As die lente oor die velde
in 'n asem groen ontwaak,
leer en speel ons in ons eie,
word die toekoms oopgemaak.
Om die kampvuur; in die stiltes,
weef ons drome in die wind,
strek ons uit na die horisonne
sal die hoop ons saam verbind.
KOOR
Hou koers! Hou koers!
Deel die liefde vir ons land
Hou koers! Hou koers!
Pluk die toekoms, vat my hand
VERKENNERS
As die son se moreklanke
saggies in my oor kom lê,
kies my voete wandelpaaie,
weet ek wat my siel wil hê.
Oor die vlaktes, deur die ruimtes,
lê my spore ankervas,
volg ek bly my volk se roetes
met geloof se klein kompas
KOOR
VOLWASSENES
As die somer in sy glorie
my op tenger halms rig,
reik my hand in diepe ootmoed
na die sekel van my plig.
Erf my kennis, leef my vreugde,
volg die sterre in hul baan,
voel die polsslag van die lewe,
loof die Bron van ons Bestaan.
KOOR