My Volk+ (Die Trekpad van 'n Nasie) ADULT PHARMA 
Oom Attie se slaaptyd stories

Adult Pharma

MALE (and FEMALE) LIBIDO BOOSTER
We offer fast, secure and reliable ordering with your complete privacy. We will go the extra mile for each and every customer. Money Back Guarantee. Express Delivery. Safe Payments.
Community-verified icon


Female and Male Libido Boosters
Slaaptyd stories deur Arthur S. Maxwell

Die storie van Ballonne en Vliegtuie

Diep in die hart van die mens het daar altyd 'n begeerte geskuil om te kan vlieg soos die voëls. Julle het ook al seker so gevoel, het julle nie? Koning Dawid het gewens dat hy kon vlieg, want hy het gesê: "Ag, had ek maar vlerke soos die duif, dan sou ek wegvlieg!"

Lank voordat daar gedink is aan vliegtuie, was daar baie mense wat pogings aangewend het om te vlieg. Gewoonlik het hulle groot vlerke aan hulle arms vasgemaak, en dan van 'n hoë muur, of 'n berg afgespring, in die hoop dat hulle deur hulle arms te beweeg sou kon vlieg. Natuurlik het al hierdie pogings misluk.

Een man, 'n Italiaanse alchemis, wat teen die einde van die sestiende eeu geleef het, het geprobeer om van die muur van die Stirling-kasteel af te vlieg. Hy het op die muur geklim, sy verke aangesit en afgespring. Hy het gouer met die grond kennis gemaak as wat hy gereken het, en het sy been gebreek. Toe aan hom later gevra is waarom sy poging dan misluk het, het hy gesê dit was omdat daar hoendervere in sy vlerke was, en dit het om af grond toe getrek. As sy vlerke deurgaans bestaan het uit arendsvere, sou hy opgestyg het. Dit was natuurlik sommer pure twak; hy het nie 'n tweede poging aangewend om te vlieg nie.

In daardie vroeë dae was daar baie snaakse idees oor hoe om te vlieg, en daar was snaakse planne beraam. 'n Hele paar mense het gemeen dat as hulle van daardie dun vloeistof, wat, soos hulle gelgo het, bokant die atmosfeer bestaan, in 'n kassie kon toemaak, hulle probleem opgelos sou wees. Maar die groot moeilikheid was hoe om van daardie vloeistof in die hande te kry. 'n Man genoem Lauretus Laurus het gemeen dat hoendereiers, gevul met dou, sou opstyg, want in daardie dae is daar algemeen geglo dat dou in die nag van die sterre neerdaal, en dat dit in die dag weer in die lug opgetrek word!

Hierdie idees klink vandag vir ons vandag baie belaglik, maar dis 'n aanduiding van wat mense alles bereid was om te glo in hulle soektog an die geheim van vlug. In die jaar 1782 het twee broers, Montgolfier, wat naby Lion, Frankryk, gewoon het, 'n baie goeie plan uitgedink. Hulle het die beweing van die wolke in die lug bestudeer, en hulle het gemeen dat as hulle iets soos 'n wolk in 'n groot, ligte sak kon sit, dit miskien in die lug sou opstyg.

Met daardie plan in gedagte het hulle 'n sak gemaak, dit met rook gevul, en tot hulle groot vebasing en blydskap, het dit opgestyg. Hulle het natuurlik gedink dat dit die rook was wat die sak laat opstyg het. Dit was egter eers heelwat later dat daar ontdek is dat dit die warm lug in die sak was sat dit laat opstyg het - julle sien hulle het die sak oor 'n vuur gehou om die rook daarin op te vang.

Die twee broers het voortgegaan met hulle proefnemings totat hulle uiteindelik met 'n groot ballon in die lug opgestyg het. Op 5 Junie 1783 het hulle hulle ballon op 'n stuk oop grond oor 'n vuur met warm lug gevul. Toe hulle dit losmaak, het dit vinnig hoog in die lug opgestyg; na sowat 10 minute in die lug het dit wowat anderhalf myl weer op die grond neergedaal. Daar het groot opgewondenheid onder die toeskouers geheers, en die wonderlike nuus het soos 'n veldbrand versrpei. Die publiek het geld bygedra vir verdere proefnemings.

Die eerste vlieërs

Die eerste vlieërs was 'n skaap, 'n hoenderhaan, en die Montgolfier-ballonne vasgemaak was, en op 19 September 1783 het die ballon, in teenwoordigheid van die koning en koningin van Frankryk opgestyg. Dit het vir sowat agt minute hoog in die lug gebly. Die diere het ongedeerd daarvan afgekom, behalwe net dat die skaap een van die eend se vlerke beseer het.

