My Volk +(Die Trekpad van 'n Nasie) ENKEL OUER KAMPE
Nuwe Geskiedenis van Suid-Afrika

Adult Pharma

MALE (and FEMALE) LIBIDO BOOSTER
We offer fast, secure and reliable ordering with your complete privacy. We will go the extra mile for each and every customer. Money Back Guarantee. Express Delivery. Safe Payments.
Male and Female Libido Boosters
Nuwe Geskiedenis van Suid-Afrika

Die Omvorming van die binneland

Deel III

INLEIDING

In die eerste helfte van die 19de eeu is die binneland van Suid-Afrika omvorm deur twee merkwaardige trekbewegings: die Mfecane (of Difaqane) en die Groot Trek.

Die sosiale, ekologiese en ekonomiese krisis wat in die loop van die 18de eeu in die Nguni-gemeenskap van Natal ontstaan het, het 'n wydverspreide uitwerking op die bevolkingspatrone en die -groeperinge in die binneland gehad. Hierdie grootskaalse migrasie van Swartmense was uitgebreider as die Groot Trek, en die verwoesting en lewensverlies wat daarmee gepaard gegaan het, was vir die hele Suider-Afrika van die grootste belang. Maar van nóg nryrlrmod esd fsy fo 130 tyd van onrus "hoofsaaklik 'n proses van positiewe politieke verandering" was, soos die historikus John Omer-Cooper dit stel.

In die dertigerjare van die 20ste eeu is die Groot Trek deur die historikus Eric Walker bestempel as "die sentrale gebeurtenis in die geskiedenis van die Europeër in Suider-Afrika". Teen die tagtigerjare het daar dalk 'n klemverskuiwing plaasgevind, maar die landverhuising van die Voortrekkers bly 'n uiters belangrike gebeurtenis. Die Groot Trek was 'n migrasie van slegs 5 000 Afrikaners uit die Kaapkolonie, maar hul prestasies mag nie onderskat word nie. Hulle het om die Suid-Nguni getrek, ondanks aanvanklike terugslae die militêre mag van die Ndebele en Zulu gebreek, en daarin geslaag om onafhanklike republieke te stig wat uiteindelik deur Brittanje erken is.

In Deel III word die wisselwerking tussen die Mfecane/Difaqane en die latere Groot Trek beklemtoon en dié uiters belangrike ontwikkellinge in perspek geplaas. Teen die vyftigerjare van die 19de eeu was die samelewing van die binneland omskep in 'n inter-afhanklilke, veelrassige gemeenskap wat deur sowel samewerking as konflik gekenmerk is.

--- --- ---

Hoofstuk 9

Die Mfecane of Difaqane: Ruth Edgecombe

In die tweede dekade van die 19de eeu is die Bantoesprekende volkere van Suider-Afrika getref deur "'n sonderlinge krisis wat stamme verpletter, ander versprei en die oorblyfsels in nuwe kombinasies saamgegooi het", soos prof. C.W. de Kiewiet dit stel. Die Nguni-sprekende stamme het na dié krisis verwys as die Mfecane, wat "verpletter in 'n totale oorlog" beteken. Op die Hoëveld het die Sotho-sprekende volke dit die Difaqane of Lifaqane genoem, wat "gedwonge verhuising" of "hamering" beteken. Die gevolge van die Mfecane is oor 'n enorme gebied geboel, van dieoosgrens van die Kaapkolonie tot in Sentraal- en Oos-Afrika. Tydens die laaste fases van die Mfecane was daar 'n wisselwerking met die Groot Trek, en dié twee bewegings is ongetwyfeld van die belangrikste faktore wat die geskiedenis van Suider-Afrika tussen 1795 en 1870 bepaal het.

Dit is moeilik - en miskien selfs onmoontlik - om die oorsake en verloop van die Mfecane volledig na te speur. Daar bestaan min geskrewe bronne, en die beskrywings van 19de-eeuse Blanke reisigers, sendelinge en amptenare gee 'n beeld wat verwring is deur hul eie gebrekkige begrip van en voorveronderstellings oor gemeenskappe wat vir hulle vreemd was. Dit is ook moeilik om mondelinge oorleweringe as bronne te gebruik, want wanneer 'n stam ingelyf word, raak dit gewysig om by die nuwe orde in te pas. Wanneer ons bronne vir sulke mondelinge oorleweringe bowendien die geskrifte van Blankes, soos die sendeling A.T. Bryant of die inboorling-sakeamptenaar James Stuart is, word die interpretasie daarvan nog moeiliker. 'n Sintese en verklaring van die Mfecane sal dus noodwendig spekulatief moet wees, want teorieë is volop, mar bewyse min.

Dingiswayo, Zwide en die oorsprong van die Mfecane

Die Mfecane het sy oorsprong gehad in betekenisvolle veranderinge wat noord van die Thukela onder die Noord-Nguni-volke plaasgevind en uitgeloop het op die skepping van die Zulu-koninkryk. Teen die einde van die 18de eeu was daar 'n n eiging in dié streek om los konfederasies te vorm namate h oofmanne hul swakker buurstamme ingelyk het om h ul gevolg uit te brei. Voorheen was die poliltieke eenhede klein en is twiste besleg deur botsings op klein skaal wat slegs beperkte skade aangerig het. Spanninge binne dié klein stamme is gewoonlik ontlaai deur afsplyting: ontevrede elemente het eenvoudig weggebreek en nuwe weivelde opgesoek. In die geval van groter stamme, soos die Ndwandwe onder Zwide, die Ngwane onder Sobhuza en die Mthethwa onder Dingiswayo, het politieke, sosisale en militêre strukture egter ander vorms begin aanneem.

Teen die einde van die 18de eeu het Jobe, die hoofman van die Mthethwa, gesterf. Sy seun Dingiswayo het hom reeds vroeër probeer onttroon, maar die komplot het misluk. Dingiswayo is verband en kon eers ná Jobe se dood terugkeer. Toe het hy sy broer, wat Jobe opgevolg het, verdryf en self hoofman geword van die Mthethwa, wat in die driehoek tussen die see en die onderlope van die Mfolozi- en Mhlatuzerivier gewoon het. Hy het belangrike veranderinge in die sosiale en militêre organisasie van sy volgelinge aangebring. Die belangrikste hiervan was die ontwikkeling van die buthaing-stelsel, waardeur jong mans van ongeveer dieselfde leeftyd in amabutho, of regimente ingedeel is.

--- --- ---

Dingiswayo en die jaarregimente

By die klein 18de-eeuse stamme het jaargroepe reeds bestaan, hoofsaaklik met die oog op besnyding. Dit is nie bekend of Dingiswayo self die hoogs georganiseerde amabutho uit hierdie betreklike klein besnydenisgroepe ontwikkel het en of hy maar net veranderinge wat sy voorgangers reeds aangevoor het, verder gevoer het nie, maar ons weet dat die amabutho tydens sy bewind stewig gevestig geraak het. Jong mans onder sy gesag is opgeroep om 'n deel van elke jaar te dien, en elke jaarregiment, of ibutho, het sy eie onderskeidende drag en skildkleure gehad. Die tradisionele plaaslike reëling, waarvolgens mans van 'n nedersetting saam met dié van ander in die omgewing onder 'n plaaslike hoofman 'n gevergsgroep gevorm het wanneer die opperhoof dit beveel het, is dus vervang deur 'n soort "nasionale" militêre organisasie. Vaders en seuns, of broers, uit dieselfde nedersetting het nou in verskillende regimente gedien en in die eerste plek trou aan die opperhoof gesweer, nie meer aan hul plaaslike hoofman nie. Lojaliteit aan die regiment het dus swaarder geweeg as trou aan plaaslike of familiebande.

--- --- ---

Vanweë hierdie veranderinge het Mthethwa heelwat sterker as hul bure geword. Dingiswayo het sy mag begin uitbrei deur die meeste van dié bure te verslaan of hulle tot onderwerping te dwing. In die algemeen het hy die vrouens en kinders van die oorwonne stamme gespaar, en hy het dikwels ook die regerende families toegelaat om die bewind te behou op voorwaarde dat hulle aan hom lojaal bly. Dié stamme het in baie opsigte intak gebly, maar Dingiswayo het hul jong mans opgeroep om die amabutho te dien en so dié stamme geleidelik by die Mthethwa-konfederasie ingelyf.

Oorkant die Mfolozi, noord van die Mthethwa, het Zwide, die opperhoof van die Ndwandwe, 'n soortgelyke konfederasie opgebou, maarhy was veel minder toegeeflik as Dingiswayo. Hy het op al die vee en riviergrond van die oorwonne stamme beslag gelê en hele bevolkings op die vlug laat slaan. Volgens die historikus Philip Bonner was Zwide, eerder as Dingiswayo, die "ware prototipe" van Shaka vanweë die uitgebreider permanente militêre organisasie en beter ontwikkelde vorm van koningskap wat hy tot stand gebring het. Die Ndwandwe was dan ook die "katalisator van die Mfecane", want dit was Shaka se veroweringsveldtogte wat die groot migrasiegolwe en die oorloë van die Mfecane ontketen het.

Hoe kan die oorgang van kleiner na groter politieke eenhede onder die Noord-Nguni verklaar word? Lank is aanvaar dat Dingiswayo se persoonlikheid van oorheersende belang was, en dat die idees van die omvorming van die Mthethwa van Blankes gekom het. Henry Francis Fynn, 'n Blanke handelaar wat hom in 1824 in Natal gevestig het, het bv. die verhaal versprei dat Dingiswayo tydens sy ballingskap 'n reisiger van die Kaap, ene dr. Cowan, ontmoet en van hom 'n perd, geweer en inligting oor die meerderwaardigheid van die Blankes se manier van dien gekry het. Ondanks inkonsekwenthede is Fynn se verhaal wyd aanvaar, en so ook Theophilus Shepstone se gissings dat Dingiswayo die Kaapkolonie besoek het, waar hy glo die waarde van 'n gedissiplineerde, opgeleide staande mag leer ken het. Teorieë oor Blanke inspirasie is vandag nie meer geloofwaardig nie, want dit verklaar nie waarom soortgelyke veranderinge reeds voor Dingiswayo se bewind onder Noord-Nguni-stamme soos die Ndwandwe, Kwabe en Ngwane plaasgevind het nie. Bowendien het die Noord-Nguni reeds lank voor Dingiswayo se bewind deur skipbreukelinge met Blanke idees en tegnieke in aanraking gekom.

'n Veel oortuigender teorie is deur Monica Wilson en Alan Smith geopper en deur David Hedges verder uitgebou, nl. dat die handel by Delagoabaai in noue sameheng gestaan het met die omvorming van die Noord-Nguni. In die tweede helfte van die 18de eeu het die ruil van ivoor vir krale, koper en weefstowwe van die Europese moondhede by Delagoabaai gefloreer.  Tsonga-stamme van die omgewing, soos die Tembe en Mabudu, het groot handelsryke gebou, en die Noord-Nguni is gaandeweg by hul handelsnetwerke betrek. Die Nguni-hoofmanne het groot waarde geheg aan die ruilhandel, want daardeur het hulle artikels soos krale en koperversiersels bekom wat vir vertoon gebruik kon word, vir beeste verruil of aan lojale ondersteuners uitgedeel kon word. Handelsmonopolieë het rykdom gebring en kon gebruik word om hul state te konsolideer.

Toe die Portugese in 1799 beheer oor die handel by Delagoabaai verkry het. het die vraag na ivoor afgeneem omdat mededinging met ander Europeërs uitgeskakel is. Die vraag na vleis en ander voedsel van Britse en Amerikaanse walvisskepe wat by Delagoabaai voorrade ingeskeep het, het deels hiervoor vergoed, maar die mededinging onder die stamme om die oorblywende handel het toegeneem.

Byna onmiddellik nadat Dingiswayo aan die bewind gekom het, het hy 'n ekspedisie gereël om ivoor en beeste na Delagoabaai te neem om te verhandel. Hy het 'n ooreenkoms met die Mabudu bereik en alle handel sy uitsluitlike reg gemaak. Sy doel was om Zwide en die Ndwandwe van die handel met die Mabudu af te sny deur hulle te omring met stamme wat aan die Mthethwa onderhorig was. Weswaartse uitbreiding sou ook dié doel bevorder en boonop 'n groter gebied vir weiding en die jag van olifante beskikbaar stel.

Om dieselfde redes wou die Ndwandwe onder Zwide weswaarts langs die suidelike oewers van die Phongolo uitbrei, en dit het 'n botsing tussen Dingiswayo en Zwide byna onvermydelik gemaak. Nadat Zwide die Mthethwa in 1818 verslaan en Dingiswayo om die lewe laat bring het het hy onmiddellik begin om die Mabudu onder sy beheer te plaas.

Die handel was moontlik ook die aansporing vir die instelling en ontplooiing van die amabutho-stelsel, want jagtogte moes nou beter georganiseer word omdat ivoor die doel eerder as 'n neweproduk van dié ekspedisies geword het. Natuurlik het groter mededinging ook doeltreffender leërs vereis. Daarbenewens het die amabutho-stelsel die hoofman ook groter beheer oor sy onderdane se arbeid gegee, want die regimente is toenemend in die landbou gebruik wanneer hulle nie moes veg nie.

Pogings is ook al aangewend om die veranderinge onder die Noord-Nguni aan die hand van ekologiese faktore soos die druk van 'n groter bevolking op skaars en kwynende hulpbronne te verklaar. Hoewel geen afdoende bewyse hiervoor bestaan nie, dui oorleweringe en verslae van skipbreukelinge op 'n bevolkingstoename in die Nguni-gebied in die 17de en 18de eeu. Ondersoeke van jaarringe van bome dui ook op 'n tydperk van laer reënval teen die einde van die 18de eeu. Dit het uitgeloop op die verskriklike droogte en hongersnood van 1801-1802  (die Madlathule-hongersnood), wat die hele Noord-Nguni-gebied geteister het. Volgens oorlewering het die mense in dié tyd gras en en honde geëet om aan die lewe te bly. Voor die droogte was daar 'n tyd van oorvloedige reëns, toe normaalweg nie-bewerkbare grond benut en mielies eerder as die meer droogtebestande sorghum aangeplant is. Die getalle mense en vee het toegeneem, en die wankele balans tussen bevolking en hulpbronne wat hierdeur ontstaan het, is finaal versteur deur die Madlathule-hongersnood.

'n Groter bevolking het ook die seisoensbeweging van vee beperk omdat al meer van die grond bewoon geraak khet. Dit het op sy beurt weer die omgewing geknou, want die weiveld het oorbewei en die landbougrond uitgeput geraak. Boonop het druk binne stamme toegeneem, want afsplyting, die tradisionele manier waaroop twiste besleg is, het minder moontlik geword.

