"Ek is nou te moeg om weer te probeer," het Leslie gesê. "Ons sal dit maar moet laatstaan as ons nog kraggies wil oor hê om vanaand te gaan bofbal speel."
"Ja, maar wat sal Vader sê as hy sien dat ons hierdie klip laatstaan het?"
"Kom ons gooi dit toe dan sal hy dit nie sien nie," het Leslie gesê. "Ons kan dit môre kom uithaal en wegsleep."
So gesê, so gedaan. Hulle het die klip toegegooi, en die laaste vrag klippe gaan aflaai.
Maar het het skoon vergeet van daardie klip. Hulle het eers weer daaroor gedink 'n paar dae later, toe Vader hulle taamlik suur aangekyk het.
"Ek het nou net my ploeg gebreek," het Vader gesê, "op daardie klip net onder die oppervlakte. Om die waarheid te sê lyk dit vir my of die klip toegegooi was."
En het daardie twee seuns nie skaam gelyk nie! Daar was niks wat hulle kon sê nie.
Vader het gesien dat sy vermoede reg was, en hy het voortgegaan: "Daar is 'n teks in die Bybel wat sê dat 'n mens se sonde hom sal uitvind, en nou lyk dit vir my of sekere mense se sonde hulle uitgevind het."
Die twee seuns was baie verleë, en hulle het niks gesê nie.
"Wel, seuns", het Vader gesê, "ek weet nie wat julle gedoen of nie gedoen het nie, en dis ook nou te laat om sake te verhelp, maar julle moet onthou dat daardie klippe net soos die sonde is. Sommige kan 'mens maklik verwyder, maar ander sit baie diep, en net so 'n klein stukkie is sigbaar op die oppervlakte. 'n Mens kan nie ontslae van hulle raak deur hulle toe te gooi nie. Hulle moet uitgegrawe word, en hou gouer hoe beter. As dit nie gedoen word nie, is daar gevaar dat iemand hulle sal ontdek en in die openbaar sal bring. Diepgewortelde sondes moet dadelik uitgegrawe word, en as julle hulle nie met die koevoet kan loswikkel nie, moet julle vir Vader vra om te kom help."
"Dankie, Vader!" het die seuns gesê, "ons verstaan, en ons sal nie weer klippe in die land laatstaan nie."