Sowat 'n maand later het die eerste mens opgestyg. Die tog is onderneem deur die Fransman, Rozier, op 15 Oktober 1783. Hy het verskeie keer opgestyg en bewys dat dit moontlik om vuur saam te neem om die ballon gevul te hou. Op 21 November het hy dit gewaag om in 'n los vuurballon op te styg. Hy het 'n hele ruk in die lug bely en veilig weer neergestryk.

Die mode om met ballonnne op te styg het ook in Engeland posgevat, en op 25 November 1793 is daar in London opgestyg met 'n ballon gevul met gas. Dit het groot belangstelling gelok.

Vroeg die volgende jaar is daar 'n ballon in Kent opgestuur. dit was die eerste ballon wat oor die Engelse kanaal gedryf het - die wind het dit oorgewaai en dit het in Warneton in Frankryk neergestryk. Ses maande later het die Skotte hulle eerste ballon sien opstyg. Honderde belangstellendes het gesien hoe meneer Tytler in 'n vuurballon in Edenbrug in die lug opgegaan het. Terwyl meneer Tytler in Skotland besig was met sy proefnemings, het Vincent Lunardi voorbereidings getref om in Londen op te styg. Die hele Engeland was die ene belangstelling. 'n Groot skare het Lunardi se poging gesien wat met sukses bekroon was.

Meneer Lunardi se passasiers was 'n hond, 'n kat, en 'n duif. Daar was roeispane aan die balllon om dit mee te stuur. Die duif het ontsnap, en een van die roeispane het in die lug afgebreek. 'n vrou wat die ding sien val het, het gedink dat dit Lunardi was; sy het inmekaargesak en is kort daarna dood.

Toe die ballon oor Londen was, was daar 'n belangrike saak in die hof aan die gang. Die jurielede hetdadelik besluit dat die aangeklaagde onskuldig is, en die hof het verdaag sodat almal na die ballon kon kyk. Terselfdertyd was die koning en sy ministers besig met 'n konferensie, maar toe die ballon verskyn, het hy dadelik die konferensie verdaag.

Die eerste tog oor die Engelse Kanaal het groot belangstelling verwek, en die twee insittendes het benoude oomblikke gehad - hulle was Dr. Jeffries en M. Blanchard. Hulle het op 7 Januarie 1785 in Dover opgestyg. Nadat hulle 'n derde van die afstand oor die kanaal was, het die ballon begin sak. Hulle het alles wat hulle maar kon uit die ballon gegooi, en toe het dit weer begin styg. Toe hulle nog so 'n kwart van die distansie moet aflê, het die ballon weer begin sak. Toe hulle amper in die see was, het hulle vinnig hulle klere uitgetrek en oorboord gegooi. Dit het die ballon weer laat styg, en eindelik het hulle die Franse kus bereik. Hulle het in 'n bos neergestryk, byna verkluim, maar hulle was tog oorwinnaars. Skielik was hulle helde, en hulle is ereburgers van Calais gemaak.

Sedert daardie vroeë dae is daar groot vordering gemaak met diekonstruksie van ballonne. In die jaar 1836 het daar 'n ballon in Londen opgestyg, en dit het 500 myl daarvandaan in Nassau, Duitsland, neergestryk, nadat dit vir agtien uur in die lug was. Dit het bekend geword as die Nassau-ballon. Dit is terug gebring na Engeland en nog lank daarna gebruik.

Een van die opspraakwekkende gebeurtenisse in die jaar 1863 was die vervaardiging van 'n resueballon wat met 'n huis van latwerk opgestyg het. In die huisie was 'n drukpers, 'n fotografiese departement, 'n verversingskamer, en 'n privaat.

Dertien mense is in die huise opgeneem, en hulle het baie voedsel saamgeneem, want hulle sou 'n lang vlug onderneem. Maar die vlug het tog nie lank geduur nie. Hulle het om sewe-uur opgestyg, en teen nege-uur was hulle weer op die grond, want iets het met die meganisme verkeerd geloop. Veertien dae later is 'n tweede poging aangewend, en toe het hulle sewentien uur in die lug bebly, net meer as 400 myl afgelê. Toe hulle egter neerstryk, het die ballon in 'n geweldige windstorm beland wat dit vir agtien myl op die grond gesleep het. Al die opvarendes het beserings opgedoen.

Slaaptyd stories deur Arthur S. Maxwell

 Vind Audio weergawe onder aan die blad.