Die seisoensbeweging van vee van een streek na 'n ander was noodsaaklik vir die oorlewing van die veestapel. Vee was die belangrikste element in die Nguni-samelewing en -ekonomie, en die omgewing wat die Noord-Nguni bewoon het, was besonder geskik vir veebesittende akkerbouers. Vyf groot riviere - die Thukela, Mhlatuze, Mfolozi, Mkuze en Phongolo - met hul sytakke vloei hier deur diep valleie met hoogliggende wigvormige grond daartussen. In dié gebied kom daar oor kort afstande groot verskille in reënval en temperatuur voor, en daarmee saam groot verskille in plantegroei. In die lente en somer is die suurveld op die hoë grond en aan die kus goeie weiveld, enin die winter die soetveld in die riviervalleie. Oorgangsgebiede van gemengde plantegroei het die vee ses tot agt maande van die jaar aan die gang gehou, maar om die potensiaal van die streek ten volle te benut, moes die vee vry kon beweeg.

Dit lyk asof die woongebiede van stamme soos die Mthethwa, Ndwandwe en Ngwane bepaal is deur'n bepaalde kombinasie van weisoorte en landbougrond, soos Webb en Daniel aangetoon het. Daar is blykbaar ook 'n verband tussen die gesogte weivelde en die rigting waarin dié stamme uitgebrei het. Hoewel daar geen werklike bewyse hiervoor bestaan nie, is dit tog logies dat die groot sosiale groeperinge wat teen die einde van die 18de eeu te voorskyn begin kom het, en die toenemende mededinging tussen hulle in die 19de eeu, ten minste deels verklaar kan word uit 'n tekort aan hulpbronne en 'n begeerte om die beste kombinasie van weivelde en landbougrond te bekom.

Groter eenhede sou meer mannekrag vir die leër verskaf en dus in tye van onsekerheid en gevaar 'n uiters doeltreffende dwangmiddel wees. Die nuwe militêre stelsel het dit moontlik gemaak om veel meer vee en ander voedselsoorte te buit en op 'n groter verskeidenheid weiveld en bewerkbare grond beslag te lê. Deur die amabutho in die plek van die besnydenis as die oorgangspunt na volwassewording te plaas, het die hoofman ook 'n manier gevind om huwelike uit te stel. Mans kon slegs trou wanneer die koning hulle uit die regimente ontslaan en toestemming daartoe gegee het, en só kon die bevolkingstoename in 'n gebied beheer word, want 'n vertraagde huwelik het die vrou se vrugbare tydperk ingekort. Manlike vrugbaarheid word nie in so 'n mate deur die ouderdom geraak nie, maar later huwelike het die bou van nuwe nedersettings vertraag, en só kon die heerser ook beter beheer uitoefen oor die benutting van die grond.

Geskiedkundiges neig om òf die handels- òf die omgewingsteorie te beklemtoon, maar dit lyk eerder asof dié teorieë mekaar aanvul asfaktore vir die politieke veranderinge onder die Noord-Nguni.

Ná Zwide se oorwinning oor Dingiswayo is die skerwe van die Mthethwa-konfederasie deur Shaka versamel. Hy het die tweede en laaste fase van die rekonstruksie van die Noord-Nguni ingelui, waartydens die Zuluryk tot stand sou kom.

Die opkoms van Shaka en die Zuluryk

Met Dingiswayo se dood het die Mthethwa-konfederasie van die Mfolozi in die noorde tot by die Thukela in die suide en sowat 100-160 km die binneland in gestrek. Een van die klein stamme in die konfederasie was die Zulu onder Senzangakhona. Omstreeks 1787 het hy 'n buite-egtelike seun verwek by Nandi - 'n vrou van die Langeni-stam. Senzangakhona het die verhouding later gewettig, maar Nandi was 'n moeilike vrou. Sy en haar seun Shaka is kort daarna uit die Zulustam verdryf, en Shaka het 'n ongelukkige jeug onder die Langeni en Kwabe deurgebring.

Dingiswayo se omswerwinge tydens sy ballingskap bly duister en die onderwerp van spekulasie, maar Adrian Koopman het ná 'n deeglike ontleding van die oorleweringe met die interessante teorie gekom dat hy ten minste 'n deel van sy ballingskap onder die Langeni deurgebring het en dus die jong Shaka sou leer ken het. Hoe dit ook sy, Shaka is omstreeks 1809 in Dingiswayo se leër opgeroep. Hy het weldra die bevelvoerder van 'n regiment geword en daarna van die hele Mthethwa-leër. Ná Senzangakhona se dood in 1816 het hy met Dingiswayo se hulp hoofman van die Zulu geword en die militêre stelsel van die Mthethwa - met sy eie wysiginge - onder die Zulu ingevoer. 

Die leër wat Shaka opgebou het, was tot skrikwekkende verwoesting in staat. Sy taktiek, anders as dié van Dingiswayo, was daarop gerig om die vyand se vermoë tot verset heeltemal te knap deur die heersersgesin dood te maak en te moor. Dit het hordes vlugtelinge laat ontstaan, wat met verwoestende gevolge deur die land getrek het. As daar oorlewendes was, is hulle by die Zuluryk ingelyf en hul vee onder die regimente verdeel vir die gebruik van die melk. Die vee self het Shaka se eiendom gebly, en veebesit het 'n koninklike monopolie geword, wat die heerser verseker het van 'n ernorme bron van begunstiging om lojale onderdane mee te beloon.

Voor Dingiswayo se dood het Shaka sy verowerings beperk tot sy onmiddellik bure, maar daarna het hy die Mthethwa hergroepeer, met die Zulu as middelpunt, en sy mag vinnig begin uitbrei. Die Ndwandwe het die Zulu kort ná hul oorwinning oor die Mthethwa aangeval, maar is in die slag by die Gqokoli-heuwel gestuit. Daarna is die hele Ndwandwe-leër teen Shaka in die veld gestoot, maar hulle is beslissend verslaan, en Zwide het na die binneland teruggeval en hom aan die bolope van die Nkomati-rivier hervestig. Dit is interessant om daarop te let dat Shaka - net soos Zwide voor hom - die Mabudu onaangeraak gelaat het nadat hy hulle onder sy beheer gebring het, dalk omdat hy respek gehad het vir hul vernuf as handelaars. Dit is ook duidelik dat Shaka in die vroeë jare van sy bewind die uitvoer van ivoor na Delagoabaai as belangrik beskou het.

Die oorwinning oor die Ndwandwe was 'n keerpunt in die geskiedenis van die Zulu. Teen 1819 was alle teenstand van belang uit die weg geruim en het Shaka sie gebied van die Pongola tot by die Thukela en van die see tot aan die Mzinyathi (Buffelsrivier) beheer. Daarna het hy 'n enkele, verenigde hoofmanskap vir die onderskeie outonome stamme tot stand gebring. Hiermee het hy afgewyk van Dingiswayo se beleid van 'n konfederasie, en teen die middel van die twintigerjare het Shaka die magtigste koninkryk in Suidoos-Afrika beheer.

--- --- ---

Goeie betrekkinge met die handelaars by Port Natal

In 1824 het die eerste blanke handelaars en avonturiers na Shaka se koninkryk gekom en 'n klein nedersetting by Port Natal gestig. Hul hoofmotief was die handel in ivoor, en hul teenwoordigheid het meegebring dat die vloei van ivoor van Delagoabaai weggekeer is. Shaka het goeie betrekkinge met hulle onderhou, dalk omdat daar so min van hulle was en omdat sommige van hulle, soos Henry Francis Fynn, hul goed aangepas het by die Nguni se leefwyse. Die Blankes se status was byna gelyk aan dié van ondergeskikte hoofmanne in Shaka se ryk, en hulle is selfs toegelaat om 'n gevolg op te bou. Fynn het 'n leër een die Ndwandwe vergesel wat onder Zwide se seun en opvolger, Sikhunyana, 'n herlewing getoon het. Die handelaars se gewere was ook deurslaggewend toe hulle Shaka gesteun het in sy veldtog om 'n deel van die Khumalo onder Beje te onderwerp. 'n Mislukte Zulu-afvaardiging na die Kaap om met die Britte in aanraking te kom, is vergesel deur die handelaar James King.

--- --- ---

Shaka, die steekassegaai en die staande leër

Shaka het beveel dat alle Zulumans tot veertigerjarige leeftyd in drie jaarregimente ingedeel word. Elke regiment het sy eie onderskeidende skild en hooftooisel gekry en is gehuisves in barakke of amakhanda, wat strategies deur die gebied versprei was. Hulle is beheer deur Shaka se amptenare en een of meer van sy bejaarde familielede. Sy eie h oofkwartier was by Bulawayo (sowat 27 km van die teenswoordige Eshowe), waar hy sy jongste regiment, die Fasimba, gestasioneer het. Shaka het sy krygers met kort steekassegaaie bewapen en hulle toegerus met skilde wat hulle van kop tot toon beskerm het. Wanneer die vyand hul tradisionele werpassegaaie gegooi het en dus wapenlooswas, het Shaka se krygers met dodelilke gevolge nader gestorm. Vir groter vaart en beweeglikheid moes hulle kaalvoet hardloop, en hulle is onderwerp aan strenge opleiding en dissipline. Dit is bereik deur hulle deurentyd in 'n staat van mobilisasie te hou. Shaka het die bestaande militêre taktiek van die Nguni, soos die halfmaan-gevegsformasie, verder ontwikkel. Dié taktiek het daaruit bestaan dat een regiment (met 'n verdere in reserwe) in die middel aanval en twee ander aan weerskante horings vorm om die vyand te omsingel.

--- --- ---

Shaka se despotisme

Shaka was 'n absolute heerser. Uit die "groot hoofmanne" (izikhulu) op wie se lojaliteit hy kon staatmaak, het hy sy top-amptenare aangestel, en uit húlle geledere weer die klein groepie raadgewers met wie hy hmself omring het. Hoewel hy dié raadgewers se advies gevra het, het hy self die finale besluite geneem. Die nuwe nasie het die Zulutradisies aangeneem, die Zuludialek het die algemene taal geword, en almal moes aan Shaka trou sweer. Hy het vrees en terreur as 'n saambindende element gebruik, en mense is dikwels sonder rede omgebring. Alle mans onder veertig is steeds in jaarregimente ingelyf, en Shaka het soortgelyke regimente vir vroue ingestel. Sy krygsmanne wat voltyds dienspligtig gebly het totdat hulle uit die regimente ontslaan is, het in 15 regimentsbarakke (amakhanda) gewoon wat deur die land versprei was, en na raming kon Shaka 'n leër van 20 000 man in die veld stoot. Eers op veertigjarige leeftyd is die mans uit die regimente ontslaan en toegelaat om die kopring (isicoco), die teken van volwassenheid, te dra en te trou. Dit was die koning se reg om toestemming tot 'n huwelik te verleen, en hy het ook besluit wie met wie mag trou en wanneer. Shaka self het nooit getrou of enige kinders as sy eie erken nie.

Dit is al dikwels aangevoer dat die uitgestelde huwelik en die daarmee gepaardgaande seksuele onthouding 'n metode was om die Zulykrygers strydlustiger te maak, en die historikus Max Gluckman het selfs die gedagte geopper dat Shaka se houding teenoor die huwelik impliseer dat hy òf impotent òf 'n latente  homoseksueel was. Dié opvattinge is egter vermoedelik die gevolg van 'n beskouing van Zuluhuwelike uit 'n Westerse perspektief. In die tradisionele Zulugemeenskap begin seksuele omgang nie met die huwelik nie, want 'n vorm van voorhuwelikse omgang wat nie tot swangerskap lei nie, word toegelaat. 'n Argument wat Jeff Guy breedvoerig ontwikkel het, nl. dat die vertraagde huwelik 'n manier was om beheer oor mans en vroue uit te oefen, klink aanvaarbaarder.

--- --- ---

Die gevolge van Shaka se terreur

Teen die einde van sy lewe het Shaka se gruwele muitery aangewakker. Toe sy moeder, Nandi, in 1827 sterf, is na bewering sowat 7 000 mense doodgemaak omdat hulle nie genoeg rou betoon het nie. Vir 'n jaar ná haar dood mog daar op Shaka se bevel geen geslagsgemeenskap tussen mans en vrouens wees nie, geen gewasse aangeplant en geen koeie gemelk word nie. Hyy  het sy leër sonder tussenpose uitgestuur op die een lang ekspedisie na die nder. In 1828 het hy sy krygers suid na die land van die Xhosa en Thembu gestuur, en ná hul terugkeer is hulle onmiddellik weer noord gestuur om, sonder 'n ruskans en sonder draers, teen Soshangane in Mosambiek te gaan veg.

Terwyl hulle weg was, het Shaka se halfbroers Dingane en Mahlangane hom op 24 September 1828 met die hulp van een van sy hoofbediendes, Mbopha, om die lewe gebring. Toe die leër terugkeer van die veldtog teen Soshangane, wat misluk het, was hulle verlig om Dingane as koning aan te tref, want mislukking is altyd met die dood gestraf.

Shaka se dood het 'n merkwaardige tydperk in die geskiedenis van Suider-Afrika afgesluit. Binne die bestek van 'n dekade het 'n magtige koninkryk tot stand gekom, waarvan die invloed tot aan die Kaapse oosgrens en oor die Drakensberge en die Hoëveld tot aan die rand van die Kalahari en diep in Sentraal- en Oos-Afrika gevoel is. Shaka se oorloë het hordes vlugtelinge veroorsaak, en hulle het diep paaie van verwoesting deur Suid- en Suid-Sentraal-Afrika gesny. Tegelyk het daar egter ook uit die chaos nuwe politieke strukture tot stand gekom.

Shaka se oorwinning oor Zwide in 1819 het 'n noordwaartse beweging van verskeie Nguni-stamme aan die gang gesit. 'n Aanvoerder in Zwide se leër, Soshangane van die Gaza-huis van die Ndwandwe, het na Suid-Mosambiek gevlug en 'n ruk lank by Delagoabaai gewoon. Hier het hy blykbaar 'n hoogs winsgewende handel in slawe bedryf. Ná Sikhunyana se nederlaag teen Shaka in 1826 is Soshangane se gevolg aangeval deur baie Ndwandwe-vlugtelinge, Tydens Shaka se laaste veldtog in 1828 is hy deur die Zuluregimente aangeval, en daarna het hy noord getrek tot buite hul bereik en die Gaza-koninkryk tussen Delagoabaai en die onderlope van die Zambezi gestig. Die Tonga van dié gebied is by sy koninkryk ingelyf.

