Slaaptyd stories deur Arthur S. Maxwell
Die land sonder trane
Alle mense huil soms. Klein seuntjies huil wanneer hulle slae kry en dogtertjies wanneer hulle nie hul sin kry nie. En selfs Pappas en Mammas huil wanneer hulle baie hartseer is.
Maar daar sal 'n dag kom wanneer niemand ooit weer sal huil nie. Dit klink amper te goed om waar te wees, maar dit is tog so. Daar is 'n land sonder trane waar almal heeltemal gelukkig sal wees. Daar sal elke oomblik vreugde en gelag wees en deur die ewigheid heen sal daar niks kom om hulle geluk te bederf nie.
Jesus self het ons vertel van daardie heerlike land. "In die huis van my Vader," het Hy gesê, "is daar baie wonings... Ek gaan om vir julle plek te berei. En as Ek gegaan en vir julle plek berei het, kom Ek weer en sal julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is." (Joh. 14:2,3)
Dink net 'n bietjie, 'n tuiste berei deur Jesus self! Ons kan ons nie trane daar voorstel nie! Kan julle in jul verbeelding iemand daar sien huil? O nee! Niemand sal ooit huil waar Jesus is nie. Hy lewe vir die een doel om almal gelukkig te maak. Waar Hy is, sal daar nooit aan trane gedink word nie
Hierdie is nog 'n prentjie van daardie lieflike land: "Ek het 'n nuwe hemel en 'n nuwe aarde gesien," het Johannes geskryf, "en ek ... het die heilige stad, die nuwe Jerusalem, sien neerdaal van God uit die hemel. ...En God sal al die trane van hulle oë afvee en daar sal geen dood meer wees nie; ook droefheid en geween en moeite sal daar nie meer wees nie, want die eerste dinge het verbygegaan." (Openb. 21:1-4)
Let op, daar staan nie dat ons ons eie trane sal afvee nie, of dat Mammie dit vir ons sal doen nie, maar dat God self dit sal doen. Kan julle aan iets heerliker dink? Die grote, ewige en almagtige God, die Skepper van hemel en die aarde, Hy sal al die trane afvee!
Is dit nou nie 'n wonderlike tuiste wat Jesus vir ons berei nie? Ons moet to