"Waar is hulle dan almal nou?"
"Party van hulle is in die hemel en ander is hier op die aarde rond by ons. God stuur hulle om na ons te kyk, net soos jy sien hoe die engel daar in die prent die kindertjies bewaar. Ons kan hulle nie sien nie, maar hulle kan ons sien. Wanneer ons goed is, is hulle gelukkig, maar as ons stout is, huil hulle, so het Jesus gesê."
"Mammie noem my soms 'n engeltjie," sê Peggy.
"Sy doen dit maar baie selde," sê Ousus.
"Sy noem my baie 'n engeltjie," het Peggy weer gesê.
"Wel, ons kan almal engeltjies sonder vlerke wees. Ons dink aan die engele as goeie, vriendelike en liefdevolle wesens - dit is wanneer ons ook so is dat ons vir engele aangesien word! As ons net vlerke gehad het, dan sou niemand die verskil kon sien nie. Weet jy van mense wat so is?"
Peggy het vir 'n rukkie gedink en toe gesê "Wel, daar is Tannie en ou mevrou Goodyear en...e...my vriendin Bessie en...e...e..."
"En wat dan van Mammie Peggy?"
"O ja, en natuurlik Mammie. Sy sorg altyd so mooi vir ons net soos daardie engel in die prent."
"Ja, en dink net aan alles wat sy elke dag vir ons doen: sy kook vir ons kos, was ons klere, verpleeg ons wanneer ons siek is, sy help ons met ons huiswerk en lesse en sy gee vir ons presente..."
"O ja, Mammie is die beste engel Sussie. Dis 'n wonder dat sy nog nie vlerke gekry en weggevlieg het nie."
Op daardie oomblik het hulle die gemakstoel daar anderkant in die kamer hoor kraak, 'n kop het agter die koerant verskyn en 'n stem het gevra "En wat van Pappie dan?".
"Natuurlik is Pappie ook 'n engel, maar Pappie het darem nog nie vlerke nie."