In dieselfde tyd as Soshangane het Zwangendaba van die Jele-stam, wat deel was van die Ndwandwe-konfederasie, ook na Suid-Mosambiek gevlug. Net soos Soshangane is sy gevolg in 1826 versterk deur Ndwandwe-vlugtelinge. Ná 'n botsing met Soshangane in 1831 is hy wes gedryf, en in 1835 het hy oor die Zambezi getrek en die Ngona-koninkryk gestig, wat van die wesoewer van die Njassameer (Malawimeer) tot by die Tanganjikameer gesstrek het.

Selfs voordat Shaka die mag ingepalm het, het uitbreidingsbewegings onder die Noord-Nguni gelei tot die stigting van 'n nuwe staat in 'n goed verdedigbare berggebied noord van die Phongolo, in die middel van die huidige Swaziland. Dié groep, die Ngwane-Dlamini, het oorspronklik aan die Phongolo naby die Ndwandwe gewoon. Hulle het baie van die naburige Sothogroepe oorwin en ingelyf, en hul hoofman, Ndungunya, het aanvalle van sowel Zwide as Dingiswayo met sukses afgeweer. Onder sy seun en opvolger, Sobhuza, wat van 1815 tot omstreeks 1836 geregeer het, het die Ngwane-Dlamini egter opnuut met die Ndwandwe gebots oor bewerkbare grond aan die owers van die Phongolo. Die Ngwane-Dlamini is verslaan en het noord teruggeval na hul nuwe tuiste, waar hulle geleidelik 'n groot staat opgebou het. Dié staat is Swaziland genoem, na Sobhuza se opvolger, Mswati. Sobhuza se beleid het met dié van Dingiswayo ooreengekom, en hy het hom met sy sterker bure - eers Zwide, toe Shaka - probeer versoen.

Teen 1824 was daar suid van die Zuluryk tussen die Thukela en die Mzimkhulu net verwoeste land. Die eerste skok van Shaka se oorloë is in dié streek gevoel toe die Noord-Thembu onder Ngoza uit hul tuiste aan die Mzinyathi-rivier verdryf is. Nadat hulle suid oor die Thukela gevlug en verwoesting in Natal gesaai het, het hulle blykbaar 'n rukkie lankin die gebied van die Noord-Mpondo onder Faku gevestig, maar omstreeks 1822-1823 het Faku dié lastige immigrante probeer verdryf. Ngoza is vermoor, en die oorblyfsels van die Thembu is by die Mpondo ingelyk of het na hul oorspronklike tuiste in die Zuluryk teruggekeer.

Die Noord-Thembu-inval in Natal het op sy beurt 'n kettingreaksie van ontwrigting aan die gang gesit ewat baie stamme geraak het Op die hakke van die lvugtelinge het haarlikse ekspedisies van Shaka se leër gevolg. Sy motief was om sy manne besig te hou en Natal van mense te stroop sodat dit as sy bufferstrook kon dien om sy koninkryk te beskerm. Graan is verwoes en vee gebuit, en alle mense wat nie gevlug het nie, is by die Zulu ingelyf. Teen 1824 was daar in Natal geen georganiseerde gemeenskappe meer oor nie. Die paar duisend oorlewende Nguni het in die berge of bosse geskuil en van die veld of mensvleis geleef, terwyl die valleie en grotte van die Drakensberge nog steeds aan San-bendes skuiling gebied het, soos deur die eeue heen. In 1824 het Shaka 'n grootskeepse veldtog dwarsdeur Natal geloods en die Mpondo onder Faku aangeval. Die Zulu het baie Mpondo-vee gebuit, maar Faku het sy militêre mag grootliks behou deur Shaka se oppergesag te aanvaar.

Naby die Mpondo-gebied het oorbevolking 'n voortdurende stryd om oorlewing tot gevolg gehad, en nuwe groeperinge is  uit die vlugtelinge opgebou, o.m. die Bhaca onder Madikane. Madikane en sy opvolger is albei in oorloë dood, maar onder Ncaphayi het die Bhace staande gebly en is 'n onafhanklike hoofmanskap in die huidige distrik Mount Frere gestig, waarvandaan die Bhaca gereeld strooptogte op hul bure geloods het. In 1845 het Ncaphayi in 'n geveg met die Mpondo gesneuwel.

Onder Faku se wyse leiding het die Mpondo ondanks 'n tweede groot veestrooptog deur Shaka in 1828 hul eenheid behou. Dit verklaar dalk ten dele waarom die Suid-Nguni-stamme nie ernstig deur vlugtelinge ontwrig is nie, maar dit is ook duidelik dat Shaka nie die stamme langs die Kaapse oosgrens wou aanval nie, omdat hy vergelding deur die Blankes gevrees het. Tog het baie vlugtelinge die Suid-Nguni-stamme binnegedring en onder hulle gewoon. Omdat hulle geen vee gehad het of hulself kon onderhou nie, het hulle bekend gestaan as die Mfengu, afgelei van die werkwoord ukufenguza, wat "ronddwaal op soek na werk" beteken.

--- --- ---

Hongersnood, verwoesting en kannibalisme

Tussen 1821 en 1824 is die Suid-Sotho-stamme as georganiseerde gemeenskappe heeltemal ontwrig. Die meeste veetroppe en graanvoorrade is verwoes, en dit was ook feitlik onmoontlik om landerye aan te lê. Die streek was besaai met die beendere van dié wat doodgemaak is, en vir die oorlewendes was ontbering en lyding aan die orde van die dag. Net nog die bouvalle van die mure van veekrale en woonplekke het getuig van die tyd voor die Difaqane. Duisende vlugtelinge het in alle rigtings versprei. Baie het oor die Vaalrivier gestroom en 'n verdere kettingreaksie van plundering en chaos onder die Tswana-stamme aan die gang gesit. Ander het suid getrek en by Suid-Nguni-stamme gaan woon. Sommige het by die Griekwas van Andries Waterboer en Adam Kok aangesluit of in die Kaapkolonie werk gaan soek. Dié wat in die bosse en berge bly skuil het, was verplig om as jagter-versamelaars te leef. Baie van hulle is omgebring, het van honger gesterf of is deur wilde diere of selfs mense geëet. Dié kannibalisme was "die finale bewys dat 'n gemeenskap gedisintegreer en sy morele norme ingestort het", soos die historikus Leonard Thompson dit stel.

--- --- ---

Die Difaqane: die tyd van ontwrigting op die Hoëveld

Die ontwrigting wes van die Zuluryk het sy oorsprong gehad in aanvalle op die Ngwane, eers deur Dingiswayo en later deur Zwide. Die Ngwane (wat nie met die Dlamini-Ngwane verwar moet word nie) onder Matiwane het naby die huidige Vryheid gewoon, maar hulle moes wes vlug en het die Hlubi, 'n Nguni-stam wat by die bron van die Mzinyati gewoon het, aangeval en verslaan. Die hoofman van die Hlubi is gedood, en hulle het in verskeie groepe verbrokkel. Een groep het suid gevlug en onder die Suid-Nguni Mfengu geword, terwyl 'n tweede groep onder Mpangazitha oor die Drakensberge getrek het.

Die Ngwane onder Matiwane is op hul beurt uit die ou Hlubi-gebied verdryf ná 'n aanval deur Shaka, en hulle het met diselfde roete as die Hlubi oor die berge gevlug. Met hul kortlem-assegaaie het die Nguni-invallers op die Hoëveld suid van die Vaalrivier chaos gesaai en hele stamme verpletter, hul graan en vee geroof, talle mense doodgemaak en die oorlewendes by hul stamme ingelyf.

Die eerste Suid-Sotho-stamme wat deur dié geweld getref is, was die Mokotleng-Tlokwa en die Sia, wat naby die roetes oor die Drakensberge gewoon het. Ná die Hlubi-aanval is die Mokotleng-Tlokwa as 'n stroperbende op die Hoëveld deur 'n regentes, Manthatisi, aangevoer, wat namens haar minderjarige seun Sekonyela geregeer het. Sy het so berug geword dat alle stroperbendes later verkeerdelik "Mantatese" genoem is. Groteske gerugte het oor haar ontstaan, o.m. dat sy 'n reusevrou met een oog was wat haar krygers voor 'n veldslag aan haar bors gevoed en swerms bye voor hulle uitgestuur het. Haar eie mense het haar egter Mosadinyana ("die vroutjie") genoem.

Tussen 1821 en 1824 het Mpangazitha, Matiwane en Manthatisi nedersettings in die Caledonrivier-vallei verwoes, onder mekaar geveg en aanhangers bygekry en verloor in 'n ware warrelwind van bedrywigheid. Manthatisi het so ver noord as die driehoek tussen die Vaal en die Oranje getrek, maar toe op haar spoor omgedraai en met Mpangazitha en Matiwane, wat dieselfde koers ingeslaan het, meegeding om die steeds minder wordende voorrade vee en graan in dié gebied.

Omstreeks 1824 het Manthatisi en haar volgelinge hulle op twee platkopberge aan die noordower van die Caledon gevestig, waarskynlik omdat 'n stroperslewe hulle nie meer kon onderhou nie. Sekonyela se militêre vermoëns het aan hulle grond, vee en veiligheid gegee. Dit het nog volgelinge aangetrek, en teen 1833 is die Tlokwa op sowat 24 000 geraam.

Moshweshwe en die Sotho

Sekonyela se belangrikste mededinger in die Caledonrivier-gebied was Moshweshwe. Hoewel hy nooit regstreeks deel was van die stroperhordes nie, en tussen die Caledonrivier en die Malutiberge gevestig gebly het, het Moshweshwe die Difaqane gebruike om sy magsbasis op te bou. Hy het die belangrikheid van sterk verdedigingsposisies deeglik besef. Daarom het Moshweshwe in 1824 'n groot platkopberg, Thaba Bosiu, wat geïsoleerd op die vrugbare vlakte van Wes-Basotholand gestaan het, in besit geneem.  Tydens 'n beleg kon mense, vee en voorrade op die kruin in stand gehou word, en in vredestye kon die omringende gebied 'n groot bevolking onderhou.

Moshweshwe se belangrikste taak was om die wetteloosheid van die stropers en kannibale te beëindig deur hulle geleidelilk na 'n beskaafder leefwyse terug te wen. Hy het sy mense hul afgryse van kannibale laat oorkom deur hulle te oortuig dat dié uitgeworpenes lewende tombes was wat aan die geeste van hul slagoffers gewy was. Die hoofmanne van die ontwrigte groepe het veral vee en grond nodig gehad, en dit kon Moshweshwe verskaf. Dié wat hulle aan hom onderwerp het, is toegelaat om hulle in eie nedersettings te vestig en hul eie gebruike te volg. Moshweshwe het groot troppe vee gehad, wat hy deur strooptogte aangevul het wanneer dit nodig was. Dié vee het hy ingevolge die mafisa-stelsel aan ander hoofmanne uitgeleen: hulle kon die melk gebruik in ruil daarvoor dat hulle die vee opgepas en die kalwers aan Moshweshwe gegee het.

In 1824 het die Hlubi en Ngwane ook natuurlilke vestings betrek. In 'n botsing tussen dié twee groepe in 1825 is Mpangazitha dood en die Hlubi verstrooi. sommige is by die Ngwane ingelyf, ander het onder die Ndebele en Moshweshwe se Basotho 'n heenkome gevind, terwyl 'n klompie na hul ou tuiste aan die voet van die Drakensberge teruggekeer het. 'n Ruk lank was Matiwane nou meester van die Caledonrivier-gebied, maar die Transoranje is deur oorlog en droogte geteister en kon sy groot gevolg nie meer onderhou nie. Moshweshwe se groeiende veetroppe het dus al hoe begeerliker geword, maar dié skerpsinnige taktikus en diplomaat het 'n skatting aan Matiwane betaal. Aan Shaka het hy ook sy trou bewys deur jaarliks aan hom 'n skatting van kraanvoëlvere te stuur, wat die Zulu in hul tooisels gebruik het. In 1827 het  y geen skatting aan Shaka gestuur nie en verduidelik dat aanvalle deur die Ngwane dit onmoontlik gemaak het. Die botsing hierna tussen die Zulu en Ngwane het onbeslis geëindig, maar Matiwane het suid na die land van die Thembu getrek, waar sy volgelinge die Mfecane  genoem is, na die Xhosa-werkwoord ukufuca ("om swak en uitgeteer van die honger te wees"). Die Ngwane-inval in die Suid-Nguni-gebied het vlugtelinge tot binne die Kaapkolonie gedryf. In Augustus 1828 het 'n groep Britse soldate, setlaars, Thembu en Xhosa wat gevorm is om 'n dreigende inval van Shaka se leër af te weer, die Ngwane by Mbholompo aan die Mthatha-rivier  teëgekom. Matiwane is verdryf en die meeste van sy volgelinge is as Mfenbu onder die Xhosa en Thembu verstrooi. Matiwane en 'n paar aanhangers het na die Zuluryk teruggekeer, waar Dingane, wat Shaka intussen opgevolg het, hulle ombring het.

Die ondergang van die twee Nguni-leiers wat verwoesting onder die Suid-Sotho gesaai het, het die weg oopgemaak vir Moshweshwe en Sekonyela om hul heropbouwerk voort te sit. Thaba Bosiu het steeds nuwe vlugtelinge aangetrek, en al hoe meer mense het hulle op die vrugbare grond tussen die Caledon en die Oranje gevestig. Ná 'n mislukte aanval op Thaba Bosiu deur die Ndebele het Moshweshwe hul guns gewen deur 'n geskenk van beeste om die terugtrekkende krygers te voed. Hierna was die strooptogte van Korana- en Grikwabendes die grootste probleem wat hy - en ook Sekonyela - gehad het. Dié bendes was klein, maar hul gewere en perde het hulle 'n gedugte vyand gemaak. Moshweshwe het deur strooptogte self perde en gewere by die Koranas en Griekwas verkry, en gou h et die Basotho, soos Moshweshwe se nasie bekend geraak het, bedrewe ruiters en skutters geword. In die vroeë dertigerjare het Moshweshwe, soos Sekonyela, sendelinge onder sy mense verwelkom, en hulle het in die tyd van toenemende Blanke indringing as tussengangers opgetree.

'n Botsing tussen Moshweshwe en Sekonyela was uiteraard onvermydelik. Dié konflik het twintig jaar voortgesleep en is slegs beëindig toe Moshweshwe die onafhanklikheid van die Tlokwa in 1853 finaal vernietig het.

Selfs voor die opkoms van Mzilikazi en sy Ndebele-koninkry het baie Sotho-vlugtelinge verwoesting gesaai onder die Tswana-stamme tussen die Vaal en die Limpopo, en hulle het op hul beurt weer malende groepe vlugtelinge geword. Die Griekwas, wat self deur Blanke uitbreiding in die Kaapkolonie noord gedryf is, het met hul perde en vuurwapens nog 'n dimensie tot die stryd toegevoeg. Toe die Thlaping by Kuruman bedreig is deur ' n enorme horde stropers, wat deur die sendeling Robert Moffet op ongeveer 40 000 tot 50 000 geraam is, het sowat 100 Griekwas en 1 000 Thlaping-krygers hulle op 23 Junie 1823 by Dithakong verdryf. Hoewel die Thlaping en die Blanke sendelinge na die Difaqane verwys het as die "Mantatees-oorlog", lyk dit asof nòg Manthatisi nòg die Tlokwa die Vaal ooit oorgesteek het, en hulle het beslis geen deel gehad aan die aanval op Dithakong nie.

