Toe, skielik, byna reg voor 'n bus in, het 'n seuntjie kat in sy arms gegryp en teruggehardloop na die sypaadjie.
Dit was 'n seuntjie wat koerante verkoop het, maar die kat het veilig by hom gevoel en het hom baie liefgehad vir sy vriendelike daad. Niemand anders het daaraan gedink om die kat te help nie. Hy het die kat saggies op die sypaadjie neergesit en die dier het tevrede aan sy voete begin spin.Op daardie oomblik het 'n welgeklede man na die seun toe gestap. Dit het gelyk of hy 'n lord was, of ten minste 'n parlementslid.
"Dit was 'n baie dapper daad van jou, my seun," het hy gesê. Gee my jou naam en adres, want jy verdien voorwaar 'n medalje vir hierdie daad."
"Ag loop!" het die seun gesê.
"Ek bedoel dit regtig," het die edele heer gesê. "Sal jy nie 'n medalje wil hê nie?"
"Ag loop!" het die seun weer gesê. "My Moeder het my geleer om goed te wees vir diere en nie 'n beloning daarvoor te verwag nie."
Daarmee het die seun hom omgedraai en weggehardloop en hy het die man en die kat daar op die sypaadjie net so laat staan!