My Volk +(Die Trekpad van 'n Nasie) ENKEL OUER KAMPE
Vertellers Die Groot Verhaalboek Die vaal koestertjie

Release Sce™ Forte

Medikasie wat die simptome van angs, depressie, ADD / ADHD, demensie en menopouse kan behandel. 'n Nie-gewoonte vormende natuurlike produk en sonder voorskrif. 
Community-verified icon


Release Sce™ Forte Agent
Vertellers Die Groot Verhaalboek

Die vaal koestertjie

Die klein meid Nampti, die vaal koestertjie, was só klein dat die hansbokkies haar omstoot as hulle speel.

Die ouma was só oud dat sy skaars elke dag kon  hout bymekaarmaak. Nampti  moes vuur maak, koskook en die bokke oppas. En die ander op die werf h et dié twee sleg behandel. As daar vlees kom, kry hulle niks, en die jong vroue spot die ouma om sy krom loop en die een been kreupel is. Hulle noem  haar die Ou Wolf.(1)

(1)Gewone Boesman-bynaam vir iemand wat kreupel is. Die wolf loop asof hy kreupel is in een agterbeen.

Gampta, my vaal sussie! / Al wat ekk in die wêreld het buiten my ouma. / As jy bo in die lug sing, / kan jy al die wonderlike dinge onder sien: / waar die hasie wegkruip en die steenbokkie sy lêplek maak. / En die vroue kan jou nie raak nie, / want jy is sterker as almal, / al is jy swakker as ek. / Selfs die bergleeu wat ons bang maak as hy snags brul, / kan jou nie raak nie. / Ek sal jou oppas, my sussie, / tot al jou kleintjies groot is.

En die vaal koestertjie sing bo haar kop:

My vaal sussie, Nampti, / ek sien jou!(2) / Ek sal jou 'n groot ding vertel: / vannag toe die volstruiswyfie(3) / met haar kleintjies wegsak, / het die bergleeu, wat julle bang maak, / die gifstel in die fonteinkloof afgetrap. / En hy lê dood in die groot ghwarriebos. / Die een wat sy baardhaar onder die vel steek, / word 'n leeu, solank as die volstruiswyfie in / die groot veld met haar kleintjies wei.(4)

(2)'n Uitdrukking van dankbaarheid.  (3)Die Sewegesternte. (4)Tussen die opkom en ondergaan van die Sewegesternte: in die begin van die winter.

En sy rol haar klein karossie oor die een arm en hardloop vinnig na die fonteinkloof; en in die ghwarriebos sien sy lê die bergleeu wat lank die werf bang gemaak het. En sy ruk die langste baardhaar uit en druk dié onder die vel van haar arm.

En die koestertjie-wyfie sing bo haar kop in die lug: "Nampti, my vaal sussie! Nou is sy sterker as almal; en bo al die vroue wat haar ouma spot."

En die aand, toe sy by die huis kom met die bokke, sê haar ouma: Waarom blink die oë so in die donker?" En Nampti lag.

En toe die maan uitkom, staan sy van die slaapmat op en sy gaat uit. En toe sy op die werf kom, huil die honde, en die bokke blêr agter die skerms. En sy siet haar skaduwee is die skaduwee van die bergleeu. En sy loop soetjies na die skerm van die Voorman, Oukiep. Hulle sit by die vuur en vlees braai, en om hulle staan die kalbasse met melk. En Nampti blaas deur die takke, en almal spring op en hulle hardloop in die strooihuis en slaan die deur toe, en sy hoor binnekant skree die vroue. En sy vat die vetste van die vlees en die grootste kalbas melk, en sy dra dit na haar ouma. En toe hulle eet, sê die ou vrou, wat blind is in die donker: "Waarom lek my kleintjie met die tong as sy melk drink? 'n Mens drink nie so nie." En Nampti lag hard.

En elke nag loop sy uit as die volstruiswyfie bo is, en al die beste kos op die werf dra sy in hulle skerm. 

En in die dag sê die jong vroue: "Waarom is dit dat die Vaal Koestertjie so vet en mooi en groot word? Waar kry die ou krom Wolf die kos vandaan om haar te gee?"

En Nampti lag maar net.

En toe sy groot word, sê al die jongkêrels: "Daar is nie een meisie op ons werf wat naby Nampti kom nie!"

En klein Oukiep, die seun van die Voorman, bring tien bokke na die ouma om vir haar te vra. En Nampti sê: "As jy my vaal sussie altyd sal oppas solank as haar nessie in die gras lê, kan jy my kry." En hy belowe.

