Hy het vir 'n paar minute daar gestaan en dink en om die waarheid te sê, was hy 'n bietjie bang ook. "Daar is nog een ding wat ek kan doen," sê hy weer vir homself, "maar ek wonder of dit enige verskil sal maak.
'n Oomblik later het hy sy oë toegemaak en Jesus gevra om hom die pad uit die bos te wys na sy oom se plaas. Toe hy sy oë weer oopmaak, was die eerste ding wat hy sien, 'n lig daar tussen die bome.
"Dit is snaaks, ek het dit nie voorheen gesien nie. Wat sou dit kan beteken? Wel, ek gaan dit volg, ek moet tog die een of ander rigting inslaan."
So het hy dan agter daardie lig aangeloop totdat hy eindelik uit die bos was. Skielik het hy 'n ander lig daar in die verte gesien en daarheen geloop. Eerlank het hy gesien dat dit van 'n plaashuis gekom het en toe het hy sommer vinniger geloop, want hy het geweet dat dit sy oom se huis was. Hoe bly was hy nie toe hy daar veilig aangekom het!
"Maar daardie lig in die bos," het hy aan sy oom gevra toe hulle oor sy benoude ervaring gepraat het, "hoe het dit daar gekom?"
"Dit was 'n bol vuurvliegies," het sy oom glimlaggend gesê.
En dit was ook. Maar God kan selfs vuurvliegies gebruik om die gebed van 'n seun te verhoor.