Mzilikazi en die Ndebele

Mzilikazi en sy Ndebele het tydens die Difaqane verreweg die grootste invloed in die gebied noord van die Vaalrivier gehad. In die vroeë jare van hul omswerwinge was hulle bekend as die "Khumalo", "Zulu" of "Mzilikazi se mense" Dit is die Sotho wat hulle "Matabele" genoem het, 'n naam wat hulle vir alle Nguni-vreemdelinge van die kus gebruik het. Die Nguni-vorm van dié woord is "Ndebele", en so het 'n naam ontstaan wat Mzilikazi in die geskiedenis van Suid-Afrika beroemd sou maak.

Min is bekend oor Mzilikazi se vroeë lewe en omswwerwinge, en die vroeë geskiedenis van die Ndebele moet uit mondelinge oorleweringe nagespeur word. Sy vader was Mashobane, hoofman van die Noord-Kumalo, 'n klein Noord-Nguni-stam wat naby die Swart Mfolozi tussen die uitbreidende Ndwandwe- en Mthethwa-konfederasies gewoon het en onvermydelik by die botsings tussen Zwide en Dingiswayo betrek is. Volgens sommige oorleweringe het Zwide Mashobane laat doodmaak omdat hy gedink het dat hy Dingiswayo steun. Daarna het hy Mzilikazi as ondergeskikte hoofman van die Khumalo aangestel. Ná Zwide se nederlaag het Mzilikazi vrywillig aan Shaka trou gesweer. Hy het in Shaka se leër gevorder tot regimentsbevelvoerder, maar toe teen Shaka in opstand gekom deur nie die vee wat hy in besonder geslaagde rooftog teen die Sotho-hoofman Somnisi gebuit het, te oorhandig nie. Toe Shaka boodskappers stuur om Mzilikazi aan sy verpligtinge te herinner, het hy hul pluime laat afsny en uit die Zulukoninkryk gevlug.

Volgens ander oorleweringe  het Mzililkazi na Shaka oorgegaan omdat Zwide hom wou laat doodmaak ná sy hoogs geslaagde rooftogte teen die Swazi, wat daarop gedui het dat hy eendag Zwide se posisie in gevaar kon stel. Later het hy egter teen Shaka in opstand gekkom. Volgens die historikus Julian Cobbing bied dié volgorde van gebeure 'n aanvaarbaarder verklaring vir Mzilikazi se vertrek na die Hoëveld. In die botsing tussen Zulu en Khumalo wat gevolg het op Mzilikazi se weiering om die gebuite vee aan Shaka te oorhandig, is baie van die Khumalo gedood en die oorlewendes verstrooi. Mzilikazi het dié oorlewendes hergroepeer en omstreeks 1822 met 200 of 300 volgelinge na die Hoëveld noord van die Drakensberge getrek.

--- --- ---

Die Ndebele-verhuising na die Hoëveld

Daar is meningsverskil oor die roete wat die Ndebele na die Hoëveld gevolg het. Sommige geskiedskrywers beweer dat hulle noord-noordwes na die Olifantsrivier getrek en die Pedi verslaan het. Omstreeks 1825 het hulle toe suidwes na die vrugbare grond en waterbronne van die Magaliesberg-heuwel getrek. Die geskiedkundige Julian Cobbing beweer daarenteen dat die Ndebele nie 'n noordelike ompad deur die Pedi-gebied gevolg het nie, maar dat hul aanval op die Pedi eers omstreeks 1826-1827 plaasgevind het. Peter Delius, die geskiedskrywer van die Pedi, stem in 'n mate saam met Cobbing, maar skryf die vernietiging van die Pedi-groep onder Thulare toe aan die Ndwandwe onder Zwide. Daarna, omstreeks 1828, het Sekwati, 'n seun van Thulare, volgens hom daarin geslaag om die Pedi weer oop te bou.

Hoewel daar meningsverskil oor die Ndebele se trekroete bestaan, weet ons dat Mzilikazi teen die middel van die twintigerjare gevestig was in die gebied tussen die huidige Pretoria en Rustenburg. Hiervandaan het die Ndebele in alle rigtings strooptogte geloods, hoofmanne onderwerp of hul mag laat verbrokkel en hul eie geledere aangevul met nuwe rekrute. Hulle het in die proses ook enorme beestroppe gebuit. Mzilikazi het egter nie doellose verwoesting gesaai nie: hy het geen verdedigingsvesting gehad soos Moshweshwe of Sekonyela nie, en 'n beleid van "verskroeide aarde" het dus om taktiese en strategiese redes sin gemaak.

--- --- ---

Op die Hoëveld het Mzilikazi sy vlugtelinggroep omskep in 'n magtige koninkryk wat uit verskillende elemente bestaan het. Deur die jare is sy oorspronklike Khumalo-gevolg aangevul deur 'n stroom Nguni-vlugtelinge uit die Zuluryk, oorwonne Sotho-elemente en Sotho wat vrywillig aangesluit het. Teen 1829 is die getalsterkte van die Ndebele op 60 000 tot 80 000 geraam, met die Nguni in die minderheid.

In Julie 1832 het Dingane sy hele leër uitgestuur om die Ndebele te gaan soek. Die Zulu-leër het afgeleë Ndebele-nedersettings aangeval en m eer as honderd beeste gebuit, maar drie van hul regimente is in die proses uitgewis. Vir Mzilikazi was die Griekwas en Koranas van die suidweste weens hul doeltreffende vuurwapens en voortudrende rooftogte trouens 'n groter gevaar as die Zulu. Hy het dié probleem probeer oplos deur te beveel dat niemand die Vaal sonder sy toestemming mog oorsteek nie, maar in 1833 het hy self noordwes verhuis en hom tussen die Marico- en Krokodilrivier gevestig nadat hy die Tswana-stamme uit dié gebied verdryf en die omliggende streke verwoes het. Mzilikazi het telkens van handelaars meer oor vuurwapens probeer te wete kom. Hy het ook sendelinge in sy gebied verwelkom in die hoop on deur hulle vuurwapens te bekom en om  hulle as tussengangers met Blankes te gebruik.

Baie van die gebruike wat Mzilikazi in sy koninkryk ingestel het, het reeds voor 1820 onder die Nguni-stamme ontstaan, maar hy het dit aangepas by sy nuwe omgewing. Volgens Julian Cobbing het hy "'n revolusionêre nuwe ekonomie (ontwikkel) wat groot genoeg was om die anargie van die Mfecane te beveg". Die amabutho was steeds die kern van die koning se mag. Dit het hom 'n voordeel gegee bo die hoofmanne van die Hoëveld, maar nie oor die gekleurde en Blanke groepe uit die suide met hul gewere en perde nie. Mzilikazi kon n ooit daarin slaag om die Griekwa- en Karana-aanvalle met sukses af te weer nie, en dit was die groter vuurvermoë van die bewapende en berede Voortrekkers wat hom uiteindelik uit die Hoëvveld en oor die Limpopo verdryf het.

Die betekenis van die tydperk van ontwrigting

Vanweë 'n gebrek aan demografiese inligting sal 'n presiese berekening van die volle omvang van die Mfecane onmoontlilk bly, maar dit is duidelik dat dood, ontvolking en verwoesting oor 'n groot gebied die gevolge van dié proses was. Tog het die Mfecane nie net negatiewe gevolge gehad nie. Nuwe konsentrasies mense, wat deur oorlog of verowering verplig is om te verenig of vir sekuriteit of verdediging naby mekaar te leef, het uit die verspreid wonende stamme van voor die Mfecane ontstaan. Eers was dié samegestelde stamme nie stabiele eenhede nie, want afsplyting het nog dikwels voorgekom, en dit is goed moontlik dat die onderskeie groepe ná die krisis weer uitmekaar sou gegaan het. Dat dit nie gebeur het nie, kan waarskynlik regstreeks toegeskryf word aan die Blanke indringing in die binneland.

In 'n sekere sin  het die Mfecane die Groot Trek bevorder en Blanke indringing in die binneland makliker gemaak. Die bevolkings van groot dele van die suidelike Hoëveld, Transvaal en Natal tussen die Thukela en Mzimkhulu was heeltemal ontwrig. Dié gebiede was nooit heeltemal ontvolk nie, maar omdat die oorlewendes in beskutte plekke geskuil het, het die indruk ontstaan dat die land leeg was. Lede van die verkenningstogte wat die Groot Trek in 1834 en 1836 voorafgegaan het, het vertel van groot stukke onbewoonde grond wat ideaal was vir Blanke boere. Die Voortrekkers het nie besef dat die "leë" gebiede deur Dingane en Mzilikazi oorheers is omdat hulle só hul ryke van aanvalle uit die suide wou vrywaag nie, en dat daar talle vlugtelinge was wat dié streke as hul eie beskou het en van plan was om daarheen terug te keer sodra omstandighede dit sou toelaat. Die vernaamste trekroetes was in die rigting van die "leë" streke, en Colin Webb het verklaar dat die Groot Trek op 'n sosio-ekonomiese vlak "'n verlenging (was) van die groot demografiese revolusie wat met die Mfecane begin het".

Die ontwrigte bevolking van die "leë" streke kon min weerstand bied teen die uitbreiding van die Blanke veeboere. Die Griekwa- en Koranagroepe, wat as voorlopers van die Blanke uitbreiding oor die grens beskou kan word, het trouens reeds getoon hoe doeltreffend gewere en perde in die binneland sou wees. Soos die Griekwas voor hulle, is die Trekkers deur swakker groepe soos die Rolong as bondgenote teen die sterker groepe soos die Ndebele verwwelkom. In dié gebiede met groot bevolkingskonsentrasies en waar "state" besig was om te o ntstaan, was die weerstand egter sterk en doeltreffend genoeg om die blanke indringing weg te keer. Die koms van die Blankes het dié state egter ingehok en hul grense bedreig, en só die proses van konsolidasie aangehelp wat tydens die Mfecane begin het. As die gebiede wat tydens dieMfecane ontvolk geraak het, onbewoon gebly het, sou dit dalk die natuurlike neiging tot afsplyting onder dié Swartes aangewakker en disintegrasie eerder as integrasie aangemoedig het.

Die Mfecane het Blanke uitbreiding dus enersyds bevorder, maar dit terselfdertyd vir die blankes moeiliker gemaak om die Swart bevolking finaal te onderwerp. Shaka se Zulu-koninkryk net nog vyftig jaar ná sy dood bly voortbestaan. Sy opvolger, Dingane, het die Voortrekkers met rampspoedige gevolge probeer teenstaan. Hy is vermoor deur Mpande, wat met die hulp van die Voortrekkers die mag ingepalm het. Daarna het Mpande sy koninkryk 32 jaar lank bekwaam geregeer en die voortbestaan daarvan verseker deur die Britte aan sy suidgrens en die Boere aan sy wesgrens teen mekaar uit te speel. Eers in 1879, tydens die bewind van sy seun Cetshwayo, is die Zulu-koninkryk deur die Britte verslaan en daarna deur burgeroorloë uitmekaar geskeur. Die Zulu-koninkryk is in 1887 deur Brittanje geannekseer en ná die oorname deur Natal in 1897 finaal opgebreek.

In Oos-Transvaal het Sekwati nuwe stabiliteit gegee aan die Pedi, wat tydens die Mfecane ernstig ontwrig is. Die Pedi het Blanke druk suksesvol teengestaan totdat hulle tussen 1876 en 1879 onderwerp is. Verder oos het die Swazi, ten spyte van baie probleme, oorleef en in die sestigerjare van die 2ste eeu volle onafhanklikheid verkry.

In die Caledonrivier-gebied het Moshweshwe se Basotho-koninkryk al kleiner geword namate grensoorloë met die Oranje-Vrystaat sy grense laat krimp het. Die Basotho is egter in 1861 van totale inlywing by die Oranje-Vrystaat gevrywaar deurdat hul gebied 'n Britse protektoraat geword het, en in 1966 het dit die onafhanklike staat Lesotho geword. Die Mpondo het onafhanklik gebly totdat hul gebied in 1894 by die Kaap ingelyf is. Die meeste Tswana-stamme aan die rand van die Kalahari het onder Blanke druk geswig, behalwe die Ngwato onder Kgama, wat oorleef het en vandag die onafhanklike staat Botswana vorm. Mzilikazi en die Ndebele is uit die Hoëveld verdryf, maar die koninkryk wat hy noord van die Limpopo gestig het, het onder sy opvolger Lobengula bly voortbestaan totdat dit in 1893 deur magte van die British South Africa Company vernietig is. Die onafhanklikheid van die Xhosa en Thembu aan die Kaapse oosgrens is vernietig met die hulp van 'n "vyfde kolonne" wat 'n regstreekse uitvloeisel van die Mfecane was, nl. die Mfengu.

--- --- ---

Botsings tussen die Ndebele en die Voortrekkers

Vir die volke van die Caledon- en Oranjerivier-gebied het die koms van die Voortrekkers in 1836 onverwagte bondgenote teen Mzilikazi gebring, wat juis kort tevore, in Maart 1836, 'n verdrag met die regering van die Kaapkolonie gesluit het. Die Ndebele het die trekke van Erasmus, Liebenberg en Du Toit uitgewis, en dit het 'n lang uitgerekte oorlog tussen die Ndebele en die Voortrekkers ingelui. In Oktober 1836 het die Voortrekkers 'n aanval van die Ndebele op hul laer by Vegkop afgeweer, maar al hul vee verloor. In Januarie 1837 het 'n mag bestaande uit Voortrekkers, Griekwas en Rolong die Ndebele by Mosega verslaan. 'n Paar maande later het die Zululeër opnuut die Ndebele aangeval, en in November 1837 is die Ndebele tydens hul vlug na die noorde deur 'n kommando bestaande uit Voortrekkers, Griekwas en Rolong onder leiding van Andries Potgieter en Piet Uys aangeval. Die Voortrekkers was nou reeds tot by die Soutpansberg die oorheersende mag, en eerder as om hulle aan die Trekkers te onderwerp, het die Ndebele oor die Limpopo getrek en in die Matopoheuwels 'n nuwe hoofstad gebou, wat hulle Bulawayo genoem het.

