Slaaptyd stories deur Arthur S. Maxwell
Die Verkeerde Sleutel
Henry het al kwater en kwater geword. Op die tafel voor hom was 'n klein swart kissie wat sy Vader hom gegee het, en waarin hy sy kosbaarhede toe gesluit het sodat sy broertjie hulle nie kan bykom nie. Die kissie was gesluit, en Henry het geprobeer om dit oop te sluit.
Die sleutel wou eenvoudig nie in die slot draai nie.
Hoe hy ookal geprobeer het, kon hy dit nie oop sluit nie.
Hy het die sleutel ingesteek en dan weer uitgetrek, hy het dit so gedraai, en dan weer so, maar die kissie oopkry was min.
Hy het met sy vuis op die kissie geslaan, hy het dit geskud, en dan weer onderstebo gehou, maar niks wou gebeur nie.
En hy was so haastig. Hy het belowe om een van sy vriende in die dorp te ontmoet, maar die posseëls wat hy hom wou wys, was in die kissie teogesluit. Maar waarom wil die kissie dan nie oopgaan nie? Toe het Moeder ingekom en gevra wat skeel.
"Dis hierdie kissie," het Henry kortaf gesê. "Ek kan dit nie oopkry nie."
"Laat my probeer," het Moeder gesê.
"Dit sal nie help nie," het Henry gesê. "Ek het al oor en oor geprobeer."
"Miskien het jy die verkeerde sleutel," het Moeder gesê.
"Nee, ek het nie," het Henry ongeduldig gebrom; ek ken tog seker die sleutel van my kissie."
"Jy behoort dit te ken," het Moeder gesê, "maar alle mense vergis hulle soms."
"Wel, ek het nie," het Henry dadelik gesê. "en tog wil dit glad nie oopsluit nie!"
Moeder het haar ontrrek.
Weer het Henry die sleutel begin draai. Eindelik het hy woedend 'n tang gegryp en die sleutel 'n geweldgie draai gegee.