My Volk +(Die Trekpad van 'n Nasie) ENKEL OUER KAMPE
Oom Attie se slaaptyd stories

Adult Pharma

MALE (and FEMALE) LIBIDO BOOSTER
We offer fast, secure and reliable ordering with your complete privacy. We will go the extra mile for each and every customer. Money Back Guarantee. Express Delivery. Safe Payments.
Community-verified icon


Female and Male Libido Boosters
Slaaptyd stories deur Arthur S. Maxwell

Die kis met sestien slotte

Een van die sonderlingste dorpe wat ek nog ooit gesien het, is Danzig, 'n hawestad aan die suidelike kus van die Oossee. 

Ek was eenkeer daar en terwyl ek langs die snaakse strate geloop het, verby geboue wat seker vir vyf-honderdjaar al onveranderd staan, het dit vir my gevoel of ek in die ou dae leef en dat ek enige oomblik ridders sou sien verby ry.

Baie van die huise van die ryk handelaars wat in daardie ou dae geleef het, staan nog langs die hoof straat. Sommige is buitengewoon mooi, versier met houtwerk en oorgetrek met goud en silwer. Veral een huis het 'n groot indruk op my gemaak. Van die spitsdak af tot by die voordeur was dit soos goud en dit het geskitter in die lenteson. Dit het eerder gelyk of dit aan die Nuwe Jerusalem as aan 'n aardse stad behoort.

Ek het gevind at hierdie huise van binne net so mooi is. Pragtige, ou eikehout is oral te sien en dit laat die huis nog ouer lyk. In een van die huise is die trap rond, met die stam van 'n eikeboom, pragtig afgeewrk en uitgesny, in die middel. Die plafonne is van eikebalke gemaak en eikpanele bedek die mure. Terwyl ek van kamer tot kamer geloop het, kon ek nie help om te dink wat hier deur die eeue plaasgevind het nie en ek het gewens die mure kon praat.

In een kamer is daar 'n geheime deur, soos dié waarvan 'n mens in storieboeke lees, en dit word deur die panele aan die muur bedek. My gids het 'n knoppie gedruk, wegesteek onder een van die sitplekke, en onmiddelik het die panele weggeskuif en daar was 'n geheimsinnige ysterdeur. Ek moet erken dat ek baie opgewonde was en ek wou graag verder sien. Maar helaas, die deur kon nie oopgemaak word nie! Baie jare gelede, in 1844, het iemand daarin geslaag om sy wonderlike slot oop t3e sluit en baie goud en silwer is daar binne gevind; maar toe hulle die deur toegetrek het, kon hulle dit nie weer oopkry nie en tot vandag toe het niemand weer daarin geslaag om daardie deur oop te maak nie. 

In 'n ander kamer is daar van die oudste ysterkiste wat ek nog ooit gesien het. Hulle het albei baie geheimsinnig gelyk en ek het gewens dat hulle kon praat.

Slaaptyd stories deur Arthur S. Maxwell

Volgende storie, asseblief?

Radio Omroeper Kort Kursus

Radio Omroeper Kort Kursus

R2095
Adult Pharma

A Pill to Thrill (Distributor Agents Needed)

R350
Independent Candidate Course

Online Independent Candidate Course

R3499
Shuttle Services Pretoria

Privaat UBER Pretoria (Shuttle Service)

R519

Een van hierdie kiste het vryf groot slotte en vryf groot sleutels om hulle mee oop te sluit. Dit het skynbaar vroeër aan vyf mense behoort, miskien die vyf eienaars van 'n besigheidsplek. Hulle het waardevolle dokumente bevat. Elkeen van die vyf het 'n sleutel gehad en almal moes teenwoordig wees wanneer die kis oopgesluit is. 'n Goeie plan, was dit nie?

Die ander kis is baie groter en sterker en dit het nie minder as sestien slotte nie.

Maar dit is nie al nie. Deur 'n baie slim plan kan al sestien slotte deur een sleutel oopgesluit word.

Ek het nog nooit weer presies so 'n kis soos daardie gesien nie en daardie sestien slotte met die een klein sleuteltjie het my laat dink. 

Ek het aan sommige seuns en dogters gedink wie se harte soms lyk of hulle met ysterande gebind en met sestien slotte gesluit is. Miskien het julle iemand wat so is - iemande wat kwaad lyk en gemeen en sleggehumeurd en jaloers en wreed en afgunstig en boosaardig en brommerig en haatdraend en opstandig en ongehoorsaam en twisgierig en selfsugtig en onbeskof en oneerlik en onvriendelik is. Toegesluit met sestien slotte en so toe dat dit lyk of niks hulle kan oopsluit nie.

Miskien ken julle gelukkig niemand wat heeltemal so sleg is nie. Maar indien julle tog so iemand ken, Hoe sou julle te werk gaan om al die slotte oop te kry? 

Een sleutel sal amla oopmaak. al sestien sal gelyk oopgaan; tog is die sleuteltjie maar baie klein. Dit bestaan uit ses letters. Kan julle raai wat dit is? 

Ja, dit is die LIEFDE.

Net een draai met hierdie sleutel - 'n glimlag, 'n vriendelike woord, 'n goeie daad, 'n sagte antwoord - en die hardste ysterhart sal oopgaan. Die slotte van kwaadaardigheid, gemeenheid, slegte humeur, jaloesie, wreedheid, afguns, boosaardigheid, brommerigheid, haatraendheid, opstandigheid, ongehoorsaamheid, twisgierigheid, selfsug, onbeskoftheid, oneerlikheid en onvriendelikheid sal dadelik oopspring. Dit is regtig wonderlik hoe gou 'n mens dit kan doen. 

Net 'n bietjie liefde - bowe al, adie liefde van Jesus - is al wat nodig is. Probeer dit maar gerus en kyk net hoe werk dit. 

< >