--- --- ---

'n Volledige aanbevole lees- bronnelys is aan die einde van dié hoofstuk

--- --- ---

Hoofstuk 10

Die Groot Trek: J.T. du Bruyn

Tussen 1834 en 1840 het sowat 15 000 Afrikaanse grensboere die Kaapse oosgrensgebied verlaat en nuwe state in die binneland gestig. Hulle het na hulself verwys as "emigrante", en na hul trek as "emigratie" of "landverhuising"; die benamings "Voortrekkers" en "Groot Trek" het eers ná die sewentigerjare van die 19de eeu inslag gevind.

Die Voortrekkers het waarskynlik nie self die betekenis van hul uittog besef nie, maar vir hul nageslag was en is die Trek 'n onuitputlike bron van besieling vir toesprake, geskiedskrywing, letterkundige werke, feesvierings en die oprigting van monumente. Die meeste Afrikaners beskou die Groot Trek as 'n heroïese tydvak wat baie van hul volkshelde opgelewer het en as 'n epog van stryd, lyding en opoffering ter wille van vryheid. Die Groot Trek het aan die Afrikanerdom se republikeinse opvattings vorm gegee, die behoud van sy identiteit verseker en y rassebeleid vasgelê.

Die Groot Trek in perspektief

Die Groot Trek was 'n versetbeweging teen Britse kolonialisme en verdrukking, maar - ironies genoeg - self ook 'n daad van kolonisasie, want die vestiging van onafhanklike Voortrekkerstate in die binneland het tot die onderwerping van Swart gemeenskappe gelei. Vir die afstammelinge van die Voortrekkers is die Groot Trek 'n simbool van vryheid, maar baie Swartes beskou dit as 'n tydperk van verowering en verlies van vryheid. Om dié rede is die Trak ook al bestempel as 'n kortsigtige, rampspoedige daad wat rassevooroordeel vererger en verdeeldheid en botsings bevorder het.

Suid-Afrikaners huldig dus uiteenlopende standpunte oor die Groot Trek, maar oor die uiterlike vorm daarvan hoef geen meningsverskil te wees nie. Die historikus C.F.J. Muller het dit beskryf as "die landverlating van baie duisende Afrikaanssprekende grensboere uit die Britse Kaapkolonie na aangrensende gebiede in die noorde en noordooste sonder die bedoeling om ooit terug te keer". Die trekgedagte het dan ook nie spontaan ontstaan nie, maar is gepropageer en noukeurig beplan.

Die Groot Trek word dikwels as die sleutelgebeurtenis in die Suid-Afrikaanse geskiedenis beskryf, en dit het ongetwyfeld 'n nuwe wending daaraan gegee, want binne een geslag is groot nuwe gebiede binne die sfeer van die Wes-Europese wêreld gebring. Tog is die Groot Trek nie die enigste migrasie in die Suid-Afrikaanse geskiedenis wat verreikende gvolge gehad het nie. Reeds in die 17de eeu het Khoikhoi-groepe hulle in reaksie teen Blanke gebiedsuitbreiding in die binneland gevestig, en teen die einde van de 18de eeu het ontevrede Basters, wat later as die Griekwas bwekend sou staan, na die binneland uitgewyk en -lank voor die Voortrekkers - die eerste onafhanklike boerestate by Griekwastad en Philippolis gestig. Van die belangrikste trekke in die Suid-Afrikaanse geskiedenis egter die volksverskuiwings wat die gevolg was van die opkoms van die Zulu-koninkryk, nl. die Mfecane en Difaqane. Dié Swart migrasies het die Groot Trek trouens in getalle en omvang ver oortref. Boonop was daar 'n nuwe wisselwerking tussen die Groot Trek en die Difaqane: eerstens het die Swart volksverskuiwings die Trek hoegenaamd moontlik gemaak deur groot gebiede in die binneland te ontvolk, en tweedens het ontwortelde Difaqane-vlugtelinge die Kaapse oosgrensgebied binnegestroom en die onsekerheid en onrus in dié streek vererger.

Met verloop van jare is die Groot Trek as 'n Afrikaner-volksbeweging beskou. Die meeste Afrikaners het hulle later met die Voortrekkers se ideale vereenselwig. Mar tog het slegs sowat 'n tiende van die Kaapse Afrikaners aan die Trek deelgeneem. Die "groot" van die Groot Trek dui dus nie op die omvang van dié migrasie en die aantal mense wat daaraan deelgeneem het nie, maar eerder op die betekenis en verreikende gevolge daarvan.

--- --- ---

Trekboere en Voortrekkers

Daar word gewoonlik 'n sterk onderskeid getref tussen die Voortrekkers en trekboere. Die Groot Trek was nie bloot 'n versnelde voortsetting van die trekboerbeweging nie. Die Voortrekkers was rebelle wat hul politieke ideale in 'n selfstandige republiek sonder Britse inmenging wou verwesenlik. Daarenteen was die trekboere jagter-veeboere wat hoofsaaklik op soek na weiveld en wild die binneland ingetrek het. Die noordwaartse beweging van die veeboere was 'n spontane migrasie, die Groot Trek 'n georganiseerde uittog. Die trekboere wou hê dat die Kaapse owerheid sy gesag oor hulle uitbrei, en die kolonie se noordgrens is gevolglik tussen 1822 en 1834 na die Oranjerivier verskuif. In 1830 was daar al trekboere in die Transoranje-gebied wat nie van plan was om na die Kaapkolonie terug te keer nie, maar hulle het hulself steeds as koloniale onderdane beskou en dit "onchristelik" gevind om teen hul wettige owerheid in opstand te kom.

Nieteenstaande die duidelike verskille tussen die Groot Trek en die trekboerbeweging is daar ook opvallende raakpunte. Dit was die jagter-veeboere wat in die 18de eeu tot die enorme uitbreiding van die Kaapkolonie bygedra en die verversingspos in 'n uitgestrekte kolonie omgeskep het. Die Groot Trek het in 'n sekere sin hierdie kolonisasieproses voortgesit. Verder het die trekboerbeweging die weg vir die Groot Trek gebaan, want dit het die Afrikaner-grensboer fisies en psigologies reisvaardig en beweeglik gemaak. Hy het daaraan gewoond geraak om sy besittings op 'n ossewa te pak en 'n beter leningsplaas in die binneland te gaan soek. Dié tradisie het die vorm bepaal wat die Afrikaner-grensboere se verset teen die Kaapse owerheid sou aanneem: Toe toestande vir hulle onuithoudbaar word, het hulle eenvoudig hul besittings gepak en getrek - maar dié keer was daar nie sprake van terugkeer nie.

--- --- ---

Die oorsake van die Groot Trek

Die trekgedagte het posgevat in die kerngebied van die Kaapse oosgrens, van die noordelike dele van die distrik Albanie (Grahamstad) tot in Graaff-Reinet en die uitgestrekte Somerset-distrik. Om te verstaan waarom Afrikaner-grensboere besluit het om die Kaap permanent te verlaat, moet die toestande in dié gebied aan die vooraand van die Groot Trek ondersoek word.

Twee belangrike temas in die geskiedenis van die Kaapse oosgrensgebied in die eerste helfte van die 19de eeu is die toenemende botsings tussen die Xhosa en Blanke veeboere enersyds en die groeiende politieke vervreemding tussen die grenskoloniste en die Britse owerheid andersyds. Toe die oosgrens nog "oop" en yl bewoon was, kon die Kaapste regering geen militêre bystand aan die grensboere teen die Xhosa verleen nie, en die burgers het na eie goeddunke die wet en orde gehandhaaf. Namate 'n sterker Britse regering sy politieke en militêre gesag in die streek laat geld het, is die mag van die burgerkommando's ingrypend ingekort. Tog was die Britse mag - hoofsaaklik vanweë onvoldoende finansiële middele - nooit sterk genoeg om Xhosa-aanvalle te voorkom nie, soos die grensoorloë van 1819 en 1834-1835 bewys het. Die Britse owerheid het die Blanke grensboer se tradisionele vryheid van optrede en selfverdediging toenemend beperk, maar kon nie sy veiligheid waarborg nie.

Dit het tot algemene ontevredenheid en 'n gevoel van onveiligheid onder die Afrikaner-grensboere gelei. Tydens agrenskkonflikte, en veral die Sesde Grensoorlog (1834-1835), het die grensboere swaar verliese gelyl. In Februarie 1838 het 'n Uitenhaagse boer dit duidelik gestel dat skade vanweë oorloë en veerowery, tesame met wantroue in die Britse owerheid, 'n deurslaggewende oorsaak van die Groot Trek was: "Wat hebben die grensbewoners van tyd tot tyd niet van die Kaffers (Xhosa) te verduuren gehad, en inzonderheid by den laatsten onverwachten inval?" Ná elke terugslag het hy weer op die been gekom, maar daarna "kwamen de Kaffers en beroofden my van álles, zoals het geval was in 1819 en wederom in 1834 ... Wat is my derhalwe over gebleven, na vele jaren arbeids en gezwoegs? Letterlyk niets!"

Ondanks die groot verliese wat die grensboere in die Sesde Grensoorlog gely het, moes hulle tydens strafekspedisies teen die Xhosa hul eie perde en toerusting gebruik. Hulle het verwag dat die regering hulle vir hul verliese sou vergoed, maar dit het nie gebeur nie, en daar is trouens van die geruïneerde grensboere verwag om steeds h ul gewone belasting te betaal. Hierdie ervarings het die besef by die Afrikaner-grensboere laat posvat dat hulle nie langer 'n bestaan in die oosgrensgebied kon maak nie.

Die onrus in die oosgrensgebied hou ook verband met 'n gebrek aan lewensruimte en grond. Sowel die Afrikaner-grensboere as die Xhosa was veeboere wat vir hul voortbestaan voldoende weiveld moes hê. Teen 1830 was daar aanduidings dat die oosgrensstreek oorbevolk was, soos o.m. blyk uit 'n betekenisvolle uitspraak oor die oorsake van die Trek deur die magistraat van Albanie. "I have long anticipated a movement of this kind. The early marriages contracted by the people, the consequent rapid increase in population, their disinclination to procure any other mode of subsistence that that which is obtained by the possession of land, the degradation which is attached to servitude (and which prevails in all countries where slavery has been established), these combined causes rendered a movement such as is now contemplated, inevitable, when land could no longer be found within the colony to satisfy the demands of increased population."

Om sake te vererger, het grondpryse in die twintiger- en dertigerjare skerp gestyg en het ernstige droogtes voorgekom. Dit was 'n bedreiging vir die grensboere se leefwyse, wat hulle tot in daardie stadium gevrywaar het van 'n bestaan as loonarbeiders. Vir die jonger geslag was daar nou nie meer grond nie. Hulle kon na intensiewe boerderymetodes oorskakel, maar dit sou 'n langsame proses wees wat gevorderde tegnologie en gunstige klimaatsomstandighede vereis. Hulle wou ook nie vir ander mense werk nie, want dit sou 'n verlaging van status beteken het. Daar was egter 'n logiese uitweg: om te trek en in die binneland grond en weiveld te gaan soek.

Die grensboere se boerderybedrywighede is verder aan bande gelê deur 'n gebrek aan arbeid. Na hul mening het regeringsmaatreëls, veral Ordonnansie 50 van 1828, hule verhinder om voldoende beheer oor hul bediendes en plaasarbeiders uit te oefen. Baie arbeiders het die plase verlaat en rondtrekkende bendes gevorm. Die arbeidstekort is juis in dié tyd vererger deur die vrystelling van die slawe. Hoewel daar in die oostelike distrikte baie minder slawebesitters as in die westelike distrikte was, het belangrike Trekkerleiers soos Gert Maritz weens die slawevrystelling swaar verliese gely. 'n Bekende Voortrekker, J.H. Hatting, het later oor die arbeidsituasie gesê: "De Boeren werden op die wijze geheel van werkvolk ontstoken, en moesten zelf met hun kinderen al 't werk doen en 't vee oppassen, zodat het niet meer te houden was om in de Kaapkolonie te boeren." Ook vir hierdie probleem kon trek 'n oplossing bied: in die binneland sou daar genoeg goedkoop arbeid beskikbaar wees.

Landlopery van bevryde arbeiders het grootliks tot die gevoel van onveiligheid onder die grensboere bygedra, en dit is die eerste grief wat die bekende Voortrekkerleier Piet Retief in sy Manifes noem: "Wij zijn wanhopig dit land te redden van het kwaad dat hetzelve dreigt door oproerige en oneerlike gedrag van landlopers, die toegestaan worden zich over alle deelen des lands te verspreiden; noch zien wij eenig vooruitzigt van vrede of vergenoegdheid voor onze kinderen in een land aldus ontrust door inwendige oploop." Om sake te vererger, het duisende Difaqane-vlugtelinge aan die vooraand van die Groot Trek die oostelike en noordoostelike distrikte van die Kaapkolonie binnegekom. Baie Swart vlugtelinge het mettertyd by Blankes in diens getree, maar duisende ander het in die oosgrensgebied rondgeswerf. Dit het die spanning en gevoel van onveiligheid in dié streek verhoog.

Ook op geestelike en psigologiese vlak was die Afrikaner-grensboere ontstem oor die optrede van die Britse regering. Hulle was veral ontevrede oor die implikasies van Ordonnansie 50 en die gebrek aan selfregering. Op grond van godsdienstige oortuigings, m aatskaplike klasseverskille en fisieke voorkoms het hulle onderskeid tussen Blank en Swart getref, en hulle was van mening dat die Britse beleid dié ou rasse-orde beëindig en Blanke oorheersing ondermyn het. Hiervan getuig die beroemde uitspraak van Anna Steenkamp, Piet Retief se broerskind, dat hulle gegrief was deur: "De schandelijke en onregvaardige handelwijs van de vrijhijt van onser slaven en nogtans heeft de vrijhijt ons so seer niet verdreven als de geleijkhijt , de gelijkstelling met de Christenen, strijdig met de wetten van God en het natuurlijk onderschiijt van afkomst en geloof. Dat het onverdraaglijk was voor elk fatsoenlijk Christen onder sulk een last te buijgen waarom wij dan ons liever verwijderen des te beter ons geloof en leer in suyverhijt te behouden." Trek kon dus ook dié probleem oplos: in die binneland sou die Trekkers vry wees om na goeddunke 'n "behoorlike" verhouding tussen Blank en Swart toe te pas.

'n Ander grief was dat die Britse owerheid hulle werklike seggenskap in die landsbestuur ontsê het. Selfs die aandeel in plaaslike bestuur wat hulle sedert die Kompanjiesjare geniet het, is hulle ontneem. In Februarie 1842 het die Natalse Volksraad die meeste van hul griewe teruggevoer na 'n gebrek aan seggenskap in die Kaapse regering: "Alle deeze euvelen schryven wy toe, aan deeze enkele oorzaak, Namentlyk het gebrek van een verteenwoordigende Gouvernement, dat ons geweigerd is geworden, door het uitvoerend Gouvernement van datselfde volk die datzelfde voorregt beschouwd als een hun(n) er hyligste burger regten en waarvoor elke waare Brit zyn leeven laaten wil."