En dit was die grootste bruilof wat hulle ooit op die werf gehad het.

En toe die kos uitgedeel was, bring Nampti 'n vet rietbok uit haar skerm. En klein Oukiep sê: "Watter soort vrou het ek gekry? Waar kry 'n meisie die krag om in die nag bokke te vang?"

En Nampti lag maar net; maar die bruidegom se hart bewe. En toe Nampti die dag in die veld loop, sing die koestertjie bo haar kop:

"Nampti, my vaal sussie, moet nooit in die nag drink nie; en as sy wakker skrik, moet sy die karos oor haar kop trek."

En die nag toe Nampti in die nuwe strooihuis slaap, skrik sy wakker, en sy staan op om water te drink uit die groot kalbas op die kosbank. En klein Oukiep siet haar, en hy kruip weg onder die kooigoed.

En toe dit dag word, hou hy raad met die voormanne en die raadsmanne en hy sê: "In die nag blink haar oë soos groen vuur; en sy lek met die tong as sy water drink."

En die raadsmanne sê: "Dit is 'n baie verkeerde ding. Ons sal vannag buite wag hou en deur die rookskeur loer, en as dit so is, sal ons die werf skoonmaak van die ongedierte."

En Nampti hoor agter die skerm wat hulle sê.

En toe die gras droog word, loop sy in die veld en sy roep: "O, my vaal sussie, die hart van jou sussie is seer. Jy het my gehelp en nou gaat ek deur jou woord in die groot ongeluk!"

En die trane loop uit haar oë.

En die vaal koestertjie sing bo haar kop: "Waar is die gevaar? Is dit nie die werk van die man om boegoe te smeer aan die vrou se arms nie?" En Nampti lag toe sy weer werf toe loop.

Vertellers Die Groot Verhaalboek

 Vind Audio weergawe onder aan die blad.

Enkel Ouer en Kind Kamp

Enkel Ouer Kamp

R1559
Kultuur Avontuur Kamp Stapgroep Pretoria

Stapgroep (Voetslaanklub)

R150
Perdry Pretoria Om die Dam

Om-die-Dam Perderoete

R161
Ward 91 Tshwane

Onafhanklike Kandidaat (Pretoria) 

R600

En toe dit nag word, sê sy: "My man, is dit nie die gewoonte dat die man boegoe aan die bruin se arms moet vrywe nie? Waarom dan is dié gewoonte in ons huis dood?"

En klein Oukiep vat die gemaalde boegoe uit die veldsakkie en hy vryf haar arms. en dit begin donker word; en agter die skerm sit die raadsmanne. En klein Oukiep sê:

"Waarom blink my Napti se oë groen in die donker?" En Nampti lag. En hy sê weer: "Waarom word my Nampti se naels krom en lank?" En Nampti lag.

En sy stem bewe en hy sê: "Waarom is daar hare aan my Nampti se arms?"

En Nampti lag en sy sê: "Vryf die boegoe, laat ons by die gewoonte bly."

En sy hart word swak; en hy sê: "Hier is ' n doring in my Nampti se arm."

En Nampti sê: "Is dit dan nie die man se werk om dit uit te trek nie?" En hy vrywe met die boegoe , en haar arm word die voorpoot van 'n leeu, en haar stem begin diep word. En hy trek die baardhaar uit en toe roep hy na die voormanne: "Dis 'n leeu! Help my, my Ta, of ek is gedaan!"

En hulle hardloop in met messe en ligte, en toe die strooihuis lig word, siet hulle in die middel sit Nampti, en klein Oukiep vryf haar arms met boegoe. En Hulle sê: Waar is die leeu?"

En klein Oukiep word skaam en hy sê: "Ek was bang in die donker. Ek het gedroom." En hulle groet Nampti met mooi woorde.

En sy het altyd die voorste vrou op die werf gebly.

EUGENE N. MARAIS

Vertellers

Saamgestel deur Merwe Scholtz

Eerste Uitgawe

ISBN 0-7981-2853-4

Vertellers Die Groot Verhaalboek

Volgende storie, asseblief?

Radio Omroeper Kort Kursus

Radio Omroeper Kort Kursus

R2095
Adult Pharma

A Pill to Thrill (Distributor Agents Needed)

R350
Independent Candidate Course

Online Independent Candidate Course

R3499
Shuttle Services Pretoria

Privaat UBER Pretoria (Shuttle Service)

R519
< >