Enkel Ouer Kamp: Inskrywingsvorm

# Die 'struggle' is REAL
BESPREEK NOU! Slegs 48 plekke beskikbaar vir hierdie Kultuur Kamp avontuur. Pure BOSVELD. Geen stadsgeluide. 20ha waar jou kind (en jy) kan baljaar sonder enige bekommernis (kamp elektries omhein 8voet). Privaat. Skoon. Absoluut natuur. Geniet ‘n sonsondergang soos min – en kom besigtig ons asemrowende hemelruim om ‘n kampvuur. 'n Gebalanseerde groep behoort ongeveer 5 enkel persone, 7 enkelouers met 2 kinders asook 9 enkelouers met een kind die groep vol te maak. Die kamp vind plaas te Rust Oord Bosveld Kamp (buite Brits), en bied skaduryke tent- of *karavaan staanplekke. PUIK!! Kom uit na Covid-LOCKDOWN en kry 'n bietjie son!
Rust Oord verskyn in Weg Ry en Sleep se 2021 Oordgids en pronk onder die 80 uitgesoekte kampplekke in Suid-Afrika. 'n Pure Bosveld (en plaas) ervaring wat wag.
Ons het die bespreking 'n maand vroeër as gewoonlik oopgemaak vir besprekings. Dit gee jou tyd om jou begroting te laat klop! Coleman 4-man tente (nuut) beskikbaar te huur @ R450 vir die naweek. Kies opsie A of B (moet ons jou tent opslaan, of gaan jy self opslaan as deel van die kampervaring (vir jou kinders). Beleef avontuur in die natuur met oorgawe! Vanaf 18 - 21 Maart 2022. Kom ontspan (alleen) of saam met jou kind(ers).
Saterdag, 19 Maart 2022 besoek ons Ukutula Lodge and Game Reserve - bekend as die Plek van Stilte, waar die brul van 'n leeu kilometers ver gehoor kan word. Die reservaat beslaan 260 hektaar ongerepte bosveld wat spog met 'n verskeidenheid wildspesies, insluitend roofdiere en bokspesies, kameelperde, sebras en meer. Ukultula is ook die tuiste van meer as 130 verskillende voëlspesies. (Opsioneel). Sondag, 20 Maart 2022 besoek ons die Ann van Dyk Cheetah Conservancy and Wildlife Centre.
Kultuur Avontuur Kamp (soek ons Facebook Bladsy met dieselfde naam en gee ons 'n LIKE om so op hoogte te bly van wat ons alles aanvang!) bied 'n VEILIGE, bekostigbare wegbreek naweek vir Enkel-ouers met 'n kind (of kinders). R1659 (1 persoon) R2190 (1 ouer 1 kind) R2890 (1 ouer 2 kinders) of R3290 (1 ouers met 3 kinders) of R3599 (1 ouers met 4 kinders). Dit is die volledige koste van jou wegbreek-naweek en sluit jou verblyf (eie tent) of (kamp-tent*) en 8 etes in.
Ons handhaaf 'n balans tussen groep aktiwiteite, ek-en-my-familie-tyd**, en 'n bietjie "me-time". Ons het Brits (Noordwes) gekies as ons tuiste vir EOK#13.
~ iNDIEN hierdie uitnodiging jou as getroude persoon bereik het, deel asseblief met 'n vriend of kollega wat kan baatvind by ons lekker-naweek-kuier-kamp vir Enkel Ouers (dankie by voorbaat).