Al die grensboere het natuurlik nie om dieselfde redes getrek nie. Die eerste voortrekker, Louis Tregardt, het benewens die vrystelling van die slawe en onveilige grenstoestande ook as rede genoem dat "de Governement de Africaander tot soldaat vraag". Verder moet die individualisme en avontuurlustigheid van sommige grensboere in gedagte gehou word: nie almal was met hoë vryheidsideale besiel nie. L.C. de Klerk, wat as kind saam met sy ouers Natal toe getrek het, lig dié rede vir trek só toe: "Sommige mense is van liewerlede gewend geword aan die trek- of laer-lewe, sodat hulle jare en jare daarna nog aan rondswerwe was van die een plek na die ander. En dié lewe het dan ook sy bekoring gehad ... Die lewe was sorgeloos en het desweë alleen al menigeen aangetrek."

Al dié griewe toon dat die Afrikaner-grensboere voorkeurbehandeling en spesiale beskerming van die Britse owerheid verwag het toe die regering juis die lot van ál die bewoners van die Kaap wou verbeter. Die Blanke boere het gevoel dat hul bestaan in die oosgrensgebied ondraaglik geword het en dat iets drasties daaraan gedoen moes word. Gewapende verset was buite die kwessie, want vorige pogings het misluk. Toe het die Afrikaners 'n skitterende en natuurlike oplossing vir hul probleme gevind: 'n vreedsame massa-emigrasie na die gebiede noord en noordoos van die Kaapkolonie. Teen die tyd dat die Kaapse owerheid werklik besef het wat aan die gang was, het baie Trekkers hulle reeds diep in die binneland bevind.

--- --- ---

Die "voorste" Voortrekkers

Louis Tregardt (1783-1838) en sy seun Carolus het hulle reeds in 1829 in Xhosaland bevind, en in 1833 het hulle grond van die Xhosaleier Hintsa gehuur. In 1835 het Tregardt saam met 'n paar ander families oor die Oranje getrek. Hy het later aangevoer dat die aanhoudende Xhosa-aanvalle, die vrystelling van die slawe en die instellilng van militêre diensplig om laat besluit het om die Kaapkolonie verlaat. Naby die Vaalrivier het die geselskap van "Lang Hans" van Rensburg hulle by die Tregardts aangesluit. Toe het die trek uit nege waens, sowat vyftig Blankes, 3 000 skape, 800 beeste en heelwat perde bestaan. Hoewel die twee geselskappe in voeling met mekaar gebly het, was die verhouding nie altyd hartlik nie, en die Tregardts het soms op die Van Rensburgs neergesien. Van September 1836 tot die einde van Mei 1837 was die Tregardt-geelskap in die omgewing van die Soutpansberg, naby die teenswoordige Schoemansdal. Daarna het hulle langs die Olifantsrivier getrek tot by Strydpoort. Terwyl Tregardt daar vertoef het, het Van Rensburg met agt gesinne verder getrek om die Portugese hawens te probeer bereik. Omstreeks die einde van Julie 1836 is die hele Van Rensburg-geselskap om die lewe gebring, waarskynlik deur die Tsonga.

Op 23 Augustus 1837 het Tregardt die Soutpansberg verlaat en na Delagoabaai getrek. Ná 'n moeisame tog het "46 Christene en sewe bediendes" Lourenço Marques op 13 April 1838 bereik. Daar sterf 24 lede van die geselskap, o.a. Tregardt en sy vrou, aan malaria. In Julie 1839 het die oorlewendes op die Mazeppa na Port Natal gevaar.

Louis Tregardt is die enigste Voortrekkerleier wat tydens sy omswerwinge 'n dagboek bygehou het. Dit is taalkundig en kultuurhistories van groot belang en bevat ook inligting oor Swart gemeenskappe, klimaatstoestande en die diere- en plantelewe in die vroeë Transvaal. Tregardt het nie geskroom om woorde en uitdrukkings te gebruik wat deur hedendaagse Afrikaanssprekendes as kru en onwelvoeglik bestempel sal word nie. (Die bekende Afrikaner-historikus Gustav Preller het in sy uitgawe van die dag dié onaanvaarbare woorde en gedeeltes fatsoenlik in Latyn vertaal!)

--- --- ---

Op trek

Op die vooraand van die Groot Trek was die grensboere reeds vertroud met die toestande in die binneland en die belangrikste trekroetes. Afgesien van die inligting wat hulle van handelaars, reisigers, jagters, sendelinge en trekboere ingewin het, is ook drie kommissies in 1834 uitgestuur om die binneland te verken. Veral van belang was die groot kommissie onder die Uitenhaagse boereleier Pieter Lafras Uys na Port Natal. Vroeg in 1835 het hy verslag gedoen dat die grotendeels ontvolkte Natal met sy goeie hawe 'n uitstekende nuwe vaderland sou wees. Eers in 1836, ná die Sese Grensoorlog, kon voorbereidings vir die uittog egter in alle erns getref word.

Familielede, vriende en bure het hulle in verskillende trekpartye onder erkende, ervare plaaslike leiers georganiseer. Hulle het die Kaapkolonie nie gelyktydig verlaat nie. Die voorste Voortrekkers, Louis Tregardt en Hans van Rensburg, die pioniers van die Transvaalse Laeveld en Portugees-Oos-Afrika, het in 1835 getrek. Andries Hendrik Potgieter, die konserwatiewe grondlegger van Transvaal, het teen die einde van 1835 of in die begin van 1836 geëmigreer, en Gert Maritz, wat later as 'n bekwame administrateur sou ontluik, het die kolonie in September 1836 verlaat.

Aanvanklik het die Britse owerheid weifelend teenoor die Groot Trek opgetree. Die goewerneur, sir Benjamin D'Urban, was van mening dat die uittog groot nadele vir die kolonie ingehou  het, en hy probeer om grenstoestande te verbeter en griewe uit die weg te ruim. Die luitenant-goewerneur, Andries Stockenström, het die Trek bloot as 'n voortsetting van die trekboerbeweging beskou en openlik verklaar dat geen wette die Voortrekkers kon verhinder om die kolonie te verlaat nie. Al wat nodig was, was om die ondoeltreffende Cape of Good Hope Punishement Act, wat aan Britse magistrate jurisdiksie oor Britse onderdane in onbesette gebiede in die binneland verleen het, ook op die Trekkers van toepassing te maak.

Die Trekkers se agterhoede was dus veilig: die Britse owerheid sou h ulle voorlopig met rus laat. Maar oorkant die Oranjerivier het nuwe probleme gewag. Reeds in 1836 het die voorhoede van die Potgieter-trek die Vaalrivier oorgesteek. Die magtige Ndebele-leier, Mzilikazi, het die koms van soveel Blankes uit dieselfde rigting as dié waaruit die berede Griekwas en Koranas hom tevore bedreig het, met toenemende agterdog bejeën. Mzilikazi het waarskynlik besef dat so 'n groot  groep Blankes 'n bedreiging vir sy ryk ingehou het. Hy het dus die Trekkers aangeval, maar Potgieter het by Vegkop 'n versterkte laer ingerig en in Oktober 1836 die aanval suksesvol afgeweer. In Januarie 1837 het die Trekkers Mzilikazi se vestig, Mosega, ingeneem en die Ndebele ver na die noorde verdryf.

--- --- ---

Voorbereidsels vir die slag van Vegkop

In Augustus 1836, terwyl Potgieter in die binneland op 'n verkenningstog was, het die Ndebele die voorste Trekkers oorkant die Vaalrivier onverwags aangeval. Die Liebenbergs is byna almal uitgewis, maar die ander trekgroepe het die Ndebele-aanval tydelik afgeweer. Toe Potgieter teen die einde van Augustus terugkeer, het hy met sowat vyftig waens 'n laer by die latere Vegkop, in die teenswoordige distrik Heilbron, laat trek.

Potgieter het deeglike voorbereidsels getref. Een van sy seuns het later vertel: "Hij het self die laër om en om geloop, om te sien dat iedere man op sij plek was, en gesorg dat vir die vroue en klein kinders in die middel 'n viertal waens aanmekaar getrek, en van bo met velle en planke oordek werd, teen die gegooide assegaaie. Aan die vroue het Potgieter daat gesê: 'al sien jul julle mans ook val, ik wil g'n énkele geluid van julle hoor nie!'"

Nadat 'n verkenningspatrollie berig het dat 'n groot Ndebelemag in aantog was, het Sarel Cilliers en 'n groep ruiters hulle tegemoet gery. Die patrollie het ongeveer vyftig tree van die Ndebele gestop. Toe Cilliers  na bewering deur 'n Khoikhoi-tolk van die Ndebele wou weet wat die Blankes hulle aangedoen het, het die krygers net hul oorlogskreet geskree en gestorm. Die Trekkers het al skietende na die laer teruggeval.

--- --- ---

Die slag van Vegkop

Die slag van Vegkop het teen die middel van Oktober 1836 (daar bestaan nog onsekerheid oor die presiese datum) plaasgevind. Die hoofgeveg het nie langer as 'n halfuur geduur nie. Sowat veertig Trekkers het ongeveer 6 000 Ndebeele-krygers onder aanvoering van Mzilikazi se generaal Mkhalipi met groot verliese afgeweer. Sowat 430 Ndebele het omgekom, maar die Trekkers het ook 'n hoë prys vir hul oorwinning betaal. Potgieter se broer, Nicolaas, en sy swaer, Pieter Botha, is gedood en veertien man gewond. Boonop die Ndebele 100 perde, 400 beeste, 5 600 skape en al die trekvee weggevoer. Voedsel het al hoe skaarser geword, want hulle kon weens die onveilige toestande nie jag nie. Vyftien dae ná die geveg het Moroka, die Rolongleier van Thaba Nchu, en die Wesleyaanse sendeling James Archbell tot die Trekkers se redding gekom en voedsel en trekosse aan hulle verskaf.

Die slag van Vegkop was die eerste groot botsing tussen die Voortrekkers en die Swartmense. Daarna sou verskeie Swart gemeenskappe hulle nog teen die Blanke gebiedsuitbreiding verset.

--- --- ---

Intussen het die Maritz-trek die Voortrekkergemeenskap in Transoranje aansienlik versterk. Dié leier was in Graaff-Reinet bekend as 'n goeie wamaker, skerpsinnige sakeman en bekwame administrateur. Teen dié tyd was dit duidelik dat die ou kommando-organisasie nie aan die Trekkers se bhoeftes voldoen het nie, en pas ná Maritz se aankoms, is 'n nuwe, voorlopige Voortrekkerbestuur by Thaba Nchu saamgestel. 'n burgerraad van sewe lede is gestig, met Maritz as "president" en "regter" en Potgieter as "leger-kommandant", die militêre hoof. Dié bestuursinstellings was baie primitief, en van 'n skeiding van regeringsmagte was daar geen sprake nie.

In Maart 1837 was 'n groot groep Trekkers onder aanvoering van Piet Retief in aantog. Reeds in die Kaapkolonie was Retief meer as net kommandant van die wyk Winterberg; hy het mettertyd na vore getree as algemene segsman van die boeregemeenskap in die grensdistrikte. Die Transoranje-Trekkers het sy leierseienskappe raakgesien, en in April 1837 is 'n volksvergadering belê waarop Retief tot hoofleier gekies is, met die nuwe titel "goewerneur". Hy was ook die militêre opperbevelhebber. Maritz het aangebly as hoof van die regspleging en was ook president van die "Raad van Politie", of voorsitter van die hoogste bestuursliggaam, wat later in die Republiek Natalia as volksraad bekend sou staan. Potgieter is nie herkies nie; sy status was slegs dié van kommandant van sy eie trek.

Retief se verkiesing tot "goewerneur" het die verdeeldheid onder die Voortrekkers nie uit die weg geruim nie. Hulle was uit verskillende distrikte afkomstig en boonop individualisties, en botsings was dus onvermydelik. 'n Saak wat heelwat onenigheid veroorsaak het, was die aanwysing van 'n predikant. Die Kaapse sinode het die Trek betreur, en geen predikant van die Hollandse Kerk was bereid om die Trekkers te vergesel nie. Om dié leemte te vul, het Retief en ander Voortrekkers gevoel dat hulle die dienste van 'n voormalige sendeling van die Londense Sendinggenootskap, Erasmus Smit, moes gebruik. Smit was egter sieklik, soms kleinlik en boonop aan drank verslaaf, en hy was dus vir baie Trekkers onaanvaarbaar. Potgieter en sy volgelinge wou James Archbell, 'n Wesleyaanse sendeling onder die Rolong, as predikant herroep.

Ook die bestemming van die Trek het tweespalt veroorsaak. Potgieter was vas oortuig dat die heil van 'n onafhanklike Voortrekkerstaat in die verre noorde, ver weg van die Britse invloed gelê het. Daar, n oord van 25° suiderbreedte, en dus buite bereik van die Punishment Act, sou  hy deur die Portugese ooskushawens toegang tot die buitewêreld soek. Piet Retief, Gert Maritz en Piet Uys, wat in April 1837 uit Uitenhage getrek het, het weer voorkeur gegee aan die Natalse kusvlakte, veral die gebied tussen die Thukela- en Mzimvubu-rivier. Vir hul toekomstige staat sou Port Nastal die enigste goeie hawe aan 'n gevaarlike kus, toegang tot die buitewêreld bied. Daar is besluit om in albei rigtings te trek: die Ndebele moes finaal verslaan en Port Natal bekom word. In November 1837 het die Trekkers Mzilikazi ná lang en verwoede gevegte verslaan, en daarna het die Ndebele hulle noord van die Limpopo gaan vestig. Retief was intussen besig met voorbereidsels vir 'n nedersetting in Natal. In Oktober 1837 het hy daarheen vertrek om met die Engelse by Port Natal en die Zulukoning, Dingane, te onderhandel.

--- --- ---

Wrywing tussen Potgieter en Pretorius

Andries Pretorius het al hoe meer besef dat die Trekkers nie daarin sou slaag om  hulself vry te trek nie. As gewapende verset nie sou help nie, was onderhandelings met die Britse owerheid die enigste uitweg. Daarenteen was Potgieter van mening dat 'n stryd of selfs onderhandelings met die Engelse die onafhanklikheid van die Transvaalse Trekkers in gevaar sou stel.

