Slaaptyd stories deur Arthur S. Maxwell
Die Tweeling se Wens
As ek so oud as Pappie is,
sal ek self in die motor ryna die dorp,
en gou weer terug -daar waar die baie lekkers is.
As ek so oud as Pappie is,
sal ek tot laat toe wakkerbly.
Eers as ek regtig lekker gaap,
sal ek uittrek en gaan slaap.
As ek so oud as Pappie is,
sal ek vir my 'n boot aanskaf.
Daarmee sal ek op die see,
saggies dryf en heerlik wieg.