My Volk+ (Die Trekpad van 'n Nasie) ADULT PHARMA 
Oom Attie se slaaptyd stories

Adult Pharma

MALE (and FEMALE) LIBIDO BOOSTER
We offer fast, secure and reliable ordering with your complete privacy. We will go the extra mile for each and every customer. Money Back Guarantee. Express Delivery. Safe Payments.
Community-verified icon


Release SCE Replacement
Slaaptyd stories deur Arthur S. Maxwell

Hoe om goed te vind

Hoe vol geraas is hierdie ou wêreld tog! En dit lyk of die geraas met die dag toeneem en erger word. Daar is byna geen plek meer waar 'n mens stilte kan vind nie. Probeer maar om vir 'n rukkie stil te sit - doodstil - en luister mooi. Watter soorte geraas hoor julle?

Die radio, natuurlik. Miskien speel dit 'n mooi stukkie musiek, of miskien nie. Dit is een van die hedendaagse soorte geraas wat ons moet verduur. Miskien is iemand in die huis langsaan besig om te oefen op die klavier. Dit is baie hard op 'n mens se senuwees, is dit nie? Of dit kan wees dat iemand besig is met 'n platespeler. Dan is daar die telefoonklokkie wat baie lastig kan wees. In die straat voor ons deur is dit die gerammel en getoeter van motors en vragmotors.

Dis heerlik om so nou en dan 'n absoluut stil tydjie te hê, dit is baie strelend. 'n Mens dink verhewe gedagtes wanneer alles stil is, gedagtes wat andersins onmoontlik sou gewees het, veral as daar 'n groot lawaai aangaan.
'n Tydjie gelede het ek 'n groot motorwerkplaas besoek - dis 'n plek waar Londen se 5 000 motorbusse nagesien en reggemaak word. Die geraas daarbinne was verskriklik. Dit was 'n gehamer van 'n ander wêreld! Julle het nog nooit so 'n lawaai gehoor nie - 'n mens kan jou eie stem nie daar hoor nie.

In die middel van daardie groot werkplek was daar 'n afgehokte plekkie, min of meer soos 'n telefoonhokkie, maar heelwat groter en met 'n glasdeur. Binne kon werksmense gesien word en ek het gewonder wat hulle daar maak. Ek het aan iemand gevra om te verduidelik.

"Ons noem dit die stil kas," het hy gesê.

"Waarom dan die stil kas? Ek het nog nooit van so iets gehoor nie."

Radio Kuber Kontrei

Radio Omroeper Kort Kursus

R2095
Campaign Manager Training

Online Independent Candidate Course

R3499
Body Language Course

Online Body Language Course

R2095
Tafel Tennis Klub Pretoria

N4 Gateway Tafeltennis Klub Pretoria

R70

"O, dis maar sommer 'n naam vir die plek. Dit is daar waar die werktuigkundiges die masjiene toets, die deskundiges moet luister na die ritme van die motor en om dit te kan doen, maar daar absolute stilte wees om te kan hoor of alles reg loop. Daar is so 'n verskriklike lawaai in die gebou dat die manne dit nie daar kan doen nie. Dit is om hierdie rede dat daardie stil plekkie geskep is, want as daar enige fout in die werking van die motor is, kan hulle daar sommer baie gou hoor dat die motor nie reg werk nie."

Dit het my laat dink. Dit is baie nodig dat ons ook so 'n stil kas moet hê te midde van die lawaai van die moderne lewe. 'n Plek waar ons kan luister na ons eie "motore" om te hoor of die ritme reg is en of hulle in harmonie met die wil van die God klop. Ons moet 'n plek hê waar ons kan luister na die stem van die Groot Werktuigkundige.

Dit is snaaks, is dit nie, maar Jesus het lank gelede al alles geweet van die stil kas. Toe Hy met Sy dissipels oor gebed gepraat het, het Hy aan hulle gesê: "Wanneer jy bid, gaan in jou binnekamer, sluit jou deur en bid jou Vader wat in die verborge is en jou Vader wat in die verborge sien, sal jou in die openbaar vergelde." Matt. 6:6
Ons behoort almal êrens 'n stil kas te hê, julle en ek en almal, kinders, Pappas en Mammas. Sal jy nie een vir jouself maak nie? Dit sal vir jou deur jou hele lewe 'n baie groot seën wees.

< >
Slaaptyd stories deur Arthur S. Maxwell

Volgende storie, asseblief?