Ná lang samesprekings en verskeie vergaderings het die Transvalers in Mei 1849 by Derdepoort besluit om al die Trekkers onder die Volksraad te verenig. Hierdie "verenigde band" het egter nie Potgieter en sy volgelinge ingesluit nie, want hy het nie die vergadering bygewoon nie. Hoewel baie Trekkers hoë agting gehad het vir Pretorius se uitnemende militêre gawes, was die Volksraad  steeds gekant teen die voortbestaan van die amp van konmandant-generaal. Later, toe dieVolksraad in Januarie 1851 tog erkenning aan militêre leiers verleen het, is nie minder nie as vier kommandante-generaal aangestel, waarvan Pretorius een was.

--- --- ---

Die Trekkers in Natal

In Port Natal het die meeste van die Engelse Retief as bondgenoot en toekomstige buurman verwelkom. Ook die onderhandelinge met Dingae het oënskynlik goed afgeloopoe. Die koning het hom na bewering bereid verklaar om die gebied tussen die Thukela, Mzimvubu en die Drakensberge aan die Trekkers af te staan, mits Retief die vee wat Sekonyane, die Tlokwa-hoof, van die Zulu geroof het aan Dinga terugbesorg as bewys dat die Trekkers nie vir die diefstal verantwoordelik was nie. Retief het aan dié voorwaarde voldoen. Op 11 Januarie 1838 was hy weer met die gesteelde beeste terug in die laers aan die Natalse kant van die berg. Die Boere-goewerneur se optrede het egter nie die goedkeuring van al sy volgelinge weggedra nie. Gert Martiz het hom teen Retief se ondemokratiese optrede uitgespreek, en Piet Uys het Retief se verwerping van Britse gesag in 'n brief aan goewerneur D'Urban gekritiseer. Boonop is Retief sterk veroordeel omdat hy van voorneme was om so baie manne op die gevaarlike tog na Dingane saam te neem. Uiteindelik het die goewerneur met sewentig Blankes en dertig gekleurde agterryers na Dingane se hoofstad, Mgundgundlovu, vertrek. Die traktaat tussen die Zulu en die Voortrekkers is op 6 Februarie 1838 deur Dingane onderteken, maar daarna het die koning die ongewapende Trekkergeselskap om die lewe laat bring.

--- --- ---

Die moord op Piet Retief

Tydens Retief se tweede besoek aan Dingane was die Zulukoning reeds agterdogtig teenoor die Voortrekkers, wat sonder toestemming in sy gebied was. Boonop het Retief op 8 November 1837 deur die sendeling Daniel Landley 'n taamlik ondiplomatiese en neerbuigende brief aan Dingane geskryf waarin hy o.m. opgemerk het: "What has nou happened to Moselekatsi makes me believe that the almighty & all knowing God wil nog permit him much longer to live. From God's great Book we learn that kings, who do such things as Moselekatsi has done, are severely punished & not suffered long to live and to reign. And if you wish to hear more fully how God treats such wicked kings, you can enquire of all die missionaries in jour country..." Dingane moes hierdie boodskap as 'n dreigement vertolk het.

Die oggend voordat Retief en sy geselskap op 6 Februarie 1838 van Mgundgundlovu sou vertrek, is hulle gewaarsku dat Dingane voornemens was om hulle om die lewe te bring. Net voor hul vertrek is Retief en sy hele geselskap na Dingane ontbied: die koning wou hulle geroet en onthaal. Volgens gebruik het hulle ongewapen voor die koning verskyn. Terwyl hulle bier gedrink en na dansende Zulu-krygers gekyk het, het Dingane beveel dat die "towernaars" gedood moet word. Die slagoffers is na 'n heuwel met die naam Matiwane, 'n klipperige uitloopsel van Hlomo Amabutho, gesleep en daar aan die aasvoëls oorgelaat. 'n Sendeling, Francis Owen, het die moord op 'n afstand waargeneem. Hy het die toneel soos volg in sy dagboek beskryf: About 9 or 10 Zoolus to each Boewr were dragging their helpless unarmed victim to the fatal spot, where those eyes which awaked this morning to see the cheerful light of day for the last time, are now closed in death."

--- --- ---

Vroeg die oggend van 17 Februarie het Zulu-krygers die niksvermoedende laers langs die Bloukrans- en Boesmansrivier aangeval, en sowat 500 mense, van wie die helfte bediendes was, vermoor. Boonop het die Zulu ongeveer 25 000 beeste en duisende skape en perde gebuit. 'n Teenaanval is georganiseer, en op 6 April het 'n Boerekommando in twee afdelings onder Potgieter en Uys die Thukela in die rigting van Mgundgundlovu oorgesteek. Oorkant die Buffelsrivier by Italeni is hulle egter in 'n hinderlaag gelok en het sowel Uys as sy seun, Dirk, gesneuwel. Ook 'n aanval van die Port Natalse Britte, wat die Trekkers te hulp gekom het, het misluk. In dié verwoede geveg het sowat 1 000 Zulu-volgelinge van die Britte en 13 blankes gesneuwel. Die toestand was ellendig. Tydens die koue winter van 1838 het siekte die Voortrekkers, wat in versterkte laers ingehok was, geteister. In dié spanningsvolle tyd het die ou partygevoelens opnuut opgevlam. Ná die nederlaag by Italeni is Potgieter in die laers van Retief en Maritz openlik van lafhartigheid beskuldig, en het hy met sy waardevolle ruitergroep oor die Drakensberg teruggetrek om sy ou vryheidsideale op die Hoëveld na te strewe. Op 23 September 1838 het die Trekkers nog 'n leier verloor toe Gert Maritz sterf Van die vernaamste Natalse leiers was net Karel Landman, die hoofkommandant, nog oor.

In hul nood het die Natalse Trekkers hulle tot Andries Pretorius, 'n goeie organiseerder en begaafde krygsman, gewend. Toe Pretorius op 22 November 1838 uit die Kaapkolonie in Natal aankom, was hy vir die Trekkers geen vreemdeling nie. As verkenner was hy reeds in Transoranje, Transvaal en Natal, en hy het hom ook vroeg met die lotgevalle van die Trekkers vereenselwig. Op 25 November is hy as kommandant-generaal aangewys en kort daarna het hy voorbereidsels begin tref om Dingane aan te durf. Ondervinding het getoon dat dit gevaarlik was om die Zulu met perdekommando aan te val. Daarom het Pretorius besluit op 'n versterkte walaer, vergesel van ruiters. Die groot oorwinning wat die Voortrekkers op 16 Desember 1838 met die slag van Bloedrivier behaal het, kan hoofsaaklik toegeskryf word aan Pretorius se krygsvernuf, deeglike voorbereidsels en optimisme. Dié oorweldigende militêre oorwinning het die weg berei vir die stigting van die Republiek Natalia.

--- --- ---

Die Gelofte

Andries Pretorius het die strafveldtog teen Dingane met groot deeglikheid beplan. Hy het hom veral daarop toegespits om behoorsaamheid en waaksaamheid by die ongedissiplineerde, mismoedige masnakppe aan te wakker. Die gedagte om 'n plegtige gelofte af te lê, het by Pretorius en Sarel Cilliers ontstaan, waarskynlik om die Trekkers ook geestelik te versterk. Die Gelofte, wat op 9 Desember 1838 by die huidige Wasbankspruit afgelê en daarna elke aand herhaal is, het daarop neergekom dat, indien God aan die Voortrekkers 'n oorwinning oor die Zulu gee, hulle ter ere van Hom 'n kerk sou bou en dat hulle en hul nageslag die dag van oorwinning jaarliks sou herdenk.

--- --- ---

Die slag van Bloedrivier

Op 15 Desember het die Voortrekkers berig ontvang dat die Zulumag in aantog was. Pretorius het laer laat trek op 'n baie geskikte gevegsterrein, tussen die Ncomerivier (die huidige Bloedrivier) en 'n diep sloot. Teen skemer het mis oor die laer toegesak, maar teen dagbreek weer opgeklaar. Op 16 Desember het sowat 10 000 Zulu-krygers onder aanvoering van Dambuza (Nzobo) en Nhlela die laer herhaaldelik aangeval, maar Pretorius en sy 470 man het daarin geslaag om die aanvalle af te weer. Ná ongeveer twee uur het Pretorius beveel dat 'n groep perderuiters die laer moes verlaat en die Zulu aanval. Ná 'n derde stormloop het die Zulumag teruggeval. Tydens die agtervolging het Pretorius in 'n worsteling met 'n Zulu 'n assegaaisteek in sy linkerhand opgedoen.

Net drie Trekkers is gewond, maar die dag daarna is rondom die laer meer as 3 000 Zulu-gesneuweldes getel. Vir die Trekkers was dit 'n skitterende oorwinning, wat hul voortbestaan in Natal verseker het. Vir die Zulu was dit 'n groot terugslag, maar nie die einde van hul magtige ryk nie. Pretorius het met sy kommando na Mgundgundlovu opgeruk, maar het die dorp op 20 Desember verlate en aan die brand aangetref.

By baie Afrikaners maak Bloedrivier en die Gelofte nog steeds emosies gaande. Hulle beskou die Voortrekkers se oorwinning as 'n wonderwerk wat aan God se ingryping toegeskryf moet word. Daar is egter ook ander historici, soos B.J. Liebenberg, wat dit as 'n gewone veldslag beskou en die oorwinning toeskryf aan die Trekkers se gebruik van vuurwapens, die beskerming wat die gefortifiseerde laer gebied het, die uitstekende ligging van die slagveld, die Trekkers se vasberadenheid en Andries Pretorius se skitterende vermoë as taktikus.

--- --- ---

Die eerste Trekkerrepubliek: Natalia

Die Voortrekkers se eerste republiek het net vier jaar bestaan, maar dit was tog 'n merkwaardige poging van onervare veeboere om volgens die insigte en hul ervaring in die Kaapkolonie hul eie demokratiese staatstruktuur in te rig. Dit sou een van hul grootste griewe teen die Kaapse owerheid, nl. gebrek aan verteenwoordigende bestuur, uitskakel. Die sentrale bestuur het uit 'n verkose Volksraad van 24 lede bestaan, met 'n president of voorsitter. 'n Kommandant-generaal was die militêre opperbevelhebber. Op plaaslike bestuursvlak is die beproefde stelsel van landdros en heemrade wat die Trekkers vroeër in die Kaapse grensdistrikte geken het, heringestel. Die eenheidsband met die Trekkers op die westelike Hoëveld is ook herstel, want in 1840 het Pretorius met Potgieter ooreengekom dat die hele Trekkergebied onder die Natalse Volksraad geplaas sou word, en in 1841 is besluit om 'n adjunkraad van twaalf lede op Potchefstroom in te ste,l met Potgieter as hoofkommandant.

Die Trekkers kon nou ook aandag skenk aan 'n ander ideaal, nl. om volgens hul eie opvattings die verhouding tussen Blank en Swart te reël. Hul houding en optrede teenoor Swartes is veral gekenmerk deur differensiasie, diensbaarheid, gebiedskeiding en soms hardhandigheid. Veral die inboekstelsel, waarvolgens Swart kinders verplig was om vir die Trekkers te werk teen vergoeding van kos, klere en huisvesting, het die Trekkers skerp kritiek op die hals gehaal. In sommige gevalle, soos in die oorloë teen die Zulu en veral die berugte veldtog teen die Bhaca onder Ncaphayi, is die kinders gevang en met geweld weggevoer. Die inboekstelsel kon egter nie al die Trekkers se arbeidsprobleme oplos nie, en elke Trekker is dus toegelaat om vyf Swart gesinne op sy plaas te laat bly.

'n Ander Voortrekkerideaal, nl. kontak met die buitewêreld deur 'n eie hawe, kon nie volkome verwesenlik word nie. D'Urban se opvolger, sir George Napier, het maj. Samuel Charters reeds in Desember 1838 gestuur om Port Natal te beset. Dit het vrye toegang tot die hawe belemmer. Vroeg in 1842 het die Nederlandse vaartuig Brazilie 'n opspraakwekkende besoek aan Port Natal gebring, maar Nederland was nie van plan om die republiek daadwerklik teen Brittanje te help nie. Ook die besoek van die Amerikaanse skip Levant het nie tot noemenswaardige handelsbetrekkinge of kontakte met die buitewêreld gelei nie.

Die Britse regering was nooiot bereid om die onafhanklikheid van die Trekkers te erken nie. Hulle is steeds as Britse onderdane beskou, onderworpe aan die bepalings van die Cape of Good Hope Punishment Act. Die besluit van die Volksraad in Augustus 1841 om duisende Swartes te segregeer deur hulle na die Natalse suidgrens te verskuif, het Napier die geleentheid gegee om in te gryp. Die goewerneur was van mening dat dié stap 'n ernstige gevaar vir die onstuimige Kaapse oosgrens ingehou het: die Xhosa kon oor die grens gedruk word, wat militêre optrede en dus groter Britse uitgawes souo meebring. Voorts het sendelinge vertoë tot Napier gerig dat die Swartes teen die Trekkers beskerm moes word, en die Britte het gevrees dat vreemde moondhede moontlik 'n vastrapplek in Natal sou kon kry. Gevolglik is kapt. T.C. Smith met 250 man beveel om na Port Natal te marsjeer, en in Mei 1842 is die Union Jack by die Voortrekkerhawedorp gehys.

Die Natalse Trekkers het hulle militêr teen dié Britse inmenging verset. Pretorius het 'n nagtelike aanval van Smith by Congella met taamlike swaar verliese afgeslaan. Terwyl die Trekkers die Britse kamp beleër het, het Dick King en 'n agterryer die Voortrekkermag te perd ontglip en die lang afstand na Grahamstad binne tien dae afgelê om hulp te ontbied. Laat in Junie het 'n Britse mag onder lt.-kol. A.J. Cloete by Port Natal geland. Smith is bevry en die Boere se mililtêre verset beëindig. Op 15 Julie 1842 het die Volksraad by Pietermaritzburg besluit om die onderwerpingsvoorwaardes te onderteken, en in September 1845 het Napier se opvolger, sir Peregrine Maitland, Natal amptelik tot afsonderlike distrik van die Kaapkolonie geproklameer. Dit was die einde van die Voortrekkers se eerste republiek. Hulle moes weer trek.

Die toestande in Transoranje

Die heterogene bevolkingsamestelling van die suidelike Transoranje het voortudrende onrus en botsings meegebring, wat die Britse owerheid spoedig aangespoor het om sy gesag oor dié streek uit te brei. In die suide het die Griekwas onder Adam Kok gewoon, en in die ooste die Rolong onder Moroka. Verder oos het die Sotho onder Moshweshwe vanuit Thaba Bosiu hul aansprake na die vrugbare streek wes van die Caledonrivier uitgebrei.

