My Volk+ (Die Trekpad van 'n Nasie) ADULT PHARMA 
Oom Attie se slaaptyd stories

Adult Pharma

MALE (and FEMALE) LIBIDO BOOSTER
We offer fast, secure and reliable ordering with your complete privacy. We will go the extra mile for each and every customer. Money Back Guarantee. Express Delivery. Safe Payments.
Community-verified icon


Female and Male Libido Boosters
Slaaptyd stories deur Arthur S. Maxwell

Die kinders van die vuurtoring

Baie ver hiervandaan het 'n vuurtoring op 'n rotsagtige strand gestaan. Elke nag het sy lig oor die donker, gevaarlike waters geskyn.

Stadig het die lig gedraai, helder, dof, helder, drf, om gedurig te waarsku teen die reotse Skepe wat verbyvaar, het veilig na die hawe toe geseil. Wanneer die kapteins die lig sien, het hulle geweet dat alles reg os/

Winter en somer her die lig geskyn . Deur lang, kalm, sterverlige nagte, deur wind en storms, het die lig nooit doodgegaan nie. Hoe donkerder dit was, hoe helderder het dit geskyn; hoe vreesliker die sotrm, hoe blyer was die kapteins om die lig te sien.

In daardie verre, eensame vuurtoring het 'n man, sy vrou en twee kinders - Henry en Jane - gewoon. Dit was 'n stil en eentonige lewe vir hulle. Hul huis was die lang vuurtoring. Die lig bokant hulle was die middelpunt van hul lewe. Hulle was daar met die een doel om die lig aan die brand te hou.

Een aand, terwyl dit skemer geword het, het Pappie miet die steil, nou trappies opgeklilm, soos hy al so baie maal tevore gedoen het, om die lig aan te steek. Na 'n paar minute het hy teruggekom, bleek en siek.

"Ek is siek," het hy gesê en in 'n stoel neergeval.

Mammie het baie besorgd na hom toe gehardloop, want dit was vir haar duidelik dat hy sterwende was. Op die oomblik was alles deurmekaar en die kinders het daar gestaan, bekommerd en verskrik. Nadat hulle vir Pappie in die bed gehelp het, het Henry gepraat.

"Mammie, wat van die lig?"

"Gaan kyk seun, ek kan nie nou nie."

Slaaptyd stories deur Arthur S. Maxwell

Volgende storie, asseblief?

Radio Omroeper Kort Kursus

Radio Omroeper Kort Kursus

R2095
Adult Pharma

A Pill to Thrill (Distributor Agents Needed)

R350
Independent Candidate Course

Online Independent Candidate Course

R3499
Shuttle Services Pretoria

Privaat UBER Pretoria (Shuttle Service)

R519

Dus het Henry en Jane die vertrek baie stil verlaat en met die koue, donker trappe opgeklim.

Die nag het gedaal. 'n Storm het opgesteek! Donker wolke het voor die maan verbygevlieg. Onder het geweldige golwe teen die rotse geslaan en die skuim het soos slange gesig as dit ind ie wilde see terugval.

Die lig het gebrand, maar daar was iets verkeerd. Oor die see was dit donker die groot ligstraal van die vuurtoring het oor die land geskyn.

"Jane," het Henry geskree, " die toring draai nie. Die skepe sal nooit die lig sien nie. Wat gaan ons doen?"

"Kan jy die masjien aan die gang kry?" het Jane gevra.

"Ek sal probeer," het haar broer geantwoord.

Henry het dikwels gesien hoe sy pa dit doen en hy dink toe hy sal dit ook regkry. Maar hy het gou uitgevind dat daar 'n ernstige fout was - iets het verkeerd gegaan met die masjien. Dit was stukkend hy kon dit nie regmaak nie.

"Wat gaan ons doen?" het Jane gevra.

"Daar is nog net die handwiel," het Henry geantwoord.

"Maar Boetie jy kan dit nie alleen draai nie."

"Nee, maar ons kan dit saam draai. Onthou Sussie, ons is die kinders van die lig."

"Ek sal jou help," het sy geantwoord.

Hulle het die groot handwiel gegryp en dit begin draai. Die toring het beweeg en hulle was baie bly. Die skepe sou tog die lig sien.

Uur na uur het hulle voortgewerk. Geen nag het nog ooit so lank gelyk nie. Hulle hande was naderhand seer en vol blase. Hulle arms het moeg geword. Minute het soos ure gelyk en ure soos jare. Hulle was so moeg dat hulle later begin huil het. Buitekant het die storm losgebars en dit het om hulle gedreun. Onder, het Pappie op sterwe gelê en Mammie het gehuil waar sy by hom gewaak het. Maar tog het hierdie kinders van die lig aangehou draai, draai, draai. Verskriklik moeg en hartseer het hulle aangehou draai totdat 'n dowwe, grys lig in die ooste aan hulle gesê het dat hul taak agter die rug was.

Kapteins het daardie nag die lig gesien en God gedank daarvoor. Tog het hulle nooit kon droom wat daar in die vuurtoring plaasgevind het en van die heldedaad van die twee jong kinders wat getrou op hul pos gebly het nie.

En net soos Henry en Jane die lig deur die lang, donker nag aan die brand gehou het, so wil die Here hê dat elke kind van Hom die lig van Sy liefde moet laat skyn in 'n donker, koue wêreld. Hoe donkerder dit om ons is, hoe helderder moet ons lig wees. Hoe erger die storm, hoe beter moet dit brand. Nòg hartseer, nòg  vermoeienis moet toegelaat word om dit uit te doof. Daar gaan baie skepe verby wat na ons kyk vir troos en leiding en vriendelilkheid. Dus moet ons as kinders van die lig, dit brandend hou deur die nag.

< >