My Volk+ (Die Trekpad van 'n Nasie) ADULT PHARMA 
Oom Attie se slaaptyd stories

Adult Pharma

MALE (and FEMALE) LIBIDO BOOSTER
We offer fast, secure and reliable ordering with your complete privacy. We will go the extra mile for each and every customer. Money Back Guarantee. Express Delivery. Safe Payments.
Community-verified icon


Buy generic Viagra near me
Slaaptyd stories deur Arthur S. Maxwell

Die dogtertjie wat aan die slaap geraak het

Jesus hou daarvan om vriendelik te wees vir kinders. Hy het hulle almal baie lief.

Een keer was daar 'n dogtertjie, twaalf jaar oud, wat baie siek was. Haar vader se naam was Jaïrus - vandag sou ons hom Meneer Jaïrus noem - hy was 'n ampsdraer in die kerk. In daardie dae het hulle sy amp genoem "owerste van die sinagoge".

Jaïrus het groot respek vir Jesus gehad en hy het geglo dat Hy siek mense kon genees. Toe sy dogtertjie so ernstig siek geword het, het hy gehardloop na die plek waar Jesus besig was om die mense te leer en hy het Hom gevra om gou te kom en sy dogtertjie gesond te maak. Jesus het ingewillig.

Waar Mevrou Jaïrus intussen by haar dogtertjie gewaak het, het sy gemerk dat die kind al swakker word. Alles waaraaan hulle kon gedink het, was alreeds gedoen vir die kind. Die vraag was nou of Jesus betyds sou kom. Waarom sou Hy so lank neem om te kom? Wat sou gebeur het?

'n Hele uur het verbygegaan. Met 'n gebroke hart moes die liefdevolle moeder sien hoe haar dogtertjie haar laaste asem uitblaas. Jesus het nie gekom nie! Waarom?

Iets het op pad gebeur. Toe Jesus op weg was na die huis van Jaïrus, het 'n arme vrou, wat vir twaalf jaar al siek was, deur die skare gedring en haar hand uitgesteek tussen diegene deur wat langs Jesus gestaan het en sy het die soom van Sy kleed aangeraak. Sy is dadelik van haar siekte genees en Jesus het haar geroep om haar verhaal te hoor.

Terwyl Hy nog met haar gepraat het, ht 'n boodskapper na Jaïrus gekom - hy was onder die skare - en aan hom vertel dat sy dogtertjie gesterf het.

"U dogter is dood, moenie die Meester lastig val nie."

Die arme Jaïrus was baie hartseer, maar Jesus het gou sy droefheid gesien. Hy het geweet wat gebeur het. Toe het Hy aan Jaïirus gesê; "Moenie vrees nie. Glo net en sy sal gered word."

Toe Jesus by Jaïrus se huis kom, het Hy dit vol mense gevind wat ween en huil en daar was 'n verskriklike rumoer.

"Waarom maak julle rumoer en ween julle? Die kind is nie dood nie, maar slaap."

Toe Hy dit sê,  het hulle Hom uitgelag, want hulle het geweet dat die dogtertjie dood was. Jesus het toe beveel dat almal die kamer moes verlaat - hulle het dit gedoen.

En toe, toe alles stil was, het Hy die kamer binnegegaan waar die dogtertjie bleek en stil gelê het. Saam met Hom het ook ingegaan die droewige ouers en drie van Sy dissipels.

"Wat sou Hy nou doen?" het die ouers gedink. "Wat kan Hy nou doen?" Hulle sou baie gou sien.

Jesus het die dogtertjie aan haar handjie geneem en aan haar gesê: "Dogtertjie, Ek sê vir  jou, staan op!"

Die dogtertjie het geroer en haar ogies oopgemaak. Toe het sy van die bed af opgestaan asof sy net wakker geword het en sy was so gesond as voorheen.

Wat die ouers betref, "hulle was uitermate verbaas", maar ek is seker dat hulle te bly was vir woorde.

En hoe dink julle wat het Jesus toe gesê?

Hy het gesê: "Gee haar iets om te eet."

En dit wys ons net weer hoe goed Jesus weet en verstaan wat seuns en dogters die meeste nodig het en die meeste van hou.

Slaaptyd stories deur Arthur S. Maxwell

Volgende storie, asseblief?

Radio Omroeper Kort Kursus

Radio Omroeper Kort Kursus

R2095
Adult Pharma

A Pill to Thrill (Distributor Agents Needed)

R350
Independent Candidate Course

Online Independent Candidate Course

R3499
Shuttle Services Pretoria

Privaat UBER Pretoria (Shuttle Service)

R519

Maar wat het in die tussentyd tuis gebeur?

Die Pa was baie hartseer. Sy seun het nie eens eenmaal aan hom geskryf nie. Hy was seker dat die seun in die moeilikheid sou beland. En hy het gehoop dat dit hom sal verplig om weer huis toe te kom.

Elke dag - en baie maal elke dag - het die Pa gaan staan en kyk in die rigting wat die seun sou kom as hy besluit om terug te kom. Dag na dag was hy teleurgestel...en hy het baie hartseer geword.

Toe, eendag, het hy weer gaan kyk. Hy het daar ver in die pad gekyk waar dit oor die bult gaan. Wat sien hy daar? Dis mos 'n mens daardie. Ja! en die persoon lyk vir hom bekend. Kan dit wees? Sou hy maar weer teleurgestel word? Nee!"Ek is seker dis die seun," die Pa hardop gesê. Terwyl hy nog stipter kyk. "Dit is! Dit is! Dis eindelik hy!"

Die ou man het sy ouderdom en alles vergeet en begin hardloop en hy het aangehou totdat hy by sy seun gekom het.

"Vader, ek het gesondig..." het die seun begin.

Maar die Pa het skaars gehoor. Hy was te bly dat sy seun weer huis toe gekom het. Hy het sy seun omhels en hom gesoen.

Toe hulle by die huis kom, het hy een van die knegte beveel om skoon klere vir die seun te bring om die vodde te vervang wat hy aangehad het en eerlank was daar groot blydskap. Die Pa het 'n groot eetmaal gegee om die salige gebeurtenis te vier.

Die broer van daardie seun kon nie eintlik verstaan waarom daar so 'n groot ophef gemaak word nie, maar sy Pa het gesê: "Hierdie broer van jou was dood en hy het weer lewendig geword; hy was verlore en is gevind."

Daardie liefdevolle Vader stel God voor. Hy het ons almal lief as Sy kinders. Wanneer ons van Hom wil weggaan, mag Hy ons toelaat om te gaan, maar Hy weet dat dit met ons sal swaar gaan.

Solank as ons van Hom af weg is, sal Hy verlang dat ons moet terugkom. Hy het ons lief met 'n ewige liefde en Hy is altyd gewillig om ons weer terug te neem. Maar dit sal baie beter vir ons wees as ons nooit die vaderhuis verlaat nie!

< >