Geen drankgebruik/verbruik vir die ouer aan diens (of wat item aanbied op die spesifieke dag, totdat afgehandel)
Vrydag, 18 Maart 2022
15:00 - 19:00 Aankoms
16:00 - 17:00 Kettieskiet en Giffie vir (die vroegkommers)
19:00 - 20:00 Braaibroodjie Kompetisie ETE1
20:00 - 21:00 Vuurtjie Pak
21:00 - 22:00 Speletjies Aand
Saterdag, 19 Maart 2022
07:00 - 08:00 Oats / Wheatbix ETE2
08:30 - 10:00 Staproete 3km
10:00 - 15:00 Ukutula Lodge and Lion Centre (Opsioneel)
12:00 - 13:00 Hommeltuig
12:00 - 12:30 Middagete (Boer Rolle) ETE3
14:00 - 16:30 Boeresport
19:00 - 20:00 Braaivleis ETE4
19:00 - 21:00 Drankie by Kroeg
21:00 - 23:00 Sterrekyk
Sondag, 20 Maart 2022
06:30 - 08:00 Bergfietsroete I @
07:00 - 08:00 Roosterkoeke en Kampvuur Koffie Ontbyt ETE5
08:00 - 09:00 Kerkdiens
10:00 - 13:00 Cheetah Walking Tour
12:00 - 13:00 Hommeltuig
13:00 - 14:00 Middagete (Hot Dogs) ETE6
15:00 - 16:30 Boeresport
16:30 - 18:00 Ontspan
19:00 - Biltong Potjiekos (+rys +tuisgebakte potbrood) ETE7
21:00 - 01:00 Lantern Jag
Maandag, 21 Maart 2022
06:30 - 08:00 Staproete III @
07:50 - 08:40 Ontbyt (Spek Eiers Roosterbrood) ETE8
08:00 Handig Kampkaart in***
09:00 - 10:00
11:00 - Kamp amptelik klaar (welkom om te kuier)
10:00 - 13:00 Ontspan / Swem / Kuier
13:00 - Oorskiet Kos oppak kuier! ETE9
Omgewing: Kampterrein
Selfoon Opvangs: Ja
Warm Water: Ja
Stort: Ja
Taal: Afrikaans
Omringende Dorpe: Brits
Onmiddelike verwydering van perseel: Dwelms en 'n Bloubul trui of ander Bulls Memorabilia.
Wat moet jy saambring? Eie tent (maar hier 4 man-tente). Eie slaapsak en eetgerei. Verversings. Ordentelike stapskoene. Kampstoel. Fietse en sonskerm. Hoed. Verkyker. Muskiet-goed. Reënjas. Swemhandoeke. FUN Attitude. Lagspiere. Sakkie albasters. Koplig of flits. 1 Pak Marshmellows. 'n Ou stel klere (en skoene) vir rivier of dam. Bergfiets. Braaitang (slegs mans). AAA batterye vir jou koplig (3).
Respekteer asseblief inwoners en besoekers aan Rust Oord Bosveld Kamp deur nie harde musiek te speel na 00:00 nie. 'n minimum Deposito van 30% van ooreengekomde bedrag, moet jou aansoek vergesel om kamp toekenning te bevestig. Finale balans teen 11 Maart 2022. *Vra vir Early Bird prys (volle betaling teen 11 Maart 2022).
Tydens EOK#8 het ons 'n behoeftige persoon gehelp om saam te kom kamp. Haar/Sy kamposte was geborg en kon die kamp saam met ons geniet. Ons wil graag hierdie tradisie voortsit - en is BAIE dankbaar vir ons BORG! - weereens dankie! In groepsverband kan ons 'n groter verskil maak in 'n mamma/pappa en kind(ers) lewe - deur 'n MEMORY te skep op hierdie kamp wat hul ewig sal bybly.
Kultuur Avontuur Kamp
Vra gerus vir verwysings van enkel ouers wat al bygewoon het.
Paul Joubert (52): Kamp Voog Enkel Ouer Kampe 12, Die Voortrekkers 27 kampe, Redakteur My Volk, Erfenis Aktivis, Omroeper en 'Content Writer' Radio Kuber Kontrei, Kulturele Streeksgids Gauteng - NQF4 (deur Drum Beat Academy)*
Gareth Ferreira (36): Kamp Voog Enkel Ouer Kampe 4
Ronel du Toit (47): Kamp Voog Enkel Ouer Kampe 2
Sarel Botha (56): Kamp Voog Enkel Ouer Kampe 2
Kultuur Avontuur Kamp
- EOK#13 | 18 Maart 2022 - 21 Maart 2022
- EOK#14 | 15 April 2022 - 18 April 2022
- TRE#01 | 17 Junie - 19 Junie 2022 *Singles
- EOK#15 | 01 Julie 2022 - 04 Julie 2022 *Enkel Ouer
- RKK#5 | 09 Augustus 2022 Radio Kuber Kontrei Golf Dag (Akasia) Pretoria
- NAM#01 | 1 September 2022 - 7 September 2022 Pretoria tot Namakwaland Blomme-bustoer
- RSA#01 | 9 September 2022 - 11 September 2022 Sewes Wêreldbeker Toernooi Kaapstad
- EOK#18 | 23 September 2022 - 25 September 2022
- EOK#16 | 06 Oktober 2022 - 09 Oktober 2022
- EOK#17 | 16 Desember 2022 - 19 Desember 2022 Enkel Ouer Vaaldriehoek
- EOK#19 | 5 Januarie 2023 - 8 Januarie 2023
Bank: Capitec
Takkode: 470010
Rekening: 127 236 2823
Naam en Van as verwysing (sms 079 219 6735)
*Kredietkaart en Paypal betalings welkom!

