My Volk +(Die Trekpad van 'n Nasie) ENKEL OUER KAMPE
Oom Attie se slaaptyd stories

Adult Pharma

MALE (and FEMALE) LIBIDO BOOSTER
We offer fast, secure and reliable ordering with your complete privacy. We will go the extra mile for each and every customer. Money Back Guarantee. Express Delivery. Safe Payments.
Community-verified icon


Female and Male Libido Boosters
Slaaptyd stories deur Arthur S. Maxwell

Die Koning se Beeld

Skielik het die agterdeur oopgebars en Willem het die huis ingestorm, sy hare deurmekaar, sy een knie ene bloed en 'n verskriklike nors uitdrukking op sy gesig.

"Wat makeer nou?" het sy Vader gevra, terwyl hy die koerant wat hy besig was om te lees, neersit.

"Daardie slegte seuns in die hoekhuis het my gepootjie toe ek van die skool af kom," het Willem woedend geantwoord en sy boeksak neergegooi. "Maar ek sal hulle kry. Ek sal hulle terugbetaal. Ek-ek-ek-"

"Kom ons maak daardie knie skoon," het sy Vader gesê, "en dan besluit ons later wat om met hulle te doen."

Die knie is gewas en verbind, die vuil gesig ook gewas en die deurmekaar hare gekam. Toe het Vader twee rooi appels uit die spens gaan haal, en dit het sake sommer baie verbeter.

"Dit klink nie of jy 'n goeie dag gehad het nie, Willem," het sy Vader gesê, "ek het vanmôre my somme verkeerd gehad, speeltyd het ek my potlood verloor, vanmiddag het ek my mes se lem gebreek en toe pootjie daardie klomp my nog op pad huis toe."

"Sjoe," het sy Vader uitgeroep, "dit was erg. Darem nie ribbebene af nie, hoop ek."

Willem het gelag. "Dit was darem nie so erg nie. Dit kon erger gewees het."

"Dan sou ek my nie veel daaroor bekommer nie," het Pappie gesê.

"Daar is darem nie groot skade aangerig nie. Jy kan weer probeer en volgende keer die somme reg hê. Potlode en messies kan weer gekoop word. Selfs die verkeerde dinge aan ons gedoen, kan tot ons voordeel wees, as ons wil."

"Maar ek gaan hulle kry-" het Willem weer begin.

"Net kleinsielige mense soek wraak," het Vader gesê.

"Groot manne sien kwaad wat hulle aangedoen word, nie raak nie, en oorweldig hulle vyande met vriendelikheid. Jy weet, Willem, daar is 'n paar woorde wat dikwels by my opkom en wat jou ook miskien sal help. Net vier woordjies - Die Koning se beeld."

"Ek verstaan dit nie," het Willem gesê.

"Ek verwag ook nie dat jy dit moet verstaan nie. Maar daar is meer daarin as wat jy dink. Het jy al ooit opgelet deat al die munstukke wat ons gebruik, die Koning se kop op het? En het jy al ooit gewonder hoe kom dit daar?"

"Dit word seker by die munt so gemaak," het Willem geraai.

Slaaptyd stories deur Arthur S. Maxwell

Volgende storie, asseblief?

Radio Omroeper Kort Kursus

Radio Omroeper Kort Kursus

R2095
Adult Pharma

A Pill to Thrill (Distributor Agents Needed)

R350
Independent Candidate Course

Online Independent Candidate Course

R3499
Shuttle Services Pretoria

Privaat UBER Pretoria (Shuttle Service)

R519

"Maar hoe? Ek sal jou vertel. Eerstens, word die metaal gesmelt en baie sorgvuldig gemeng. Dan moet dit, onder geweldige druk, onder yslike rollers deurgaan, nie eenkeer nie, maar oor en oor, totdat dit eindelik uitkom in lang, dun strepies, so dik as wat die muntstuk moet wees. Hierdie strepies gaan dan deur ander perse wat ronde stukke uitknip wat soos muntstukke lyk, maar dit nie is nie, want dit het nie die beeld van die Koning nie. Teen hierdie tyd is hulle egter te hard om die beeld daarop aan te bring; dus word hulle weer saggemaak deur hulle rooiwarm te maak en weer af te koel. Om hulle dan blink te maak, word hulle in baddens swawelsuur gegooi, in warm water gewas en met warm lug droog gemaak.

"Nou eers is die munstukke reg om die beeld van die Koning te ontvang. Hulle moet eers al die prosesse deurgaan, gesmelt en gemeng, gedruk en gesny, warm gemaak en afgekoel, gewas en droog gemaak word, voordat hulle die groot eer van die Koning se beeld te beurt val. En selfs dit gebeur nie maklik nie. Glad en geheel nie.

"Die helder, blink stukke word nou in 'n ander masjien gevoer en elkeen word afsonderlik na die hamer gebring wat, met een skielike, kragtige hou, dit van 'n stuk metaal omskep in'n waardevolle muntstuk.

"Uit hierdie masjien kom daar 'n aanhoudende stroom pragtige muntstukke, almal blinkende van die eer wat hulle ontvang het - en nie een wat nou na hulle kyk, sal dink dat hulle soveel moes gely het om dit te ontvang nie."

"Dis baie interessant," het Willem gesê, "maar ek sien nie wat dit met my moeilikhede te doen het nie."

"Dit het tog baie daarmee te doen," het Vader gesê. "Jy sien ons is almal soos daardie klein metaalstukkies wat deur allerhande moeilike ondervindings beweeg na daardie groot dag toe wanneer die Koning van alle konings dit sal goed dink om Sy beeld op ons af te druk, en ons heeltemal net soos Homself te maak.

"In die Bybel lees ons van 'n groot getal verlostes met die Naam van die 'Vader op hulle voorhoofde geskrywe.' (Openbaring 14:1) Hulle het, met ander woorde, die beeld van die Koning. En hoekom? Omdat hulle, nadat hulle, nadat hulle deur baie leiding en beproewings gegaan het, nie meer een fout in hulle lewens het nie. 'In hulle mond is daar geen bedrog gevind nie; want hulle is sonder gebrek voor die troon van God.'

Vers 5. Hulle praat die taal van die hemel. "Wanneer dit dus lyk of alles verkeerd loop, en ons verloor waardevolle dinge en mense behandel ons sleg, is dit baie bemoedigend om te dink, Willem, dat dit alles net deel is van die proses wat ons moet deurgaan om die Koning se beeld te ontvang."

< >