09:00 - 11:00 Bergfiets Roete


11:00 - 13:00 Groep Aktiwiteit II


13:00 - 14:00 Middagete (Hoender Stew)


15:00 -           Kamp amptelik klaar (welkom om te kuier) 


Omgewing: Kampterrein


Selfoon Opvangs: Ja


Warm Water: Ja


Stort: Ja


Taal: Afrikaans


Omringende Dorpe:  


Onmiddelike verwydering van perseel: Dwelms en 'n Bloubul trui of ander Bulls Memorabilia.  


Warm water en skoon ablusie-blokke vir beide mans en vrouens is beskikbaar. 24 Sekuriteit. Geen diere word toegelaat.


Wat moet jy saambring? Eie tent (maar hier 4 man-tente). Eie slaapsak en eetgerei. Verversings. Ordentelike stapskoene. Kampstoel. Fietse en sonskerm. Hoed. Verkyker. Muskiet-goed. Reënjas. Swemhandoeke. FUN Attitude. Lagspiere. Koplig of flits. 1 Pak Marshmellows. 'n Ou stel klere (en skoene) vir rivier of dam.


'n Deposito van 30% van ooreengekomde bedrag, moet jou aansoek vergesel om kamp toekenning te bevestig. Finale balans teen 10 Junie 2022. 


Kultuur Avontuur Kamp 


Vra gerus vir verwysings van enkel ouers wat al bygewoon het. 


Paul Joubert (52): Kamp Voog Enkel Ouer Kampe 13, Die Voortrekkers 27 kampe, Redakteur My Volk, Erfenis Aktivis, Omroeper en 'Content Writer' Radio Kuber Kontrei, Kulturele Streeksgids Gauteng - NQF4 (deur Drum Beat Academy)* 


Gareth Ferreira (36): Kamp Voog Enkel Ouer Kampe 5


Ronel du Toit (47): Kamp Voog Enkel Ouer Kampe 3


Sarel Botha (56): Kamp Voog Enkel Ouer Kampe 3


Kultuur Avontuur Kamp


Bank:                      Capitec


Takkode:                 470010


Rekening:               127 236 2823


Naam en Van as verwysing (sms 079 219 6735)


*Kredietkaart en Paypal betalings welkom!


Kultuur Avontuur Kamp

  1. EOK#14 | 01 Julie 2022 - 04 Julie 2022 Enkel Ouer Kamp
  2. RKK#5 | 09 Augustus 2022 Radio Kuber Kontrei Golf Dag (Akasia) Pretoria
  3. NAM#01 | 1 September 2022 - 7 September 2022 Pretoria tot Namakwaland Blomme-bustoer
  4. RSA#01 | 9 September 2022 - 11 September 2022 Sewes Wêreldbeker Toernooi Kaapstad
  5. EOK#18 | 23 September 2022 - 25 September 2022
  6. EOK#16 | 06 Oktober 2022 - 09 Oktober 2022
  7. EOK#17 | 16 Desember 2022 - 19 Desember 2022 Enkel Ouer Vaaldriehoek
  8. EOK#19 | 5 Januarie 2023 - 8 Januarie 2023 
Radio Omroeper Kort Kursus ♦  # Jou hart. My taal. Ons stem! ♦ Ons het jou stem nodig. Skryf nou in! ♦ Volledig aanlyn ♦ Woensdae 19h00 tot 20h00 ♦ Facebook079 219 6735 ♦ Kliek hier vir meer inligting tov kursus ♦ trotsafrikaans@myvolk.co.za