My Volk +(Die Trekpad van 'n Nasie) ENKEL OUER KAMPE

DIE LIED VAN JONG SUID-AFRIKA

Release Sce™ Forte

Medikasie wat die simptome van angs, depressie, ADD / ADHD, demensie en menopouse kan behandel. 'n Nie-gewoonte vormende natuurlike produk en sonder voorskrif.
Community-verified icon


Release SCE Agent Pretoria

Die Lied van Jong Suid-Afrika


Woorde: EITEMAL; gewysig: P. Mclachlan

Musiek: HUGO GUTSCHE; verwerk: Dirkie de Viliers


En hoor jy die magtige dreuning?  

Oor die veld kom dit wyd gesweef:

die lied van 'n volk se ontwaking

wat harte laat sidder en beef.

Van Kaapland tot bo in die Noorde

rys dawerend luid die akkoorde:

Dit is die lied van Jong Suid-Afrika,

Dit is die lied van Jong Suid-Afrika,

Dit is die lied van Jong Suid-Afrika.


Die klop van Voortrekkerwawiel

het die eeue se rus verstroor;

die klank van die voorlaaierskote

het klowe en kranse gehoor.

Die diere het stil staan en luister,

die bome het bewend gefluister:

dit is die koms van Jong Suid-Afrika,

dit is die koms van Jong Suid-Afrika.

dit is die koms van Jong Suid-Afrika.


Waar songloed in glorie die berge

oor hul fronsende voorhoof streel,

waar ruisende wind oor die vlaktes

met grassaad kerjakker en speel,

die land wat ons vaders gekoop het, 

met bloed tot ons eie gedoop het:

Dit is die land van Jong Suid-Afrika,

Dit is die land van Jong Suid-Afrika,

Dit is die land van Jong Suid-Afrika.


Die golwende veld is ons woning

en ons dak is die hemelblou;

die Vryheid alleen is ons koning, 

sy wagwoord is: "Handhaaf en bou".

Die stryd wat ons vaders begin het

sal woed tot ons sterf of oorwin het.

Dit is die eed van Jong Suid-Afrika,

Dit is die eed van Jong Suid-Afrika,

Dit is die eed van Jong Suid-Afrika.