Ook die Blanke bevolking van die gebied was verdeeld. Die lojale trekboere onder Michiel Oberholzer het Britse beskerming voorgestaan en hulle gedistansieer van die republikeinse Voortrekkers, wat hoofsaaklik die Winburg-streek tussen die Vet- en Vaalrivier bewoon het. (Potgieter het dié gebied in Junie 1838 deur 'n ruilooreenkoms van die Taung-leier, Makwane, verkry.) Die repupblikeine van Winburg het kontak behou met hul geesgenote in Potchefstroom en Natal, maar toe dit duidelik word dat Natal Brits sou word, het die Voortrekkers van Potchefstroom-Winburg hul federale band met die Natalse Trekkers verbreek. In 1843 het hulle hul eie bestuur ingestel en hulself 'n jaar later onafhanklik verklaar. Potgieter en die Burgerraad van die Voortrekkers het daarop aanspraak gemaak dat hul gesag tot aan die Oranjerivier strek.

Ondertussen het die Britse owerheid sy invloed toenemend in dié gebied laat geld. Toe regter William Menzies verneem dat Jan Mocke en sy Voortekkers voornemens was om 'n republiek noord van die Oranje uit te roep, het hy self die land tot by 25° suiderbreedte tot Britse gebied verklaar. Die Britse regering het egter geen magtiging gegee vir die anneksering van verdere gebiede nie en gevolglik het Napier dié proklamasie nietig verklaar. Tog het die goewerneur probeer om indirekte beheer oor die gebied uit te oefen, want hy wou die Kaapse noordgrens sonder groot militêre uitgawes beskerm met gesubsidieerde bufferstate. Om hieraan uitvoering te gee, het Napier einde 1843 verdrae met Adam Kok en Moshweshwe gesluit. Dié verdrae het onder meer bepaal dat die ondertekenaars getroue vriende van die Kaapkolonie sou wees, dat hulle die orde in hul onderskeie gebiede sou handhaaf, misdadigers sou uitlewer en die kolonie sou waarsku teen moontlike vyandelikhede.

Nòg die Terekkers nòg die lojale trekboere was bereid om hulle aan die gesag van Swart leiers te onderwerp. Blanke verset teen Adam Kok het toegeneem totdat Britse troepe in Mei 1845 'n gewapende Trekkermagh by Swartkoppies verslaan het. In Junie het goewerneur Maitland Transoranje self besoek, maar geweier om met die republikeinse eiers, Mocke en Kock, te onderhandel tensy hulle hulle onvoorwaardelik aan Britse gesag onderwerp. Hy het met Adam Kok ooreengekom dfat die streek suid van die Rietrivier ' n onvervreembare en uitsluitlike Griekwa-reservaat sou bly. In die noorde kon Britse onderdane grond koop of huur, maar die land sou onder die soewereiniteit van die Griekwa-kaptein bly. Verder is besluit om 'n Britse resident in die Griekwa-gebied te vestig, en in 1846 is maj. Henry Warden in dié hoedanigheid by Bloemfontein aangestel.

Sonder sterk Britse steun sou die resident die uitgestrekte, afgeleë landstreek beswaarlik doeltreffend kon beheer. Toenemende onrus het tot direkte Britse inmenging in Transoranje gelei. In Februarie 1848 het sir Harry Smith, wat vir Henry Pottinger teen die einde van 1847 as goewerneur opgevolg het, die hele gebied tussen die Oranje- en Vaalrivier en die Drakensberge as die Britse Oranjerivier-Soewereiniteit geannekseer.

Hierdie drastiese stap het Andries Pretorius wat tot in dié stadium deur vreedsame onderhandeling die onafhanklikheid van die Trekkers wou bekom, tot optrede aangespoor. Aan die hoof van die grootse kommando wat hy nog aangevoer het, het hy in die suidelike Transoranje teen Smith opgeruk, maar op 29 Augustus is hy beslissend verslaan en Britse soewereiniteit oor die gebied bevestig. Soos met die anneksasie van Natal vyf jaar tevore, het die Groot Trek weer 'n laagtepupnt bereik. Baie Voortrekkers moes opnuut trek - dié keer noord na Transvaal, die enigste gebied nog buite Britse beheer was.

Woelinge in Transvaal

Die Transvaalse Voortrekkerbevolking was polities ernstig verdeel. Andries Potgieter het steeds daarna gestreef om die bepalings van die Punishment Act te ontduik en deur Portugese gebied 'n hawe aan die Indiese Oseaan te kry. Hy het verder noord uitgewyk, waar hy twee nuwe dorpe gestig het: Andries-Ohrigstad in 1845 en Schoemansdal in 1848. Sy magte as "hoofbestierder" is egter bevraagteken deur nuwe intrekkers wat mettertyd as die Volksraadparty bekend gestaan het. In 'n stadium was daar selfs twee regerings naas mekaar op Ohrigstad, 'n situasie wat in 1847 byna op bloedvergieting uitgeloop het.

Die politieke spanninge in Transvaal is vererger toe Andries Pretorius en 'n aantal van die laaste Voortrekkers uit Natal hulle aan die Magaliesberg in die Potchefstroom-omgewing gevestig het. Pretorius se groeiende gewildheid en invloed het spoedig tot wrywing met die Volksraadparty en Potgieter gelei.

In Januarie 1851 is Pretorius as kommandant-generaal van Magaliesberg en Mooirivier aangewys. Hy het dus weer amptelike status gehad, hoewel hy slegs een van vier kommandante-generaal in Transvaal was. Nietemin het sy aansien vinnig toegeneem. Die inwoners van die Oranjerivier-Soewereiniteit het hom bv. voortdurend versoek om die orde daar te kom herstel en hulle van die Britse juk te bevry. Ook Moshweshwe h et Pretoris in 1851 'n bondgenootskap teen die Britse owerheid in die Soewereiniteit aangebied. Meer as enige ander Trekkerleier was hy op die hoogte van politieke verwikkelinge oral in Suid-Afrika.

Pretorius was vasbesote m die Britte se benarde posisie te benut om oor die onafhanklikheid van die Trekkers noord van die Oranje te onderhandel, maar die Volksraad het sy vryheid van optrede aan bande gelê. Toe die Lydenburgers in September 1851 nie by 'n Volksraadsitting in Rustenburg opdaag nie, het Pretorius en sy volgelinge die onkonstitusionele besluit geneem om die Volksraad se mag voorlopig op te skort, die bestuur van die land aan Pretorius en sy krygsraad toe te vertrou en hom volmag te gee om met die Britse owerheid oor onafhanklikheid te onderhandel.

Onafhanklikheid vir die Voortrekkers

In September 1851 het Andries Pretorius aan maj. Warden, die Britse resident in die Oranjerivier-Soewereiniteit, geskryf dat hy oor "een goede verstandhouding" wou onderhandel hierdie voorstel is dadelik aangegryp, want in dié stadium het die Britse regering ernstige probleme in sy Suid-Afrikaanse besittings ondervind. Sedert 1850 was die Kaapkolonie in die bloedige Agtste Grensoorlog gewikkel. Warden kon ook nie sonder sterk militêre en finansiële steun sy posisie teen veral Moshweshwe handhaaf nie. Sy poging om met 'n ontoereikende mag sy grensreëlings af te dwing, het juis daartoe gelei dat hy in Junie 1851 by Viervoet deur die Sotho verslaan is. W.S. Hogge en C.M. Owen, die twee kommissarisse wat toestande in die oos- en noordoosgrensgebiede van die Kaapkolonie moes ondersoek, het ook gevrees dat Andries Pretorius in Transoranje sou inmeng. Gevolglik was hulle bereid om hom by Sandrivier, in die noorde van die Soewereiniteit, te ontmoet en op 17 Januarie 1852 is die Sandrivier-konvensie onderteken, waardeur Brittanje amptelik die onafhanklikheid van die Trekkerrepubliek noord van die Vaalrivier erken het. Ná agttien jaar is een van die hoofoogmerke van die Groot dus uiteindelik verwesenlik.

Die Britse owerheid het die onafhanklikheid van die Transvaalse Trekkers nie erken omdat hy hul vryheidsideale simpatiek gesind was nie. Dit was eerder 'n besparingsmaatreël: die Voortrekkers sou nou as bondgenote gebruik kon word om die uitgestrekte Britse grense in Suid-Afrika te help beveilig.

Die Trekkers tussen die Oranje- en Vaalrivier het nog nie hul vryheid ontvang nie. Die Britse owerheid het eintlik reeds voor die Sandrivier-konvensie  op die onttrekking uit die Oranjerivier-Soewereiniteit besluit, maar dit kon nie sonder verlies van prestige vir Brittanje en veral sir Harry Smith geskied nie. Smith is egter in Januarie 1851 in onguns teruggeroep, en sy opvolger, sir George Cathcart, was ten gunste van die herroeping van Britse gesag. Maar dit was Moshweshwe wat eintlik die lot van die Soewereiniteit beseël het. Nadat die Sotho in Desember 1852 'n Britse aanval by Bereaberg afgeweer het, het Cathcart aan die Britse owerheid voorgestel dat 'n Britse kommissaris na die Soewereiniteit gestuur word om te bepaal of 'n verdere Trekkerbufferstaat nie groter voordele vir die Britse owerheid sou inhou nie.

Die imperiale owwerheid het Cathcart se voorstel aanvaar en 'n spesiale kommissaris, sir George Clerk, het reëlings begin tref om die gebied onafhanklik te maak. Nieteenstaande sterk verset deur Engelse handelaars en beroepslui, sendelinge en trekboerlojaliste is die Bloemfontein-konvensie op 23 Februarie 1854 onderteken. In ' n sekere sin was dié konvensie merkwaardiger as die Sandrivier-konvensie, want vir die eerste keer het die Britte hulle onttrek uit 'n Trekkergebied wat reeds geannekseer was. Boonop het Britse onderdane, sommige teen hul wil, hul status as Britse onderdane verloor.

Ná twintig jaar het die Bloemfontein-konvensie die Groot Trek logies afgesluit. In Suid-Afrika sou daar voortaan Britse kolonies en Boererepublieke wees.

Die betekenis van die Groot Trek

Teen 1854 was die meeste van die Voortrekkers se ideale verwesenlik. Gert Maritz se wens van 1837, nl. dat "wy ... als een vrye en onafhankelyk volk willen Erken worde", het waarheid geword. Die Trekkers was nie meer Britse onderdane nie. Deur hul eie arbeidswetgewing en -reëlings, wat aan slawerny gegrens het, was hulle verseker van voldoende goedkoop Swart arbeid, en wei- en jagveld was daar genoeg.

Tog het die Groot Trek in sommige opsigte misluk. Dit het nie 'n einde gebring aan die onsekerheid en onveiligheid wat die Trekkers in die Kaapse oosgrensgebied beleef het nie. Inteendeel, die Trek het nuwe, onveilige grense geskep en die Voortrekkers met meer Swart gemeenskappe as tevore in aanraking gebring. Tydens die Trek moes die Trekkers hulle voortdurend in laers verskans, en selfs n á die totstandkoming van die republieke moes hulle dikwels hul plase en dorpe ontruim en weer laer trek. Veral in Transvaal was die Boere só vasgevang in 'n oorlewingstryd teen omliggende Swart gemeenskappe dat hulle beswaarlik aandag aan die opbou van hul republiek kon skenk.

Die Groot Trek het neergekom op die verwerping van sekere koloniale instellings, maar dit het dekades geduur voordat die Trekkers met hul eie plaasvervangers vorendag kon kom. Jare lank moes hulle georganiseerde godsdiens, onderwys en handel ontbeer. Hoewel die Trekikers steeds groot waarde aan hul godsdiens en geletterdheid geheg het, het daar uit eie geledere geen predikante en onderwysers gekom nie. Ook hul pogings om 'n eie hawe te verkry, het misluk, en hulle was grootliks van ruilhandel met smouse afhanklik. Dit het 'n stagnante, ongediversifiseerde ekonomie in die hand gewerk, wat oorwegend op ekstensiewe veeboerdery berus het. In 'n sekere sin het die Trek ook tot intellektuele en kulturele verarming en isolasie gelei: die Trekkers het ook "laer" getrek teen nuwe idees en vreemde invloede.

Die Groot Trek het nie net tot die verspreiding van die klein Afrikanergemeenskap oor 'n oneindig uitgestrekte gebied gelei nie, maar het ook politieke en sosiale fragmentering en verdeeldheid in die hand gewerk. Nie al die Afrikaners het getrek nie, en dié wat wel getrek het, het nie noodwendig oor die bestemming en betekenis van die Trek saamgestem nie. So het 'n politieke kloof ontstaan tussen dié Afrikaners wat getrek en hul heil in onafhanklike state gaan soek het, en dié wat agtergebly en tot die ekonomiese ontwikkeling van die Kaapkolonie bygedra het. Onder die Trekkers self het bittere, kleinlike twiste voorgekom, wat soms gedreig het om die Trek te benadeel.

Die Groot Trek word dikwels aan die latere Suid-Afrikaanse rassebleid - apartheid en segregasie - gekoppel. Die Trek het inderdaad gelei tot die ontstaan van republieke wat eksklusief Blank, maar grootliks afhanklik van Swart arbeid was. Dit hou verband met die Trekkers se opvatting dat Swartes minderwaardig was en gevolglik die Blankes diensbaar moes wees. Die beginsels van die Voortrekkers se rassebeleid het in hul nageslag se politieke ideale bly voortleef, en die Boere se uitsprake is dikwels aangehaal om latere rassebeleidsrigtings te regverdig. Tog sal dit verkeerd wees om rassevooroordeel en apartheid uitsluitlik aan die Groot Trek toe te skryf. Die sg. "minerale revolusie" van die laat 19de eeu en die nywerheidsontwikkeling van die 20ste eeu moet ook in aanmerking geneem word.

Veral vir die Afrikaners het die Groot Trek 'n buitengewone betekenis verkry. Dit is begryplik, want die Trek het dramaties tot die opkoms van die Afrikanerdom gelei. Dit was in 'n sekere sin 'n bewindsoorname deur Afrikaners en het, soos C.W. de Kiewiet dit stel, die toekoms van die hele Suid-Afrika onlosmaaklik aan die Boere gekoppel. Die Afrikaners se bewindsoorname is - en word - egter nie sonder meer deur ander groepe aanvaar nie, en 'n bewindsoorname is ook nie noodwendig permanent nie. Daarom kan die volle betekenis van dié Afrikanerbeweging nog nie behoorlik gepeil word nie.

--- --- ---

Aanbevole leeslys:  'n Volledige bronnelys met outeurs, titels, uitgewers en publikasiedatums sluit die hoofstuk en gedeelte af.

--- --- ---

Radio Omroeper Kort Kursus

Radio Omroeper Kort Kursus

R2095
Adult Pharma

A Pill to Thrill (Distributor Agents Needed)

R350
Independent Candidate Course

Online Independent Candidate Course

R3499
Shuttle Services Pretoria

Privaat UBER Pretoria (Shuttle Service)

R519
< >

Be