My Volk +(Die Trekpad van 'n Nasie) ENKEL OUER KAMPE
Oom Attie se slaaptyd stories

Adult Pharma

MALE (and FEMALE) LIBIDO BOOSTER
We offer fast, secure and reliable ordering with your complete privacy. We will go the extra mile for each and every customer. Money Back Guarantee. Express Delivery. Safe Payments.
Community-verified icon


Female and Male Libido Boosters
Slaaptyd stories deur Arthur S. Maxwell

Die groot optog

Julle wonder seker wat die klomp kinders in die prent doen. Kyk hoe beur hulle vorentoe terwyl die polisiemanne probeer om hulle terug te hou. Dit lyk of hulle baie graag na iets of iemand wil kyk. Wel, hulle wil iemand sien, naamlik die Koningin van Engeland. Hulle wag vir ure al daar op die sypaadjie om haar te sien verbykom.

Die berig het nou net gekom dat sy onderweg is, en kyk hoe opgewonde lyk die kinders! Hulle wil so naby haar kom as hulle maar kan, om haar mooi klere te sien, en bo alles haar lieflike glimlag.

Julle kan natuurlik aan die polisiemanne se helms sien dat hierdie toneel in Londen afgespeel het; maar dit kan ook op ander plekke van die aarde gebeur, want die kinders van alle volke wil graag die "groot" mense sien verbygaan, of hulle konings, koninginne, presidente, goewerneurs, of burgermeesters is. Kinders hou baie van optogte wanneer die orkeste speel, die vlae wapper, en daar toejuiging deur die mense is - dit is alles so opwindend!

Wel, toe ek nou die dag na hierdie prent gekyk het, het ek gedink aan 'n ander groot optog wat ons eerlank gaan sien. Dit sal aangrypender wees as enigiets wat die wêreld nog ooit gesien het. Daar is in die Bybel daarvan geskryf, en dit word beskryf deur Johannes, die dissipel wat Jesus so liefgehad het. Hy sê: "Toe het ek die hemel geopen gesien; en daar was 'n wit perd, en Hy wat daarop sit, word genoem Getrou en Waaragtig, en Hy oordeel en voer oorlog in geregtigheid...En die leërs in die hemel het Hom gevolg op wit perde, bekleed in wit en rein fyn-linne...En Hy het op sy kleed en op sy heup die Naam wat geskrywe is: Die Koning van die konings en die Here van die here." OPENB 19: 11-16.

Wat 'n groot optog sal dit wees wanneer Jesus weer kom! Dit sal nie in die hoofstrate van ons stede geskied nie, maar in die lug. Aan die hoof van die professie sal Jesus self wees - die Kindervriend - Hy sal Sy koninklike kleed aanhê, en gekroon wees met baie krone.

Agter Hom, sover as wat die oog kan sien, is die leërs van die hemel - die engele, miljoene van hulle. Dit sal 'n optog wees wat nie in woorde beskryf sal kan word nie!

Slaaptyd stories deur Arthur S. Maxwell

 Vind Audio weergawe onder aan die blad.

Enkel Ouer en Kind Kamp

Enkel Ouer Kamp

R1559
Kultuur Avontuur Kamp Stapgroep Pretoria

Stapgroep (Voetslaanklub)

R150
Perdry Pretoria Om die Dam

Om-die-Dam Perderoete

R161
Ward 91 Tshwane

Onafhanklike Kandidaat (Pretoria) 

R600

Namate hierdie optog nader aan die aarde kom, sal alle oë op Jesus, so heerlik in Sy koninklike kleed, gerig wees. Die mense sal Hom dadelik herken as dieselfde Jesus wat so baie jare gelede op die aarde gewandel het. (Hand. 1:11) Dit sal niemand anders wees nie, maar dieselfde Jesus van wie ons in die Bybel gelees het; dieselfde Jesus wat die siekes genees, die blindes laat sien, en die dowes laat oor het; deiselfde Jesus wat die hongeriges gevoed, en so baie wonderwerke gedoen het. Ja dit sal dieselfde Jesus wees wat met die kinders gespeel en Sy hande op hulle gelê en hulle geseën het.

Dit sal dieselfde Jesus wees wat deur wrede mense wat Hom gehaat het, gekruisig is. Julle ken seker almal die lied oor die heuwel van Golgota waar ons dierbare Heiland gesterf het om ons almal te red.

Maar alhoewel Hy gekruisig en begrawe was, het Hy uit die dode opgestaan en in die hemel opgevaar om aan die regterhand van God te gaan sit. En nou, na honderde jare, kom Hy terug, gekroon met heerlikheid en majesteit, en vergesel van al die heilige engele.

Ja, dit is dieselfde Jesus tot wie ons altyd gebid het, en wat ons gebede verhoor het; dieselfde Jesus wat ons so baiemaal gehelp het, en wat ons uit moeilikhede gered het wanneer die nood die hoogste was. Sal dit nie wonderlik wees om Hom te sien nie?

Aangaande daardie dag sê die Bybel: "En Hy sal sy engele uitstuur met harde trompetgeluid, en hulle sal sy uitverkorenes bymekaar maak uit die vier windstreke, van die een end van die hemele af tot by die ander end daarvan." Matt. 24:31

Dit beteken dat Jesus weet waar al Sy vriende woon. Hy ken hulle adresse; Hy weet of hulle in mooi huise, woonstelle, of agterbuurtes woon, of glad geen huise het nie. Hy sal nie een van hulle agterlaat nie.

Wanneer die optog baie naby is, sal Jesus Sy kinders met 'n groot stem verwelkom - Sy stem sal oor die hele aarde gehoor word. Die Bybel sê: "Onse God kon en kan nie swyg nie. Vuur verteer voor sy aangesig, en rondom Hom storm dit geweldig. Hy roep na die hemele daarbo en na die aarde om Sy volk te oordeel. Versamel my gunsgenote vir My, hulle wat my verbond by die offer maak." Ps. 50: 3-5

Hierdie stem sal ook tot die dode deurdring. Almal wat Jesus ooit in die verlede liefgehad het, sal Sy stem hoor, en hulle sal opstaan uit hulle lang slaap en Hom sien kom om hulle na die hemel te neem. (Joh. 5: 28,29) Dit sal mense wat eers eensaam en hartseer was, baie, baie blymaak, sal dit nie? Hulle sal hulle dierbares weer ontmoet om nooit, nooit weer te skei nie.

Wat 'n heerlike dag sal dit wees! Ek wonder of ons almal na daardie blye dag verlang? Is ons soos daardie kinders in die prent wat die koningin so graag wou sien dat hulle feitelik die groot polisiemanne weggestoot het?

Dis die manier om uit te sien na die persoon wat ons liefhet, is dit nie?

En ook Jesus sal op die uitkyk wees vir ons in daardie groot dag - Hy sal kyk of Hy vir julle en vir my kan sien. Hy verwag dat ons Hom met 'n glimlag van herkenning sal begroet. Laat ons klaar maak om Hom te ontmoet. Ons moet Hom nie teleurstel nie. Laat ons gedurig in ons harte sê: "Ja, kom, Here Jesus!" (Openb. 22:20).

Slaaptyd stories deur Arthur S. Maxwell

Volgende storie, asseblief?

Radio Omroeper Kort Kursus

Radio Omroeper Kort Kursus

R2095
Adult Pharma

A Pill to Thrill (Distributor Agents Needed)

R350
Independent Candidate Course

Online Independent Candidate Course

R3499
Shuttle Services Pretoria

Privaat UBER Pretoria (Shuttle Service)

R519
< >