Enkel Ouer en Kind Kamp

Enkel Ouer Kamp

R1559
Kultuur Avontuur Kamp Stapgroep Pretoria

Stapgroep (Voetslaanklub)

R150
Perdry Pretoria Om die Dam

Om-die-Dam Perderoete

R161
Ward 91 Tshwane

Onafhanklike Kandidaat (Pretoria) 

R600

Bestuurbare ballonne

Van die eerste proefnemings met ballonne het mense begin dink oor metodes om hulle in die lug te stuur sodat hulle nie aan die genade van die wind oorgelaat word nie.

Alle soorte spane is geprobeer, maar sonder sukses. Daar is selfs ligte stoommasjiene aangebring om die ballon voort te dryf, maar dit was te gevaarlik, omdat net een vonkie die gas in die ballon sou laat ontplof. Een uitvinder het in die jaar 1872 agt man saamgeneem om die skroef te draai, maar hulle kon nie wind-op vaar nie.

Die vervaardiging van 'n petrolmotor om die ballon voort te dryf, het eindelik die windmoeilikheid oorkom. Sulke motors is lig en kan groot krag ontwikkel. Die eerste pogings was nie te suksesvol nie, en daar was baie ernstige ongelukke. In die jaar 1897 het 'n sekere Dr. Wolfert 'n motor in sy ballon gebruik die ballon het in die lug ontplof met noodlottige gevolge.

Dit was ook in die jaar 1897 dat Graaf Zeppelin met sy proefnemings begin het. Sy plan was om 'n langwerpige ballon op'n aluminium-raamwerk te vervaardig, deur motors aangedryf. In sy eerste poging het hy iets oor die drie myl in sowat tien minute gevlieg. Daar is verberings aangebring, en ons weet vandag almal hoe Zeppelins in die eerste wêreldoorlog gebruik is.

Later is daar groot en kragtige lugskepe gebou. Die beroemde R-34 het heen-en-weer oor die Atlantiese Oseaan gevlieg. 'n Duitse lugskip, die ZR-3 het die 5,000 myl van Switserland na New York in 'n bietjie meer as tagtig uur gevlieg. Sulke lugskepe is egter baie duur om te vervaardig, maar hulle is nie beter as groot vliegtuie van ons tyd nie.

Vliegtuie

Die vooruitgang wat daar gemaak is op die gebied van die lugvaart, is regtig merkwaardig. Voor die jaar 1903 was daar geen vliegtuie nie. In daardie jaar het die broers Wright vir die eerst keer in die lug opgestyg in 'n vliegtuig met 'n motor. Natuurlik was daar voor daardie tyd baie proefnemings. In die jaar 1768 al is daar gedink aan 'n vliegtuig met 'n skroef, en dit is vreemd dat daar so baie jare verloop het voor die plan met sukses uitgevoer is. Een van die moeilikhede was om 'n sterk genoeg motor te vervaardig wat terselfdertyd ook lig genoeg sou wees. Die mense het met stoommasjiene geprobeer, maar sonder sukses, want die gewig van die masjien , die water en die steenkool was te swaar. Met die vervaardiging van petrol-motors is die moeilikheid eindelik oorkom. Die broers Wright het hulle sukses te danke gehad aan die petrol-motor waarmee hulle gevlieg het.

Na daardie tyd is daar vinnig gevorder met die vliegkuns. In die jaar 1910 het 'n Londense koerant, die Daily Mail, 'n prys van sowat £10,000 uitgeloof vir die eerste suksesvolle vlug van Londen na Manchester. Die prysgeld is gewen deur M. Paulhan.

In die eerste wêreldoorlog is die groot waarde van vliegtuie besef, beide as aanvals- en verdedigingswapen, met die gevolg dat daar gedurig beter vliegtuie vervaardig is.

Deesdae is daar vliegtuie wat binne ses uur oor die Atlantiese Oseaan kan vlieg, en wat veilig rondom die aarde kan gaan. Die meeste lande het tans gereelde lugvaartdienste, veral vir die vervoer van posstukke en passasiers, en ook vir goedereverkeer.

Op die gebied van die lugvaart word daar gedurig beter en vinniger vliegtuie gebou; moontlik sal vliegtuie nog so algemeen gebruik word as motorkarre, en kinders mag heen en weer skool toe vlieg!

Wanneer daardie dag aanbreek, sal ons nie hoef te dink waar om vir die vakansie heen te gaan en hoe om daar te kom nie. Ons sal sommer daarheen kan vlieg. Dink julle nie dit sal regtig heerlik wees nie?

Slaaptyd stories deur Arthur S. Maxwell

Volgende storie, asseblief?

Radio Omroeper Kort Kursus

Radio Omroeper Kort Kursus

R2095
Adult Pharma

A Pill to Thrill (Distributor Agents Needed)

R350
Independent Candidate Course

Online Independent Candidate Course

R3499
Shuttle Services Pretoria

Privaat UBER Pretoria (Shuttle Service)

R519
< >