Toe het ek begin dink aan al die klein lokomotiewe in mense se huise, wat so baie kan help as hulle maar net wil.
Lokomotiewe? sê julle. "Ons het nie lokomotiewe in ons huis nie."
O, ja, julle het! Grotes en kleintjies. En van die groot lokomotiewe is natuurlik Pappie, en wat 'n swaar vrag moet hy trek om die geld te verdien vir die huishouding. Hoe swaar is dit soms om die swaar trein van die behoeftes van die gesin te trek die steil berge uit!
Dan is daar nog 'n lokomotief, Moeder; hoe swaar moet sy werk om die huis aan die kant te hou, die kos te kook en vir die gerief van almal te sorg. Soms met sy baie steil berge uitklim.
Dan is daar die kleiner lokomotiewe wat so baie kan help as hulle maar net wil. Hulle het verskillende name soos: Billy, Jerry, Mollie, Clarice, of Helen. As hulle maar net wil, kan hulle met hulle stoom op gereed staan om te help by die steil plekke. Wanneer hulle sien dat Pappie of Mammie baie swaar trek, en moeg is, kan hulle hulleself aanhaak en help trek, en dit sal die werk baie ligter maak, sal dit nie?
Ek kan aan baie maniere dink waarop sulke hulp-lokomotiewe die groot lokomotief kan help met die vrag; julle kan ook seker aan baie maniere dink.
Hulle kan hout of steenkool in die kombuis bring om mee vuur te maak.
Hulle kan help met die skottelgoed, en met die huisskoonmaak.
Hulle kan beddens opmaak - ten minste hulle eie bed. Hulle kan die bad en die wasbak skoonmaak. Hulle kan die tuin skoonmaak. Hulle kan skoene skoonmaak. En hulle kan help met die wasgoed en strykgoed. Ja, daar is seker monderd maniere om die groot lokomotief te help teen die swaar berge van die lewe uit as hulle maar net wil.
Ek wonder of julle hulp-lokomtiewe is? Ons sal Moeder moet vra; sy sal weet.